Is die liefde ooit onvoorwaardelik?

Interressante vraag en ek is seker almal sit nou regop en wonder:  Hoe kan sy so iets vra, sy’s dan net nou die dag getroud!

Dit is juis die punt.  Daar is voorwaardes aan alles.  Daar is ‘n lyn wat nie gekruis mag word nie. Vir elkeen is daar iets anders wat ‘n totale deal breaker is, dalk is dit vir jou; die dag as my man/vrou my klap loop ek uit, die dag as hy/sy my kind iets doen of die dag as hy/sy my verkul, maar vir elkeen is daar iets wat maak dat jy sal se dis nou genoeg, meer as genoeg.

Beteken dit dat jy dan dadelik ophou om vir die persoon lief te wees, nee, nie noodwendig nie, as dit die geval is, was jou liefde lankal dood gewees, moontlik doodgemaak deur dieselfde persoon.  My punt is dat aan alles is daar voorwaardes, as jy nie voorwaardes of ‘n prys op jou liefde stel nie, is jy nie vir jouself lief nie, want dan loop jy die risiko om deur iemand verniel te word.

Iemand het so ‘n rukkie gelede vir my in ‘n mail gese:  jy is die enigste ma wat jou kinders ooit kan he en jy skuld hulle dit om vir jouself lief te wees en vir jouself te sorg.  Die beste manier hoe ek vir myself kan sorg is om saam met iemand te wees wat my so lief het dat dit die naaste aan onvoorwaardelike liefde is wat ek seker ooit in my lewe sal sien.  Vrinne ek’s ernstig ek dink nie daar is iets wat kan maak dat Hannie sal se:  dis nou genoeg nie, ek loop nou nie.  Wat dit tot gevolg het is dat ek sorg dat ek niks doen om haar seer te maak nie, want ek besef watter kosbare geskenk ek gekry het.  Ek is die moeilike een wat speelgoed rondgooi en kan tantrum erger as ‘n twee jarige.

Ek het julle belowe om die roos seremonie wat deel was van ons troue met julle te kom deel en eerlikwaar het ek daarvan vergeet, totdat ek herinner is:  wanneer sien ons die woorde?  Wel hier is dit, dalk kan dit eendag vir jou iets beteken.  Ek wil tog een waarskuwing rig, al is dit baie mooi en ‘n baie mooi idee, mag die gee en ontvang van rose nooit die plek van kommunikasie inneem nie.  Om met ‘n roos te se ek is jammer of ek het seer en dan deur dit te ontvang te se; dis ok, of ek wil jou troos gaan nie ‘n oplossing wees as julle nie ook die probleem oop maak en praat nie, want dalk net volgende week het ek weer seer oor dieselfde ding of het ek weer dieselfde fout gemaak en moet ek weer gaan rose koop om te se:  jammer.

 ROOS SEREMONIE

Die kinders word na vore geroep en Amber lees die volgende woorde terwyl die rose oorhandig word:

 “Die roos is ‘n simbool van liefde en ‘n enkele roos beteken net een ding – dit beteken ek is lief vir jou.  So dit is gepas dat julle eerste geskenk van ons en aan mekaar ‘n roos sal wees.

 Ontvang asseblief hierdie geskenk as getroude paar, dit is ‘n geskenk van liefde.”

 (die rose word aan die paar gegee deur die kinders, een van elke kind)

 “Dit mag voel of julle niks gedoen het nie.  Net ‘n oomblik gelede nog het hulle niks vasgehou nie en nou hou julle vier rose vas.  ‘n Huweliks seremonie is baie soos dit.  More mag niks anders lyk as vandag nie, maar vandag, op hierdie oomblik het julle albei die grootste geskenk ontvang en aanvaar – die geskenk van volgehoue en getroue liefde.

 Waar julle ookal in die toekoms julle tuiste maak – of dit groot of klein is – of ons saam met julle is of die wereld deurkruis, vra ons dat julle saam ‘n baie spesiale plek kies vir rose; sodat op die herdenking van hierdie wonderlike gebeurtenis, julle elkeen ‘n roos sal neem na daardie plek.  Ons belowe dat as ons saam met julle is ons dieselfde sal doen.  Ons almal sal dit doen as ‘n bevestiging dat ons gesin gebou is op liefde.

