Shut-up Luis, Karen en Dozi

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/0b27fbe0609b48f7845713ab704b3f9a/07-04-2010-06-28/ANC_ruk_Malema_in_die_bek_oor_%E2%80%98Skiet_die_Boere%E2%80%99

 Genoeg is genoeg, so het JZ uiteindelik besluit, die vraag is net of dit dalk te laat is, maar kom ons gee hom die eer dat hy wel wakker geskrik het en iets probeer doen het.  Nou sal ons maar moet wag en sien wat voorentoe gaan gebeur.

 Wat my gisteraand ontstel het was die jong kinders aan beide kante van daardie lemmetjies draad wat deur ouers geleer word om mekaar te haat.  Jy kon die haat in die stemme en oe van die jong swart kinders hoor en sien, hoe het dit daar gekom, deur ouers en mense soos Julius wat in cash op jong lewens en dit verniel!  Daar was ook arme verwarde en verveelde blanke kinders wat onder ‘n boom gestaan het met ‘n vierkleur in hulle klein handjies en nie mooi geweet het wat om daarmee te doen nie!

 Smurfi praat gister van ingebore instink ens, nou vra ek hoekom vat jy jou kind na ‘n hofgebou toe?!  As ons dan wil kom maak of ons soveel beter, goed opgevoed en ordentlik is, wat presies doen ons dan aan ons kinders?  Het ons al daaraan gedink dat ons besig is om volwassenes groot te maak, nie kinders nie?  Is dit in jou kind te belang om hom/haar die k woord te leer?  Is dit in jou kind se belang om hulle te laat sien hoe rasse mekaar kan haat?

 Ons is vinnig om te se dat geweld op TV ons kinders verniel, maar dan stap ons baie mooitjies met daardie sponsbrein wat alles opslurp en gaan staan voor ‘n hofgebou waar mense mekaar vloek, met koeldrank gooi en te lyf gaan!

 Nee ek se nie ons moet gaan le en maak of ons dood is nie terwyl mense op ons trap nie, ek se:  gaan baklei, hou jou protes optog, as ek daarin glo en ek kan by die werk wegkom is ek saam met jou daar, maar los jou kind by die huis.  Dis afterall nie hulle fight nie.

 Dan weet ek daar is mense wat wil he ek moet iets se oor Karen Zoid, sorry, niks met my te doene nie.  Sy is geskei, hulle het seker altwee aangejaag, ek sal nie weet nie, of sy nou saam met ‘n man of vrou bly, WTF, wat is die issue?  Ek hoop sy en haar eks is albei gelukkig met die keuse wat hulle maak.  Net so min as wat dit my pla dat Steve se girl 20 jaar jonger as hy is, moet net nie met mekaar mors nie, dan raak ek kwaad, maar dis afterall jou eie keuse.

 Dozi se nuutse – shame, elke jaar by KKNK jaag hy aan, dalk moet hy maar eerder op sy plaas drink waar hy kan se en baklei soos hy wil.  Wat ek wel weet is dat die verskoning dat jy dinge doen en se wanneer jy dronk is wat jy nie gewoonlik sal doen of se nie ‘n pot k*k is.  Al wat die drank doen is om die bewuste te verdoof tot op ‘n vlak waar die onderbewuste uitkom en alles wat eintlik werklik jy is kom na vore, jou skanse en mure is af en daar staan die essens van wie jy werklik is.  So sorry Dozi, my beskeie opinie, jy gebruik die woord gereeld dit is deel van jou wese, jy kry net soms reg om dit weg te steek.  Weereens jou keuse as jy rassisties wil wees, maar doen ons almal ‘n guns en moet dit nie in die opebaar verkondig nie, jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor mense.  Veral ‘n plek soos KKNK waar daar ook internasionale dekking is, more moet daar weer gelees word:  White artists are racists – in elke Britse koerant.

 Meer as genoeg vir een oggend.  Mooi dag en bly veilig.

Advertisements

11 comments on “Shut-up Luis, Karen en Dozi

  1. Cupcake sê:

    More Ingrid! Baie, baie goed gestel!

