Steve praart van lankal af waar dinge

Wat kan ek se?  Ek probeer sover moontlik weg bly van topics soos politiek.  Dit is dan ook een onderwerp wat gewoonlik in ons huis bespreek word nie.  Ons voel redelik verskillend oor sekere punte en dis maar goed so, want ons respekteer mekaar genoeg om nie te verwag dat die ander persoon soos jy moet voel nie, maar die Julius Malema ding is nou werklik besig om meer as net ‘n irritasie te word. Hierdie man is onverantwoordelik om die minste te se, hy probeer nie eers ‘n geheim maak van sy rassisme nie en dit pla hom nie hoeveel skade hy aanrig en hoeveel mense se bloed aan sy hande is nie, maak ook nie werklik eers vir hom saak dat sy eie mense ook ly en hulle bloed ook sal vloei as hierdie ding nie gestop word nie.

 Waarheen is ons oppad, as ons na hierdie berig kyk? http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/c70003c5fcc14aef92af7cd26241c73c/11-03-2010-10-49/Wit_rassiste_wurg_Pta_se_raad,_s%C3%AA_premier

 Ek hoop uit my hart uit dat dit nie net Steve is wat hierdie gesprek met Zuma gaan boikot nie, hopelik sal daar nog wees wat genoeg guts het om te se:  Genoeg!

http://iafrica.com/news/sa/2294860.htm

 As daar al ooit woorde van Steve was waarmee ek saamgestem het (en toevallig was daar al baie) is dit die volgende:

„Ken jy die land, Ken jy die mense van my asem, Hulle klap die sweep, 10 000, 11 000, 12 000, trek hulle, gee my daardie vryheid my God om U te volg die noordson in, Om oor die Caledo na die Soutpansberge.  Noem my settelaar, imigrant, boer, maar noem my nie slaaf nie.  Gee my die krag as my vrou en kind sterf, Malaria, Koors, Pes, aan die spiespunt van die Impi in ‚n verskroeide aarde, ek het my prys betaal, ek het my prys betaal.  10 000 keer, 11 000 keer, 12 000 keer.  Dit loop af uit my are en wonde en le in die stof van die grond wie ek is.  Ek is die mense van my asem.“

 Ok, klaar politiek gepraat, ek dink steeds Zwai is great en Madiba is ‚n mooi droom en ‚n amazing oom, maar ek’s nie blind of dom nie.  My hart word seer vir my land waarvoor ek baie lief is en die wonderlike mense wat soos skape rondgelei word deur ‚n „herder“ wat net vir eie gewin iewers in die verlede vasgehak het.

 Dan het ek ook my bek gehou oor Barbie en haar arme familie, ja ek kry die familie jammer, dis nie hulle skuld dat hul dogter ‚n monster is wat kinders se lewens verwoes het nie, dat daardie kinders steeds betaal vir wat sy aan hulle gedoen het nie, maar om so ewe non-chalant te se:  siestog, die vrou wat dood is, haar liggaam deur wilde diere gevreet het baie probleme gehad. 👿  Watter tipe mens se so iets vir mense wat bitter seer het?  Julle Barbie kan binnekort weer uit die tronk uit kom en aan gaan met haar luukse lewe.  Hierdie ouers se dogter is weg vir altyd en ja heel moontlik direk a.g.v. julle wonderlike dogter.  Dan is daar nog erger mense wat briewe skryf en die ouers aanvat en vra;  hoekom was jou kind in ‚n kinderhuis?  Liewe f*k, maak nie saak waar ‚n kind groot word wat die ouer se omstandighede is nie, dit gee niemand die reg om so iets aan ‚n ander te doen nie.  Beteken dit nou elke kind in ‚n kinderhuis mag maar verniel, verkrag en gemolesteer word, want daardie kind by nie in ‚n konvensionele huis nie!  Het ons tot op hierdie vlak gedaal?  M.a.w. sou iets more met my en Hannie saam gebeur en ons kinders het nie ‚n heenkome en moet na ‚n kinderhuis gaan, dan gee dit elke perv die reg om daardie kinders te misbruik, want hulle ouers het hulle nie by hulle nie.

