Familie fotos

Vriende ek skuld julle mos al lankal fotos van die klomp by die huis.  Dit is so lekker om te sien hoe lekker julle saam kuier en koffie drink.  Jammer ek is ver te min deel van die gesels dees dae.  Twee baie bad berigte gelees vanoggend, ons mense word werklik aangeval.  Probeer asseblief veilig wees.

Amber by ‘n puppet show met ‘n baie vatterige pop. sal volgende keer vir Scooby saam neem. 😆

Die twee meisies by ‘n pamper party by die skool.

Botaniese tuine uitstappie!

Quinton by die skool se pirate party, dalk kan hy sommer die pop bykom met daai swaard 😆

Dood moeg na baie speel.

Advertisements
This entry was posted in Kinders.

49 comments on “Familie fotos

  1. Bella sê:

    Hi Ingrid. Thx hoor, hulle is pragtig. Hulle word vinnig groot. Lekker dag vir jou en jou gesin.

  2. Smurfi sê:

    Ingrid ek is so bly jy is terug, die fotos is pragtig, stokflou so op die einde van die dag nê! dit sluit die fotos so mooi af en beskryf sommer die hele dag in een foto…. poepaai gejol!! 😆

  3. Smurfi sê:

    Wie is Sipho? wat spesimiaal vir my ‘n comment kom los het, by vorige post 😆

  4. Smurfi sê:

    Die Idols-beoordelaars Gareth Cliff en Mara Louw en die gasbeoordelaar in Durban, Steve Hofmeyr. en Randall Abrahams

    Idols-beoordelaars sê die standaard is hoër

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Idolsbeoordelaars-s%C3%AA-die-standaard-is-ho%C3%ABr-20100419

  5. Smurfi sê:

    Huis met ma, kinders in aan brand gesteek
    2010-04-19 21:58

    Aanvallers het die naweek ’n houthuis met ’n vrou en haar kinders daarin op ’n plaas naby Carolina aan die brand gesteek nadat hulle die deur met ’n stuk draad toegebind het…….

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Huis-met-ma-kinders-in-aan-brand-gesteek-20100419

  6. Skoor sê:

    Aag jinne, nou is julle Generaal weer ‘n beoordelaar! 😆

    Oulike kiekies Ingrid.

    Dag aan al die ander. Wie bring koek vandag?

  7. Bella sê:

    Hi Skoor. Ons sit self droë bek. Ons wag vir Cupcake om die eetgoed te bring sy is by die tandarts. Hoe lyk dit met ñ lekker potjie daar van jou kant af. Ja-nee die generaal is ñ man van vele talente. Moenie die wyntjie vergeet nie.

  8. Bella sê:

    Smurfi. Shame, toe doen shipo al die moeite om jou te laat weet. Lekker gelag vir jou antwoord daarop. Skorie soek koek dis tyd dat willa 2 terugkom dat sy haar lekker gebak kan bring.

  9. Smurfi sê:

    Hi julle, ek gaan nou gou in dorp toe, sal gou by Woollies inhol en vir ons lekker spinasie en kaas muffins koop en sommer ‘n lekker sjoklit koek. Sien weer later.

    Bella die brief wat die Sipho na verwys is nie te k@k geskryf nie, maar dan sal ek ook maar eers deeglik dit weer wil lees en mooi oplet, dan eers kan mens seker vir hom verduidelik dat wat Steve genoem het dalk verkeerd kan wees, maar tog ook so waar is, en dat Steve beslis nie gesê het dat hy wat nou Steve is alles uitgevind het en nie die swartes nie. Dan is dit ook vreemd dat Sipho nou eers reageer op goed van ‘n maand of twee gelede, , moontlik het iemand vir Sipho ook daarmee gehelp, sodat dit goed kan klink.

    Maar nouja hy is by die verkeerde adres met sy klagtes. Maar ons sal maar kennis neem van sy griewe, en dit so dokumenteer. 😆

  10. Bella sê:

    Hi almal. Ek is opsoek na smurfi se tjoklit koek en muffins. Hier is niemand nie sal maar later weer kom inloer.

