Stilte

Dit is presies wat ek vandag wil he.  Mense het julle gesien wat gaan op Malema se facebook aan?  Daar word beweer dat hy niks daarvan weet nie, dat dit niks met hom te doen het nie, dat Thato Mbateti Mbateti nie werklik bestaan nie!  WTF of die ding bestaan of nie, iemand het daardie goed getik en dit die wereld in gestuur!  Daar sit iewers mense en dink hierdie wreedhede uit.

Skoor ek wou nie, maar ek het nou net besluit om dit hier te plaas.  Word wakker mense!  Die dinge gebeur, die probleem is dat ons nie weet wat om te doen nie.  Ek wil hier uit hardloop my kinders gaan haal en hulle so styf vashou dat hulle seer kry daarvan.  Wat moet ons doen?  Wat gaan ons doen?  Ek stuur ‘n mail vir my staatmaker Alana en ten minste is sy dankbaar om al die gemors te ontvang, hopelik kan hulle iets probeer doen.  Ek het belowe om elke comment vir hulle aan te stuur.

Mense as ons nog nooit saam gestaan het nie is nou die tyd.  Ek het nog nooit werklik so aan gegaan oor Afriforum nie, julle weet lankal ek ondersteun hulle, maar vandag vra ek elkeen wat  hier lees gaan sluit aan, ouens ons het mekaar nodig.

Bella, ek is so bitter jammer oor wat met jou man gebeur het, maak nie saak hoe sterk ons is of wil wees nie, woorde vat aan ‘n mens soveel meer as ons ‘n gesin het.

Advertisements
This entry was posted in Misdaad.

17 comments on “Stilte

  1. Cupcake sê:

    Ingrid ek het nie woorde nie!! Ek sit hier en rillings loop teen my rug af, dis ongelooflik!

  2. platkuif sê:

    ge-photoshop.deel van ‘n siek joke.

    as mens so bietjie loer wie Thato Mbateti Mbateti dan sien jy hy is spesiaal ‘gecreate’ vir hierdie prank.Die geskrewe gedeelte is deur ‘n wit ou geskryf..in my beskeie opinie iemand wat juis petrol op die vuur wil gooi…lees bietjie mooi HOE die stukkie geskryf is en kyk na die woorde en sinskonstruksies wat gebruik is.daar is net ‘TE’ hard probeer. Ook verwys hierdie kiekie na ‘n groep met meer as 12000 ‘fans’.as jy facebook deurblaai, bestaan daar nie so ‘n groep nie.die naaste (enigste) een is malema se fanpage wat net minder as 4000 ‘fans’ het…
    http://www.facebook.com/#!/pages/Julius-Malema/30014618126?ref=ts

  3. Cupcake sê:

    Thx Kuifie! Ek se nou net vir my man, die sin wat lees “households will be broken into” is beslis soos ‘n blanke sou praat.

  4. Ingrid Marais sê:

    Platkuif – kom ons se dit is ‘n wit ou wat besig om k*k te stir. Hoe siek is hierdie ou? Wat is sy doel? Het hy vir een oomblik gedink aan wat kan gebeur? Hy het lankal nie meer beheer oor hierdie mail nie as dit ‘n siek prank is, is die ou maller as die luis homself. Dink was gaan gebeur as hierdie ding verder en verder sneeubal, paniek ontstaan en nog meer onskuldige mense gaan dood. Ek het die teorie reeds by ander mense ook gehoor, maar weereens vra ek hoekom.
    CC jy ken so iets van mense se harddrives, wat dink jy gaan in so ‘n ou se kop aan, maak nie saak watter kleur hy is nie.
    Die feit dat ou Luis net 4000 fans het is seker goeie nuus, maar dis flippen 4001 te veel!

  5. Smurfi sê:

    Hallo daar Ingrid, Cupcake en Kuifie,

    Ek stem wie ookal dit geskryf het hoort in ‘n inrigting vir versteurdes. Maak mens bekommerd om te dink dat die internet vir sulke dinge gebruik kan word, dit is siek, iewers moet dit gestop word. Ek is nie op Facebook nie, maar weet dat der duisende mense dit kan lees want daar is reeds so ongelooflik baie mense op Facebook. Skokkend! daar is siek mense daar buite!

  6. Smurfi sê:

    INgrid, ek dink so ou is eintlik ‘n regte ou nul op ‘n kontrak wat vreeslik graag groot, en belangrik wil wees, selfs vrees by mense wil wek, maar in die werklike lewe is hy te bang om met enigeen net te gesels, nou voel hy belangrik en sien dat sy skrywe mense op hol het want in die werklike lewe sal is hy ‘n regte ou bleeksiel wat bang is vir al wat mens is., iemand met ‘n vreeslike minderwaardigheids kompleks.