 Dis net so goed jy (wat die brief geskryf het) wil vir my kom vertel dit wat met Amber gebeur het was my skuld.  Sorry pal, been there vir veels te lank en ek het veels te veel tyd, energie en frankly broad band gemors om skuldig te voel (nee die broad band was nooit 2h00 in die oggend gemors nie, dit was kosbaar en van onskatbare waarde, dankie vir jou wat aan die anderkant was).  Geen ouer is verantwoordelik vir dit wat ‚n monster aan jou kind doen nie.  Ok kom ek refrase daai een, geen ouer wat sy/haar kind met alles wil beskerm is verantwoordelik vir dit wat ‚n vark doen terwyl jy die beste vir jou kind wil he nie.  Hoe durf iemand hierdie reeds getraumatiseerde ouers verder vertrap.  Net soos daar mense Sheldean se ma wou „vervolg“ na wat met haar gebeur het.  Ons is moeders wat foute maak, het ons nie foute gemaak nie was ons nie mense nie, maar daar is bitter min ouers wat doelbewus iets sal doen om jou kind skade te doen.

 Dis Vrydag, so kom ons smile en geniet die mense saam met ons en wees dankbaar vir elkeen wat ons liefhet en vir wie ons kan lief wees.  Ongelukkig werk Hannie more, maar dis darem nie heeldag nie en volgende naweek het ons ‚n lekker lang naweek saam.

 Hannie net vir jou:

And in your eyes I can see the future

With your words you melt my heart

All I have to do is grab your hand and you will lead the way

Thinking back now, it all happened that day:

That was the day, when an angel kissed me.

 

Advertisements

42 comments on “Steve praart van lankal af waar dinge

  1. Cupcake sê:

    Ingrid! Ek is so saam met jou op dieselfde bladsy! Maar, Barbie is nie in die tronk nie!!!! Haar Ma het nog vyf duisend neergesit vir bail en die madam sit met haar dik kieste en snyerspakkies, rustig in haar Ma se huis. Sy was net na die hofsaak onder na die selle toe, toe word daar mos apel toegestaan en sy stap WEER!!

    Daai comments in Beeld is iets om oor te walg! Nou wil almal skielik vir hierdie ondier part trek en se dis nie haar skuld nie. BARBIE IS ‘N PEDOFIEL WAT MET KINDERS GELOL HET!!!!!!! F*k man, hoeveel duideliker moet dit wees voor mense gaan verstaan daai kinders is STUKKEND en FLENTERS danksy hierdie ding wat self ‘n baarmoeder het danksy ‘n natuur frats! En ek gaan nie jammer se vir my taal nie, ek HAAT sulke drek met alles in my! Nou is sy skielik die arme battered woman, net jammer Dirk het nie haar siek brein meer gebatter nie!!!!

    Kom Suid-Afrika, maak ‘n voorbeeld en sluit haar toe!!!!

  2. Zapatta sê:

    Platkuif kan nou maar gerus die Stig persoonlikheid van hom op bosparra (R.I.P) agterlaat.

    Middelvinger aka Morticia mag ook nou weer probeer normaal gesels. Ekskuus, volgens MV was net Blixer sy intellektuele gelyke gewees. Toe skep hy die virtuele alwetende Morticia.
    Funny!

  3. Smurfi sê:

    Mense, mense, mense ‘n oomblik van stilte vir die afsterwe van Bosparra lyk my sal in orde wees 😆

    Waarmaker van al my drome , waar is jy nou? waar is jy nou!!! (is darem ‘n mooi song, is dit nie? ) Ek’s die ene wawiel ore sê wat ek wil hoor! …

    CUPCAKE ek praat woord vir woord saam met jou.

    Eish Ingrid, dis mooi man. Ons verlang na daardie trotse gevoel vir ons land soos wat Steve dit hier beskryf!

