Ralph

My selfoon lui en in my ore vertel Ralph van Malpitmutivir die poegaaikind en saam met Steve vertel hy van staan op die skouers van die reuse; dit laat my dink, daar is nog veels te min gese oor hierdie man.

Ek dink aan hoe die kinders die naweek loop en sing het van:  34 sesde laan, Jakarandastad en woveel water onder brue; hoe daar verder vertel word van die oe van my kind en jou stem in die wind en hoe die kind sekuriteit vind in weet dat iemand daar sal wees, sal baklei en niks hoef te vrees, hoe ‚n ouer homself vind in die oe van sy kind; vrae word gevra:  how can I say that I’m sorry all day when I’m sorry won’t get you to stay, if you gonna be this way, if you gonna walk away, over and over and over again, sorry won’t get you to stay!  When I met you I realized that you’ll never be mine, we were living a lie;  If you follow me, be sure to follow closely, sure as daylight follows nights, walk from sorrow, teach me right; verder vertel hy van Toe ons nog kinders was en ‘n pa wat sy werk verloor en ‘n geliefde daarom moes wegtrek, maar tog:  ek het my pony girl gekry; ook van die edge of love – I get the feeling I can’t keep you for myself anymore, close to the edge of love; en dan natuurlik die kinders se gunsteling al het hulle nie eintlik ‘n clue nie is dit die ritme wat hulle trek, maar die koor word gesing vir almal wat wil hoor en as mense eers hoor sit hulle en luister:  Los, klos los hotnot, what u get is what u got, kyk hoe lyk ju nou my lat, kyk hoe kry jy op jou gat; natuurlik hoor ons Steve baie sterk hierin en herinner dit my aan Irene wat vertel van:  opstaan, aangaan, kyk hoe kom die trane aan!

Daar’s nie veel wat ek self oor die cd kan se nie, behalwe dat dit lekker luister songs is, met so ‘n twist in the tale en is dit amper ‘n Alteridge influence wat daar so wil wil deurskemer, veral so by: Over & Over.  As jy hom nie het nie is dit die moeite werd om te kry.  As jy naaste musiek winkel dit nie het nie of nie weet waarvan jy praat nie, gaan loer op Ralp se site hier langsaan, dan bestel jy hom sommer gou, daar’s ook so drietal lekker lusmaak liedjies om na te luister.

Lekker luister

P.S. Dan is daar mense wat beweer dat Steve nie ander kunstenaar help nie of dat hy jaloers is op hulle.  Werklik, mense word wakker hy self het 5 van die 12 songs op hierdie album geskryf!  Baie goeie vertolking Ralph, van hier uit die kombuis wens ons jou net strekte toe en mag jy van krag tot krag gaan.  Skree net as jy dalk Smurfi se army nodig het, ek’s seker hulle sal vinnig nader geroep word vir ‘n genoot van die generaal 😉

Advertisements
This entry was posted in Musiek.

21 comments on “Ralph

  1. Smurfi sê:

    Ingrid, klink mos die naweek van absoluut ‘n sukses, en altyd te kort nê?

    Ek weet nie so baie van Ralph se musiek nie, maar die liede se woorde klink so goed en soos jy sê Steve skryf baie goeie songs, en as Ralph kan sing moet dit ‘n sukses wees, sal bietjie gaan uitvind, hier by ons is heelwat musiek winkels, een of ander moet dit aanhou. Steve het al vir so baie sangers geskryf en die het almal “hits” gehad met Steve songs, wys jou net as jy talent vir skryf het, is elke song ‘n treffer, ek lees reeds nou weer dat Waarmaker het dubbel platinum verkoop en verkoop nog steeds, eending Waarmaker se liede is van die beste ooit! Jammer vir die wat dit nog nooit geluister het omdat ander vir hulle vertel het dit is so k*k nie, veral mense wat ook graag skryf en die skrywers talent daarin sal waardeer. Steve mag maar en KAn maar songs skryf.

  2. Bella sê:

    Hi Ingrid. Ek gaan definitief daai cd kry. Met die generaal as mede-skrywer kan dit mos net goed wees.

  3. Smurfi sê:

    Cupcake,

    Hoe gaan dit daar met jou saam? hoor Ausieland spoel kwaai weg!! gelukkig darem nie te na aan waar julle ouens bly nie of hoe?

    Ingrid ek het vanoggend oor RSG nuus gehoor van ‘n trok en ‘n bakkie wat blykbaar in ‘n groep fietsryers in gejaag het, kan nou nie presies onthou naby watter dorp nie, maar hulle het die toneel as grusaam beskryf en baie ernstig. Sal maar moet nuus kyk vanaand. Dit het so vroeg oggend blykbaar gebeur, en mense wat eerste op die toneel was het gesê dit kon wees dat die son die bestuurder van die trok en bakkie erg verblind het.

  4. Ingrid Marais sê:

    Nee man Smurfi dis sad nuus. Die arne familie wat die uitkenning moet gaan doen. 😥 Wat Ralph betref dis sy eerste cd, hy was van die begin af aan die gen se sy, deel van Dusk gewees. Bella geniet dit!

  5. Cupcake sê:

    Heya Smurfi’ki!