  11. Smurfi sê:

    Hi Al die Kombuissitters, Bellatjie, dit was so stil hier toe het ek maar die eetgoedjies so in die yskas in gedruk, op die onderste rakkie, jy moet maar vir jou uithaal, ek weet nie waar is al die mense nie. Dit lyk amper soos begragnistyd in Zerus so stil is almal 😆

    Hier is ‘n baie goeie artikel om te gaan lees PUIK!!! en reguit gestel!!

    http://www.beeld.com/Rubrieke/JonathanJansen/Pas-op-Vrye-denke-voor-20100420

    Pas op: Vrye denke voor!
    2010-04-20 21:59
    Jonathan Jansen

    Die nagevolge van intellektuele klimaatsverandering in die land is nêrens so waarneembaar soos op die dorre kampusse van ons 23 universiteite nie.

    Daar was ’n tyd toe universiteite plekke was waar intense debatte, prikkelende seminare, stimulerende dokumentêre en inspirerende lesings aangebied is. Dit is iets van die verlede………

  12. Bella sê:

    Ingrid en vriende. My mond het nou op die grond gehang. Op rsg in spektrum het hulle nou met ñ Zoeloe man gepraat wat in Kwasulu Natal bly. Die Zoeloe man se held is Eugene Terreblanche. Sy hele huisie is vol foto,s van E.T en vorige wit presidente. Hy se as die Awb ñ volkstaat stig is hy die eerste inwoner daar. Hy wil ook hé dat die doodstraf weer ingestel word. Hy sè ook dat hy net engels en afrikaans praat. Hy het die onderhoud in afrikaans gedoen. Hy is maar in sy dertigs. Hy sè ook die mense moet begin saamstaan. DIT WYS JOU NÈ.

  13. Bella sê:

    Smurfi. Ek sal daar gaan loer in Ingrid se yskas. Ek praat al heel oggend so met myselwers. Ek is net bang ek gaan myself begin terug antwoord. Dit is omtrent stil. Almal is seker maar besig. Thx vir die lekker eetgoed.

  14. Bella sê:

    Nou het ek lekker geëet. Tjoklit koek is so te sê finish. Ingrid ek het skoon gemaak hoor!!! Ok mense lekker dag verder, gesels môre weer.

  15. Smurfi sê:

    Bella,
    Ek het ook so in die kar geluister na die gesprek met die Zulu man op RSG. ongelooflik, en hy praat goed afrikaans. So ruk terug het een van die tuindienste se swartes, ook ‘n Zulu, vir my gesê bring De Klerk terug ons het beter gelewe toe hy in bewind was nou sukkel hulle en leef baie swaarder. Wys net, ons moenie almal van die swartmense onder dieselfde kam skeer nie.

  16. Bella sê:

    Smurfi. Baie waar. Hier by ons is daar ook baie wat dieselfde sê soos bv dat hulle beter gelewe het in die apartheidsdae. Die zoeloe het ñ mens weer hoop gegee.

  17. bobbejaantjie sê:

    Môre julle almal! Wat gaan aan dat dit so stil is hier in die kombuis? Ek sit solank die koppies reg en die ketel aan. Wie bring die eetgoed?

  18. Smurfi sê:

    Hi daar Bobbejantjie, Ingrid het bietjie probleme met die selfoon om te blog so ons moet maar net geduldig wees.

    Bella kom slaan vir ons maar ‘n potjie bymekaar vir middag ete, Willa is nog met vakansie of iets, so die blikke raak leeg, anders maak ons sommer vetkoek en mince! 😉

    Cupcake sukkel seker nog om ‘n tandarts in die hande te kry vir seun se tand wat gebreek het, hoop sy het darem al reggekom daar. Koppiekoekkie ons vermis jou vreeslik.

