Steve S�: Entries, Platkuif en Blogfights

 Steve S�: Entries,

Dagse

 

Vandag is daar nie regtig tyd vir prentjies nie.

 

Iets pla my en ek het nie nodig om dit te doen nie, maar ek voel tog ek wil dit baie duidelik maak.  Ek ken nie vir Platkuif persoonlik nie, het hom nog nooit ontmoet nie L  Ek sou graag saam met hom om ‘n tafel wil sit en koffie drink en sommer oor ‘n klomp goed praat en hopelik sal dit nog eendag gebeur, maar dis nie ‘n dringende prioriteit in my lewe nie. Platkuif het in 2006 ‘n rol gespeel dat ons Laaities en Ladies gesien het. Sover die Frank Botha aangaan, hom het ek ontmoet en seker so twee drie keer gesien, nooit diep dinge met hom gepraat nie.  Dis danksy Frank se blog dat ek in 2008 vir Steve by Emperors gesien het, ook dan indirek danksy hom dat ek en Hannie mekaar ontmoet het, daarvoor het ek hom al dankie gese en dis klaar, ek skuld hom niks, hy skuld my niks.

 

Nou ontstaan daar ‘n debat of Bosluis, Bosparra is, of Platkuif daarby betrokke is ens. ens. ens. om die waarheid te se, ek gee nie ‘n bloue duit om nie.  Platkuif het in ‘n mail vir my gese hy’s nie deel van Bosluis se ouens nie, hy comment soms daar en klaar, net soos hy ook maar soms kom koffie drink hier in die kombuis.

 

Volgende vraag wat gevra word:  Hoe kan jy jouself ‘n lojale vriend van Steve noem en iets met Platkuif te doen he?  Gaaaaap, ek het gedink daai een is ook al lankal geantwoord.  Ek like Steve, ek dink meeste van die tyd hy’s ‘n moerse ou wat in die regte wereld lewe en sy eie k*k aanjaag, net soos ons almal.  Ek ken Platkuif nie so goed nie, maar net soos Steve like ek hom soms en is soms vir hom kwaad, dan se ek dit, soos julle al hier gelees het, ek het hulle al altwee gese as ek nie met iets saam stem wat hulle doen nie,  Op die einde van die dag maak dit nie aan een van hulle saak wat ek of jy werklik dink nie.  Hulle het hulle eie lewens.  Die land en veral cyber space is groot genoeg vir albei, hoekom moet dit ‘n toss up tussen die twee wees?  Ek verwag nie hulle moet van mekaar hou nie, maar dis my reg om elkeen se afsonderlik goeie punte raak te sien.

 

Een ding is verseker ek hou nie van kwaadstokery nie, ek versprei nie ‘n storie as ek nie weet dis die waarheid nie.  Daarom gaan vra ek vir Platkuif wat gaan aan as ek ‘n mail kry wat dinge van hom of sy blog se.  Dit is presies wat ek met enige ander blog sal doen.  Ek het stories oor Frank gehoor, hom daaroor gevra, hy’t gekies om nie te antwoord nie, dis sy keuse, maar omdat ek nie bevestiging gekry het nie bly ek tjoepstil daaroor.

 

Ek wil nie deel wees van blogfights nie, elke blogger het die reg om te se wat hy/sy wil.  Ek kuier op bitter min blogs, nie eers op almal op my blogroll nie en die waarby ek tans kuier kom ek gewoonlik nie meer as een keer ‘n week by uit nie.  Ek was seker nog nooit werklik ‘n aktiewe blog hopper gewees nie.  Julle moet onthou ek lewe maar werklik tot ‘n groot mate in my eie wereld met my vrou en kinders.  Ek geniet die kombuis en dis lekker om saam met julle te kuier en om te kan skryf.  My hart sal seer wees as ek die dag moet ophou skryf, ek dink ek sal aanhou al is daar nie een hit na hierdie blog toe nie, dit het deel van my lewe geword.

 

Vrae word gevra oor hoekom die parras my nie target nie, ek het nie eers geweet hulle target mense of dat daar ‘n hitlist is nie, al die dinge het ek in die laaste week of twee gehoor.  Ek wil graag glo dat ek nie deel van die target groep is nie omdat ons (ek en Platkuif) mekaar en so ook mekaar se standpunte respekteer.  Die ander moontlik teorie is natuurlik dat ek vir hulle onbenullig is, as die tweede teorie waar is, is dit ook ok, want ek het geen aspirasies om important te wees nie.  Solank my vrou en kinders dink ek’s ok, dan is dit goed so, vir hulle sal ek moeite doen om meer as net ok te wees, ek het nie nodig om iemand anders te impress nie.

