Rose vir Hannie

Ek bel vir Hannie om te se:  ek gaan nou ry, dis weer atletiek dag, en ek kan hoor dat sy af is, sy sou so graag wou saam gaan, sy kon nog nie een byeenkoms bywoon nie, haar baas is nie so vrygewig soos myne nie.  Sy is moeg en siekerig en sou veel eerder saam met ons wou wees, so die beste wat ek nou kan doen is om vyf minute later te ry en eers te se:  “My engel , ek stuur vir jou die mooiste bos geel rose nog, gevul met liefde en sonskyn, mag elke blaar in hierdie ruiker jou herinner dat dit ‘n fraksie van my en ons kinders se liefde vir jou verteenwoordig.  Ons kan nie wag vir 17h00 om jou te gaan haal en vir die hele naweek by ons te he nie.  Ons is lief vir jou en waardeer jou so vreeslik baie.”

Advertisements
This entry was posted in Huwelik.

3 comments on “Rose vir Hannie

  1. Flintie sê:

    Aaaaaaw, pragtig vriendin. Geniet die sport, en moerse drukkie vir Hannie.

    Ps: Skop sommer Hannie se baas op sy fondasie omdat hy nie so vrygewig is nie.

  2. Charms sê:

    En daardie vyf minute beteken vir haar soveel meer – Pragtig.

  3. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie julle. ‘n Paar minute of selfs sekondes kan so ‘n groot verskil aan iemand se lewe maak, as ons net daai minute reg gebruik. Prioriteite, vriende dit is waaroor dit gaan. Die kinders het nie eers agter gekom hulle moes so ‘n paar minute wag nie en ons was steeds meer as betyds om ousus te sien hardloop 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s