Februarie

Interessante maand hierdie.  Ek kuier daar by Charms en ek besef skielik dat daar soveel mense vir wie Feb nie so great is nie.  Ons weet uit statistieke dat Desember die maand is waarin die selfmoordsyfer gevaarlik styg, omdat mense dan alleen en sonder geliefdes voel, juis omdat die hele Kersfees sprokie deur die multi media as ‘n familie geleentheid so erg beklemtoon word dat diegene sonder iemand naby tot sulke uiterstes gedryf word.

Nou begin ek wonder hoe lank dit gaan wees voordat ons dieselfde tendens of dan ‘n verhoging in gevalle van depressie in Februarie gaan sien?

Ek probeer terug dink aan vorige Valentines dae en of daar ‘n tyd was toe dit my gevang het om alleen te wees, eerlikwaar ek kan nie onthou dat dit ooit iets beteken het nie.  Dit was net nog ‘n dag.  Selft toe ek nog getroud was, was dit nie ‘n issue nie.  2007 se dag was ‘n groot verrassing en dalk die eerste keer dat ek notisie van die dag gevat het, iemand het iets onverwags en nice gedoen, maar dit het veroorsaak dat dit so ‘n snaakse wrang smaak aan die dag gelaat het.  2008 het ek eerlik nie eers agter gekom dat die dag gekom en gegaan het nie, ek was vreeslik besig, tussen studeer, kinders groot maak en ‘n event vir Quinton se dagsorg reel, kan ek vandag nie eers onthou of daar ‘n blom of iets in daai dag was nie.  2009 was stil en mooi saam met die belangrikste persoon in my lewe, maar dit was steeds ook gedeel met kinders en dit was in ‘n tyd waar ons elke sent dertig keer moes omdraai net om seker te maak die kinders het wat hulle nodig het vir skool, so daar was nie veel kans om iets spesiaal vir mekaar te doen nie.

Hierdie jaar is anders.  Ons het dinge in plek.  Hannie het ‘n tafel bespreek vir die dertiende, die kinderoppasser is bevestig en vir die veertiende het sy ook iets spesiaals beplan (wat nie geld gaan kos nie, die budget werk soos vir almal baie fyn uit).  Dit sal Amber se eerste Valentine dans by die skool wees die 12de, so daar is nogal opgewondenheid daaroor.

Dis hopeless om te dink dat ek met net drie weke tot Hannie se verjaardag nog ‘n surprise moet organize.  Kyk my kreatiwiteit gaan ook net so ver!  Dan word my aandag nog afgetrek deur ‘n verjaardag op die 21 Maart en in my agterkop is daar iets spesiaals wat beplan word vir ‘n naweek in Augustus, voor dit is dit nog die twee seuns wat oor Paasnaweek verjaar en dan pas Quinton ook nog in die jaarplan, gelukkig is Amber eers in September.  Sjoe, nee, Vaaltyn kan werklik nie ook nog ‘n beurt wil he nie, gelukkig weet ek dis in my vrou se bekwame hande.

Geheimpie, ek ken myself, daar’s nie ‘n manier wat ek nie vir iets kleins sal sorg om haar te laat weet hoe lief ek vir haar is en hoeveel ek haar waardeer nie.

Ek wens net ek kon vir elke persoon wat Sondagoggend alleen en dalk hartseer gaan wakker word, ‘n rooi tjoklit hartjie op jou bedkassie laat le, met die lekkerste vulsel waarvan jy kan droom.

Mooi dag verder.