    „Ken jy die land, Ken jy die mense van my asem, Hulle klap die sweep, 10 000, 11 000, 12 000, trek hulle, gee my daardie vryheid my God om U te volg die noordson in, Om oor die Caledo na die Soutpansberge. Noem my settelaar, imigrant, boer, maar noem my nie slaaf nie. Gee my die krag as my vrou en kind sterf, Malaria, Koors, Pes, aan die spiespunt van die Impi in ‚n verskroeide aarde, ek het my prys betaal, ek het my prys betaal. 10 000 keer, 11 000 keer, 12 000 keer. Dit loop af uit my are en wonde en le in die stof van die grond wie ek is. Ek is die mense van my asem

    Geskryf deur onse Generaal STEVE HOFMEYR!!

  4. Smurfi sê:

    Ek is so trots op onse Steve is net nie waar nie, ek het vrede wat ander sê en of hulle lag, skop, skree, of kerm, Steve vir President!!!

  5. Smurfi sê:

    Nee alle grappies nou op ‘n stokkie, Platkuif sal nie sommer toemaak nie, more is hy weer terug. Hy sal vinnig weer dinge uitsort. nê Kuifie? sien Smurf is toe nie so k*k nie weet darem julle is net tydelik af. Ai tog en daar raak almal nou opgewonde oor niks!

  6. Smurfi sê:

    PLatkuif se kop is nie regtig plat nie dit is maar net ‘n bynaam. 😉

  7. Cupcake sê:

    Smurfi’ki ….. huh die padda’s het in die dam geval en verdrink? Ek draai onmiddelik ‘n shirazie se nek om oor my hart so seer is …. die blog wereld gaan leeg wees *snik* *tjorts* 😆 😆 😆
    Oh happy days …..

  8. Ingrid Marais sê:

    Ouens ek se weer ek weet nie wat in parraland aangaan nie, ek’t mr. Kuif gemail en wag vir terugvoer, sal julle laat weet as ek iets hoor.
    Lekker naweek 😆
    Go Steve! Ek hoor daar word gepraat van ‘n Afrikaanse protes waar jy betrokke gaan wees, laat weet ons is daar met banners en plakkate en alles!

  9. platkuif sê:

    die mense count hulle parras voor hulle gehatch het.

    ps.maintenance.

    psps.zapatta…as jy so bietjie in die virtuele wereld rondsweef, dan sal jy opmerk (en weet) dat ek nog NOOIT onder enige ander naam as platkuif gecomment het nie.

    pspsps.smurfi, no harm no foul.met wie gaan julle faait as ons nie meer daar is nie 😉

  10. platkuif sê:

    ingrid, sorry man…ek wou nog skribbel dat ek reply het op jou mail

  11. platkuif sê:

    pspspsps. en op die topic. hierdie keer stem ek saam met gulpie. ek dink ook dat zuma besig is om ‘n bespotting van die afrikaner se gasvryheid en gewilligheid om te vergeet en te vergewe te maak.

    ek dink ook,dat gulpie vir Julius Malema ‘n yskoue bier skuld…dit sal ‘n bemarkingsdroom vir gulpie wees as hy nou in ‘n openbare bekgeveg in die media met julius kan betrokke raak.so ‘n ge-oor en weer ‘jou ma se dit’ en ‘jou ma se dat’ sal die perfekte media marketing platform skep vir die launch van sy nuwe boek en tape.gratis en verniet.dink bietjie daaroor 😉

  12. Bella sê:

    Smurfi. Whahahaha. Jy sing lekker ne? Ingrid ek stem saam. Niemand maar niemand verdien dit om gemolesteer te word nie ongeag daai persoon se verlede.

  13. Zapatta sê:

    Platkuif, seg jy met die plathare. Eish, fool me once…
    Wondernet is in die rol as Verdwaalde Gulpie. 😆

    psps. Platkuif, waar is Jan van Riebeeck deesdae?