 In elke huwelik is daar tye wanneer dit moeilik is om die regte woorde te vind.  Dit gebeur maklik dat ons diegene wat ons die liefste het die seerste maak.  Soms is dit moeilik om die regte woorde te vind om te se:  ek is jammer, of, ek vergewe jou, ek het jou nodig of ek het seer.  As dit sou gebeur, wanneer daardie woorde nie gekry kan word nie, laat ‘n roos op daardie spesiale plek, wat julle saam gekies het, want daardie roos sal dan se wat die nodigste is, dit sal alle ander dinge en woorde oorskadu.  Dit sal se:  ek is steeds lief vir jou.  Die ander persoon sal dit aanvaar vir die woorde wat nie gevind kan word nie.  Dit sal dien as ‘n herinnering aan die liefde en hoop wat ons almal vandag deel.”

 Die paar ruil rose uit met ‘n soen.  Die kinders bly by hulle staan as teken dat twee families een geword het deur liefde.

P.S. ek sien die nuwe Vroue keur is op die rakke met ‘n artikel oor Steve.  Smurfi net vir jou, nice pics in.  Ongelukkig is die nuus daarin soortvan ou nuus, dinge wat ons reeds weet, maar tog goed geskryf en nice om te lees.

Advertisements
This entry was posted in Huwelik.

26 comments on “Is die liefde ooit onvoorwaardelik?

  1. Smurf sê:

    Eish!! is onse Stevie nie die mooiste ding op twee bene nie!! 😉 Julle weet waarheen is ek nou oppad???? moet gou die nuwe Vrouekeur gaan KOOOOPPPPP!!!!
    😆

    Ingrid terwyl ek nou so hier skryf kan ek nie help om te sit en smile nie, kan jy glo dat daar wraggies sekere mense is wat glo dat ek ‘n “Steve Army” run en Steve die Generaal is 😆 ek belowe! dit maak mos nou net dat ek nog al hoe meer oor onse Steve sal moet skryf! 😆 Ek kon nie my oë glo toe ek dit lees nie, hulle glo dit for real! ?? En meantime geniet ek dit so om hul gaaie nog meer te krap daaroor. is mos nou pret of hoe?

    Wel manskappe en vroueskappe van Steve se weermag, as bevelvoerder van die Steve weermag, DRING ek daarop aan!, dat elke troeppie en troepien? asb. onmiddelik al jul pligte sal staak en die “NUWE VROUEKEUR” so spoedig moontlik sal gaan koop! Julle sal sommer so met die intrapslag vaskyk in die mooiste blou ogies met die to “die for” glimlag en blonde hare!!! …Dis onse GENERAAL Steve! koop sommer een vir jou, jou ma en moenie vir skoonma vergeet nie, ag en sommer vir sussie by die huis en buurvrou net ingeval sy nie betyds in die dorp of by die kafee op die hoek kan uitkom nie! 😉 😆

    Groete, uit ons eie Steve Weermag
    Bevelvoerder: Smurf

    En ‘n spesimiaale saluut vir onse Generaal!!! 😉

  2. Ingrid Marais sê:

    Go Smurf! Ja mense kan wierd goeters glo.
    By the way, waar’s CC, sy’s gans te stil na my liking, dalk moet ons haar inboks crowd.
    Lekker dag vir julle.

  3. Smurfi sê:

    Wag boetie Smurf, ..vat my handjie dan huppel ek saam af SPAR toe!! en terwyl ons so af huppel Spar toe sing ons saam, saam “pampoen” en so stukkie van die “Bloubul”

  4. Liewe Heksie sê:

    Beautiful woorde Ingrid. Wie se bright idee was hierdie oulike deel van die seremonie?

  5. Smurfi sê:

    Ingrid ek stem, daardie Koppie Koekkie van ons is gans en al te stil, maar ek myself is ook maaar stil deesdae, baie besig en aan die gang, ek moet bietjie weer Skype inspan en hoor wat gaan aan daar oor die watwers!

