Mr. President where the f*ck are you?

Dagse

Ek sou nie vandag geblog het nie, maar ek het die benydenswaardige voorreg gehad om ‘n ma met haar drie dogtertjies om haar te sien sit en huil omdat hulle pappa nie meer daar is nadat hy geskiet is.

Ek het nie woorde nie, ons land se mense is seer, stukkend, bang, verward – hoekom?  want ons is leierloos!

Ek lees steeds alles wat gebeur en probeer stilbly, ek sien hoedat ‘n groep mense ‘n verbande lied sing in die gesig van Helen Zille, die polisie hou hulle eenkant, maar dit is al wat gebeur.  As ek die wet verbreek beteken dit ek kan dit iewers in ‘n hoekie doen, dan is dit reg en sal niks met my gebeur nie.  Die hofbevel wat uitgereik is was nie net teen Julius Malema nie, dit was teen die sing van die lied!  Hoe f*kken moeilik is dit nou om dit te verstaan en toe te pas?

Gun my die geleentheid om die laaste sin in die video op op hierdie site beskikbaar is te verander en te se:  Mr. President your people are suffering, where the hell are you?! 😈

http://www.misdaadprotes.co.za/

Ek kan nie eers meer ‘n inskrywing eindig met “bly veilig” nie, want hoe de donner moet jy dit doen, daar is nie meer ‘n plek waar enige persoon veilig is nie, dalk wel slegs die VIP met hulle armored karre en wagte, maar ons, die mense wat die land sy lewe gee elkeen, maak nie saak watter kleur, geslag of taal jy van is nie, jou lewe het minder werd geword as ‘n dier s’n.

Jammer vriende ek is verby kwaad.  Gaan kyk na hierdie video, asseblief, as jy dalk nog in die minste gesluimer het, gaan hoor wat hierdie gewone mense se, vra jouself terselfdertyd af hoekom hierdie insetsel nog nerens deur die media huise gebeeldsend is nie?

Dan beweer die SABC hulle is onafhanklik – oh please!  Waar is eTV, kastig ook onafhanklik, jammer ek vergeet so bietjie, net jammer ek kan nie vergeet van mense wat dood gemaak is vir niks, van ‘n ma wat op ‘n rooi stoeptrappie sit en haar dogtertjies wat haar probeer troos nie!!!!!!!!!

 

Advertisements
This entry was posted in Misdaad.

64 comments on “Mr. President where the f*ck are you?

  1. Bella sê:

    Hi Ingrid. Ai dit is so hartseer. N mens voel magteloos. Ons is nêrens meer veilig nie, nie eers in ons huise nie. My huis buite lyk al soos pollsmoor gevangenes met al die tralies. Dit is onnodig om so te leef in ons pragtige land. Ek gaan gou loer daar by frank se blog.

  2. platkuif sê:

    die land brand en al waaroor ons regering worry is of hulle diep genoeg in FIFA se holle opgekruip het vir die 2010SWC

  3. Ingrid Marais sê:

    Waar woorde Kuifieg!

  4. Bella sê:

    Platkuif. Baie waar. Het vanaand juis op die nuus gehoor van die miljoene wat bestee is om die veiligheid van die sokkerbase en gaste te verseker. EISH. Wat word vir ons veiligheid gedoen na die 2010 swc? BOGGEROL, ZERO, NIKS.

  5. Skoor sê:

    Ek gaan nie kommentaar lewer oor jou post nie, want dan gaan ek baie lelik praat, mense beledig en myself in die k*k kry!

    Dus sal ek maar net sit met my blikbeker koffie in die hand, stadig oor die oppervlak blaas, en wag dat iemand vir my ‘n stuk anysbeskuit aangee, want die fokken land HET NIE ‘n LEIER NIE!

  6. Smurfi sê:

    Hi daar Skorie, Wag ek kry gou vir jou so van die anysbeskuit, Willa het weer mooi kom volmaak. Skoor ek voel al net so, mens voel magteloos , soos jy sê ons land het geen leier nie, dis of hulle wil hê ons moet nou maar gewoond raak aan al die moorde en krimenele dinge asof dit nou maar deel van ons leefwyse moet wees. Ons regering van die dag, is buitendien so besig om vir hul “wickets te cover” om hul koppe bo water te hou, en te keer dat daar nie meer bedrog en korupsie uitlek, daarom dat ou Julihaaaasie so met hulle kan maak net wat hy wil.

    Ingrid dit is so verskriklik hartseer, om al die dinge te sien gebeur, en om te weet wat aangaan is uiters belangrik, ek dink dit is reeds die dinge wat ons moet sien sodat ons kan saamstaan met Solidariteit en Afriforum, hulle probeer darem om iets te doen, hulle baklei teen die misdaad wat ons land doodmaak. . Ek is ontsettend dankbaar vir die ouens, want self kan ek nie veel doen nie, maar ek kan gereeld ‘n ietsie bydra om hul kostes te dek, so ek doen dit met die grootste plesier.