    Skorie, kom soek so bietjie skoor met ons 😆 dit raak nou hopeloos te stil kom gooi so bietjie spanner in die speke man 😉

    Wie van julle is sokker ondersteuners?? … en wie gaan die “Diski Dans” begin leer 😆 …wel nie maklik ekke nie!! “not in my lifetime” hel hulle sokkel darem met onse mense om tog asseblieffie vreeslik mal oor sokker te raak 😆 en die koopasseblieffie ‘n sokker kaartjie!!! Julle ouens wat sokker mal is moet maar geniet, ek kan nie nou skielik mal raak oor sokker nie netso min as wat ek nou ‘n rofstoeier wil word! Ek sal eerder oorweeg om Killamandjaro te gaan uitklim as sokker kyk! …. as mens nou nie belangstel in sokker dan stel jy nie belang nie!! dis dit.

  19. Cupcake sê:

    Hello Hello Liewe Kebuis Diertjies!!!!

    Het julle gemis! Kyk, die ou wekie wat sopas amper verby is ne, sou ek met liefde geskenk het aan die Wereldbeker Sokker Kommitee, dan kon hulle dalk hulle volle 800 000 kaartjies verkoop in plaas van brag met die agt wat reeds verkoop is …. eish! Maar hier’s ek nou, en ek eet so lekker aan die vetkoek en mince ek praat amper met my mond vol kos 😆

    ….. ek skree amper eerder vir die Bloubulle voor ek enige sokker span ondersteun ……. Watch net, Saterdag gaan my Loukies WEN (seblief Leeukies, groot seblief, net een keer voor ek langbome toe gaan ….) 😆

  20. Bella sê:

    Smurfi en Bobbejantjie die degie is geknie. Ek sal maar vetkoeke maak. Dit gaan darem gouer. Potjie is meer Skorie se ding. Sal dit warm vir julle bring. Sal genoeg maak sodat Ingrid en Hannie en kids ook kry. Ja ek mis ook vir Cupcake en Willa 2. Dis stil sonder hulle. Ek wens daai tandarts wil nou sy gaai in rat kry. Smurfi ek haat sokker met ñ passie. Ek leer niks danse nie. Ek weet dis goed vir ons land maar ek wens dis al verby.

  21. Bella sê:

    CUPCAKE. JIPPEEEEEE!! HETJOU GEMIS. Bly jy is terug. Ek en smurfi het jou al aangegee as vermis. Dis stil sonder jou. As seun se tandjie al reg?

  22. Cupcake sê:

    Hello Bellakie!!!! Jou net so gemis man! Ja, baie dankie Kannetjie kan nou weer smile jong! Eish, hierdie week was tanne, tone, tonsils en tantrums! Maar so lekker om weer saam julle te kuier!!

  23. Bella sê:

    Ai tog. cupcake… Ek wou vra…IS seun se tandjie nou reg? Lees maar die foute reg.

  24. Bella sê:

    Cupcake. Ek is bly jou wekie van al die t,s (tande, tone, tantrums ensv) is nou verby. Smurfi sal seker nou nou inloer. Sy oefen net gou Diski dans.

  25. bobbejaantjie sê:

    Ek sal eerder die flippen riel dans voor ek die diskidans leer. Nou waar dans mens nou nogal dié dans? Kan tog nie by die wedstryde wees nie, want daar’s mos nie plek vir dans op die paviljoene nie?

  26. Smurfi sê:

    Bella, Ek watch vir jou,…. Ghumfff!! die flikken “Disky dans”! … moet nou nie my se gaaie krap nie!! Die Kurt Darren ondersteuners dans die “Disky Dans” jy moet watch hy adverteer dit, ag, en shame dan sokkel die man mos so om te kan dans hahahaha!! het mos geen ritme nie!!! siestog arme Kurt maar enigeiets om sy fans happy te hou, al is dit nou die “Disky” 😉

    Cupcake Wekom, welkom, welkom terug, ek het nou net gaan sê hulle moet maar ophou soek na jou , ons het jou toe gevind,… Uhm? of sal ek sê jy het jouself gevind en kom hallo sê! 😉 So bly seuna het weer sy glimlag terug.

    Jy sê dit was toe ‘n hele tietie week T.T.T.T. 😆

    Bella so vetkoek en mince gaan mos nou lekker afgaan met ‘n ekstra groot beker sterk koffetjies! Waar is die koerant en my pantoffeltjies dat ek my se voetjies so op die tafel kan uitstrek en ontspan!

