Eendag was daar ‘n idioot…

Bella, bly jy en die ander 1999+ mense het die show geniet.  Dankie vir almal wat kom inloer het, Skoor ek en jy moet gesels, lyk my ons het dieselfde idees.  Smurfi, bly dinge gaan beter.  CC, ons Amber ry Vrydag op ‘n netbal toer, die kinders word groot en ons moet aanpas, wonder of die lewe weet, kinders pas beter aan as groot mense.  Willa2, dankie vir al die lekker eetgoed 😆

http://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/2010/03/2010.03.20..ANC.en_.AfriForum.stry_..Burger.pdf

 http://www.afriforum.co.za/english/

 Dagse

 Vandag is ek kwaad, woedend verby, ek het gedink dit sal verby gaan, of dan ten minste beter word, maar toe word dit meer en meer!

 Ek wil julle vertel van ‘n klein onbenullige mannetjie, wat sou hy nie ‘n platform gehad het nie niks gewees het en niemand sou hom geken of wou geken het nie, maar toe werk dit nie so nie.

 Op 3 Maart 1981 is Julius Malema gebore.  Hy gaan skool toe soos so baie van sy tydgenote, sonder om onderdruk te word, hy het die geleenthede om te studeer, ‚n dokter of selfs ‚n wetenskaplike geword het, maar raai wat hierdie iets druip twee van sy grade in die hoerskool.  In sy finale jaar in skool is die hoogste simbool wat hy verkry ‚n C vir Engels tweede taal, let wel nie vir Pedi eerste taal nie, hy kry dan ook ‚n H vir wiskunde (minder as 25%) en ‚n G vir houtwerk (minder as 20%).

 Toe iewers gee iemand hierdie ou die idee dat hy kan praat.  Glo het hy ‚n R1000 gewen op skool vir ‚n debat kompetisie, wens ek weet wie die beoordeelaars was.

 Wel hy begin krap waar hy nie weet hoeveel perdebye op hom sal toesak nie.  Hy spoor mense aan om onskuldige mense dood te maak, hy kom en vernietig die laaste stukkie van die reenboog wat nog oor was.  Wat doe die president van hierdie land?  Hy klop hom op die skouer en se:  Goed so.  Is dit die einde?  Nee, jou fokken idioot nog lank nie.  You ain’t seen nothing yet!

 Roets van Afriforum jeug vertel hom Donderdag dat hulle hom Vrydag sal kom sien, wat is sy reaksie?  “As julle môre by Luthuli-huis protesteer, gaan dit wat met die IVP (in 1994 by Shell-huis) gebeur het, homself herhaal,” Dit is ’n verwysing na die Shell House-slagting, toe 19 mense in 1994 gesterf het nadat veiligheidswagte van die ANC losgebrand het op ’n groep optoggangers van die IVP.

 Wel ek het gese:  Jy ken ons nie!  Vrydag gaan ‚n groep mense toe wel om die sot te vertel wat hulle van hom dink.  Ek kry berig van wat daar gebeur het, kry vir Alana van Afriforum in die hande, dit wat ek gehoor het is waar!  Hulle het die memorandum op die grond gegooi, op die name van vermoorde mense getrap.  Op facebook word na blankes verwys as wit gemors, daar word rekord gehou van hoeveel blanke boere dood is en hoeveel daar nog kort voordat hulle gelukkig sal wees.  Net na 23h00 Saterdag nag, laat weet Alana die amptelike persverkalring is gereed, sy stuur hom aan: 

 AfriForum Jeug

 Mediaverklaring

19 Maart 2010

 ANC Jeugliga trap op die name van plaasmoord-slagoffers

 Die ANC Jeugliga (ANCYL) het vandag ’n lys van die name van meer as 1600 slagoffers van plaasmoorde, wat deur AfriForum Jeug aan hulle oorhandig is, in die straat voor hulle hoofkantoor uitgegooi, daarop getrap en dit verskeur.  Julius Malema het ook gister AfriForum Jeug met die dood gedreig deur te sê dat daar ’n volgende “Shell House Massacre”[1] sal wees indien AfriForum Jeug voor sy kantoor (Luthulihuis) kom protesteer.

 Dit volg nadat Malema by verskeie openbare geleenthede die lied Dubula i’bhulu (“Skiet die Boere”) gesing het en AfriForum Jeug stappe teen Malema geneem het deur ’n klag van haatspraak teen hom by die Gelykheidshof in te dien en ’n protesoptog na die ANCYL se kantoor te reël.  ’n Week gelede het die ANCYL AfriForum Jeug uitgedaag en aangemoedig om voor hulle kantoor te protesteer, waarna AfriForum Jeug voortgegaan het met die organisering daarvan.

 AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst Roets, het gistermiddag met die ANCYL se president, Julius Malema, ’n vergadering gehad om die logistieke reëlings van die protesoptog te finaliseer.  Tydens die gesprek het Malema gesê dat hy op AfriForum Jeug sal skiet indien daar voortgegaan word met die optog.  In die lig daarvan is vandag se protesoptrede op Mary Fitzgeraldplein in Johannesburg voortgesit, maar is besluit om die skare nie na die ANCYL se kantoor te laat beweeg nie.  ’n Klein groep verteenwoordigers, bestaande uit Ernst Roets, Kallie Kriel, Steve Hofmeyr, Gerrie Pretorius en Sean Else, het vandaar na Luthulihuis vertrek om die memorandum in te dien.

 By Luthulihuis is AfriForum Jeug se afvaardiging deur lede van die ANCYL en die polisie ingewag.  Hulle het aanvanklik geweier om die griefskrif en die lys van slagoffers te aanvaar en toe die dokument uiteindelik in hulle hande geplaas is, het hulle die lys van slagoffers in die straat en op die sypaadjie uitgestrooi en het lede van die ANCYL dit doelbewus vertrap en verskeur.  ʼn Lid van die ANCYL het Roets ook in die straat gestamp.

 Roets het gesê dat hulle geen beskaafde of demokratiese optrede verwag het nie, aangesien hulle geweet het dat hulle met die ANCYL te doen het.

 “Dit is uiters kommerwekkend dat hulle letterlik op die name van vermoordes getrap het.  Dit kon net sowel Robert Mugabe gewees het wat ons vandag ontvang het.  Die Jeugliga is nie verhewe bo die reg nie en ons sal sorg dat hulle dit op die harde manier leer.  Die Jeugliga se optrede is vir ons net ’n groter motivering om voort te gaan met ons veldtog en om verdere stappe teen Malema en sy aanhangers te neem.”

 Roets het ook aangedui dat die ANCYL se optrede in die stukke teen hulle gebruik sal word.

 Ek deel hom met julle, as jy hom nog nie gesien het nie.  Sy vertel van fotos en ek deel dit ook met julle.  Toe kom die vuishou in die maag! Julius gaan sing weer sy lied om mense regte dag.  Hy en sy kammerade het duidelik meer regte as ons, of so dink hulle.  Ek het nuus vir jou Julius en al jou navolgers:

My vrou het my die dood voor die oe gesweer en gese:  Jy sal nie optog toe gaan nie.  Sy ken my, ek het nie gegaan nie, nie net omdat ek weet Hannie sou nie daarvan gehou het nie, maar ook omdat ek op sulke kort kennisgewing sou kon afkry by die werk nie.  Volgende keer, Julius, maak ook nie saak of dit amptelik gereel is of nie, die dag sal kom en ek sal my se se!

 Die fotos soos belowe:

 

Dan sommer net vir Bella, Smurfi en Cup Cake se ma:

 

Advertisements

12 comments on “Eendag was daar ‘n idioot…

  1. Haasdas sê:

    Hallo Ingrid en al die kombuis maats.

    Ons staan nog ja Perth het die ergste storm en reën in amper 40 jaar gehad gelukkig kan ons swem maar groot skade mense dakloos en haweloos skade beloop oor n 100 miljoen dollar. Ok ok genoeg van ons wil net sê Smurfi se hubby het sy b-day vandag heppie heppie van al die aussies!!!! Oor Malema sien daar is facebook ding wat die rondte doen maar dink dis,,,,,,,,,,,eish! Dankie dat ek weereens jou blog so kan hi-jack Ingrid, moet sê, ek rooflees van tyd tot tyd of is dit n vloekwoord in die blog wêreld??

    Nou ja toe lig julle glasies en tjorts daar op my skoonpa asb!!!

  2. Wip sê:

    Sterkte met die swemmery Haasdas 🙂 O ja uhmmmm ….. ek rooflees ook deesdae. :mrgreen:

    Smurfi baie geluk met manlief se birthday, hoop jy bederf hom lekker en mag die jaar vorentoe net mooi dinge vir hom inhou.

  3. Smurfi sê:

    Dankie julle, en my gunsteling Hasie, en wortels daar in Ausie land.