  7. Willa2 sê:

    Ek is al te bang om in die oggende die koerant te lees.
    Dis net moord en misdaad. Dan is my hele dag sommer bederf.
    Julle moet almal jul naweek geniet.

  8. Ingrid Marais sê:

    Veilige naweek vir almal. Dis verskriklik, maar ek wil amper se ek hoop ons almal en ons geliefdes is nog in een stuk teen Maandag.

  9. Bella sê:

    Ingrid en kombuissitters lekker naweek vir julle almal asook almal wat hier lees, en soos Ingrid gereeld vra BE SAFE!!!!!

  10. Smurfi sê:

    BOODSKAPPIE VAN CUPCAKE

    Hey Julle! Groooooot sorry ek is so stil, ons vat net nie grond hierdie week nie, belowe ek kom kuier in ons Kebuis sodra ek rustiger is. Mis julle!!!!
    xxxx

    CUPCAKE ONS MIS JOU AL NET SO!!!

  11. Smurfi sê:

    Lekker naweek vir julle almal. Ek sal so deur die naweek kom inloer of julle jul gedra hier in die kebuis 😉

  12. Willa2 sê:

    Smurfi, jy moet nou net nie weer al die koekies en beskuit so op jou eie op eet nie hoor. 😆

  13. Bella sê:

    Smurfi. Kyk jy supersterre vrydag aande half 8 op sabc 2. Die generaal en Bobby van Jaarsveld is volgende op. Kan nie wag nie.

  14. Ingrid Marais sê:

    Het so gesien Bella.

  15. Ingrid Marais sê:

    Julle hoef nie te wag tot volgende week nie, kyk vanaand DKNT 20H00 dan sien julle hom sommer in daai sexy geel ryding!

  16. Bella sê:

    Thx Ingrid. Sal so maak.

  17. Smurfi sê:

    Bella,

    Ek het wragtig Supersterrre gisteraand gemis! maar ek sien in die programme daar is vanaand 8uur weer ‘n uitsending van Supersterre sal dit ‘n heruitsending wees of nie? Sal vanaand kyk.

    INgrid ek gaan beslis DKNT kyk vanaand, Hasie het my vertel daar uit Ausieland van die nuwe video van Steve en die geel ryding, sy het hom blykbaar al gesien,.. en ek nog nie!!… en sy bly in Aus.!!

    20:30 is “Dis hoe dit is met Steve” ook nog vanaand op.

  18. Smurfi sê:

    Willa,

    Nee ek sal die koekies en beskuit so bietjie laat rus vandag, vanmiddag eet ek avvo op toast! njammies!!

  19. Smurfi sê:

    1 001 druppels val by Steve se feesoptrede
    2010-04-29 08:55
    Anna-Retha Bouwer

    http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/1-001-druppels-val-by-Steve-se-feesoptrede-20100429

    Een van die groot trekpleisters was die CD-bekendstelling van Steve Hofmeyr se nuwe CD, Duisend en een, Dinsdagaand op die hoofverhoog van die hooffeesterrein naby die Zambezi Mall in die noorde van Pretoria

    Mense het onder sambrele en gazebo’s gestaan en rubberstewels was die beste modebykomstigheid

  20. Smurfi sê:

    EISH!!!! DIS MOS ONSE GENERAAL!!!!!! 😉

  21. Bella sê:

    Smurfi. Vanaand se uitsending is ñ herhaling van gisteraand. Steve en Bobby is volgende vrydag op. Ja nee ek sal in n storm staan sonder boots om na die GENERAAL te luister.

  22. Ingrid Marais sê:

    Smurfi Hasie is reg daai video is stunning, soos altyd great om te sien wat in sy kop aangegaan het toe hy die song geskryf het. Goeie nuus 1001 IS VAN VLGE WEEK AF OP DIE RAKKE!!

  23. Bella sê:

    Ingrid dit is goeie nuus. Ek sal musica gereeld bel. Hier in die Kaap wag ons so gereeld vir die cd,s. Altyd laat!! Ray Dylon se cd is al ñ geruime tyd op die rakke en ek kon eers gister by shoprite een kry. Musica het dit nou nog nie by ons nie. Het vandag op top 20 gehoor dat Ray se cd verskriklik goed verkoop. Cupcake sal breed glimlag.

