Steve – Edwill – Waar’s Jesus?

Ek besluit om nie weer oor misdaad te skryf nie, dan gaan lees ek Beeld en: http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a2e935bd23c74a2c99c72666c61a8196/29-03-2010-09-45/Edwill_in_sy_huis_oorval  en http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1271b005fd984077a3bea8023d63cf44/29-03-2010-09-45/Steve_kyk_rower_in_o%C3%AB !

 Ek dink net vanoggend oppad werk toe aan hoe ‘n gemors alles is, mense soos in alles is deurmekaar.  Die kinders het klaar pap geeet en ons hoor hoe Amber vir hulle Bybel lees en ek begin dink.  Ons is letterlik dae weg van die herdenking van seker (vir my in elk geval) die grootste gebeurtenis in die Christen geskiedenis.  Die Redder het slaaf geword, die Geneser het vrywilliglik wonde opgedoen, Hy het doodgegaan, sodat Hy kon opstaan om ondankbare, onverdiende mense te dien! (Aldus hoe dit geskryf is) 

 Net hierdie naweek nog se ek vir Hannie dat ek graag die kinders net een keer vir die passiespele Lady Grey toe wil vat.  Dit maak nie saak wie jy is of wat jy glo nie, jy kan nie die “Via Dolorosa” agter ‘n akteur aanstap, gewoonlik in die bitter koue en reen en soms sneeu, sonder om iets hier diep binne te voel nie.

 Julle weet ek het vriende van wye geloofsoortuigings en sieninge en ek is oop om na almal te luister, dit beteken nie ek glo wat elkeen glo nie, maar daar is geskiedkundige bewys dat Jesus bestaan het, so daarmee kan nie gestry word nie.

 Wat het van die Vrede geword, die Liefde, die Rus?  Wanneer het alles sommer net so soos mis voor die son weggeraak?

 Voor verlede naweek het Simone 8 geword.  Ons het Saterdagaand om ‘n kampvuur gesit en die kinders het elkeen die geleentheid gekry om te vertel wat waaroor hulle dankbaar is, wat die somer hulle gegee het om oor bly te wees.  Hulle lysies was anders as wat ‘n mens seker sal kon verwag:  Dat ons kon swem, dat ons nuwe klere kon kry, dat ons ‘n tent kon kry, dat ons in *&^%$ skool gesit is, waar dit lekker is en waar ons kan leer.  Niemand het hulle gese wat om te se nie, dit het uit hulle hartjies gekom.  Die rower wat oom Edwill beroof het, gaan hy kan dankie se dat hy ‘n trotse ou man tot trane gedryf het omdat sy hondjies se fotos weg is?  Hoeveel is daar van jouself oor, wat dink jy van jouself as jy iemand so seer kan maak?  Hoe kan jy haat in jou oe he teenoor iemand wat jy nie eers ken nie?  Wat het van die mensdom geword?

 Daar is letterlik honderde gelowe, maar een ding het amper almal gemeen:  moenie ander skade aandoen nie!  Ek kom uit die Oos-Kaap, ek het vir baie lank die Batho Pele principles vir mense in die staatsdiens geleer, in baie ver afgelee vergete plekke in die Transkei en een ding wat oor en oor en oor aan my gese is was:  “This is not new to us, we were taught to have these principles in our lives by our grandmothers when we were still very, very small, but you know what if my grandmother had to see me today she would hit me with a knopkierrie, because I am not doing what I was told by her!”  Ons weet die Batho Pele (putting people first) het gefaal in die staatsdiens, maar dalk is dit tyd dat ons dit in ons lewens en die van ons kinders begin leer en toepas.  Gaan lees oor hierdie agt dinge en jy sal sien dit is ook wat jou ma en ouma jou geleer het. http://www.dpsa.gov.za/batho-pele/Principles.asp  Ons is nie so verskillend nie, ons het net te egosentries geword en ons wil so graag net elkeen ons eie ding doen en die beste wees op die einde van die dag, maak nie saak wie vernietig of wie se kleinkinders se fotos nie meer daar is nie.

Advertisements

4 comments on “Steve – Edwill – Waar’s Jesus?

  1. Bella sê:

    Móre aan almal. Ingrid ek het gaan lees daar en is so geskok. Ek weet dat Steve en Edwil baie goeie vriende is. Steve het al vantevore konserte gereèl om vir Edwill geldelik te help. Ek kan net dink hoe bevrees Steve se kinders was by die kfc drive-through. Terwyl ek die berig lees oor Edwill dink ek so by myself ,, hy moet tog net nie daai hek oopmaak nie,, maar tervergeefs…hy maak toe oop. Ai, ai, ai dis baie hartseer.

  2. Bella sê:

    Ingrid jy het die topic soooo pragtig geskryf. Smurfie en Cupcake ek het julle comments so geniet gister en omtrent lekker gelag. Cupcake ons ken jou mos vir jou gasvryheid. Gee tog maar vir daai vrou van jou lekker cupcakes. Daai met die swart icing. Siedaar probleem opgelos. Hoop alles het toe vir jou toe goed afgeloop. Lekker dag maaikies.

  3. Ingrid Marais sê:

    Bella, ja die dink met Edwil my ook geruk. Steve was net Steve, impulsief en stupid, maar dis hoe ons hom ken, dink net wat kon gebeur het! maar ek gaan nie vandag met hom raas nie. 👿
    Wat my meer tref is die klein sinnetjie oor die kamera. Ek weet hoe belangrik klein goedjies met sentimentele waarde vir veral ou mense is. Hannie het amper al haar fotos van haar kinders verloor toe iemand haar harddrive en cd’s gesteel het. Die cd’s is gevat doodeenvoudig om haar seer te maak, die harddrive is verkoop! Gelukkig het ek nog ‘n klompie fotos om my rekenaar gehad, maar babfotos is weg. Ek het ook ‘n klomp goed verloor wat op ‘n harddrive was, maar ons het nog hopelik jare voor om nuwe memories bymekaar te maak. Hoe seer moet dit wees as die fotos van jou mees geliefde diere, wat nou ook dood is, net weg is. Weet jy ek wil nie eers hieroor skryf nie, elke keer as ek daaraan dink hoe iemand wat ‘n ikoon in eie reg is verneder is, selfs om in trane aan ‘n verslaggewer te vertel wat gebeur het is sekondere vernedering, ‘n erkenning van sy eie swakheid en dan ook in homself dat hy nie meer jonk en sterk is nie, dit is een van die redes wat hy nou sien waarom hy homself en hulle goed nie kon verdedig nie. Vir ‘n man, veral van sy generasie, is dit een van die grootste dinge om te verloor, die ability om sy gesin en goed te beskerm.
    My hart is sommer stukkend, daar’s nie iets anders om te se nie. 😦

  4. Bella sê:

    Ingrid. Baie waar wat jy sé. Daai foto,tjies is vir altyd verlore. Hoe kan en durf daai rower ñ sieklike en bejaarde man so seer maak? Sal dit nooit verstaan nie. Ek is net bly Steve het tot sy sinne gekom en die agterna sit laat vaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s