Blomme vir Hannie

Die laaste paar dae was nogal stressvol gewees.  Die van julle wat lankal hier kuier weet dat Hannie slegs op ‘n kontrak basis werk.  Die laaste keer is die kontrak net vir drie maande hernu, omdat ‘n samesmelting van twee maatskappye besig was om te gebeur en daar moes uit die aard van die saak plek wees vir al die werknemers.  Dus het ons geweet dit is net tot einde Maart, sou hulle dit goed dink sal hulle dit weer verleng.

Die samesmelting is in die finale fase en almal het geweet dat hierdie week bekend gemaak sal word wat gebeur met die werknemers.  Dit was nie net ‘n vraag of hulle die kontrak sal hernu of nie, dit was ook ‘n kwessie van waar sy sou werk, want sien die werknemers word versprei tussen Braamfontein, Edenvale en Hatfield, met baie mooi beplanning sou Edenvale kon werk, maar Hatfield was ‘n ander storie.

Gister begin die bestuurders toe om die mense een vir een in te roep en briewe te gee ter verduideliking.  Hannie bel, sy is baie bang, wat as hulle nie die kontrak hernu nie, in die laaste 20 maande het die dogters se pa nog net een keer onderhoud betaal en nog nie ‘n sent skoolgeld nie.  “Dis, ok, ons sal wel ‘n plan maak,” is al wat ek kan se.

Dan kom die sms:  Hulle is klaar vir vandag, die res van ons sal eers more weet.  Ek weet wat dit aan haar doen, die onsekerheid is erger as om te weet.  Wel, ons is mos sterk babas en die nag gaan ook verby.

Vanoggend kom die oproep en sy is so uitasem dat sy amper nie kan praat nie:  “Hulle het my kontrak hernu vir ses maande en ek bly hier!”

Dan begin die emails kom met bosse blomme in om dankie te se vir die ondersteuning en bystand.  Dit terwyl dit vir my so natuulik soos asemhaal gekom het, dis mos wat jy doen as jy lief is vir iemand.  So hier is sommer ‘n hele veld vol blomme, net sommer omdat ek so gelukkig is om iemand in my lewe te he wat omgee en verantwoordelik is.

Advertisements
This entry was posted in Huwelik.

4 comments on “Blomme vir Hannie

  1. Bella sê:

    Ingrid ek is saam met julle bly alles het goed uitgewerk. Lekker aand.

  2. Smartie sê:

    Wonderlik Ingrid!
    Onsekerheid in enige situasie is baie stressvol.

  3. Harry sê:

    6 maande vlieg vinnig verby.

  4. Ingrid Marais sê:

    Dankie Smartie en Bella. Dit is waar Harry, maar in SA waar soveel mense nie eers vir 6 maande werk het nie, is dit wonderlik om te weet dat vir ten minste die volgende 5 maande hoef ons nie elke dag te wonder wat gaan more gebeur nie. Die ander ding is ook dat teen die einde van hierdie ses maande sy reeds 21 maande op kontrak gewerk het en daar is ‘n klosule in die arbeidswet wat bepaal dat ‘n permanente aanstelling na ‘n sekere tyd moet volg, dit is eintlik waarvoor ons bid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s