Sommer so oor alles

Dagse, dis naweek, Valentines naweek en daar is soveel goed wat ek eintlik sou wou se vandag, maar iets het gebeur wat gemengde gevoelens binne my gelaat het, so vergewe my as vandag se posting lank is en as dit dalk nie heeltemal is wat jy verwag het nie.

Heel eerste wil ek net se:  Dankie aan Hannie dat ek weet met ‘n sekerheid wat alle ander oorskadu dat ek veilig en geliefd is, dat wat gisteraand met ‘n buurvrou gebeur het nooit, nooit, ooit met my sal gebeur met dieselfde reaksie en gevolge nie.  Hierdie wete is wat hierdie jaar se Valentines soveel meer spesiaal maak as ooit voorheen.

Winston Churchill het gese:  One ought never to turn one’s back on a threatened danger and try to run away from it.  If you do that, you will double the danger, but if you meet it promtly and without flinching, you will reduce the danger by half.  Never run away from anthing. Never!

As ek vandag vir buurvrou ‘n boodskap kan gee sal dit hierdie een wees.  Hierdie vrou is gisteraand baie laat by die huis afgelaai deur haar, tot onlangs, vervreemde man.  Hulle “probeer” dinge uitwerk en het weer saam ingetrek.  Sy werk in die suide van Johannesburg en was die laaste paar dae nie gesond nie, maar het steeds gister gaan werk.  Na werk het sy haar “man” probeer bel om haar te gaan haal, hy het gese sy moet wat, want hy wat te besig om te ry, want sien hy’t by ‘n vriend gekuier.  Toe sy na ‘n uur weer bel was sy ‘n bron van irritasie en het hy sy selfoon afgesit.  Desperaat, trots en sonder geld het sy besluit om huistoe te loop, na 19h00 in die donker deur Johannesburg se strate, o.a. deur die middestad!  Sy het omtrent kwart van die pad geloop voordat sy deur *&^%$ aangerand is.  Daar is verskeie krap en sny plekke oral op haar lyf, haar toppie is uitmekaar geskeur.  Sy het dit reggekry om weg te hardloop en ‘n swart man het haar gekry en gehelp om die polisie in die hande te kry.  Die SAPS het haar “man” gebel en gevra dat hy na die toneel toe kom.  Dit het om nog ‘n uur geneem om daar uit te kom.  Hy het haar in die kamer gelos, vir my kom blaf:  “Jy beter gaan kyk wat daar aangaan, ek het nie geduld met sulke mense nie” omgedraai en uitgestap.

Ek het ‘n stukkende bondeltjie bewend en bang op die bed wat hulle deel aangetref.  Fisies makeer sy nie veel nie, maar die psigologiese skade wat soveel vererger is deur die persoon wat veronderstel is om haar te koester, lief te he en met sy eie lewe te beskerm, is iets wat my steeds ontstel.  Terwyl ek haar wonde gewas haar probeer rustig kry het, het hy gestaan en op haar geskree omdat sy geloop het.  Hy het homself verdedig dat hy sy selfoon afgesit het omdat hy moeg was om gepla te word!  Nie een keer het hy rustig aan haar hand of skouer gevat, nie eers oor haar hare gestreel en ‘n traan van haar wang af gevee of vir haar gese:  “Jy’s veilig, ek is hier, niemand gaan weer naby jou kom nie”

Ek kan dit steeds nie glo nie.  Hoekom gaan haal jy iemand uit haar woonstel en twee weke later gee jy so min om dat jy haar so sal blootstel.  Ek is mal oor hierdie land, almal weet dit, maar selfs ek met my groen getinte lense besef dat sekere goed net te gevaarlik is.  Ek sou seker ook geloop het as ek buurvrou was.  Sy wou ons nie bel om haar te gaan haal nie, want dan sou sy moes erken dat die “man” wat sy verafgod nie so wonderlik is soos sy graag glo nie.  Sy sou moes erken dat hy haar werk toe laat gaan sonder om eers te vra, hoe gaan jy huistoe kom, het jy busgeld.  Sy sou ook aan haarself moes erken dat sy vriende belangriker is as om te sorg dat sy vrou veilig by die huis kom.

