Groentjie konsert, swak dissipline in skole

Dit was gisteraand groentjie konsert by die seuns se skool.  Die outjie wat in graad 8 is het so mooi gevra dat ons moet gaan kyk, dat ek teen my beterwete besluit het om tog te gaan.  Een van die groot redes was dat dit ‘n skool aand is en die kleintjies is gewoond om vroeg te gaan slaap, Quinton het mos nie ‘n saak nie, as hy wil slaap doen hy so, maak nie saak waar hy is nie, sommer van heel klein af.  Ek onthou toe hy seker nog nie ‘n jaar oud was nie, hoe hy in sy stoeltjie tusssen die rye stoele in die Sand du Plessis teater gele en slaap het, toe ‘n sekere iemand enter met:  Maak die Bulle almal bokke wat weergalm het hy net sy ogies oop gemaak en toe weer verder geslaap.  Tydens Toeka 2 se dvd opname het hy nie veel gevoel vir al die groot name nie en mooi terwyl Des en Dawn van ‘n gezzzzzzzzzoem vertel het op die vloer gaan le en slaap.  Dit was niks, want darem was die warm sagte plekke gewees.  Verlede jaar by Fredi Nest was dit slaaptyd en hy het op ‘n staal paviljoen gaan le.  Hannie moes hom optel sodat ons ‘n baadjie onder hom kon indruk en hy’t rustig verder geslaap totdat ons gese het dis nou tyd vir huistoe gaan.  So slaap is nie vir die ou ‘n probleem nie, het gisteraand weer op twee stoele gele en slaap, hoe weet ek werklik nie.

Dit was nou juis my probleem met die konsert.  Die graad 8s het baie hard gewerk om te probeer om iets entertaining aan te bied, ons het geld betaal, maak nie saak dat dit R20 ‘n kaartjie was nie, dit was geld om na ‘n konsert te kan kyk;  dit was nie moontlik nie!  Die matriek seuns het totaal hand uit geruk.  Hulle het so in die middel van die saal gesit en geskree en gil, aanmerkings oor die meisies gemaak, op gestaan en het ek gese geraas 👿  Ons het gelukkig nie agter hulle gesit nie, maar die arme ouers wat hulle eie kinders ondersteun en belangstel in wat die kind doen kon niks sien en nog minder hoor nie, alhoewel die hele saal kon niks hoor nie, dit ten spyte van die feit dat die kinders met mikrofone opgetree het 😈

Die kinders het in groepies gestaan en rook reg voor die skoolsaal se deur.  Onderwysers was daar wel, maar hulle het verkies om ‘n lae profiel te handhaaf.

Ons kinders sal beslis nie na daardie skool toe gaan nie.  As ‘n seun van my dogter moet se wat sommige van daardie kinders gese het sal ek hom te lyf gaan.  Ek het vanoggend met een van die graad 8 mammas gepraat en sy se dit is vir hulle duidelik gemaak dat sou hulle kla die kind die gevolge sal moet dra!

Hierdie selfde skool se onderwysers het nog nie een dag se akademiese werk verrig nie.  Die kinders het nog nie eers handboeke gekry nie!  Mense dit is ‘n sekondere skool, die skool jaar is korter as gewoonlik en dit gaan so!  Ons graad eentjies het al van dag een af werk gekry om te doen.  Amber moet al haar eerste werkstuk inhandig volgende week en Simone moet daagliks ‘n leesles en somme by die huis kom doen.  Dan wonder ons hoekom die matriek slaagsyfer elke jaar laer word.  Die departement van onderwys beweer die probleem le in die laerskole omdat die grondslag nie reg gele word nie, ek kan hulle se weereens praat julle ‘n klomp bollie, die probleem le in die sekondere skole (ek gebruik nie die woord hoer nie, want ek kan nie kolletjies op sit nie en in die geval van hierdie spesifieke skool behoort die kolletjies duidelik ook nie daar te wees nie), as kinders amper drie weke nadat die skool begin het nog niks gedoen het nie en die skool sluit alweer oor minder as twee maande, hoe kan die onderwysers verwag dat die kind aan die einde van die jaar sal goed doen?

Ek vra maar net.

Lekker naweek vir julle, ek het vandag vergaderings tot huistoe tyd, more is dit atletiek by UJ en Hannie werk 👿 en Sondag sal daar hopelik ‘n paar uur se rustigheid wees, ek weet ons kry ons twee ure alleen Sondag 😛 , daarna is dit was, stryk en skoonmaak.  Fllip ek moet vir Flintie huur, hy’s mos nou goed geoefen in die huis skoonmaak ding 😉

P.S. To all  Wiccan friends, who will be celebrating Lammas this week-end:  Blessed Be, and may it be a bountiful harvest festival, may the seeds that you plant grow and multiply in the new season.

Advertisements
This entry was posted in Kinders.

5 comments on “Groentjie konsert, swak dissipline in skole

  1. Flintie sê:

    Hmmmm, skool loop is deesdae gevaarliker as army toe gaan. Nogtans sou van daai seuns kon doen met disipline uit die army uit… Lol @ die kolletjies moet nie daar wees nie!

  2. Ingrid Marais sê:

    Lekker naweek vir jou. 😉

  3. Skoor sê:

    Ek stem Flintie! Ek stem.

  4. Ingrid Marais sê:

    😆 Dalk kan daar ‘n beter stafkamp wees, nou net daaraan gedink, ons laat hulle vir ‘n week Flintie se plek gaan skoonmaak en dit moet aan onse vriendin se vereistes voldoen 😉

  5. Flintie sê:

    LMGA, hulle sal skrop dat hulle hop, ek is juis nou besig om te probeer inhaal op die wasgoed stryk, want ek was weer die nuwes. Neverending story…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s