 

Dit bring my by dankie se tyd:  Dankie Platkuif dat ons wel so ‘n “verhouding” kan he.  Dankie Steve dat jy nog nie gese het:  “Hou my naam uit jou bek en uit jou blog uit nie” (en hy’s toevallig genooi om dit te se).  Dankie aan elkeen wat hier kom lees en ook aan die wat hier kom comment, julle is minder as die lesers, maar beide groepe is ewe welkom.

 

So tot tyd en wyl baie dinge gebeur sal ek hier wees en my bes doen om ten minste drie keer per week te kom skryf.  Steeds sal ek baklei vir dit waarin ek glo, steeds sal ek Steve verdedig, as hy dit verdien, steeds sal ek die waarheid gaan soek voordat ek iets se, sover ek moontlik kan.  Niemand dwing jou om hier te lees nie, as jy nie hou van wat hier aangaan nie, moet dan nie weer jou bandwydte mors om hierheer te kom nie.

 

Hasie, net ietsie vir jou en sommer al die rooflesers, ek’t nie ‘n probleem met julle nie, hits beteken nie vir my soveel nie. 😆

 

Lekker dag vir elkeen, dalk chat ons later weer.

Advertisements

13 comments on “Steve S�: Entries, Platkuif en Blogfights

  1. Bella sê:

    Hi Ingrid en al die kombuismaaikies. Ek kan nie te veel op die topic sé nie,want ek lees ook maar min op ander blogs. Ek weet glad nie waaroor die bohaai gaan nie en ek stel regtig nie belang nie. Bosparra het ek altyd gelees in die begin dae, maar het kort daarna om verskeie redes besluit om nie meer daar te lees nie. Dit is tog maar ons eie keuses waar ons wil lees en comment. Ek is gelukkig hier en die maaikies is fantasties. Lekker dag vir almal. Ek loer later weer in.

  2. Ingrid Marais sê:

    Thanks Bella lekker om jou hier te he.

  3. Smurfi sê:

    Ek stem, ons drink koffie en praat ons dinge hier en geniet dit, hier voel ons heel gelukkig en veilig, om ons skoene uit te skop. Ek mag selfs oor my “Generaal” gesels 😉 Ons “weermag” adverteer en al daar die lekker dinge.

    Ingrid, Ek maak jou sommer hoof van Intelligensie, in my “Weermag” (dink julle nie ook sy is ‘n baie slim kind nie??

    En nog ‘n ding ek is ‘n vredeliewende “bevelvoerder”, al run ek nou die “weermag” met ‘n “ysterhand”, 😆 (amper ietsie soos Captain Hook,… hand verloor in groot geveg oor ons “Generaal” aangeval was, tragies! 😆

    Ek glo in “green peace” as ek met bome kan praat kan ek met Platkuif ook praat, hoekom nie! ons verklaar dus ‘n wapenstilstand en reik my ysterhand hand uit in vrede!,

    Ek dink almal kan eerder al hul gewig en energie insit om van Malemma ontslae te raak, Hoe klink dit! Die wat so baklei teen ons eige mense , Ons staan eerder agter Steve, en al die ander celebs, is mos ons mense daardie!, Kom ons spring sommer almal saam op daardie Ossewa flokit!!!! Komaan, watse celeb bashing (wat op sommige plekke aangaan) as hulle probeer om ietsie te doen?? ,… !!! Bash liewer vir Mal-Emma.

    Heerlike “Groen” vredesdag vir almal!!

  4. Ingrid Marais sê:

    Groen ek like daai kleur, baie goeie plan. Ekt mos lankal gese die bakleiery oor nonsens laat ons fokus verloor van wat werklik saak maak.