Ek het die woord man in ” ” gesit, want alle waardes wat ek ‘n ware man toedig ontbreek by hierdie mens.

Ek kon later uit die diepste van my hart vir Hannie dankie se dat ek weet sou so iets verskrikliks ooit met my gebeur, sou haar ondersteuning en liefde my daardeur dra.  Niks en niemand sal vir haar belangriker wees as om te sorg dat ek veilig is nie.

HIV Oordarg

Liewe Heksie het gevra oor anale seks en HIV.  In die eerste plek is die anus nie gemaak vir penetrasie nie.  Dit beteken dat die opening moet rek.  Die delikate weefsel aan die binne kant het dan die potensiaal om te skeur, of te bars, wat bloeding tot gevolg kan he.  Die feit dat daar dan ‘n oop area is waar die virus wat deur die semen gedra word vryelik die ander persoon se liggaam kan binne gaan maak dit ‘n groter risiko.  Ons moet ook in ag neem dat die normale afskeiding wat tydens vaginale seks teenwoordig is en wat friksie verminder of verhoed nie daar is nie, friksie lei weereens tot krakies of barsies.  Dit is die grootste redes waarom dit as riskant gesien word.

Valentines

Genoeg van die slegte dinge, ek wil werklik vir elkeen ‘n rooi hartjie kom gee vandag.  Ek hoop dat hierdie naweek vir jou mooi sal wees.  Heel eerste wees lief vir jouself.  Gee vir jouself ‘n Valentines geskenk, al is dit een blommetjie.  Onthou dat selfs die Bybel beveel:  Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.  Hoe gaan jy dit doen as jy jouself nie liefhet nie?  Jy is die moeite werd, jy is die beste jy wat daar ooit gaan wees.  Jy is uniek gemaak, met jou eie unieke doel.  Die liggaam waarin jy is, is dit wat net vir jou gekies is.  Die lewe het my een ding geleer:  Niks hou vir altyd nie, dit wat nou sleg is sal eendag verby gaan.  Gisteraand sit Gracia langs haar Madiba en ek onthou weer die woorde van Sarha Jane:  “Don’t ever think that you will not find happiness, it Madiba so many years to find a woman who loved him, but she came at the right time”  Die ou man is breekbaar en voorwaar is dit die regte tyd om iemand te he wat hom kan ondersteun en nie in die strate rondhol tussen betogers nie.  Net so is ek vandag dankbaar vir die seer lesse wat die lewe my geleer het en glo my daar was dae dat ek geglo het ek sal nie daar deur kom nie, maar ek het en die dorings het my voorberei om die rose wat ek tans in my lewe het te waardeer en te geniet.

Ek stuur vir jou ‘n groen feetjie om fairydust rondom jou te strooi hierdie naweek, vang daarvan in jou hande en hou dit iewers waar jy kan gaan loer elke keer wanneer jy magick nodig het in jou lewe.

 

Advertisements

9 comments on “Sommer so oor alles

  1. Ogies sê:

    WTF!!!!! Ek raak nie gewoonlik sulke lelike goed kwyt nie, maar kan ons nie ‘n organisasie stig wat sulke drolle en kinder molesteerders met busse pap trap en dan hul oorskot op ‘n treinspoor strooi nie??? Lyk my dis al hoe ons ooit van die bl@ksems ontslae sal raak!!!!!!!!! Uhrrrrr. Dit maak my kwaad.

  2. Ingrid Marais sê:

    Jy mag maar kwaad word Ogies. Ek is iewers tussen kwaad en hartseer, needless to say, Hannie hou nie haar mond nie, maak nie saak wat nie, dit kom uit, net so en sy’t haar deel gese, gisteraand al.
    Welkom terug, ek mis jou.