    Moiet net gou vir Cupcake vertel toe Hasie se Wortel nog op skool was het hy en sy boetie ook op veldskool gegaan, Wortel het redelik skoon teruggekom (want hy was baie meer ingestel op netheid is boetie), boetie het terug gekom so vuil ek loop by hom verby sonder om hom te herken toe hulle van die bus afklim sy klere moes driekeer gewas word voordat dit skoon was. 😆

  4. Smurfi sê:

    Ingrid die mense is woedend, verbitterd en dinge lyk of dit ot ‘n uitbarsting gaan kom. Ek was nou in die dorp by ‘n Indiër juwelier om gou my man se oorlosie ‘n battery te laat insit, die man is so opgewerk teen die regering, hy is moeg vir die crime is al hoeveelkeer beroof eenkeermet ‘n pistool teen die kop. Soos hy sê hy is en was nog nooit ‘n rassis nie maar huidiglik haat hy hulle, hy sê hy voel dit is verkeerd om almal onder een kam te skeer, maar daar is ongelukkig nie labels op wat sê ek is goed of ek kom jou nie moor of beroof nie, hy lê alles wat in die land aangaan van moord tot die agteruitgang aan die voete van die regering asook die President en hul onbevoegdheid om enigsins ‘n land te regeer. En dit kom van ‘n Indiër!!!

  5. Smurfi sê:

    😆 Ai tog lees tog net die foute reg!! die Smurfi tik weer soos haar agterent vandag.

  6. Smurfi sê:

    Ingrid, een puik inskrywing, Ek stem 100% saam met jou , so gaan hulle al die bitterheid wat opbou in haat verander, hoe kan dit anders??? wat moet ons doen net sit en kyk hoe hulle mense vermoor en die land vernietig. Ek wens ek het ook daar naby gebly om deel van die optogte te wees ek sal beslis gaan maar ek sit honderde kilometers weg. Ek is saam met jou moerig en moerig verby al!!

  7. Bella sê:

    Ingrid dankie vir die bederfie(fototjie) Definitief gaan dinge erger raak. My man bel my vandag van die werk af en sé hy is woedend. Toe hy vanoggend by die werk kom het een van die werkers wat hy goed ken hom op sy naam geroep en toe hy om kyk toe skree hy vir my man…kill the boer….kill the farmer. Dit was n swart man wat skoon maak daar. My man gryp hom toe aan die kraag en vat hom bo na die kantore toe. Dit was een groot storie. Hulle vra toe vir my man of hy die ou se verskoning sal aanvaar toe sé hy nee. Die swart man is toe op die plek gefire. Ek glo nie dit gaan die einde van die storie wees nie. Dit wys jou net watter invloed het malema op sy mense.

  8. Bella sê:

    Smurfi. Bella sé ook Baie geluk met jou hubby se verjaarsdag. Bederf hom maar lekker hoor.

  9. […] kla onder sy eie land se wette is die beste ding wat ons kan doen. Ek kuier netnou gou om Ingred se Kombuis Tafel en sien dat die mense gegrief is oor die jonge heer se doen en late, maar om te dink dit is in die […]

  10. Bella sê:

    Ingrid. Ek het nou jou post ordentlik deurgelees. Dit is skrikwekkend. Die idioot doen net wat hy wil en kom weg met alles. Ek wil net graag weet hoekom zuma niks aan hom doen nie. Okey meskient is dit ñ stupid vraag. Die man wat vandag my hubby daardie rasistiese woorde toegesnou het, het gesé hy het net ñ grapppie gemaak. Imagine almal maak sulke grappe. Lekker slaap almal.

  11. Willa2 sê:

    Bella, dit klink beslis nie na ‘n grappie vir my nie.
    By my man se werk is die swartes wat oor goeie geleerdheid beskik (doktors en meesters grade) net so ongelukkig oor Malema en sy uitlatings en party se reguit hy is ‘n verleendheid.

  12. Skoor sê:

    Laat ‘n witmens nou net waag wat daai SOT doen, en dis jarresekak wat sy kant toe spat…

    Miskien gaan meer mense se oe egter oop na die SOT sy bek so baie rek. Daar is mos steeds die VOLSTRUIS witmense onder ons wat nie kan glo dat swartmense die witmense vieslik vermoor en vermink nie. Hulle is dan so liefdevol en vergewensgesind!

    Miskien moet hierdie moorde op die voorblad kom – foto’s en al. Maar die media het nie die guts nie.

    Dus moet ons maar blog…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s