My hart is seer

😦 skielik met een oproep word my hart baie, baie, baie seer.  Nee nie seer soos in breek seer nie, hierdie is ‘n anderste soort seer. 😦

Ek het julle al vertel van my baas, hy’s great, maak my soms kwaad, ek wou hom Vrydag weer klap, maar dan is dit verby en in die algemeen is hy ‘n great ou, jy sal ver moet gaan om ‘n beter bestuurder te kry.  Seker reeds die rede waarom baie mense nie van hom hou nie, hy’s streng en jy weet presies waar die grense is met hom.

Wel, dit is amptelik, hy gaan weg.  Hy’t ‘n bevorderings pos aanvaar.  Gister nog het hy vir my gese:  I have not decided yet, don’t listen to rumors.  Nou is dit bekend gemaak, hy het toe besluit, as dit op ‘n ander tyd van die maand gebeur het, het julle dalkies so ‘n foto iewers gesien. 😉 ook maar goed ek het nie nou geld vir drank nie.

Lekker aand vir almal en dankie vir elkeen wat vir Conrad kom raad gee het.

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

7 comments on “My hart is seer

  1. Smartie sê:

    Ingrid mag ek asb net ‘n vragie hier vra?

    Ek soek na kontakbesonderhede van SARS i.v.m BTW bedrog.

    Dis my plig om die mense te stuit wat onregmatig geld vir geen dienste gelewer, vanaf BTW te eis.

    Moontlikheid om iemand by SARS persoonlik te kontak?
    Die saak moet ondersoek word.

    Baie dankie.

  2. Liewe Heksie sê:

    Smartie maak asb net eers doodseker van jou feite voor jy so iets doen. Is jy byvoorbeeld seker die mense is nie vir BTW geregistreer nie? Hoe weet jy of hulle die geld oorbetaal of nie?

  3. Ingrid Marais sê:

    SARS – Fraud and Anti-Corruption
    Hotline
    0800 00 28 70
    https://commerce.sars.gov.za/sas_static/internet_sas.htm
    Dalk sal jy hier kan regkom. Ongelukkig is dit iets wat meer voorkom as wat ons dink. Persoonlik ken ek ook mense wat bv. motorherstel werk doen en dit word nerens verklaar nie. Ek weet selfs van kunstenaars wie se bestuurder vir jou sal se, jy het ‘n keuse, sou jy die persoon in kontantnote betaal is die prys minder, want dan is daar nie tax nie, wil jy dit in die bank inbetaal soos met Steve word die belasting duidelik op die kontrak gewys. Laat jou dink ne?

  4. Smartie sê:

    Liewe Heksie, ek het dokumente om die bedrog te bewys.

    Ingrid, dankie vir die nr. Hoop nou maar net dat die saak aandag sal kry.

  5. SEO sê:

    Thanks for this post

  6. Smurfi sê:

    INgrid,

    Ek het nou sulke goeie nuus gekry, ek huil sommer, my dogter het nou net gehoor dat die kankergewasse besig is om weg te gaan en dat sy nog net een chemoterapie vandag gaan kry!! Ek is so absoluut verlig en dankbaar, die behandeling is baie seer en erg, maar sy is net so bly dat dit nou die laaste gaan wees. Ek glo nie mens kan beskryf watter verligting en blydskap deur mens gaan en ook om God te dank dat dit wel besig is om weg te gaan. Smurfi het nie meer woorde nie, net baie dankbaar.

  7. Smartie sê:

    Smurfie, sterkte vir julle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s