IT probleme

Vriende, ek wil net se:  ek lees nog almal se blogs, ek kan op die oomblik nerens comment nie, ek is gelukkig dat ek nog kan lees en hier kan skryf, soos julle weet kan ek nie prentjies post nie, ek kan ook niks edit nie.

Ons het ‘n nuwe IT meisie; Hope, moet eerde Hopeless wees, nee regtig ouens, ek weet ek’s tegnologies gestrem en ek aanvaar dit en daarom doen ek nie aansoek en se ek kan rekenaars verstaan en iets met hulle doen en dan as die popo die fan strike dan weet ek nie wat om te doen nie.

Weet asseblief net ek loer nog gereeld in.

Lekker naweek.

Advertisements

25 comments on “IT probleme

  1. Bella sê:

    Ingrid en smurfi het julle gesien die generaal het gewen by die SAFTA AWARDS vir sy program DIS HOE DIT IS. JIPPEEEE!!!

  2. Smurfi sê:

    Hi daar Bella en Ingrid en al die Kombuis gaste!

    Bella dankie dat jy ons kom vertel het ek het die naweek geen koerant of nuus gesien nie. Was dit in die koerant ? Dankie tog dat Huilgenoot nog nie dit ook oorheers nie anders sou hulle sorg dat Steve nie eers genoem word nie.

    Ek het niks teen Kurt Darren nie, maar het julle al gehoor hoe vreeslik hy deur sy neus sing as hy iewers optree ?? selfs nou die dag toe ek Skouspel se DVD gekyk het, hy het so erg deur sy neus gesing en sy woorde so onduidelik uitgepreek dat mens geen word kon uitmaak wat hy sê nie, regtig! julle moet bietjie luister, ek het dit nou al oral waar hy optree opgemerk dit is regtig verskriklik swak, op sy CD’s klink dit heel anders, moontlik vat die uitgewers hom dan bietjie vas as hy so wil sing. Hy en Laurika Rauch (hoop ek spel dit reg) het saam op getree en sy het omtrent vir hom ore aangesit met sy eie song, hy het regtig so erg deur sy neus gesing en sy woorde ingesluk dit het pateties geklink teenoor Laurika wat so suiwer en duidelik gesing het. Ek belowe julle moet net bietjie luister as hy iewers op ‘n verhoog optree dit klink weird verby!! En ek sê dit nie om hom sleg te maak of enigiets teen hom nie dit is net vir my absoluut vreemd en dit van ‘n sanger wat kastig as die land se beste deur Huilgenoot aangewys word!!???

  3. Smurfi sê:

    En my ander stukkie K@k en kerm is oor die Afrikaanse liede wat al hoe meer net uit twee of drie oor en oor herhalende woorde bestaan! en elke song se wysie klink presies dieselfde as die vorige een, hulle verander net hier en daar een noot en sit so drie ander woorde in die song in en die mense gaan mal!! Selfs ou Kurt se liede is ook maar oor en oor dieselfde sin, en dieselfde ritme en wysie net met ander woorde hier en daar. Maar dit is dan seker waarvan die mense hou dan hoef hulle nie ‘n lied te leer om te kan saamsing nie, net drie tot vier woorde oor en oor! en bokkie sokkie toktokkie, of is jy bang, bang, bang, en oor en oor en oor. of die beste nog, jy maak my ore rooi! ore rooi, ore rooi! dis nou die Babbelbekkie (eintlik die woord waaruit die song bestaan) song van die Cambels. Nee wat ek hou van ‘n song wat uit woorde bestaan iets wat jy luister en dit vertel amper vir jou ‘n storie, iets met meer “body” elke song kan tog nie dieselfde ritme en wysie hê as die vorige een nie?

  4. Smurfi sê:

    INgrid sê vir daardie laaitie van IT. hy moet nou julle Pc’s reg kry 😉 so kan dit mos nou nie werk nie ons vermis jou nou al te veel!!!

  5. Smurfi sê:

    BELLA ek het gaan lees by “STEVE Sê”

    http://stevehofmeyr.co.za/website/

    Baie mooi fotos! en ek dink sy nuwe CD. se omslag foto is ook puik!

    “Steve word OUPA!!” hahahaha!! mense moet maar self gaan lees!

    Steve se dogter
    Charissa is vandag 22jaar ou,baie geluk aan Charissa, mag dit ‘n wonderlike dag wees.

  6. Bella sê:

    Smurfie. Dit was op die t.v. Kanaal 1. Hy het gepraat ook toe hy die beeldtjie ontvang het. o ja dit was saterdag. Hy het so oulik gelyk. Ek sal nou gaan loer daar by sy blog. Ek het daai selfde dvd wat jy van praat. En ja dit is waar hy sing deur sy neus. Ek is nie n fan van kurt nie, besit ook geen cd,s of dvd,s van hom nie. Het Kurt net op die huilgenoot dvd.s. Ek moet se ek het lekker gelag vir hom en laurika. Lekker dag vir almal om die tafel.