  27. Smurfi sê:

    Bobbejantjie, die vadertjie alleen weet, maar soos ek seg ou Kurt adverteer dit op sy program sondae en hulle soek dan die top diski (spelling) danser op sy program sondagaande (juke box) maar ek belowe jou Kurt gaan loshande wen vir die swakste Diski danser Hahahahaha! 😆

  28. Smurfi sê:

    Bella ek sien nou so deur die venster hier is sommer ‘n hele trop apies in my tuin, sit sommer so by die agterdeur en wag vir brood, miskien moet ek hulle gaan leer “Diski” dans 😉 kan nogal pret wees, dan skryf ek hulle in vir Kurt se “Diski” kompetisie op “Jeukboks” (nuwe disleksikaanse woord wat ek nou net uitgedink het die “Jeukboks” ) 😆 hulle gaan beslis vir Kurt wen !!

    Maar so by the way, Steve kan ook nie dans nie 😆 het ook maar twee linker voete! Ek dink hy en Kurt sal albei ewe kwak vaar met die Diski 😆

  29. Bella sê:

    Smurfi. Whahahaha. Sien ek mos nou die bobbejantjies so in ñ ry staan en jy wat hulle die diski dans leer. Verseker sal hulle vir Kurt kan wen. As Kurt so dans kry ek ñ pyn wat ek nie wil hê nie.

  30. Bella sê:

    Smurfi. Het jy vm geluister na Rsg. Op loslip moes mense inbel en hulle mening gee oor kaartjie verkope vir die sokker. Sjoe heelwat mense is teen die sokker.

  31. bobbejaantjie sê:

    Ja Smurfie ek seg ok al jare lank dat die man geen ritme het nie. Staan net en trippel rond soos ‘n kat op ‘n warm plaat. Van die sangtalent praat ek nie eens nie! Al wat ek sê is as jy ‘n Kurt Darren fan is, moet jy hom nooit ooit live gaan kyk nie. Die teleurstelling sal iets ysliks wees. Dis iets heeltemal anders om hom live te hoor as wat hy op sy cd’s klink met al die ateljeetoerusting wat die vals nootjies verbloem.

  32. Smurfi sê:

    Bebbejantjie,

    Jy praat waar hoor, as mens Kurt live hoor optree sing hy verskriklik deur sy neus, (klink of hy ‘n sinus probleem het ) mens kan amper nie uitmaak wat hy sê nie, regtig en ek sê dit nie omdat ek die ou haat of enige iets nie , hy is gewild en maak goed geld, is seker ‘n nice ou en alles, maar dit is feite, as mens gekyk het na skouspel dan sal jy dit ook hoor sy woorde is so onduidelik en hy sing deur sy neus ernstig!! Op die cd’s klink hy heel anders ek dink dan vat hulle hom so bietjie vas en sor g dat hy dit nie doen nie. Sorry Kurt fans dit is regtig so. 😉

  33. Smurfi sê:

    Eish, Ek het nou so by selwers lekker gesit en lag vir Casper De Vries se twitter inskrywing:

    Casper:
    “Die naam vd vulkaan is “Eyjafjallajokull” – het n Yslandse scientist sy hand net moerse hard oppie keyboard geklap om daai naam uit te dink?”

    Ek sou eerder dink dit klink meer soos “Eyalovejafokol” as ek die naam so bekyk, daardie vulkaan is moerig!! 😆

  34. Smurfi sê:

    JULLE GAAN LEES DIE ARTIKEL 👿 hulle is mal satans.!!

    Rowers slaan baba erg
    2010-04-22 21:55
    ’n Jaar oue baba veg om haar lewe nadat rowers haar en haar oppasser so erg in haar ouerhuis in Robindale, Randburg, aangerand het dat sy opgehou asemhaal het….

    Beeld het verneem die meisietjie het veelvuldige skedelbreuke opgedoen.

