Kom ons help vir Conrad

Ek het hierdie comment by 6 Oktober se posting gekry, dalk word dit nie raak gesien nie, daarom kom plaas ek dit hier.  As daar iemand is wat kan help, laat weet asseblief.  Conrad, dalk kan jy ons laat weet waar jy bly, dan kan ons iets of iemand in jou omgewing soek.

My seun JD is ook ADHD. Hy word 12 en in graad 5. Hy kan glad nie die volgende dag sy skoolwerk wat hy die vorige dag so goed geken het. Ek en my vrou was en is nogsteeds besig om te soek wie hom kan help. Die skool het net elke keer ‘n beter antwoord. My kind se selfbeeld is gebreek en word by die skool gespot, hy is dom. Ek het al duisende rande gespandeer wat ek nie het nie, om iemand te kry wat ons kan help. Ek sal opreg waardeer as hiemand vir my inligting kan gee wat ek moet doen, ek is moedeloos en raadop.

Conrad

Advertisements
This entry was posted in Kinders.

12 comments on “Kom ons help vir Conrad

  1. Charmaine sê:

    My seun is in 2001 met ADHD gediagnoseer en van toe af het ons dit ons plig gemaak om hulp te kry vir hom. Vir die afgelope twee jaar is hy in ‘n remedierende skool, wat ook maar sy eie uitdagings bied. Maar ten minste staan hy nie hier uit nie want al die kinders het dieselfde probleme. ‘n Paar jaar terug het ons hom by ‘n professor in Opvoedkundige Sielkunde in Pretoria gehad omdat hy ‘n groot sensoriese integrasie probleem ook het (SID) en ons het soveel sukses met die program ervaar. Jy kan meer inligting op hulle webwerf http://www.ilt.co.za kry. Die benadering van die program is oefeninge wat jy daagliks saam met jou kind doen en sy aanvaar mediese fondse, indien jy lid is van een. Sy het ons ook verwys na ‘n oogkundige wat spesialiseer in kinder optimetrie en sy (www.eyetek.co.za) het bevind dat sy oe nie voldoende saamwerk nie en daarom kon hy nie behoorlik lees nie en was sy begrip van wat hy gelees het swak. ‘n Bril (multi-focal), oogoefening, ens het sy probleem opgelos en twee maande terug het ons die nuus gekry dat die probleem met sy oe heeltemal opgelos is. Hierdie kinders is nie dom nie, hulle is kreatief, innoverend en meeste van hulle is “regter” breiners daarom is dit so moeilik om in ons skoolomgewing aan te pas omdat die fokus meer relevant is vir “linker” breiners. Ons het laas jaar ‘n praatjie bygewoon en ek het ‘n interresante boek wat deur die aanbieder geskryf is gekoop (http://www.ladd.co.za/ecommerce/) en iets wat my altyd sal by bly is die verduideliking dat hierdie kinders se brein soos ‘n film afspeel die hele dag.

  2. Smurfi sê:

    Hi daar Ingrid,

    Ek het so paar jaar terug redelik inligting ingewin oor die toestand, het destyds met ‘n Jolanda Dreyer geskakel (weet nie of sy nog dieselfde nommer het nie, sy het my verwys na ‘n Professor Debbie van der Westhuiszen wat een van die bestes is wat ADHD toestande by kinders aan bestref is. (in Afrikaans is dit AAHV aandag sfleibaarheid hiperaktiewe versteuring) Prof. Debbie v.d. Westhuizen se hele doktorale tesis oor die ADHD toestand is op die internet beskikbaar. ek hoop ek het nog die Website reg http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12192005-151506/

    as dit nie reg is nie kan mens dalk 012-3199500 skakel (dit is Weskoppies waar sy ook baie van haar werk gedoen het (weet nie of sy nog daar is nie ook werk nie) maar hulle kan dalk weet waar mens haar in die hande kan kry) Haar ontvangsdame destyds daar was Marleze (dierbare en behulpsame mens) 012-3199516 was destyds haar direkte no. hulle het baie mense gehelp met kinders met sulke probleme, veral ook waar daar mense is wat nie altyd baie geld beskikbaar het vir die behandelings en sielkundegis nie. .