  7. Wip sê:

    Ongelukkig is daar wel van die soort kommentaar op facebook, maar darem nie heeltemal so onnosel nie. Ek het ook gaan rondkrap op facebook nadat ek die mail gekry het, by al wat organisasie is en organisasie wat nog geskep moet word ‘n “fan” geword, my facebookmaats het al gedink ek wei nou aan al die kante van die draad/e of wil ‘n beroep vestig in die politiek 😆 Dat daar wel haatspraak op sommige van hierdie blaaie is, is nie te betwyfel, maar mens moet oopkop oor hierdie goed dink.

    Eskom het aansoek gedoen vir ‘n groot lening etc etc …. as Malema so ver wil gaan en aanhou skade doen en verkondig sal hy maar moet herbesin…. sy pragtige AMG en mooi groot huisie kan dalk net in die slag bly. (Die soustrein se kole gaan klaar raak) Hopelik is hy nie regtig so onnosel soos hy hom in die openbare oog gedra nie. 🙄 Ai jai jai dat een verdomde man soveel haat onder sy medelandsburgers saai is verstommend…. dis vir my so half uhmmm duiwel reinkarnasie. 😉

    Omdat misdaad so hand-uit geruk het kry die twat wat die facebook boodskap gemaak het nou aandag. Hy teer nou op mense se vrese om sy aandag soekende persoonlikheid te “fuel” Seker nou weer een of ander ver regse wat totaal die kluts kwyt geraak het of is. 🙄 (maak nie saak van watter ras en kleur hy is nie). Aan die anderkant die goed waaroor die man praat gebeur daagliks: gruwel moorde, verkragtings en menseregte wat geskend word omdat misdaad hand-uit geruk het. So mens moet maar met een oog oopslaap. As misdaad onder beheer was sou die tipe e posse ons nie gepla het nie. As Malema soos ‘n verstandige, goed opgevoede, verantwoordelike jeugleier optree en praat sal hierdie tipe e posse nie paniekbevange rondgestuur word nie.

    Ek stem saam Platkuif hierdie is ‘n siek joke en ek dink nie hierdie mens het gedink voor hy gedoen het nie. Baie kinderagtig en onnosel 🙄 Hy stel mense se lewens in gevaar want ongelukkig is daar nog meer onnoseles soos hy. 🙄

    Vir myself sal ek net sorg dat ek veiligheid opskerp en dan gaan ek Afriforum help: SMS die woord “Stop” na 38655 om R10-00 te skenk vir die regskostes wat aangegaan moet word vir AfriForum Jeug se hofsaak teen Julius Malema elke SMS kos R10-00.

  8. Bella sê:

    Hi almal. Ek hoor vanoggend op die radio dat hulle besig is met ñ ondersoek na die face book storie. Kom ons hoop maar die skuldige word vasgetrek.

  9. Smurfi sê:

    Hi daar, almal

    Ek is seker as hulle krap gaan hulle een van die ver regses uitkrap wat nie baie bright is nie.

  10. Skoor sê:

    😯 Smurfi! Wil jy my vertel ek is nie baie bright nie?

    Ingrid, sit bietjie Afriforum se link en so op jou blog. Moenie net voorspraak maak nie, gee vir die mense iets om op te kliek man!!! Wysig jou post dat ons met die kliek van ‘n muis kan verhuis 😆

    Aag en fok Julius. As nagedagte. Hy is steeds ‘n SOT. Sot is so ‘n lekker woord wat ek nou weer her-ontdek het. Sot Sot Sot Sot baai…sot sot sot

  11. johanna79 sê:

    dit klink ook bietjie fishy vir my, as of daar ‘n 15 jarige puisie gevreet in se donker kamertjie sit met slipknot op die ipod en kak maak vir die mensdom daar is maniere om die mense uit te vang, ek weet nie hoe nie maar daar is… soos die 3 wereld oorlog wat op die 27st april 1994 sou uit breuk, die 2k virus en mugabe wat sa sou oor neem steur ek my ook nie veel hier aan nie. die gesegte- sy baf is groter as sy byt- kon op in my gedagtes… maar ja dis bietjie scary dat sulke dinge toe gelaat word dalk moet iemand gaan en dit op bbc of cnn of so ‘n nuus site se bladsy gaan sit… of dalk nie…