    Niks klagtes hier by ons dankie man, lekker gekuier met ‘n Hasie en een Wortel Saterdag. Jong die erge weer is in Victoria, gelukkig nie naby ons nie, maar bad vir die ouens wat daar bly.

    Regte, egte Durban kerrie geeet Saterdag, was njam hoor! Spesiaal gemaak vir ons SA shop deur ‘n Indier dame van Durban af, en sy ken haar storie! Bekkie-brand kerrie! 😆

    Ingrid, bly julle het lekker verjaarsdag gehou en alles geniet!

    Bella, hier by ons is ghekko’s wat lyk soos julle goggakies, maar hulle roep mekaar met sulke snaakse tjirt-kraak geluidjies, effe grillerig vir my en hulle is net so deurskynend, bbbrrrrr! Ek doen nie goed met snaakse fauna en flora nie.

  6. Bella sê:

    Smurfi. Ek het nou geluister op die radio oor die fietsryers. Dit het in die suid-kaap gebeur in die karoo naby Oudshoorn. Daar is 3 dood, 2 mans en n vrou en dan is daar beserings ook. Hulle was tien of elf wat geoefen het vir die argus pick en pay resies. Ai dis tragies.

  7. Ingrid Marais sê:

    Hi CC bly om te hoor dit gaan goed, jy maak my sommer lus vir spicy brandgoeters.

  8. Bella sê:

    Hi cupcake. Ons het verskriklike hitte hier in die Kaap. Gister was die temperatuur om en by 38 grade. Ek is al kragteloos die kant. Ja nee jong ek loop maar katvoet vir al die kruipende gediertes. Lekker dag vir jou.

  9. Bella sê:

    Ingrid jy is heeltemal reg. Hy was in Steve se ,, band,, in die begin jare. Irene was ook saam met hom. Hy het daai tyd langerige donker hare gehad. Ek onthou hom baie goed.

  10. Cupcake sê:

    Dieng Dong! Special Delivery, allie pad van ver af ……

    Op die kombuis tafel staan daar een groot peppermint crisp tert …… met sulke dik baie room en toe gesprinkel onder krakerige stukkies peppermint in dark tjoklit … hmmmm

    Spesiaal vir al die dierbare maatjies hier om die tafel!
    xxx

  11. Bella sê:

    Cupcake dit klink heerlik. Ai en daar gaan my dieet. Ek sukkel vandag met my founkie. Nes ek dink my comment is nie deur nie dan verskyn dit na n rukkie. Sorry as daar comments wys wat om en by dieselfde is, want as dit lyk of dit nie deur gegaan het nie dan stuur ek weer een.

  12. Cupcake sê:

    No worries Bella, dis low fat, high luvs cream en tjoklit! Jou founkie en my wireless voel ewe grieperig 😆

    Ek gaan g’nite se vir julle (doeks tyd hier ver oorie see), praat more en lekker dag verder vir almal!

  13. Bella sê:

    Lekker duks cupcake. En nou moet ek seker ophou tjol praat.

  14. Ingrid Marais sê:

    Thanks CC, toemaar Bella ek sukkel met dieselle prob.

  15. Smurfi sê:

    Hi daar julle kombuismense, sien julle het lekker gesels gister maar vandag is ek nou hier en dit is mors dood stil! Hoop daar is nog so stukkie van Cupcake se heerlike peppermint tert oor vir my, sal maar gou daar in die yskas gaan loer, so ou klein stukkie sal seker nie skade doen nie 😉 Ek het nog nie eersvandag die Beeld gaan loer nie, moet darem so vinnig scan elke dag net om te sien of hulle nie van die Generaal skinder nie. 😆

  16. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, het jy gesien wat hy te se het op sy eie site? Ek was nie gister op kantoor nie en my sel wou nie die link vir julle opsit nie. Gaan click sommer op hom gessiggie dan gaan lees jy 😆

  17. Smurfi sê:

    Bella,

    So gepraat van Tjol praat, voor ek die emmer skop moet ek nog ‘n boek skryf oor “die kuns van Tjol praat en dit vreeslik te geniet!” spesiaal vir al my vyande 😆 Ek dink teen die tyd moet ek al professioneel wees in die kuns van akkies praat as ek lus het.
    Of hoe dink jy?? 😉 😉 😉 en ook hoe om al die smily’s daarby saam te gebruik, hoop al my vyande sal dit darem koop, dan kan hulle ook soms lekker tjol praat, sonder om hulle dood te komkommer daaroor, Eish, die lewe is te kort, daardie ou suurpruime, moet leer lag ook, dit kan net dalkies ‘n van sielkundige waarde wees vir sommiges 😆

  18. Smurfi sê:

    Daar gaan ek met die spoed van ‘n super soniese jet!!!!!! moet gaan lees!!!

  19. Ingrid Marais sê:

    Smurfi jou vrinne sal darem ook so n boek wil he. Gelukkig is die vyande min so daar sal genoeg wees vir ons 🙂

  20. Kruppelkriekkie sê:

    Myne is al op gespeel. Ek dink nie eers ek speel Steve se cds so baie nie…. en dit sê nogal BAIE

  21. Ingrid Marais sê:

    Praat jy, Ralph vermaak my reeds nou weer terwyl ek try werk. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s