    So nie kan mens ook die die ADH support group S.A. http://www.adhasa.co.za gaan inloer vir meer inligting hulle tel. no. 0118887653 (maak net seker of die nommers wel nog so is) Die ander een is ook ADHD Support Centre of SA. http://www.adhdcentre.co.za Tel: 012-8021077 Hierdie instansies kan ook baie help aangesien hulle ook inligting sal stuur soos brosjures en artikels oor AHDH ens deur die pos of selfs om dit te fax.

    Ek kan jou verseker dat die kennis onder onderwysers en selfs skool hoofde uiters min is oor die toestand by kinders en dat hulle ook geensins baie belangstel om meer daarvan te leer of te weet nie.

    Ek hoop iewers tussen die inligting kan hulle geholpe raak. Soos ek sê dit is so paar jaar terug se inligting so plus minus 2007 maar ek is seker van die tel. no’s moet tog nog dieselfde wees en die websites.

  3. Smurfi sê:

    Verskoon tog as daar tik foute is ek is bietjie haastig oppad na ‘n Dr. afspraak so nie tyd om alles gou mooi deur te lees nie :lol maar ag ons ouens op die blogs lees maar die foute reg soos gewoonlik! 😆

  4. Liewe Heksie sê:

    Klink presies soos my verhaal, behalwe dat my seun 11 is. Geen mens wat nie self daardeur gaan, kan vir ‘n ander die frustrasie en magteloosheid beskryf nie. Elke jaar met elke nuwe graad en nuwe onderwyser begin jou stryd van voor af. As gevolg van onderwysers se onkunde is my kind tot al as outisties gebrandmerk. Toetse het bewys dat hy dit beslis nie is nie. Al wat mens vir jou kind wil hê is dat hy die geleentheid gegun word om sy volle potensiaal te ontwikkel, maar met die labels wat die onderwysers aan so ‘n kind koppel, is dit nie moontlik nie. Elke dag is ‘n stryd om hom sover te kry om net skool toe te gaan aangesien hy daagliks so ‘n negatiewe ervaring van skool het. My hart bloei vir my kind, want sy selfbeeld is aan flarde.

  5. Ingrid Marais sê:

    ((((((((Heksie)))))))))))) ek verstaan so goed. Eers het ons met Amber deur haar labels gegaan met iets waaraan sy niks skuld het nie, nou 600km weg van die labels het sy kans gekry om heel te word en julle kom saam met ons sien hoe sy groei op soveel vlakke.
    Toe was dit Quinton was as “stout” gesien is, net omdat hy nie so lank soos die meeste kinders kan stil sit nie. ‘n Onderwyseres wou hom op Ritalin sit en net omdat ek gegil en geskree het en gelukkig die regte kundige mense geken het is dit nie gedoen nie. Dieselfde vrou wat so ‘n groot rol gespeel het om Amber weer selfvertroue te gee is gelukkig ook deel van Quinton se lewe, sy’s die beste onderwyseres met insig en wysheid. Gisteraand was hy so trots omdat hy vir die eerste keer iets vir ons kon kom lees, almal moes luister en in plaas van een bladsy het hy sommer twee gelees en wou nog aangaan. Ons moes hom later stop, want hy was besig om moeg te word en ek wil nie he hy moet a.g.v. moegheid foute maak en weer voel hy’s nie goed genoeg nie.
    Om ‘n kind se selfbeeld te bou is die grootste geskenk wat jy ooit vir hom/haar kan gee. Ek wens net alle onderwysers wil dink wat hulle aan ‘n kind doen as hulle hom/haar afbreek.

