Afriforum braai wors, sien ons jou daar?

Die Standard Bank Jacaranda Nasionale Kunstefees vind plaas van die 26ste April tot die 2de Mei 2010 in Pretoria.  Daagliks vind volgepakte programme plaas op die hoofterrein (agter Zambezi Mall), 4 verskillende verhoë verskaf vermaak vanaf 11:00 in die oggend en om 17:00 skop die hoofverhoog elke dag af.  Al die groot name is daar.  Besoek die webwerf www.jacarandakunstefees.co.za vir meer inligting. Daar is ook verskeie produksies regdeur Pretoria.

 Moenie vergeet om AfriForum te kom ondersteun wanneer ons Saterdag, 1 Mei 2010 poog om `n Guiness rekordgrootte boerewors van 200m te braai nie. Dit alles vind plaas op die hooffeesterrein. Navrae: groen@afriforum.co.za 

 Die aanwysings na die hooffeesterrein is:

 Neem die Zambezi-afrit vanaf die N1-snelweg. Draai in `n oostelike rigting (m.a.w. links vanaf die noorde en regs vanaf die suide).  Draai links net na Zambezi Mall op die Kameeldriftpad. Na 400m sal u die fees sien.

 Hoop om u daar te sien!

 AfriForum-groete

Advertisements

16 comments on “Afriforum braai wors, sien ons jou daar?

  1. Smurfi sê:

    Julle ouens wat daar in die omgewing bly moet dit gaan geniet!! Veral om die Generaal te gaan kyk!! hy gaan mos ook daar optree. Ingrid jy is mos daar in die geweste so jy sal sekrlik ‘n draai daar gaan maak. Onthou om vir ons fotos te neem, jy weet mos ons ouens wat so ver weg sal die fotos geniet!! ………… van onse generaal op die stage of so ietsie!! 😉

  2. Smurfi sê:

    Willa, Ons kort weer so bietjie beskuit ek was honger vanoggend en het die laastes gesit en opvreet 😆 Hier was nog niemand om mee te gesels nie, toe eet ek maar so terwyl ek deur die koerant sit en blaai. Ek los vir julle ouens ‘n lekker pot moerkoffie op die stoof! Julle moet net die water by moel !!! 😆

  3. Smurfi sê:

    :lol; Ek sien Bella was bekommerd na my birthday ete van vis, prawns, en calamari, dat die katte my opgevreet het 😆 Bellatjie onthou net Smurfies kan vinnig weghol vir ‘n kat met hul kort beentjies!!! ” I’m alive and kicking!!”

  4. Willa2 sê:

    Smurfi jou vraat. Ek het dan net Dinsdag al die blikke vol gemaak. 😆
    Ek bak gou weer.
    Dankie vir die koffie.

  5. Bella sê:

    Ingrid. Ek wens ek kon daar wees!! Ongelukkig bly ek te vér. Julle wat kan gaan geniet dit hoor. Veral as die GENERAAL optree.

  6. Hallo Ingrid en kie.

    Jacaranda Nasionale Kunstefees was (selfs met modder) ‘n fenomenale ervaring. Ek was Maandag- en Dinsdagaand daar. Steve Hofmeyr se “Duisend en Een” vertoning was natuurlik bakgat en ek kon na die tyd in die VIP tent met hom ‘n paar woorde wissel. Pretoria se eie fees gaan nog groot word.

  7. Smurfi sê:

    Hallo daar Frank,
    nice om jou hier raak te lees in die kombuis, Steve se shows is altyd bakgat!! van die heel beste in die land! Steve bly maar ons “Superster”. Die Jacaranda kunstefees klink ook sommer baie lekker, so jammer ons ouens bly so ver weg, kan dit nie bywoon nie.

  8. Dankie, Smurfi. Kom maak ‘n draai by my blog, as jy wil.

  9. Bella sê:

    Frank ek was al vele male by jou blog, maar kan nie daarin kom nie. Wat moet ek doen om daarin te kom. Ek is ñ selfoon blogger.

  10. Ingrid Marais sê:

    Frank, thanks. Help so bietjie hier, jy weet mos ek’s nie tegnies aangele nie.
    Nee ouens ek weet nie van die generaal die naweek in PTA nie, hy was mos Dindagaand daar, sover ek weet is hy Saterdag in Lichtenburg by die skougronde by hulle fees daar.

  11. Bella, my blog kan op jou selfoon gelees word. Ek blog soms van my selfoon af. Gaan na http://www.frankbotha.com. Of los ‘n comment daar en ek help jou verder.

  12. Het nie ‘n clue nie, Ingrid.

  13. Bella sê:

    Weet iemand meskient hoe kry ñ mens ñ avatar op ñ founkie. Ek het nog nooit een gehad nie. Frank het gevra dat ek een moet kry. Ag wat meskient moet ek maar net gaan lees daar en nie comment nie.

  14. Bella sê:

    Ek het nou probeer maar sukkel omtrent. Sal maar anderdag weer try. Lekker slaap almal.

  15. Ingrid Marais sê:

    Sorry Bella ek weet nie, dalk kan Wip help.

  16. Ingrid Marais sê:

    VEELS GELUK! KALLIE, ALANA EN SOMMER ALMAL BY AFRIFORUM! Om 40 + mense so te sien saam werk laat die vlammetjie van hoop weer opflikker. Mooi so!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s