  14. Stig sê:

    Net om vir Zapatta te wys ek is nie platkuif nie

    Dankie
    Dis al

    Hoop jy kan vanaand rustig slaap

  15. morticia sê:

    Yo! Zatpatat, en hier is die alwetende, alomteenwoordige Morticia ook nou. Ek het nog 25 ander aliasse wat jy nog nie opgenoem het nie 😉 Vat die naweek en probeer uitvind wie is ek nog?? He he he he

  16. Stig sê:

    Ek neem aan Steve het Zuma op die ou end ‘n pit gedruk met die ete?

    Ek sou graag wou hê hy moet gaan en met Zuma gesels

  17. Patata sê:

    Ruik ek vir mal magriet hier? Nou dat Pensie (weer) gesneuwel het is sy hier in die kombuis. LOL

  18. Bella sê:

    Platkuif ja soos gewoonlik volgens jou is Steve weer besig met n reklame foefie. Steve kan mos in jou oë niks reg doen nie. Hoekom staan daar ,,suspended op jou blog. Verstaan dit nie.

  19. Stig sê:

    Ja jys reg BP is gesuspend omdat pk gesê het steve is besig met bemarking.
    Nou maak dit als sin, wonderlik wat celebs als kan reg kry

  20. ZipLock sê:

    lyk my die artikel oor die manne is waar wat so oneerlik aanlyn operate ????

  21. Bella sê:

    Hi julle. Gesels later weer ek het regtig nie lus vir die kinderagtigheid nie. Lekker aand vir julle.

  22. Bella sê:

    Smurfi. Het jy die foto,tjie gesien van die generaal daar in beeld. Dis glo n wedstryd wat aan die gang is daar. Cupcake is dit al slaaptyd daar by jou?

  23. Ingrid Marais sê:

    Thx PK soos van altyd af steeds my beleid om die hele ware storie ini perd se bek te gaan soek. Drink n koue op Steve 😆

  24. Smurfi sê:

    Eish! Kuifie hy es waar, maar ek fight mos net met die hoof parra! ek fight nie met ander nie. dis my job 😆 Kan jy glo en ek het nog staande gebly na soveel lange jare. En hoekom mag ek nie daar in die dam kom swem nie?? want jy sê so! 😉

  25. Bella sê:

    Sorry julle! My founkie het nie steve se foto bo aan die post gewys nie. Dit het nou eers gewys. Smurfi dis dieselfde foto waarvan ek jou vertel het.

  26. Smurfi sê:

    Hallo aan al die parras, hier is nog vir elkeen ‘n stukkie melktert, dis nou as Bella vir julle wil gee want sy het gebak.

    Bella gaan jy vir hulle stukkie melktert gee die mense het ver geloop van die dam af?

    Ingrid ek gaan gou loer in Beeld.

    Kuifie,
    Jy moet tog bietjie weer ‘n fototjie opsit van daardie prinsessie van jou , Ons is mos al soos family hier op die blogs, ons skop skree en baklei maar ons harte is nog op die regte plek.

  27. Smurfi sê:

    Hi, Platkuif Steve het nie nodig om ‘n platform te kry vir sy nuwe boek en CD. nie hy het al baie jare ‘n baie groot aanhang, het nie Mal-Emma of Zuma of wie ookal nodig om sy CD. en boek te launch nie. Nee wat die man gaan heel goed aan so op sy eie, Steve se naam op enige produk bemark dit alleen, hoekom dink jy sal die “dames” nog boeke wil skryf vir ‘n geldjie of ses? want Steve se naam gaan dit bemark, beslis nie hulle name nie! En so gaan ons altyd verskil tot Steve ons President is 😆

  28. Ingrid Marais sê:

    Smurfi ek het gesorg vir ekstra lemon merngiune tret sodat die parras ook kan kry, ons is mos gasvry hier.

  29. Bella sê:

    Smurfi. Nee daai melktert is lankal op. Ons sal maar vir cupcake moet vra om van haar beroemde cupcakes te maak met die maramba jam op. So 2 dosyn behoort genoeg te wees. Ok mense lekker naweek vir almal van julle.

