Steve Sê: Entries

 

 

via Steve Sê: Entries.

Advertisements
This entry was posted in Steve.

11 comments on “Steve Sê: Entries

  1. Liewe Heksie sê:

    Is hy dan weer geopereer vir iets? Nie eens geweet nie.

  2. Ingrid Marais sê:

    Hy vlieg redelik laag onder die radar op die oomblik, dis die beste vir hom en vir almal wat na aan hom is.

  3. Liewe Heksie sê:

    Nie juis laagvlieg as hy homself weer so blootstel soos destyds op sy blog nie. Doen mos nou ook die Twitter-ding. Weet nie of dit so ‘n goeie idee is nie.

  4. Ingrid Marais sê:

    Ek weet te min van Twitter om iets daaroor te se, moontlik voel hy dat hy meer beheer daaroor sal he as met die blog en hierdie keer besluit hy duidelik presies watter stukkies hy wil deel, ek glo ook hy’t geleer en sal sover moontlik sorg dat sy lewe nie weer ‘n media sirkus word nie.
    Aan die ander kant bewys dit dat die bloedhond parasiete soos Esmare en Yollie se neuse toe tog nie so skerp is nie.

  5. Liewe Heksie sê:

    Ja jong dié twee keffertjies sal sekerlik weer mondevol te sê hê oor die feit dat hy nou Tweet. Iemand hier by die werk het al klaar vandag die ongevraagde aanmerking gemaak dat Steve Hofmeyr maar net nie sonder die aandag kan klaarkom nie en dis hoekom hy nou op Twitter is. Ek het gelukkig al geleer om my opinie aangaande sulke goed vir myself te hou en kan nie verstaan hoekom ander mense dit nie ook kan doen nie. Wee jy Ingrid van die os op die jas: Ek’s so bly dat sy en Natasha se verhouding nog so goed is ter wille van die kinders. Sy hou hulle nie weg van hom nie en lyk my hulle kuier so dikwels moontlik by hom. Dis wonderlik. Ek het nog altyd van haar gehou en in my oë is sy nog steeds “one classy lady” Ek dink ook nie mens hoef noodwendig ‘n sekere kant te kies in hierdie verhaal nie. Klaar gegorrel! Nou MOET ek ‘n slag aan die werk kom! Lekker dag Ingrid!

  6. Ingrid Marais sê:

    Lekker dag Heksie, en ja die mense is reg, hy lewe op aandag, as dit nie so was nie sou ons baie min van hom gesien of gehoor het en was hy nie die ster wat hy vandag is nie. Dit is nie noodwendig verkeerd om die aandag te geniet wat jy kry nie, hy verdien dit after all, as mense nie omgegee het nie sou hulle ook nie in 2008 so upset gewees het toe hy by die dood omgedraai het nie.
    Dis ook altyd goed soos jy ook se, dat kinders steeds kontak met albei ouers het, dit bied ook vir hulle sekuriteit om te weet albei is daar vir hulle en het hulle lief.

  7. Smurfi sê:

    Ai tog weet die mense dan nie dat daar al miljoene mense op Twitter is nie? 😆 Dan wil hulle mos nou sê elkeen wat op Twitter is soek net aandag!! mens kan maar net lag as iemand sulke stront kwyt raak. Heksie jy moet vir hulle sê hulle moet eerder sy Website gaan lees dit is baie meer interressant as die Sinnetjie of twee op Twitter.

    Baie goeie inskrywing op die Website, laat mens tog maar net weer dink, wie beheer werklik ons Media?? Daar sit ook maar baie politiek agter hoekom Steve so erg geteiken word deur die Media, .. kom ons vra, was hy nie bietjie te gewild en te na aan die politiek begin beweeg nie??? het hy nie te veel anhangers, en dit het dalk vir sekere groepe ‘n bedreiging geword nie??? Ek glo hy word met opset so deur die media geteiken, is dit nie maar om sy gewildheid te probeer afbring nie?? hoekom het hulle spesifiek Steve se oortreding so uit perporsie geruk?? en ander sangers, baie van hulle, met presies dieselfde dinge het niks van gekom nie? . Ek sê nog Steve is die ou wat sy mond sal oopmaak en baklei vir Afrikaans en baie ander dinge wat verkeerd is in ons land huidiglik, ek weet Steve sê hy sal nooit in die politiek ingaan nie, maar eending is ‘n feit, Steve is ‘n gebore leier en beslis sal hy altyd sy sê sê, en daar is duisende wat saam met hom sal stem, en dit is blykbaar die probleem? Is dit regtig so vergesog ? en is ek regtig so ver verkeerd? dink bietjie.

    Ek stem nog 100% eerder vir Steve vir President! Sanger en Mens!!! Hy is en bly ‘n puik ou en niemand kan stry nie, hy het ‘n persoonlikheid wat skrik vir niks, Steve is plat op die aarde en ‘n opregte mense mens, maar moenie op hom trap nie. Hy is slim, skerp, en met ‘n baie breë algemene kennis, mense praat sonder dat hulle ‘n begrip het van wie Steve werklik is. Mense vertrap en kruisig die een ou wat werklik omgee vir hierdie land en sy mense en prys die wat fokkol omgee. Net my mening!

  8. Smurfi sê:

    Pragtige foto van Steve en sy kinders. Ek lees daar op sy Website die horingbekvoël is weer terug daar by Steve se huis, hy weet Steve is weer siek en het hom kom oppas 😉 Slim voël daardie!

  9. Ingrid Marais sê:

    Stem saam Smurfi, die voel ding het my ook opgeval, maar ek wou nou nie risk dat hier ouens met wit baadjies instorm en my Sterkfontein toe vat nie 😉 Die link tussen ons en die natuur is baie dieper as wat ons dalk ooit sal kan besef. Ons beskerm engele en sommer net skouer druk companions is veel meer as wat ons ooit sal kan besef. Die natuur weet as iemand ly of pyn het en troos op sy eie beste manier.

  10. Bella sê:

    Ek stem 100% saam met smurfie. Laas jaar september toe hy hier in die kaap opgetree het, het ek lank met hom gesels. Hy was bereid om vir foto,s te staan saam met fans maar van drukkies en soentjies was daar nie sprake nie. Dis verstaanbaar as n mens in ag neem dat selfs dit uit verband geruk word. Steve gou gesond word. Ingrid baie dankie vir die foto,tjie. YOU GO STEVE.

  11. Ingrid Marais sê:

    Steve is en sal altyd ‘n ster duisend bly! Sy fans is vir hom belangrik en hy het respek vir hulle, dis waarom hy so gewild is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s