  3. Smurfi sê:

    Ag Ingrid! 😥 ek lees nou eers gou hier en nou spuit die trane al weer soos ‘n spreiertjie hier uit my oë, dit is so ontsettende hartseer wat met die arme vrou gebeur het, (ek dink dit is ons vroue se grootste vrees in vandag se tye) en dit alles deur ‘n “man” wat nie ‘n MAN se gat is nie! Hoekom het hy haar nie net gaan haal nie die &*%$!!!!
    Weet jy , dit laat mens so ontsettend magteloos voel as jy so iets lees, en dit net omdat sy die kamtige “verskoning vir ‘n man” wil beskerm sodat niemand moet weet dat hy eintlik flokol omgee wat met haar gebeur!!! 👿
    Hy en hy alleen moet die skuld dra vir wat met haar gebeur het die sleg gemors! Maar toemaar sy dag sal kom, al is dit nie vandag nie, miskien oor ‘n paar jaar maar hy sal gestraf word!

  4. Smurfi sê:

    “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” nog altyd vir my ‘n wonderlike gebod, dink net as elkeen dit kan toepas, watter wonderlike wêreld sou ons nie in geleef het nie, niemand sou ‘n ander seermaak, beroof ,moor, verkrag of enigiets leliks aandoen wat hulle nie aan hulself gedoen wil hê nie. Sal dit nie wonderlik wees nie, ek dink dit is een van die belangrikste gebooie wat die mensdom heeltemal verontagsaam, as ons 100% net dit kan navolg dan sal jy eintlik al tien die gebooie 100% nakom. want jy gaan absoluut niks aan ‘n ander verkeerd doen nie en die heel belangrikste is natuurlik “Dat jy die Here jou God sal liefhê met jou hele hart”, net daardie twee gebooie en die wêreld sou vir ons die Hemel op aarde gewees het soos wat God dit bedoel het toe hy die aarde vir die mens geskape het.

  5. Smurfi sê:

    Ingrid ek hoop nie jy gee om dat ek die stukkie hier plaas nie, maar dit is so waar en hartseer dat vrou so wegsteek dat hulle mishandel word tot dit te laat is.

    EK WEET NIE WIE DIE OORSPRONKLIKE SKRYWER WAS NIE.

    I GOT FLOWERS (is die stuk se naam)

    We had our first argument last night, and he said a lot of cruel things
    That really hurt me. I know he is sorry and didn’t mean the things he said,
    Because he sent me flowers today. I got flowers today.. It wasn’t our
    Anniversary or any other special day.

    Last night he threw me into a wall and started to choke me. It seemed like
    A nightmare, I couldn’t believe it was real. I woke up this morning sore and
    Bruised all over. I know he must be sorry cause he sent me flowers today.

    I got flowers today, and it wasn’t mother’s day or any other special day.
    Last night, he beat me up again, it was much worse than all the other
    Times. If I leave him, what will I do? How will I take care of my kids? What
    About money? I’m afraid of him and scared to leave. But I know he must be sorry
    Because he sent me flowers today…

    I got flowers today. Today was a very special day. It was the day of my
    Funeral. Last night, he finally killed me. He beat me to death. If only I
    Had gathered enough courage to leave him, I would not have gotten flowers
    Today……

    If you are against domestic abuse, please pass this along to everybody, NOT just women.

  6. Smurfi sê:

    Maak sommer ‘n COPY en gee dit vir daardie Dom dr@l van ‘n verskoning van ‘n man!! om te lees, of lees dit sommer vir hom aangesien hy dink hy is te goed om net sy vrou te gaan haal 👿 Ek glo hy sal haar slaan ook! want hy gee beslis net om vir homself .

  7. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, jy en jou boetie is altyd welkom om hier te kom skrywe en julle mening te gee.
    Die probleem is dat die simple vent hoog en laag sweer hy het niks verkeerd gedoen nie, hy voel sy moes gewag het al was dit ook tot 22h00. Die ander sad deel is dat sy net Woensdagaand vir my gese het sy vemoed hy het nog ‘n verhouding met een van sy ekse, so heel moontlik is dit waar hy gisteraand was en waarom hy nie wou ry om haar te gaan haal nie, wou seker eers homself geniet 😈

  8. Bella sê:

    Ai, dis baie hartseer. Sal haar opdra in my gebede. Lekker naweek aan almal.

  9. Ingrid Marais sê:

    Lekker naweek Bella 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s