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-slaan-baba-erg-20100422

  35. Smurfi sê:

    AL WAT VERMIS WORD IS ‘N SKOOTREKENAAR EN ‘N MODEM!! Wat kan ‘n kind van een jaar aan die gemors gedoen het, sulke gemors moet gehang word! HOEKOM DOEN HULLE DIT??? Dit is die Duiwel homself wat in daardie walglike onnoselle koppe werk. Hoe kan mens nog sê moenie haat nie as jy sulke goed elke dag moet lees.

  36. Smurfi sê:

    NOG ‘n spul duiwels wat gaan moor het vir een selfoon 👿

    Bende skiet ouers se laaste oorblywende kind dood

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bende-skiet-ouers-se-laaste-oorblywende-kind-dood-20100422

  37. Skoor sê:

    So deur die BOSE se doen en late bring ek vandag ‘n heerlike pot bredie/sop met bone en tiemie en aartappel en wortels. Gekook in ‘n vuurhert totdat die sous so dik is, jy kan mes, vurk of lepel indruk en skep. Heel onder in die pot is ‘n safgekookte lamskenkel vir ‘n ieder eter en as Smurfi nou vir ons ‘n regte Italjaanse broodjie kan optel, en Cupcake plaasbotter kan bring, kry ek julle middagete om die tafel en ons kuier om ‘n bossie veldblommetjies en ‘n gesonde pot kos.

    Die Kaap se luggie byt vanmore om my enkels soos ‘n oumens se kefferbrakkie. Ek het 2 maande gelede nog gekla oor die hitte, en vanoggend is ‘n heel ander storie. Daarom wat die vuurhert al vergete brand. Net na die haan vanoggend sy eerste kraai oor die werf uitgespoeg het en die hennetjies dronk van die slaap nader aan die onderdeur kom staan het vir die eerste handvol kraakmielies.

    Dis mooi in die Kaap. Om wakker te word en nognie te weet van al die vieslikhede wat gebeur het nie. Mag die Here ‘n hand oor julle almal hou vandag.

    Sien julle by die tafel

  38. Smurfi sê:

    hallo skorie, sjoe maar daardie lamskenkel pot sop klink mos nou te heerlik, ek het sommer drie ciabatta brode gaan koop by Woolies, ons druk hulle net so vinnig in die oord vir ‘n paar minute en dan so warm met bottertjies op saam met daardie sop!!! …man, koningskos!

    Ai ou Skorie, my hart is stukkend oor die kleinding wat so wreed aangerand is, ek bid vir die kleintjie, dit gaan nie goed met haar nie, het nou oor die nuus weer gehoor, sy het verskeie skedelbreuke en is erg vol bloukolle oor die lyfie. Mense ons moet net bid vir haar en haar hele gesin wat geraak word deur hierdie wrede aanval, asook die oppassser wat aangeval en net so aangerand was.

  39. Cupcake sê:

    Hi almal!

    Skorie, baie dankie vir daai liplekker pot, sjoe man! Ek het botter gebring, so tussen die trane deur. Ek kon nie vanmore glo wat ek alles gelees het nie, dit breek my hart!

    Mag ons Liewe Vader daai ou klein mensie gesond maak, so ook haar Mamma en haar oppasser.

    Is dit nou free for all Zuma en Malema, is dit hoe julle jul mense oppas? Julle worry oor 4kin sokkerballe, disleksiese danspassies en kaartjies maar kyk wat gaan aan in die land? LIG JULLE DIK GATTE EN DOEN IETS!!! STOP DIE MOORDE OP ONSKULDIGE MENSE!!!!!!!!!!!!!

  40. Cupcake sê:

    Baie, baie geluk met jou verjaardag Smurfiki! Hoop jy word baie bederf! Mooiste jaar vorentoe vir jou en …
    “May the best of your past, be the worst of your future”.

  41. Bella sê:

    Smurfi. HapPy HaPpy BiRhDaY. Veels Geluk liewe maaikie omdat jy Verjaar. Jy is n groot bron van vreugde in ons lewens. Mag jy n dubbele porsie van daardie vreugde op jou verjaarsdag ervaar. Vrolik en helder – pienk, groen en blou. n Bos pragtige blomme SPESIAAL vir jou!

