Inspirasie

Julle weet ek hang daar by Harvey rond.  Sal nooit in sy league wees nie, ek het in elk geval nie die tipe toerusting om daar te kom nie, maar as ek iets mooi sien het ek darem ‘n standaard mik en druk wat sy werk kan doen.  Stap toe netnou af na die eerste vloer toe en hier op die trap is hierdie klein rakker op pad waarheen sal ek nou nie so mooi weet nie.  Om sy groote vir julle in perspektief te plaas die kolletjies op die agtergrond is deel van die versiering op die vinil vloer bedekking.  Hy was ongeveer 2-3cm lank, dit sluit sy stert in. 😆

Advertisements
This entry was posted in fotos.

8 comments on “Inspirasie

  1. Smurfi sê:

    Hier by ojns is die Geitjies vollop, veral in die aande as jy die buite ligte aan het, dan kom vang hulle goggas. Ek kry nogal van die heel ou kleintjies soms in die huis, bitter klein ou goedjies, gelukkig kom die groteres nie so gereeld in die huis in nie, af en toe sal so een of wat kom loer of daar dalk ‘n goggatjie in die huis is vir hom ( maar ek ontgif die huis so gereeld dat daar beslis nie kos, (goggas) binne kan kry nie)

    Toe ons net hierheen getrek het was ek skyt bang vir die goedtjies, nou is ek hulle so gewoond, solank hulle net daar buite teen die mure rond klim en nie in die huis nie. Omdat die erf so groot is het ek nogal baie ligte in die aand aan en dit lok genoeg kos vir hulle om te eet.

  2. Bella sê:

    Smurfi. Hier in ons geweste is hulle ook volop, ek kry ook so af en toe een in my huis. Hulle is vir my grillerig as hulle so klein is met daai kaal lyfies. Om hulle te vang is n ander storie hulle is vinnig.

  3. Smurfi sê:

    Bella, 😆 waar wat jy sê, hulle is ontsettend rats, maar ek is nou al so ek kan die ou kleintjies vang en buite toe vat ek gril nie so erg vir die ou babatjies nie, hulle is eintlik cute, die ding is net hulle is so klein jy moet versigtig vat aan hulle want hulle vrek sommer gou.

    Hier is ook van die groot Bloukop koggelmanders (hulle is pragtig, die mannetjies het mos so drie kleure as hulle volgroeid is, Blou op die kop en dan so oranje en die stert is weer meer geel) Maar gelukkig bly hulle net in die tuin tussen die klippe. Hulle kan nogal groot word.

    Bly jy ook langs die kus?? want dit is waar hulle die meeste is.

    Ek sien ek skryf hierbo (ek ontgif die huis so gereeld moet seker wees BEgif) 😆

  4. Bella sê:

    Smurfi. Ek het laas n koggelmander gesien toe ek n kind was. Ek weet hulle kan nogal groot raak. Dis waar wat jy se hulle kleure is pragtig, maar as hy so aangeskuifel kom is ek weg!!!

  5. Bella sê:

    Smurfie ja die klein geitjies vrek baie gou. Ek kon nog nooit een lewend buite toe neem nie. Ek dink as hulle my sien met al die gereedskap waarmee ek hulle wil vang kry hulle net daar n hartaanval. Shame.

  6. Smurfi sê:

    In die laaste Huisgenoot was daar mos ‘n artikel waarin Barbie se ma sê dat haar dogter hoort nie in die tronk nie?? Haar woorde was “My kind is stukkend” “verwoes deur ‘n monster” Ek kry die ma bitter jammer maar beslis nie vir Barbie en haar Dirk Prinsloo nie!! Veral nie as ek die stuk in Beeld vandag lees nie, Barbie was ‘n volwasse hoogs intelligente vrou en het presies geweet waarmee sy haar besig gehou het 👿

    Barbie-slagoffer hang haarself

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/cfd4b1dd057647629ea721907bda8436/08-03-2010-08-28/Barbie-slagoffer_hang_haarself

  7. Cupcake sê:

    More Julle!

    Smurfie, ek moet nie eers begin oor Barbie nie! Ek is manies as dit by kinder molestering kom!!!! Ek bid elke dag baie, baie hard dat daar van hierdie vieslike vroumens ‘n voorbeeld gemaak sal word, TRONK TOE, one way! In my opinie is sy uitgeslape en soos jy se slim genoeg om advokaat te kon word. Nou wil sy en haar Ma wat self ‘n draai deur Dirk se bed gemaak het, albei die sak in mekaar en grens kaartjie speel. Sluit haar toe en gooi die sleutel weg.

    My hart gaan uit na die meisietjie se ouers en haar ou dogtertjie wat nou sonder ‘n Ma moet grootword, dit alles danksy daai blonde opblaaspop!!!!

  8. Ingrid Marais sê:

    Julle net soos CC, wil ek nie begin oor Barbie nie, julle weet hoe ek voel! 👿 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s