Logiese denke?

Waar begin jou logiese denke en wanneer besef jy dat jou eiedom of dalk nog erger jou lewe in gevaar is?  Die studente by UJ is besig met die alombekende protes aksie.  Niemand het daarvan geweet voor vanoggend nie, toe ek by die hek wil inry so net na 6 uur is hulle reeds daar besig om asdromme om te keer en buitebande uit te pak en vol pertrol te gooi.  Hulle storm op die motors af en beduie:  draai om.  Wel dit is presies wat ek doen, maar dan gebeur die ondenkbare.  ‘n Vrou met ‘n jong kind in die motor voor my gaan stop en haal haar selfoon uit om iemand te bel!  Ek beduie vir haar sy moet ry, draai later my venster oop en sy doen dieselfde.  I can’t turn up here, I want to go that way.  Is wat sy my wil kom vertel.

Kan jy dit glo, daar is tye wanneer jy nie eers bel nie en daar is tye wanneer jy ‘n ander pad ry as die een waaraan jy gewoond is.

Kan iemand vir my verduidelik hoe iemand so kan dink?

Lekker dag

Ingrid

Advertisements

10 comments on “Logiese denke?

  1. Smurfi sê:

    Lees vanoggend se Beeld; Zuma se besoek aan Engeland

    Is ons land nie maar besig om die bespotting van die wêreld te word nie?

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/4e32ada68db347bd96bf76ac28a35654/03-03-2010-11-16/%E2%80%98Jy_is_barbaars,_Zuma%E2%80%99

    …………………………………………………………….

    Dienste: Minister dreig wittes

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0d4c065a08cc473587ba723d678896bc/03-03-2010-11-16/Dienste_Minister_dreig_wittes

    ……………………………………………………………….

    Malema?? en dan glo die arme mense nog steeds in hom!!??? WTF.

    http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/43c5af811a184dd2b44e7a075e82a241/04-03-2010-07-10/Malema_Ek_leef_in_armoede

    ……………………………………………………………

    Hulle versper die paaie wanneer polisie rug draai’ (flokit hier by ons rond toi-toi die polisie dan sommer saam)

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/08b90161ec1d4b64b2bed5be4c56f06f/03-03-2010-11-16/%E2%80%98Hulle_versper_die_paaie_wanneer_polisie_rug_draai%E2%80%99

    Wat gaan word as dit die berigte is wat ons elke oggend in ons koerante lees??? Begin mos al hoe meer lyk of die handjievol mense wat destyds Orania gaan begin het tog die slimste was? Ingrid, dit begin mos al hoe meer na ‘n opsie te lyk, ‘n flokkin goeie opsie, ons immigreer net na ‘n deel van Suid Afrika waar die Afrikaner boere weereens ‘n moerse sukses kan maak. Maar dan sal hulle net weer daarop ook wil kom beslag lê om een of ander verskoning dat hulle uitgesluit was.

    Dan word daar so gereeld gesê ons moet net positief bly! Party dae is die positiewiteit regtig maar baie ver weg. Ek gee wragtig nie om of dit Groen Pienk Blou Swart of Wit is wat die land regeer nie, al wat ons vra is mense met verstand en logiese denke!! Nie Barbare wat die land met die spoed van witlig die grond in dryf nie.

  2. Cupcake sê:

    As jy alleen in die kar is en voel soos Rambolina, bel gerus al jou pelle en deel die nuus met hulle, neem sommer ‘n fodie of ses of ‘n clip vir you tube ….. MAAR as jy kinders in die kar het maak jy mos gat skoon teen die spoed van witlig????? Dalk word party mense sonder intuisie gebore, of daai klein stemmetjie wat mos se iets is nou nie vars nie.

    Bly jy is okey Ingrid!

    Ek sidder om te dink wat kon gebeur het, jislaaik man!

  3. Cupcake sê:

    Skuus my maniere. Ek en my kruppel internet konneksie is nou net oppie stretcher hier verby die kombuistafel gestoot, so toe kon ek vinnig comment. Die konneksie is op ‘n drip met ‘n lappie op die voorkop en ‘n disprin onder die tong en ek drink nog steeds ses panado’s per dag om te keer dat ek nie iemand gaan aanrand met hierdie klein wireless useless gadget nie! Ek en my konneksie is soos advokaat Barbie se vonnis, now you see us, now you don’t!

    Wat ek wou se is hallo Ingrid, Bella, Heksie, almal hier in die kombuis! Smurfie special hello en hoop jy voel al baie beter, vat dit rustig hoor!

  4. Ingrid Marais sê:

    Welkom terug CC, moenie worry nie, ek voel al net so oor wireless broadband en al daai woorde wat ek nog nooit eers geken het nie. Gister wou Vodacom net nie saam speel nie, die heel tyd vertel van connection failed.
    Ek weet regtig nie so mooi nie, ek het eers gedink ek het dalk oorreageer om so gou moontlik daar weg te kom, maar die mense waarmee ek gepraat het, het my verseker dat hulle dieselfde sou doen. Die groot probleem was die man wat besig was om die petrol uit te gooi het die kan redelik wild rondgeswaai, so niemand kon seker wees hoe ver die brandstof op die pad geloop het nie, sou hy dit aansteek en die stroompie het teen die helling afgeloop tot onder ons karre in, wat dan? Sorry ek vat nie daai kans nie, my kinders is klein, my huwelik is nuut en daai swart ryding is nie ons beste nie, dis ons enigste. Ek sien daagliks mense met 60% of meer brandwonde en ek belowe jou dis nie mooi om te sien hoe ‘n groot strek jong man huil as hy vir die eerste keer in 13 maande weer op sy voete trap en sy brein nie weet wat gebeur omdat hy vir so lank nie vertikaal beweeg het nie.

  5. Cupcake sê:

    Jinne Ingrid dis erg man! Wie weet, dalk wou sy bel om ‘n bring-en-braai te reel, party mense se koppe maak nie aldag tiek-tok nie.

    Ooooh nee, bly weg van wireless, jy sal pal op medikasie wees met jou screen vol duik merke, so nie die moeite of geld werd nie. As die wind effe waai hier, pffft weg! is die sein. As jy te vinnig by die puter verbyloop, pffft weg! is die sein. En saam met die sein, my sin vir humor!

    Net bly jy is okey en het oopkop en op jou voete gedink!

  6. Ingrid Marais sê:

    Smurfi maar jys erg kwaai, maar met reg ek glo ook JZ se geskenk aan die koningin was maklik die grootste diplomatieke flater wat hierdie land nog gemaak het. Shame plaas gee hy Julius vir haar dan het sy iemand om haar besig te hou.

  7. Bella sê:

    hi Ingrid, Cupcake, Smurfi en almal wat kom inloer vir n lekker koppie koffie. Ek was heeldag op die pad en kon nog nie alles lees nie. Sal dit nou nou doen. lekker aand vir almal.

  8. Ingrid Marais sê:

    Lekker aand Bella.

  9. Bella sê:

    Ingrid. Sjoe….ek kry eintlik koue rillings as ek dink wat kon gebeur het. Ek is so bly jy is okey. Daai ander vrou het duidelik nie verder as haar gaai gedink nie.

  10. Ingrid Marais sê:

    Thaxx Bella, ja julle sit steeds met my hier om die tafel opgeskeep :lol(:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s