  7. Bella sê:

    Smurfi. Ek was gou daar op steve se blog. THANX vir die ,, link…. Ek sien ek het n klomp foute gemaak in my vorige comment. Ek was by die mall en het n koppie koffie geniet en toe tik ek vinnig. Die program was op tv 2 en nie een nie en ek het kurt darren net op huilgenoot se skouspel. Steve se dogter verjaar net n dag na my dogter. Daarom is dit vir my maklik om te onthou. Ingrid ons mis jou!!!

  8. Smurfi sê:

    Almal wat gereeld hier kom lees , Ingrid ondervind probleme om te kan blog, sy vra ek moet vir julle groete stuur en sê sy mis julle almal vreeslik. Sy sê sy sal kyk of sy plan kan maak , die posduif het vir my ‘n boodskappie van haar gebring om vir julle te laat weet.

    Ingrid ons hou duimvas dat jy gou weer sal kom blog.

  9. Bella sê:

    Thanx smurfi. Ingrid hoop die probleem is gou opgelos.

  10. Ingrid Marais sê:

    Hello Maters eks steeds hier. Sal die naweek met Vodacom gaan chat hopelik word als gesort dan kuier ons weer lekker! Willa begin solank bak. Geluk Generaal long overdue.

  11. meermin sê:

    Ek het ook weer begin resepte op my meermin blog sit!

  12. Harry sê:

    Meermin se mieliepap poffers lyk lekker. As ek weer eendag braai dan maak ek poffers op die side.

  13. Ingrid Marais sê:

    Smurf en Bella, het julle dalkies Pasella gesien? Kan julle glo dat hulle ook nou begin met n gekurtery? 2 weke in n ry is darem net te erg, maar wat my woedend gemaak het was die doelbewuste verdraaing van feite toe daar gese is dat die laaste musiekfliek in SA in 1980 deur Sonja gedoen was. Het Steve en sy bydra in die land nou skielik onsigbaar geword? Het No Hero nooit bestaan nie? Dit was in elk geval n beter fliek as Sing vir die Harlekyn! Steve ons onthou en se dankie.

  14. Bella sê:

    Ingrid. Ja ek het dit nou net gekyk. jy is 100% reg No Hero was n beter fliek. Ek gun almal n plekkie onder die son, maar mense vergeet te gou. Die generaal het baie goeie goed ook al gedoen, maar geriefliksheidhalwe word net die sleg onthou. Ek wil ook net se DANKIE STEVE EN ONS ONTHOU.

  15. Smurfi sê:

    Hi julle, kry net nie kans om regtig te kom inloer nie. Ek kyk omtrent nooit Pasella nie, maar ek sê nog daar is ‘n hele komplot teen Steve, en hierdie ge op hemel van ou Kurt gee my een groot kramp, die ou is wragtig nie so goed as wat hulle wil voorgee nie, mens kan dink wat jy wil maar jy kan nie sê wat jy wil nie. Ek sal 100 keer eerder ‘n CD koop van Bobby van Jaarsveld as enigsins van Kurt Darren, ek dink Bobby gaan nog groot naam word in die musiek bedryf. Besit nie een Kurt Darren cd. nie en wil ook nie een hê nie.

    Steve se eerste fliek was KAMPUS jare terug al, AGTER ELKE MAN en die ander een was NO HERO dan was daar nog een, (ek kan nie op die naam van die fliek kom nie ) dit was gebasseer op ‘n ware gebeurtenis oor drie mense wat saam ‘n moord gepleeg het, deur ‘n ou man by wie hulle geloseer het te vermoor en op te kap en dan die lyk in ‘n tas te prop en iewers uit ‘n trein te gooi. wrede storie, .. maar Steve het die rol goed vertolk. Al sy hare was afgeskeer vir die rol. ware verhaal wat hier in SA gebeur het.

    Ek wens ek weet wat sit werklik agter die dat hulle Steve en alles wat hy vir Afrikaanse musiek en selfs ons taal gedoen het probeer onderdruk. Ek sê nog Steve was en is nog te gewild en hy hou nie sy bek vir dinge nie, daar sit baie meer agter as net die oppervlakkige. Hy het die magtige Media aangevat en dit is nie toelaatbaar nie, Steve maak sy mond oop teenoor dinge wat verkeerd is in die land en kom op vir die Afrikaner en die Taal. Kurt kan en sal nooit opkom vir enigiets in die land nie, hy stel net belang om geld te maak uit die mense uit verder floukol…. So hy is glad nie ‘n bedreiging in enige moontlike pollitiese of media of wat ookal hulle reken nie. Ek sê julle Steve het nog steeds baie aanhangers en Steve is nie op sy bek geval nie, ek wens so die mense wil hulle ogies oopmaak en bietjie dieper begin soek vir die rede hoekom Steve so getarget word.. Ek mag verkeerd wees, maar ek glo dit het nie regtig te make met wat Steve verkeerd gedoen het nie, dit is ‘n ou druppeltjie in die emmer. Steve maak golwe en hulle hou nie daarvan nie. Steve is ‘n gebore leier (en sanger ) met ‘n doel!!