  6. Liewe Heksie sê:

    Ek kan hoor jy weet presies waarvan ek praat vriendin. Ek moet elke jaar weer die stryd teen Ritalin, Concerta en Stratera voer en in my geval is dit die kundiges wat dit voorstel. Plattelandse dorpie jy sien en as die onderwyseres ‘n kind verwys is dit net een paadjie en dit is apteek toe met jou. Ek het teen my beterwete na al die jare se baklei toe besluit om die een met kwansuis die minste newe-effekte teen R800,00 per maand (geen medies) te probeer. Na ons dit vir ‘n maand kans gegee het, het my liefdevolle, klein terggees verander in ‘n lomerige, lustelose, depressiewe, huilende seuntjie. Ek het dit sumier stopgesit en sal dit nooit, ooit weer aan my kind doen nie. As sy onderwysers deesdae vra of hy op medikasie vir sy “probleem” is, doen ek die onchristelike ding en lieg oopoë en antwoord met ‘n skaamtelose JA! Dis nie heeltemal ‘n lieg nie, want hy drink elke oggend ‘n pro-biotika pilletjie (hie hie).

  7. Ingrid Marais sê:

    Heksie, het jy al Biostraph probeer? Ek was gelukkig dat Medshield dit betaal het, my huidige medies betaal nie daarvoor nie, maar teen R85 per boksie kan ek dit darem doen. Die studies wat daaroor gepubliseer is, is nie sommer net nonsens nie, toe ek my honeurs gedoen het, het ek en Amber dit saam gebruik, haar Wiskunde punte het verbeter en ek twyfel of ek dit daarsonder sou maak. Dis natuurlik en het nie newe effekte nie, help net met konsentrasie en geheue.

  8. Liewe Heksie sê:

    Ek gaan dit sommer nou gou in my etensuur gaan kry. Thanks!

  9. Cupcake sê:

    Heksie, jy moenie alleen voel met jou slim plan nie! Ek praat gister met ‘n vriendin wat dieselfde storie vertel. Ook ‘n onderwyser gehad wat dag en nag gegil het vir Ritalin. Desnoods het sy toe maar besluit om so wit leuntjie in te gooi want sy soos baie, baie ander ouers weier om haar kind op dit te sit. Wat verstommend was se sy, is die onmiddelike ommekeer in genoemde onnie se gedrag en optrede nadat sy vertel is jip die kind drink sy pilletjie. So …. die spook pilletjie help toe vir onnie meer as wat dit skade maak aan die kleine kind!

    Dis so hartseer en ‘n absolute skande dat sulke kinders nie met bietjie ekstra liefde en aandag mag deel wees van normale skole nie. Hier in Oz is die benadering baie anders, dis licourice all sorts in die klas, MAAR elke kind word volgens sy EIE ability (sorry ek vergeet nou my Afrikaans) hanteer. Hier is ook spesiale hulp onnies wat in elke klas help met enige outjie wat dalk bietjie harder moet werk om by te bly, met ander woorde geen diskriminasie nie, geen selfbeeld wat afgekraak word nie. Liefde en geduld, daarsonder moet onnies eerder vis en chip shops gaan oopmaak!

  10. Smurfi sê:

    Ek persoonlik glo ook dat baie liefde, baie aandag en baie geduld, ipv. al daardie bedwelmende pille by verre beter is. Het ook al gelees dat omega3 kapsules ook baie goed is vir sulke kinders. Eending is verseker die skole maak die arme kinders se lewens hel, van dag een af, ek dink hulle moet die onderwysers dwing om ‘n kursus te doen hoe om met sulke kinders te werk. Meeste van hierdie kinders gaan elkedag in vrees skool toe.

  11. Ingrid Marais sê:

    Ek stem saam Smurfi!

  12. Amanda sê:

    Ek sukel met my 16 mnd dogtertjie wat erg hiperaktief is en op die vloer val en skreeu en skop en agrisief raak met haar speel goed of haar klere help asb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s