    Ek gaan eerder nie veel se nie. Vir twee soliede dae is ek smerig gevloek en uitgekryt op SA webtuistes oor ek as Geelgat, Hanskakie, Wegloper, Slapgat en Rugsteker, dit waag om bekommerd te wees oor my mense by die huis. Ons mag blykbaar geen opinie he nie, en moet selfs verbied word om op enige News24 artikels te kan comment. Maak die feit dat ek in die buiteland woon my minder van ‘n Suid-Afrikaner?

    Al wat ek sal se, is ek hoop van harte dat daai ruk in die bek sy tande laat klap het, harder as die klap van sy Ma wat hy moes gekry het baie jare terug, seinde Ma’s nou so in die nuus is oor hulle kiddies …..

  2. Willa2 sê:

    Cupcake by Ingrid mag almal kommentaar lewer. So moet jou nie steur aan die ander suurgatte nie man. Kry ‘n lekker koffie en beskuit en ontspan.

    Die k***** woord glo ek is hoe jy in jou ouerhuis groot geword het. Ons het op ‘n plaas groot geword en dit was ‘n verbode woord.

    Ek stem saam met Ingrid, hoekom ‘n kind na ‘n hofsaak of optog neem. Hulle is veronderstel om nog te speel. Ons probeer hulle te gou ryp druk. Grootmens sake is grootmens sake. Ons is daar om kinders te beskerm.

  3. Bella sê:

    Móre almal. Uiteindelik skrik zuma wakker. Ek het ook maar in vrees gelewe die afgelope paar dae oor wat kan gebeur. Gisteraand toe gaan lees ek daar op Skoor se blog en kom toe af op ñ pragtige Gebed. Dit het my baie geraak en ek het net daar besluit om nie langer in vrees te lewe nie. THX SKOOR. Cupcake ek weet dit is moeilik, maar moet jou tog nie steur aan die mense nie. Hulle oordeel te gou sonder om jou kant van die saak te hoor. Dit gaan mos maar so op die blogs. Niks nuut nie. Lekker dag vir jou en almal wat hier lees en kuier.

  4. Cupcake sê:

    Thx Willa en Bella. En die beskuit is lekker maar ek is bevrees Skoor het ons bitterlik bederf gister met daai lekker boerekos! Ek dog ek treat die manne hier met steak, egg en chippies. Maar loop toe heel aand met prentjies in my kop oor daai lekker kos!

    Lekker dag vir julle almal ook en dankie vir ‘n Kebuis vol mooi harte!

  5. Ingrid Marais sê:

    CC ek’t jou lankal gese hier is jy altyd welkom, te hel met die wat dink hulle mag jou veroordeel, ons is lief vir jou, sommer baie.
    Dankie Willa2, jy’s ‘n staatmaker.
    Bella, Skoor is baie spesiaal.

  6. Smurfi sê:

    More more more almal om die Tafel, skuif nader Willa se beskuitblik.

    Cupcake,

    De hel met die wat jou wil kritiseer, jy hou by wat jy staan en hoe jy voel, gelukkig is daar mense soos ons wat weet hoe mense se harte en koppe werk en wat kan verstaan hoe julle outjies daar ver oor die waters voel oor al die dinge wat hier gebeur, natuurlik vrees julle wat met jul families hier kan gebeur. Meeste van ons wat nog hier sit en vrees elke nag, het net nie die geleentheid wat ons kan aangryp om te geepad nie. Ek glo amper nie daar is nog Afrikaanses en ander soos ‘n Indiër nou die dag vir my se, hy dink om te gee pad) wat dink om te imigreer nie. feitlik amper onmoontlik om nie jou kop in daardie rigting te kry nie. Geluk aan julle ouens wat die geleenthede aangegryp het toe dit vir julle aangebied was, julle ogies was maar net vroër oop as ons ouens s’n.

    Steve se toespraak vir die diens is klaar

    Hy het pas sy toespraak klaar geskryf vir Terre’Blanche se begrafnisdiens. “Ek is saam met hulle. Ek soek ’n land waar mense ba­klei.” Daarna het Hofmeyr wel gesê dit is dalk so dat die Bybel sê ’n oog vir ’n oog, “maar mense moenie mal word nie”.

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/c766affc36444ada8396950c8ff27a22/07-04-2010-07-14/Steve_se_toespraak_vir_die_diens_is_klaar

  7. Smurfi sê:

    Skoor,

    Ek sal daar by jou kom inloer, wat maak jy vir midddagete? Jy weet dit is langpad af Kaap toe om op jou blog te kom lees, maar ek sien die mense se jy maak mooi daar, sal moet kom lees.