    Natuurlik glo ek in onvoorwaardelike liefde, kyk dan hoe getrou staan ek by my GENERAAL 😉

  6. Ingrid Marais sê:

    Dis iets wat ons van ‘n vriendin gekry het en toe saam vertaal met die input van die kinders so effe ge-edit het. Toe ons die trou seremonie met die ds. bespreek het, het hy ook gevoel dit sal die kinders op ‘n praktiese manier laat voel en ervaar hulle word deel van ‘n nuwe gesin.
    Dis maar altyd ‘n ding wat versigtig hanteer moet word as daar jou kinders en my kinders is wat saam gevoeg word, gelukkig sal daar nie nog ons kinders ook wees nie 😆 mediese geskiedenis of te not, ek hol weg, daar’s ‘n ouderdom wanneer doeke en bottels nie meer snaaks is nie!

  7. Ingrid Marais sê:

    Smurf, jy en Steve is die uitsondering op die reel :mrgreen:

  8. Smurfi sê:

    Ok nou het ek genoeg twak gepraat.

    Ernstig nou, dit is pragtige woorde en ek dink almal moet dit kom lees.
    Ek glo bitter min mense kan regtig praat van onvoorwaardelik, ek glo dat elkeen tog maar een of ander perk en waarde daar stel in ‘n huwelik. Ek glo dat ‘n paartjie moet kan praat oor hoe hulle voel oor dinge wat dalkies pla en nie raai raai speletjies speel nie verstaan mekaar en praat baie met mekaar oor gevoelens, dan sal dit al klaar 100% goed gaan. Mense moet besef dat twee persone wat trou tog ook twee verdillende sienings en menings sal hê en dus sal daar altyd verskillende idees wees oor dinge, so leer mekaar deurgans in ‘n huwelik ken en verstaan.

  9. Smurfi sê:

    O, ja en RESPEK, wat van beide kante verdien word! selfs respek van jou kinders word verdien. dit word nooit afgedwing nie.

  10. Ingrid Marais sê:

    Ware woorde deur ‘n wyse dame.
    Ons moet so dan en wan twak ook praat. Ek sien al die opskrifte: Smurfi is onvoorwaardelik lief vir Steve; of Steve se nuwe onvoorwaardelike liefde: Smurfi. whahahahaha, dan kan jy ook geld uit hulle maak, come to think of it ek het so ruk gelede gehoor van ‘n rumor waaruit ek dalk ‘n hele paar rand kan maak, een wat die betrokke ster insluit 💡 net jammer die oorsprong bly ‘n geheim.

  11. Smurfi sê:

    Ag sies Ingrid!! nou maak jy my nuuskierig, dis lelik van jou 😦 Nee man, nou maak jy nie mooi nie.. 😦 as bevelvoerder dring ek aan om te weet wat in die lewe van onse generaal aangaan! (mens doen nie so iets aan ‘n dame nie,…. en behoede jou siel as jy geld maak uit onse generaal uit.. mens skinder of jy skinder nie! jy maak nie net lus met ‘n storie nie!) 😉 AG! OK. ek sal dit file onder “TOP SECRET INGRID FILES!!!”

    Ja, ek het reeds so mooi foto van ek en Stevie so hand om die nek!! 😉 kan nogal ‘n “hit” wees, met so onvoorwaardelike liefdetjie daarby! hahahaha!!!

  12. Ingrid Marais sê:

    Nee kyk dis maar jou eie saak dat posduiwe na jou toe so streng onder die radar vlieg 😛
    Meer ernstig nou, baie mense kan seerkry uit hierdie smerige storie, so liewer sal ek maar stil bly. Geld maak uit die generaal, nog nooit, solank ek lewe nie! Jy weet hoe ek voel oor almal wat hom as ‘n money making machine sien.

  13. Smurfi sê:

    Ingrid ek sal enigetyd my regte e-mail vir jou stuur sê net waarheen!

  14. Smurfi sê:

    Vra vir Wippie sy sal dit vir jou kan gee.

  15. Ingrid Marais sê:

    Wipneus, ek stuur jou ‘n posduif.

  16. Skoor sê:

    Die enigste onvoorwaardelike liefde wat bestaan is van God na die mens. Maar mens tot mens? Aikona. Op ‘n dag hou mens op vergewe, en raak die pyn wat jou aangedoen is, jou menswees oor.

