Mense Regte Naweek

Ek en jy het dieselfde regte as Julius!  Onthou dit, se dit vir jouself en vir jou kinders elke keer as julle mekaar sien hierdie naweek!!

Yes, Yes, Yes, it’s Friday!!!! 

Beter nog dis die Vrydag die 19de die begin van ‘n langnaweek om mense regte te vier!  Kallie en Afriforum jeug gaan vir Malema ‚n ding of twee vertel.  Die van julle wat gaan – GO FOR IT!!!!! Ek wens so ek kon daar wees, maar ongelukkig sal 10h00 in die oggend nie vir my werk nie, my baas is gaaf, maar nie so gaaf nie.

Weet jy van SHOUT?  As jy nie weet nie gaan kyk hier, as jy weet gaan kyk in elk geval hier:  http://shoutsa.com/  en download die song, kyk uit vir die hempde en kry een.

 

Beertjie jy praat van fan wees, weet nie so mooi of ek ooit werklik so ‚n groot fan was of is nie, lojaal ja, maar nie naastenby ‚n fan soos wat Hannie is nie.  Sy het alles soos in alles wat ooit van hom verskyn het.  Ons het gisteraand na jou comment gaan loer, 25 cds, ‚n hoop dvds, Valkuns, Jembekseep, Mense van my Asem en sommer alles, o ja, moenie vergeet van Sing Steve en Steve die Boek nie. Daar was een cd kort, ons kon al die ander in die hande kry, gelukkig vir amazing vriende kon ek sorg dat die versameling volledig is.  Wat haar versameling so spesiaal maak is dat sy self gesorg het om alles te kry, sy het niks gewen nie, moeite is gedoen.  Dit Vriende is ‚n fan!

 Mag julle ‚n wonderlike naweek he en baie dankie weereens aan elkeen wat hier kom inloer het.  PK ek note jou presence.  Smurfi, hoop julle kry kans vir asem haal hierdie naweek, CC, Bella en sommer almal, julle is great!

SHOUT, LET IT ALL OUT, THIS IS THE CRIME I CAN DO WITHOUT!!!!!!!

Advertisements

21 comments on “Mense Regte Naweek

  1. Bella sê:

    Ingrid. Thanks… N lekker naweek vir jou en Hannie en die kinders ook. Ons gaan saterdag Paarl toe om na die generaal te luister. Sien verskriklik uit daarna. Sal al die middag ry en daar by n familie lid kuier. Sy show begin eers half 9. Lekker naweek almal wat hier kuier.

  2. liewe heksie sê:

    Ag nee die Shout foto is nie ‘n mooi foto van Steve nie. Ek het gehoop hy het daai “pouting” pose wat hy met sy mond doen al gelos. Die afgelope tyd het mens dit nooit meer op sy foto’s gesien nie. Absoluut mal oor die ander foto hierby asook die een op sy nuwe cd cover. Note: “No pouting”

  3. Ogies sê:

    Sommer gou net ingeloer om hallo te sê.

  4. Willa2 sê:

    Haai Bella ek voel sommer lekker jaloers. Julle moet dit geniet.
    Ek gaan darem vir Steve by die Lambertsbaai Kreeffees sien/hoor.
    Ingrid en al die ander koffie drinkers julle moet jul lang naweek geniet en julle nie dood werk nie. Rus so ‘n bietjie vir ‘n slag.

  5. Bella sê:

    Willa2. Hi. Jou beurt kom nog dan is myne verby. Dan is ek weer jaloers. Lekker naweek vir jou.

  6. Cupcake sê:

    Hello Kombuismaatjies,

    *snik* Ek kom ‘n koffietjie soek, my harkie pyn erg baie. Nou net my hart se punt (12) koebaai gese vir sy eerste naweek lange kadet kamp in die bos met ‘n tent wat aan ‘n boom vasmaak en ‘n ratpack ding vir kos???? *snik* Ekke was nog nooit so lank sonder my seunskind nie. Het sterk gestaan tot daai bus wegtrek met my kind, toe spat die trane.

    Julle moet almal lekker naweek hou en geniet.

  7. Bella sê:

    Cupcake. Ag shame man. Dink maar net daaraan dat hy hom gate uit gaan geniet. En ek kan jou wed hy gaan mamma net so baie mis.