    *******************************************

    ET is sonder broek gelos

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0dd874c115bc4a918f3053fc68eed5d8/06-04-2010-09-59/ET_is_sonder_broek_gelos

    Ek hoop net dat Julius Mal-Emma en die ANC besef dat die blankes is nie onnosel nie.

    As daar wragtig nog Afrikaners/ of Afrikaanses of wat ookal wie in die land is wat glo dit is nie ras en polities nie, moet hulle vinnig wakker skrik. Hoe lank gaan hulle ons vertel om te kalmeer terwyl hulle aanhou moor en roof en verniel.

    Ek is en was nog altyd een wat nie baie oor Politiek praat nie, het nooit belang gestel in politiek nie, maar op die stadium, is mens se hart verbitter en seer oor wat in ons eens mooi land aan die gebeur is, en dis of die seer en pyn in my hart nie hierdie dinge meer wil of kan verwerk nie. Ongelooflik dat alles so vernietig kan word, dat ‘n land regeer kan word deur onbevoegde dom mense wat nie weet wat hulle doen nie. Dis asof mens wakker skrik in die middel van ‘n gru-verhaal waar jy en jou gesin ‘n rol speel, een of ander wreede movie, en nie weet watter kant toe moet jy hol nie. Hoe redeneer jy met mense wat alles wat hul doen regverdig met dom redenasies en antwoorde. daar is nie ‘n manier wat die massas enigsins begrip gaan aanleer of skielik slim gaan word nie, nie eers oor ‘n 100jaar nie.

    Ek moet seker maar my bek hou, maar die gaping tussen blank en swart is groter as die “Grand canyon” hoe lank gaan die brug vat om te bou?? (net om eers die planne op te trek vir so moerawie brug, sal onmoontlik wees as dit afgekeur word voor dit nog op tafel kom deur mense soos Julius Mal-Emma) Dan praat ek nie eers van die verstandelike gaping nie.

  8. Cupcake sê:

    Dankie Ingrid, jy bedryf die dierbaarste Kebuis oppie net!

    Smurfi, jy wil nie weet wat ek en Wortel alles gisteraand beplan het nie, sjoe! Veral nadat hy met jou gesels het oor die kussingslope vol klippe. Ons hier kan net bid vir vrede en kalmte, hard bid en glo!

    Skuus het nou nog nie gaan lees nie, maar ek neem aan Steve praat op oom Eugene se begrafnis dan? Dit gaan die trane laat loop!

  9. Cupcake sê:

    Iets wat my nou WEER getref het is die absolute tweespalt wat iets soos hierdie moord onder Suid-Afrikaners na vore bring. Dit slaan mens harder as ‘n nat vis teen die voorkop. Liewe Vader, kan mense nie eers om een oop graf saam staan en ophou kyf en teef nie? Gaan kyk gerus hoe word Steve nou weer sleg gese en uitgejou deur SLAPGATTE agter hulle keyboards wat net kan moan en NIKS self wil of gaan doen vir Suid-Afrika se toekoms nie, dis verbysterend!!

  10. Smurfi sê:

    Cupcake,

    Steve gaan hom nie laat onderkry deur ‘n handjievol dom twatte wat hom wil kritiseer oor wat hy bereid is om te doen vir hierdie land nie. Ek dink die ouens wat so teen Steve is is eintlik aan Malemma se kant as mens so lees dan klink dit regtig n vir my so. Hulle wil Steve stop sodat die regering lekker ongestoord kan voortgaan met wat ookal hulle mee besig is. Jy sal sien hulle is ook teen al wat Afrikaner is wat iets probeer doen in die land. Moerse probleem laat mens wonder wat is hul agenda?

  11. Smurfi sê:

    INgrid,

    Weet jy, Karen en Dozi, se dinge gaan anyway geen aandag kry nie as dit nou Steve was dan sou daar hewige reperkussies gewees het. Hoe lank vertel ek al vir die mense dat honderde sangers skei en kak aanjaag ens. maar dit tel nie net die Generaal tel hy is al ou wat so belangrik is dat almal net oor hom wil praat. 😉 net wat hy doen en se is belangrik. Die ander kan maak net soos hulle wil mense worry nie regtig nie. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s