Hannie is my ster en my sonskyn!

 

 

 

Dit is hoe dit nou vir my voel, na ‘n baie lang uitputtende vergadering, kry ek ‘n oproep wat die son sommer warm in my kantoor laat instroom.  Ons het begin worry oor wat ons met die kinders gaan doen gedurende die opkomende vakansie.  Liewe getroue Madelein het ons ‘n nommer gegee, eintlik vir nasorg in die middae, maar die kinders neem aan soveel sport by die skool deel dat hulle heeltemal veilig daar is.  Hannie het die vrou gebel en sy sal hulle versorg gedurende die vakansie.  Die meeste plekke neem nie sulke groot kinders in nie, of hulle vat hulle net as hulle gedurende die kwartaal ook daarheen gaan.

Dit voel soos ‘n berg wat van my skouers af val.  Daar is nie ‘n manier dat ‘n mens rustig kan werk as jy nie seker is jou kinders is veilig nie.

Baie dankie my Engel, sien ek se jou elke dag:  ek het jou nodig, jy kry dit elke keer reg om die wolke te laat verdwyn.

Terwyl ek nou so soppy raak wil ek julle ‘n email wys wat ek gister gekry het:

“Jy is my lewenspad se GPS , my rigtingwyser, die een wat my staande en regop hou as ek voel ek kan en wil nie meer nie , kortom jy is my alles in een , my asem , my lewe , my dryfkrag !!”

Hoe kan ek anders as om lief te wees vir iemand wat sulke woorde kwyt raak?

Dit bring my by Steve en Sune.  Daar was soveel kritiek teen hulle gewees, ek het gekies om stil te bly, ek is bitter bly dat ek dit gedoen het, want wat ek hier voor my oe sien is iemand wat enige iets sal doen om hom gelukkig te maak.  Iemand wat met haar oe, meer as met enige iets anders se:  jy is die mees spesiale iets wat ek nog ooit gesien het; en dit is iets wat elkeen van ons in ons lewens nodig het.  Steve, ek is so bly vir jou en ek hoop uit my diepste binneste dat jy met dieselfde oe na daardie meisiekind kyk en dat jy haar liefde en bewondering vir jou sal koester en oppas.  Mag julle gelukkig wees en as die dag kom wanneer dit nie meer werk nie, mag julle eerlik genoeg wees om dit vir mekaar te se sonder om mekaar te venietig.  Ek weet ek hol rond waar engele te bang is om te beweeg, maar dit kom werklik uit my hart uit.

Advertisements

4 comments on “Hannie is my ster en my sonskyn!

  1. Meisiekind sê:

    Ag ek geniet om jou blog te lees. Baie mense kan van julle af leer. Baie maak asof gay n siekte is. Maar dit is glad nie. Julle liefde is so mooi, baie sal hul agter tande gee om julle geluk te he. So ek se as gay n siekte is, maak my asb siek.

    Dankie vir die kool in foil resep, ek het dit gemaak en my famielie het hul lippe af ge eet. As jy dit nog lekkerder wil maak smelt kaas bo oor die kool na dit gebak het in die foil.

    Mag jul liefde net groei en groei.
    Noem my naam op jul blog dit maak my altyd bly. Eks nou 67 jaar oud.

    Beryl

  2. Ingrid Marais sê:

    Dankie Beryl, bly julle het lekker geeet. Ja ons is gelukkig om nie net liefde nie, maar vriendskap en respek als in een te gekry het. Hannie het vir my n hangertjie met rosequartz en n ringetjie aan waarop friendship geskryf is en dit som dit so mooi op dat dit nie net liefde nie maar ook vriendskap is wat ons gelukkig en bymekaar hou. Sy is nie net my vrou nie, sy is my beste vriendin en my suster ook! Wat meer kan ek vra?

  3. Bella sê:

    Hi Beryl. Ek stem volmondig saam met jou. Lekker aand vir jou.

  4. Ingrid Marais sê:

    😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s