  30. Smurfi sê:

    Jissie ja!!! Bella, vergeet ek nou van die potent “Maramba Karamba” koekies van Cupcake, Idiaal vir ons parra vrinne! Mense hulle is heerlik en maak tot die gemoed skoon ek belowe geen gemoedsbekakking na jy daarvan eers geproe het nie. Cupcake maak sommer so drie dosyn net vir ingeval Platkuif nog so extra helping wil hê 😆 Ai Bella en dan decorate sy dit nog so pragtig en kunstig, ongelooflik met hoeveel liefde en sorg sy daardie “Maramba” koekies maak. Cupcake onthou ons waardeer al die moeite wat jy doen vir die gaste.

    Ek wil nog die heeltyd vra is die regte naam nie Marimba nie?? of is ek nou verkeerd?

  31. Bella sê:

    Smurfi. LoL. Ja cupcake doen baie moeite. Daai kopbene en swart icing lyk te mooi. Jy kan nie anders as om n 2de helping te vra nie.

  32. Ingrid Marais sê:

    Weet julle om in la la land te lewe en te dhnk die land is nie so bad nie, maar om die wakker geruk te word wanneer iemand vir jou skree: f£ck off you f£cken white bitch is alles behalwe snaaks. Op hierdie oomblik is daar nie een greintjie patriotisme in my hart nie. My hart is seer meer as wat ek kwaad is.

  33. Smurfi sê:

    Ai, Ingrid, ek kan my indink, veral as jy ‘n persoon is wat dit nie aan hulle sal doen die.

  34. Smurfi sê:

    Ingrid ek het vir jou ‘n foto ge-mail, hoop nie die pc. se skerm gaan bars nie 😆 laat weet as jy dit gekry het .

  35. Harry sê:

    Ek sal die gevolge like as die bliksems op my skree. 😀

  36. Bella sê:

    Harry. Lol. Ek kan net dink wat daai gevolge kan wees.

  37. Ingrid Marais sê:

    Harry die probleem is as daar skielik vier van hulle is en jy het jou kinders by jou, dan klim jy in jou kar en ry weg. Dit was die enigste dink wat ek op daardie stadium kom dink om te doen. Ek sal die hele storie later vertel.

  38. Cupcake sê:

    Ingrid, dis verskriklik om te hoor! Net so bly julle is ongedeerd, behalwe natuurlik die skok en die dink aan wat kon ….

    Bella, Smurfi’ki, ek het die hele naweek lank gebak soos julle gevra het. Cupcakes met shrek-groen icing, elkeen ‘n dubbel skootjie maramba/marimba in. Ek dink ons noem hulle “aangename opelyf treats”. Met die arme kombuisvloer wat so vol spring- en hop merke was, het ek die bazaar tafel buite opgeslaan, langs Ingrid se doberman se hok …. onder die koelteboom 😆 ….. nie te ver van die publieke geriewe af nie, mens weet nooit wanneer daai jam inskop nie …. 😆

  39. Bella sê:

    Cupcake. Whahahaha. Shame jy het baie moeite gedoen!!! Arme kombuis vloer. Myne lyk ook so, as jy verstaan wat ek bedoel…….. Móre Ingrid en Smurfie en al die lesers hier. Ingrid ek hoop julle is al oor die skok! Ja wat ñ mens moet maar deesdae die mond styf toe hou en maak dat jy wegkom, veral as daar kinders by jou in die motor is.

  40. Bella sê:

    Mense het julle gehoor. Malemma is so pas skuldig bevind vir haatspraak. Hy moet 50,000 rand betaal aan n organisasie vir mishandelde vroue. Ek persoonlik dink hy het baie lig daarvan afgekom.

  41. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek’s woedend verby! 😈 hy was nie eers daar toe uitspraak gelewer is nie! Dis so goed ek word gefine vir 50c! 👿

  42. platkuif sê:

    dankie smurfi, jy is reg…aan die einde van die dag is almal se harte oppie regte plek;-)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s