  8. Smurfi sê:

    Hallo julle,

    Cupcake, Ja onse mammas met onse kraantjies wat tog so vinnig kan oopdraai as dit by die kinders kom, ek kan my die prentjie so duidelik voorstel as daardie bus so wegtrek, die kinders is so happy en ma huil dat die trane spat! 😆 en dan worry jy jou die hele naweek skoon siek en hulle het ‘n “ball”

    Julle moet almal lekker naweek hê. Bella geniet die konsert!!! julle is lucky ons sien maar min van Steve in Natal.

  9. Cupcake sê:

    Bella en Smurfi, dankie. Julle praat altwee so waar! Julle moet ‘n baie nice naweek he, geniet die konsert Bella, en Smurfi, rus bietjie jy hoor! Bly jou pereltjies is almal blink na die groot skrik!

    Bella, ons soek fodies Maandag ne?

    Lekker naweek almal!

  10. Bella sê:

    Dankie julle almal. Ek is seker dit gaan baie lekker wees. Sal aan julle almal dink.

  11. Smurfi sê:

    Net twee slapies Cupcake, dan is ma se seun weer veilig tuis hoor!! moenie te veel verlang nie. 😉

    Ek was vandag by die Spesialis, kon geen fout kry nie toe weer na my huis dr. na bloed getrek is maar niks, en ek bly so siek soos ‘n hond, (bloedruk klim en pols hardloop bedonnerd) , toe besluit DR. hy gaan vir my baie sterk breëspektrum antibiotika gee, en dankie tog na amper ‘n maand van siek wees sonder om te weet wat de hel dit veroorsaak, voel ek heelwat beter, na die eerste van die antibiotika kapsules, jy sal nie glo hoe lekker dit is om net amper weer reg te voel nie. Ek belowe ek was lanklaas so siek,, en niemand kon uitvind wat dit veroorsaak nie, Nou hou ek net duuimvas dat die gogga of wat dit ookal was sy agterent gaan sien met die antibiotika. Eish, ek het hoofpyne gekry aanmekaar elke dag ontsettend, Ek het wraggies gedink ek gaan nou die ou wêreld groet, want niemand kon my sê wat ek makeer nie. En natuurlik ‘n hele paar duisend rand op my medies minder. Ek ken nie van siek wees nie, ek ken net van rondhol, en dit maak dit nog tien keer moeiliker.

  12. Smurfi sê:

    Bella, Jy kom vertel in detail alles oor die konsert van die Generaal hoor!!

  13. Bella sê:

    Smurfi. Ek sal so maak. Hoop jy voel gou beter. Dis nie lekker om so lank siek te wees nie. Móre almal.

  14. Skoor sê:

    Nee, Malema is verhewe bo ons. Ons moet nou net ‘n manier kry om sy pedestal op te blaas! Of Clive Darby Lewis moet uitkom en kom help. Haai, wat raak ek kwyt? Maar is die sot ooit rehabiliteerbaar? Ek twyfel. As jy eers een keer so sit en boggom, dan kry mense jou bek moeilik stil.

    Vrede!

  15. Smurfi sê:

    Skoor.

    Nou dat jy so praat van Boggom, Ek is nou die oggend besig in die sitkamer en ek het my agterdeur laat oopstaan (glas skuifdeure daar) maar heeltemal oop. Soms dan dink ek ook nie altyd aan die gevare nie nê! Maar ek hoor toe ‘n geluid in die kombuis en gaan loer, daar sit aap se kind weer heerlik en smul aan die vrugtebak, skrik sy alie lam, maar so met die piesang in die hand laat spaander hy toe buitentoe en gaan sit op die tafel net so buite die agterdeur en smul heerlik aan sy piesang ( ek kry toe maar weer jammer en gee hom sommer ‘n snytjie brood ook ) Einlik moes ek hom bedank want dit kon net sowel ‘n tweebenige gewees het wat ingekom het, en wat beslis nie net ‘n ou piesangtjie wou kom gaps het nie, dink net dan was ek keelafgesny, amper 100% sekerlik verkrag en alles wat hy kon wegdra sou weggedra gewees het.