  42. Smurfi sê:

    Dankie julle maaikies maak my dag sommer besonders, en raai wat nou gaan ek lekker uiteet en myself bederf met ‘n hele platter vol seekosse! Ek dink ek moet sommer take-away bring vir die Kombuis mense ook!! hoe klink dit!! 😉

    Julle is almal net so Spisiaal vir my!!

  43. Smurfi sê:

    HI julle,

    Ek is nog hier hoor! Moenie dink omdat ek gister gaan vis, prawns en calamari, eet het, die katte het my weggedra en opgevreet nie 😆

    Ingrid jy beter nou vinnig terug kom ons vermis jou nou regtig al erg. Maar ons hou die Kombuis nog so aan die kant en besig maar darem skoon.

    DAMES, MOET ONS DIE ARME MAN JAMMER KRY? 😆

    When love fades…

    A man was sitting on the sofa watching TV when he heard his wife’s voice from the kitchen.

    What would you like for dinner Love ? Chicken, beef or lamb ?

    He said, “Thank you, I’ll have chicken.”

    “F#ck You. You’re having soup. I was talking to the cat.”

  44. Smurfi sê:

    Cupcake,

    Hoor julle het Parade gehad daar in Ausieland, kom vertel ons so bietjie.

    Bella, Bobbejantjie, wat dink julle ouens van Twitter en Facebook? Ek vind tog maar die blogs nog die lekkerste kuierplekke is, hoe voel julle daaroor?
    sien Pensie het so stukkie hieroor geskryf by:
    http://bierpens.co.za/bier/?p=2176#more-2176 Ek lees gereeld by Pensie hy skryf interressante goed.

    Ek dink my probleem met twitter ens. is ek praat te veel en kan beslis nooit net in een sinnetjie praat op ‘n slag nie 😆

  45. Bella sê:

    Smurfi
    Jy is heeltemal reg, ek hou ook meer van die blogs. Hou ook nie van die een sin storie nie, het te veel gevleude woorde om te se. Hoop jy het jou spesiale daggie gister geniet. Dit is baie stil vandag, hopelik kan ons more weer lekker gesels.

  46. Skoor sê:

    Geluk Smurfi! Al is dit effe laat. Vir jou ‘n choc chip muffin en ‘n mamoerse beker tee vandag!

    More aan al die res. Hoop julle loop lig deur die dag. lag hard, eet baie, drink genoeg…

  47. Cupcake sê:

    Hi Almal!

    Ons vermis mekaar met al die vakansie dae, hoop julle rus lekker!

    Aitsa Smurfi, ja jong ons het geparade. Anzac Day hier by ons is om al die ou en afgestorwe soldate en veterane te eer. Kannetjie het in die parade geloop met sy SUID-AFRIKAANSE Oupa se Tweede Wereldoorlog medaljes op die regterbors. Was vir ons ‘n baie groot oomblik hoor, veral toe sy platoon om die hoek kom, tussen 45 000 mense, en hy loop voor met hulle banier, kyk toe grens ek nou weer riviere vol 😆 Toe hol ek my icing af om langs hulle te kan bly om kodak moments te kan neem 😆

    Baie emosioneel, veral toe ons met die Oupakies kon gesels wat in Vietnam geveg het, ag my hart, van hulle al amper 100 oud maar die ogies blink en hulle is so dankbaar en trots hulle word onthou ….. ai oorlog maak lelik jong! Maar ja, dit was vir ons baie spesiaal en ek is seker Oupa by Liewe Jesus se hart was net so trots!

  48. Willa2 sê:

    Haai almal,
    Ek sien die kombuis is sommer mooi silwer skoon. Is dit Bobbejaantjie wat dit so mooi skoon gehou het?

    Smurfi, skies dis baie laat, maar ek hoop jy het baie lekker verjaar en het ‘n wonderlike jaar.

    Ingrid, die fotos is pragtig. Baie dankie daarvoor.

    Ek het gou-gou koekies en beskuit gebak, so al die blikke is weer vol.

    Een ding is verseker. Steve het BAIE FANS hier in die Weskus. Hy kan maar gerus hierna toe trek.

    Ai nou begin die goor gedeelte. Die uitpak en skoonmaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s