  12. Smurfi sê:

    Three hurt as students stone police

    http://www.timeslive.co.za/local/article369823.ece

    Dit is hoe die barbare aangaan hier in Durban by die Universiteit!! Hoeveel jaar is dit nou al wat hulle ons eens pragtige Universiteite en skole so plunder en verniel, hulle gaan beslis nooit ooit leer om enigiets te waardeer in die land nie, alles moet verniet wees en steeds nog verder alles vernietig, en dit is nou kamtig die wat wil studeer, wat ons toekomste leiers wil word, die koppe bly leeg en hulle het geen begrip van die skade wat hul die land berokken nie, dit gaan nooit verander nie. Hulle het ‘n wonderlikke pragtige land gekry, gratis verniet mahalla, en hulle vernietig alles, geen begrip van wat hulle doen nie.

  13. Smurfi sê:

    Skoortjie.

    😆 😆 Jy moenie so joke nie jong netnou kom “arrest” hulle vir jou, nee wat Skoor jy is OK. Heeltemal veilig jy.

    Dis daardie outjie met die muishaartjies, ……nog so met sy oorle grootjie se ou sanna en buskruit sit en dink hy is gereed vir oorlog,.. Langs sy PC. ‘n foto van ‘n man op ‘n perd, waarop hy sy eie gatseggie geplak het, en sy hele klerekas betaan net uit drie kaki hemde en broeke wat hy so een keer ‘n week ruil as hy dalkies gaan bad en van die PC. af kan wegkom. Hy gebruik ook so af en toe “Metinox” vir die vreeslike puisies, want hy eet ook vreeslik ongesond en kry gereeld goormaag. 😆 Sulke vaal muishaartjies wat ook nie baie van seep en water ken nie, so skuil hy maar agter sy competertjie, Pa kom loer ook maar so af en twice in, bier in die hand (ook nou nie van die mees higiëniese ouens nie), om seuna op die skouer te klop en is baie trots op sy grootman. Hy gebruik gewoonlik so paar goeie knope om boetman te wys HOE trots hy op hom is en dit motifeer boetman eers om nog meer te stir, terwyl boetie so oor die ou Sanna streel,kan hy die prentjie van homself sien,… Hy boetman die groot redder van die volk op sy skimmelperd teen die horison, hy draai ook sommer die klanke van “De La Rey” kliphard en raak weg in sy verbeelding!!! ….

  14. Bella sê:

    Ingrid. Voorlopige ondersoek wys dit was n vroulike verpleegster van klerksdorp (weet nie die ras nie ) wat daai haatspraak op facebook gesit het. Dit nou net op die radio gehoor.

  15. Smurfi sê:

    O, genade kan jy nou meer. Ja enige iets is seker moontlik nê!!! 😯

  16. Bierpens sê:

    Die eprsoon moet blank wees… ander ras sou verwys het na Tswane en Mangahung … sorry … ek laaik nie die boodskap nie, maar ons sal moet besef dat daar êrens in die saak is en begin om groepe soos Agriforum te onder steen. Ons sal ook moet deel maak van Zille se optredes.

    Laas jaar toe die DA hulle uitgespreek het teen die manetjie en vuur gemaak het was die koeël reeds deur die kerk … hierdie is maar net iemand wat op sy eenvoudige manier probeer om ‘n boodskap oor te drae … die verkeerde manier en die verkeerde boodskap, maar dit is wat gebeur as mens om braai vleis vure sit en politiek praat met maaitjies. … party maatjies se koppies hak uit …

  17. Devon sê:

    Good afternoon, Happy April Fool’s Day!!

    Two men were digging a ditch on a very hot day.
    One said to the other, “Why are we down in this hole digging a ditch when our boss is standing up there in the shade of a tree?”
    “I don’t know,” responded the other. “I’ll ask him.”
    So he climbed out of the hole and went to his boss. “Why are we digging in the hot sun and you’re standing in the shade?”
    “Intelligence,” the boss said.
    “What do you mean, ‘intelligence’?”
    The boss said, “Well, I’ll show you. I’ll put my hand on this tree and I want you to hit it with your fist as hard as you can.”
    The ditch digger took a mighty swing and tried to hit the boss’ hand. The boss removed his hand and the ditch digger hit the tree.
    The boss said, “That’s intelligence!”
    The ditch digger went back to his hole. His friend asked, “What did he say?”
    “He said we are down here because of intelligence.”
    “What’s intelligence?” said the friend.
    The ditch digger put his hand on his face and said, “Take your shovel and hit my hand.”

    Happy April Fool’s Day!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s