    Laat mens nogal dink nê, ‘n vierpotige apie is baie veiliger in jou huis as ‘n twee benige dom mens. So ek sal beslis nooit weer na die moordenaars en rowers verwys as dom Ape nie want ape is by verre beter.

  16. Bella sê:

    Hi maaikies. Loer net gou vinnig in. Ons is oppad terug huistoe. Het ñ wonderlike naweek gehad. Gesels móre. Goed gaan almal.

  17. Bella sê:

    Móre almal. Die konsert van die generaal was FANTASTIES!!!!! daar was verskriklik baie mense. Dit is waar wat smurfi gesé het hy weet hoe om die toeskouers te vermaak tot op die einde. Dit het net te vinnig verby gegaan of altans so het dit gevoel. Terwyl hy Neil se liedjies gesing het, het hy so tussen in grepe vertel uit Neil se lewe en die mooiste foto,s van hom gewys op ñ skerm. Ek het al die show vantevore gesien, maar dit het gevoel of ek dit saterdag weer vir die eerste keer gesien het. Die atmosfeer was wonderlik. Nee wag, ek sien hier kom alweer ñ opstel. DIE GENERAAL IS TOPS!!! lekker dag almal.

  18. Willa2 sê:

    Bella ek’s bly dat jy dit geniet het.
    Cupcake ek hoop jou seun het die kamp geniet. Ek is seker hy het sy ma ook gemis en sal haar nou sommer baie meer waardeer.
    Smurfi ek hoop dit gaan sommer al baie beter met jou seun en met jou ook.
    Lekker week vir almal.

  19. Smurfi sê:

    Hallo julle almal, CUPCAKE kom vertel hoe was seun se naweek, en het ma darem dit oorleef?????? hoop die naweek was vir hom (en vir jou) ‘n groot sukses.

    Willa2, Nee dit gaan sommer beter. nee ons klompie is mos sterk babas gewees, as die lewe slaan dan slaan ons terug 😉 uithou,aanhou moedhou en kophou al die pad.

    Bella,

    dit is regtig so, as mense nog nooit ‘n Steve show gaan kyk het nie lose hulle uit want daar is net nie een wat mense se aandag so kan hou die hele tyd nie, hy is ‘n entertainer duisend. dit voel altyd of die tyd te vinnig verby gaan. Dan het hy nog altyd die tyd om met alkeen na die vertoning te gesels , ‘n handtekening of so uit te deel en hy sal daar bly tot die laaste een kom hallo sê het. ( Hy entertain ons ook net so goed van die verhoog af 😉 never a “dull moment”!! met die Generaal 😆 Is mos onse SA. Elvis ‘n “superster”

  20. Bella sê:

    Smurfi. Baie waar wat jy sè. Ons het nie gebly na die show nie, want die mense by wie ons gekuier het was bietjie haastig om by die huis te kom. Gewoonlik na ñ show gaan sé ons vir hom hallo. Twyfel of ons ooit by hom sou uit kom, daar was meer as 2,000 mense. Ja die tyd het omgevlieg. Ek is bly jy voel al beter en hou daai skuifdeur styf toe.

  21. Cupcake sê:

    Hey daar al die dierbare kombuismaters! So bly julle het alles geniet waarmee almal besig was!

    Ek moet net hierdie gou met julle deel so vergewe asb die lang post. Seuna het dit bitterlik geniet, sy klere was so vuil dit het self regop gestaan, alles vol rooi grond en sy gatsiggie vol pikswart polish!. Maar Ma, ons het geleer spoorsny en buite onder die sterre geslaap en geleer om te “camoflage”.

    Die van julle wat my ken weet ek is nie histeries oor die Ozzie nasie nie, bloot omdat hulle nie hulle breins kan gebruik nie! Seuna vertel die een Ozzie maatjie kom aangedraf met so hand vol ronde swart “klippies”. Die wil hy nou bere want dis dan nou so mooi. My kind kyk die klippies so, vat een en druk hom sommer so tussen die vingers fyn, hy se toe vir Ozzie kind “hey boet, hierdie is nie klippies nie, dis Kangaroo dwolle, gooi weg en gaan was jou hande en moet seblief nooit die regte army join nie”. 😆

    Ek sal volgende keer minder snik as hy weggaan, want hy het sommer grootseun terug gekom, en hy waardeer weer sy Ma se kos!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s