Naweek, Hannie verjaar, Kerk wil nie meer wettige troues doen nie

Yes, yes, yes dis Vrydag!!!!  Wat dit nog beter maak is dat dit Hannie se verjaardag naweek is, ons hou nie verjaardag nie, ons hou verjaardag naweek.  Gisteraand ry ons in die mislikste verkeer huistoe, ek is regtig moeg en niks lus vir inpak nie, so my voorstel kom:  Kom ons ry eers Saterdagoggend, dis nie ver nie en dan kan ons Vrydagaand pak. 😆  Hannie val nie vir daai een nie, nog voordat ek die kinders se huiswerk klaar bekyk het, het sy klaar gepak en alles staan reg, net die duvets wat nog vanoggend opgevou moet word!  Vanoggend is ons glads 5 minute voor ons gewone vertrektyd klaar, kinders se hare is gekam, gesigte gewas en alles is reeds in die kar.

Toe weet ek:  ‘n naweek weg, rustig sonder selfone, net met ons kinders is presies wat sy wou gehad het vir haar verjaardag, weereens weet ek dat materiele en monetere waarde nie belangrik is om haar gelukkig te maak nie.  Die naweek gaan saam met die petrol minder as R400 kos, maar vir haar is dit meer as die grootste duurste diamant werd.

Gister gou die netbal ding gedoen, sommer so in my etenstyd, Amber se span het met 8 – 0 gewen! so daar is nog meer rede om fees te vier.

Ek sien Beeld  http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/28d94ed15ca2461daf83d5f9ea36aa63/05-03-2010-12-24/Kerktroues_dalk_gestaak_oor_rompslomp berig oor dominees wat moeg is om te sukkel met binnelandse sake en dit oorweeg om nie meer huwelike wettiglik te bevestig nie, wat beteken dat paartjies twee keer sal moet “trou” die inseening by die dominee en dan om dit wettig te maak ook by binnelandse sake.  Kan jy dink die opeenhoping wat daar gaan wees?  Die ekstra stress op die arme mense, hoe bly is ek nie dat ons reeds getroud is en dat ds. Trevor so amazing was om alles, soos in alles vir ons te doen nie?  (reminder- stuur vir Trevor ‘n dankie mail)

Nog iets val my vanoggend op, hulle speel ‘n You-tube clip op 94.7 van ‘n drie jarige dogtertjie wat vir minute lank huil oor Justin Beaver, hoe lief sy vir hom is, hoe sy songs haar laat huil, ens en dan reg aan die einde daarvan lui ‘n telefoon, die trane is weg en sy roep opgewonde:  “I think that’s Justin Beaver”  Mense wat gebeur met klein kinders wat word in hulle koppies ingeplant?  Word hulle gekondisioneer om so oor popsterre te praat en aan te gaan?  Kan ek jou ‘n guns vra, gaan sit en dink, hou jou kleuter of jong kind werklik van dit wat jy hulle vertel is cool om kry hulle die kans om hulle eie idee te vorm?  Het jou kind self besluit die Bulls is tops, of se hulle so omdat jy vir hom/haar vertel het Steve is ‘n Bull en sal nie daarvan hou as hy/sy nie ook so se nie en dan bewonder jy die man ook net van ‘n afstand af?  Kry ons kinders nog kans om hulle eie opinies en persoonlikhede te ontwikkel of lewe hulle ons verlore drome en die lewe wat jy graag sou wou lewe?

Lekker naweek, ons kuier weer volgende week.

Advertisements

5 comments on “Naweek, Hannie verjaar, Kerk wil nie meer wettige troues doen nie

  1. Bella sê:

    HANNIE…BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG. BAIE DANKIE OOK DAT JY SO MOOI NA ONSE INGRID KYK. GENIET JULLE NAWEEK!!!

  2. Ingrid Marais sê:

    Dankie Bella, dis darem n groot eer wat jy my aandoen om so na my te verwys. Lekker naweek ook vir julle. 🙂

  3. Smurfi sê:

    Hannie,

    BAIE geluk met jou verjaardag, ek weet sommer Ingrid gaan jou lekker bederf die naweek, geniet jou verjaardag NAWEEK!!!!

    Lekker naweek sommer vir almal wat gereeld hier kom lees in Ingrid se kombuis.

  4. Cupcake sê:

    Baie, baie geluk Hannie! Mag dit loshande die mooiste jaar wees propvol liefde en drome wat waar word! Julle twee maak mooi!

    Lekker naweek aan julle almal, Smurfie mooi loop hoor!

    Bella en Beryl, julle is albei baie dierbaar, lekker om saam met julle te kuier hier by Ingrid!

    Ciau, praat Maandag weer.

  5. Bella sê:

    Cupcake dankie hoor en n wonderlike naweek vir jou ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s