  5. bierpens sê:

    Hi Almal …

    Ingrid ek het jou as ‘n blog persoonlikheid leer ken wat op die man af is en nie doekkies omdraai nie. Ek het nie van Bosparra gehou nie en Platkuif weet dit. Hy wil lankse tyd met my bietjie drink, maar ek dink so af en toe ‘n email van hom en na hom is genoeg op die stadium … sorry Plattes … eers die Biertjie saam Jurie … mos ons oor eenkoms … Wat Blog fights betref dar is baie mense wat baie venynig is … jammer dat ons so beleef …

    Smurfie ons wil nie Juliaas vernietig nie … dan kom daar net nog ‘n padastoel in sy plek op … nee ons wil hom lam lê sodat die ANCYL saam hom in die modder vasgeval bly en nie sterk genoeg is om na vore te tree nie … Steve … ek lees graag wat hy skryf … ek glo hy het so klein fantjie wat hy voor sy gesig hou as iemand k@k na sy kant toe gooi … daar val dan note op die grond aan sy kant … ek soek ook so k@k convertertjie …

  6. Smurfi sê:

    Pensie, ek maak jou sommer ook Minister van Strategiese oorlogvoering in my “Weermag” floukit, met jou en Ingrid daar het ons ‘n eenheid wat skrik niks. Watter rang wil jy hê? jy moet net sê die pos is joune! 😉

    Jy is reg oor Malemma, ons sal hom nie vernietig nie ons sal hom net slaat met ‘n yster dat hy lyster! “goeie disleksikaanse nuwe woorde”

    Ek gaan sommer uit die “weermag se “budgit” vir Steve ‘n groter “fantjie” koop sodat daar sommer nog meer note kan val as die kakspat!! Is my “Generaal” daardie nê!!!

  7. Ingrid Marais sê:

    Thanks Pensie ja wat ou Luis betref het ek net die naweek gese mense wat van moord op hom praat dink niks verder as vandag nie. Smurfi kan jy nie sommer jou hele army met daai fans issue dan sit hulle dit aan elke keer as daar k@k na jou generaal se kant toe gaan. Dink net die voordele daarin.

  8. Smurfi sê:

    Eish!! eish!!! en nog ‘n Eish!!!

    South Africa’s Malema to Hold Rallies in Zimbabwe, Herald Says

    http://www.bloomberg.com/apps/news?pid=20601116&sid=aATiDOdVQvqc

    Ek maak so Ingrid sal elkeen issue met ‘n fantjie, die geldjies gaan welkom wees vir al die hofsake, die weermag se budget sal dit kan dra. 😉

    Manskappe kom val in ‘n gelid, ons gaan almal issue met “k*k converter” fantjies!!! tarataratata!!!! Platkuif jy kan maar ook enetjie kom kry!
    Vir Pensie gee ek sommer twee!! Ingrid jy kan sommer so enetjie ekstra kry vir die kombuis ook net vir ingeval van ‘n noodgeval! 😆

  9. Smurfi sê:

    En julle ouens wat die k*k gooi, geen converter fantjies vir julle nie, net mooi kol- kol.

  10. Cupcake sê:

    Smurfi’kie, assamblief ekke vra ok van die fantjie ……

    Hello julle! Ek loer net gou in, ek het more weer my %$#@& inspeksie. Behalwe vir die moermerrie wat kom loer of my oond skoon is, sleep sy nou nog die eienaar ook saam. So ek is al weer op ses panado’s per dag van Saterdag af! Die juffroukie wat kom inspect is seker die mislikste, ongeskikste Suid-Afrikaner in die hele Oz! Van daaikies wat dink hulle is beter as ander mense omdat sy so ou badgie’kie oppie borsie dra. Julle ken daai wat by die poskantoor gestamp het jare terug, toe trek hulle hiernatoe, toe kry sy die jobbie met ‘n pencil skirkie en briefcasie en ‘n very, very bad attitude! Ek stuur sommer haar naam vir daai nurse in Klerksdorp dan kan sy vir haar ook so mooi faceboekie oopmaak.

    Lekker dag vir almal hier in die kebuis, as ek more oorleef kom se ek hallo.

  11. Ingrid Marais sê:

    Sterkte CC jy moet haar van jou special cup cakes stuur anoniem ekstra gelaai.

  12. Smurfi sê:

    Cupcake, as die merrie weer so mooi buk om in die oond te loer dan stamp jy die lelike ou heks in die oond in! 😉

  13. bierpens sê:

    Julle verstaan Steve se fantjie verkeerd … kyk mooi is net Steve wat hom kan opperate … 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s