    Steve vir President!!! Steve sal nie opgee en gaan lê dat hulle oor hom hardloop nie, vergeet dit! Die duiwel maak potte maar hy maak nie deksels vir daardie potte nie eendag gaan die hele waarheid oopbars en almal sal sien wie werklik agter hierdie dinge sit. Hoekom kom ander sangers weg met moord en geen haan kraai oor wat hulle aanvang nie??? hoekom dan kastig vir Steve so kruisig??? Wie of watter instansie beheer die magtige media werklik??

  16. Bella sê:

    Smurfi. Daai fliek se naam was…. A case of murder. Lekker dag vir almal.

  17. Smurfi sê:

    Net so vir die grap! 😆 Ek sien die toekenning wat Steve gekry het word ie “Golden Horn” toekenning genoem, dis nou die een by die SAFTA Awards, … So ja, nou is Steve amptelik die man met die goue horing 😆

  18. Skoor sê:

    IT PROBS SUX Ingrid – hoop jy sort dit gou uit.

    Steve sux ook. 😆 Moenie my moer nie, mens het ‘n reg tot opinie. En Donderdae het ek sterk opinies! 😆

    Vrede!

  19. liewe heksie sê:

    Ek wil darem ook net sê Ingrid en Smurf dat dit nie help om vir Kurt te verwyt oor hy so baie mediadekking deesdae kry nie. Moet hy nou sê: “Nee dankie liewe media. Gaan gee eerder vir my vriend Steve die dekking wat ek sou gekry het?” Ag nee wat julle. Gun dit vir Kurt om die golf te ry net soos wat Steve gedoen het voor hy self op sy eie voorstoep gebollie het. Steve is in elk geval nog net so gewild. Met of sonder mediadekking. Hy het alreeds bewys dat hy nie die magtige Huisgenoot of Skouspel nodig het om ‘n superster te bly nie. Kyk maar wanneer daai nuwe cd uitkom. Ek kan julle wed dit gaan weer vir weke lank op DKNT se nr 1 lê. Sy verkope praat harder as wat enige mediadekking ooit sal kan doen.

  20. Smurfi sê:

    Heksie nee wat Kurt is gewild onder sy aanhangers ek gun hom dit, dit is maar net te ooglopend dat die media Steve uitermatig teiken teennoor baie ander wat deur dieselfde is,

    Haai nee jong ek is nie ‘n Kurt hater nie, hy mag maar sing en gewild wees, ek persoonlik is nie mal oor sy liede nie en besit nie ‘n cd. van hom nie, maar wel van baie ander afrikaanse sangers. Ek gun ou Kurtjie alles wat hy kan bereik.

    Jy is reg Steve sal altyd gatskop! 😉

  21. Smurfi sê:

    Hi daar Skoor,

    Jy mag maar jou Donderdag opinie hê 😆 As ek so kan Kl*k en kerm op ‘n Donderdag mag jy ook 😉 Lyk my dit raak gans en al te stil hier,ons mis vir Ingrid en ‘n lekker topic.
    Nee wat ek glo elkeen van ons mag maar sê soos ons voel. Ek laaik jou naam “Skoor” jy kruip weg ens ons soek jou dan soek ons mos “Skoor” 😆 Lekker dag vir jou!

  22. Skoor sê:

    Whoohoo, ‘n volwasse blogger! I like you Smurfi. Moenie worry nie, ek kruip telkens vir myself weg soos EK Skoor soek, hahaha.

    Ja wat, so met ‘n siek computer kan niemand vooruitgang vind om die kombuistafel nie….Ingrid….!!!

  23. Ingrid Marais sê:

    Vrinne lyk my julle het my nie norig nie, julle chat al te lekker so opi donersedag 😆 Nee wat Marshmallow mag maar sy fans he, my eie vrou het n handvol van sy cds. Dit het my net laat begin dink Smurff het iets beet met wat sy se. n Ander topic het julle die brief in Beeld gesgien van die vrou wat vir Barbie jammer kry. WTF wat van die kinders wat dalk vir die res van hulle lewens opgef@k is? Hoop die vrou het nie kinders nie en dat n gewetenlose vark hulle nie eendag sal seermaak nie, want die vark sal seker dan ook simpatie kry.

  24. Bella sê:

    Ingrid ek persoonlik dink Barbie se 7jr vonnis was te min. Na 3 of 4 jr word sy vrygelaat. Vieslike vroumens. Dan kry daai vrou haar jammer? Ek het geen simpatie met haar nie.

  25. Ingrid Marais sê:

    Stem saam Bella.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s