    Hoeveel jy kan vat, hang van die omstandigheid af. Maar dis menslik onmoontlik.

  17. Hallo Ingrid. Lekker inskrywing.

  18. Bella sê:

    Hi Ingrid. Ek lees en geniet jou blog verskriklik baie. As jy nie omgee nie wil ek graag vir smurfie n boodskappie los. Hi smurfi ek sien jy hou nog steeds ons generaal se naam hoog. Ja, ek se ons, want jy weet mos hy was nog altyd my hart se punt. Ek is bly ek het jou op die blog raak gelees. Dankie ingrid.

  19. Ingrid Marais sê:

    Stem saam Skoor.
    Frank! goed om jou weer hier te sien, stuur groete vir Stefan.
    Welkom Bella, ja jongie die generaal se naam sal altyd hier hoog bly. 😉 Jy’s enige tyd welkom om hier boodskappies te los.

  20. Wip sê:

    Ek het die posduif na Smurfie toe gestuur :mrgreen:

    Baie mooi seremonie gewees Ingrid 😉 Ek is verslaaf aan romanse en liefde maar hei!!! ek het ook my tye wat ek sê hokaai stop die lorrie. Liefde kan nie soos ‘n kraan toegedraai word nie maar mens kan ook ophou lief hê as jy die liefde ding met die verstand doen, vir die hart aansê om eenkant toe te staan. Liefde kan soms baie seermaak, ek praat nie hier net van liefde tussen geliefdes maar liefde teenoor enige mens. Soms moet mens jouself die vraag afvra… hoe kan iets liefde wees as jy seerkry.

    Ps: Smurfie as iemand jou dan ‘n generaal wil maak in ‘n Army, moenie op jou laat weg nie girla, werk is skaars 😆

  21. Ingrid Marais sê:

    Kyk nou vir so ‘n Wip! Baie waar wat jy daar se. Hier’s ‘n vrou in die gebou wat vertel sy weet haar eggenoot van drie maande is lief vir haar, net nadat sy vertel het hoe sy verniel word. As ons dan vra, hoe weet jy dit is die antwoord: want die persoon se so. Jy kan nie se sonder om te wys en dink dis ok nie.

  22. Bella sê:

    Ingrid jy het n pragtige gesin. Ek kan sien daar is baie liefde in julle huis. Dankie vir die geleentheid om vir smurfi ,, hallo,, te se ek waardeer hoor.

  23. Ingrid Marais sê:

    Anytime en baie dankie vir die kompliment. Ja mens kan sonder baie dinge wees solank almal warm, veilig, met vol magies en liefde is, kan die res later by gevoeg word.

  24. Smurfi sê:

    Hallo daar Bella!!! Ja nee ons staan onvoorwaardelik agter onse Generaal 😉

  25. Smurfi sê:

    Ingrid, ek dink die naaste wat ons hier op aarde aan onvoorwaardelike liefde kan kom is ons liefde vir ons kinders, vir my altans sal dit altyd so wees, want maak nie saak wat ookal in hul lewens gebeur nie mens sal nooit maar nooit jou rug op jou kinders draai nie onvoorwaardelik sal mens altyd daar wees vir hulle en lief bly vir hulle wat ook al gebeur. Dit is al waar ek kan sien dat liefde onvoorwaardelik kan wees op aarde en dit is hoe dit oral moet wees tussen ouers en kinders. Mens kan kwaad word vir hulle ongelukkig voel oor dinge maar jy sal daar wees wanneer hulle jou nodig het altyd. (Wel hartseer om te sê soms is daar tog ouers wat ook nie daar is vir hull kinders nie.) Man en vrou kan skei maar jy skei tog nooit van jou kinders nie.

  26. Ingrid Marais sê:

    Waar wat jy se Smurfi, dis ook sad dat kinders soms besluit hulle wil nie meer hulle ouers ken nie, tog het ons al so dikwels gesien dat die ouer elke keer die verlore seun sal terugvat, selfs al is dit om net later weer seer te kry en verstoot te word wanneer hulle nie meer nodig is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s