  24. Ingrid Marais sê:

    Bella daars n ding Take 2 amper dieselfde as Kalahari.net wat o.a. 4 briewe vir Jan Ellis het. Hulle is ini Kaap jy kan goed by hulle koop en self gaan haal of 24uur aflewering kry, ek sal hulle link opsit: http://www.take2.co.za

  25. Bella sê:

    Ingrid jy is wonderlik!!! Altyd ñ staatmaker. Ek het nie geweet van die

  26. Bella sê:

    En daar druk ek per ongeluk die submit knoppie voordat my comment klaar is. Ingrid ek wou sê ek het nie geweet van take 2 se bestaan nie. Ek gaan definitief van nou af al my cd,s by hulle kry. THX hoor.

  27. Ingrid Marais sê:

    Dit was net n plesier! Nee man ek haat dit om te sukkel en te soek en die geduld is mos maar min so as ek jou frustrasie kon spaar is ek bitter bly. 😆

  28. Smurfi sê:

    http://www.take2.co.za/books-vier-briewe-vir-jan-ellis-5311253.html

    Ingrid ek het gaan loer daar by die “Take Two” vir die boek, hulle sê hy is tydelik out of stock Prys by hulle is R106, Dit is Vrygestel op 1 Januarie 2010 en soos ek kan aflei daar is verkope al ” All time sales ranked at 11,881″

    Maar hulle sê:

    “Add this item to your wishlist, and you will receive a notification email when the item is available to Order or Pre-Order, Price Changes and Back in Stock notifications.”

    STEVE SE TOER DATUMS: Australië en New Zealand

    http://stevehofmeyr.co.za/website/index.php/toer-datums

    Nuutste inskrywing op Steve se Website:

    http://stevehofmeyr.co.za/website/index.php/steve-se/212-fk-u-vlismas-ek-en-die-band-uitmekaar-jakarandafees

  29. Willa2 sê:

    Ek het ook nie geweet van take 2 nie. Lyk my Ingrid weet meer wat hier in die Kaap aangaan as ons self. 😆
    Smurfi, nou water my mond omtrent vir daai avo broodjie. Ek ruil jou ‘n blik koekies en ‘n blik beskuit vir ‘n broodjie. 😆
    Lieflike dag hier in die Kaap. ‘n Mooi week vir almal.

  30. Skoor sê:

    Ingrid, ons weet nou al almal die president beteken fkol. Nuwe post? 😆

    Smurfi – reseppie vir avo broodjie…. Rooster low GI broodjie – ene met baie saadjies en pitte en heerlikhede. Maak dit sommer 2 snye… Dop avo in ‘n bakkie uit. Girts growwe swartpeper oor, girts Himalaya seesout oor, skeut ‘n goeie skeut suurlemoen oor, en splash tobasco/Bushman’s Peri Peri/pepper sauce oor. Meng deur met ‘n vurk terwyl jy dit natuurlik plat druk. En meng dit weer deur. Tot dit so romerig en arrogant in daai bakkie staan.

    Plak op die warm roosterbroodjies en verorber.

    Dan staan jy op, maar vir jou tee en lek die bakkie met jou vinger uit.

    Willa2, ek sal beskuit vat, dan maak ek vir jou ‘n broodjie soos die?

  31. Willa2 sê:

    Skoor, jy kan al die beskuit en koekies kry in ruil vir daardie broodjie. Ek is nou so lus daarvoor, dat ek sowaar nou gaan ry en vir my ‘n avo gaan koop. Sal dit net gou-gou skelm moet verorber, want manlief is ook baie lief vir avo, maar alergies daarvoor.
    Lyk my dis nie net die president want “missing in action” is nie. Waars al die kombuismense? (Snik) (Snik)Lyk my almal het verdwyn en my hier alleen gelos.

  32. Bella sê:

    Hi Willa 2 en Skorie. Willa 2 ek het gou hier om die hoek gehol om 3 avo,s te gaan koop. Raai wat eet my mense vanaand as ñ snack voor die tv. Daai roosterbroodjies klink heerlik. Thx Skorie. Dit is omtrent stil hier. Ek sal maar solank die avo broodjies uit toets en dan ñ paar kombuis toe bring.

  33. Cupcake sê:

    Hello Liewe Kebuis Mensies!

    Willa, Skorie, Bellakie, hello hoop dit gaan goed met almal. Ons vermis vir Ingrid en Smurfi en Bobbie en almal.

    Ek kon net lag nou, dis die tweede maal wat Skorie al menu maak by Cuppy se huis. Slim planne gehad vir spaghetti bolognaise tot ek daai avo oppie toast so sien en proe deur haar praat. So tjorts op avo en toasted Turkish bread vir aandete, dankie Skorie!

    Ingrid, waaaaa jy, ons mis vir jou?

  34. Smurfi sê:

    Skorie, Lyk my jy weet ek lek die bakkie met orige avvo met my vinger uit 😆

    Hallo! almal nee man Smurfi is nog!! ek is net besig en besiger! 😆
    Ek sit weer met so baie avos, kan nie voorbly om dit te eet nie, hier in Natal is dit nou volop, en toe kry ek sommer so hele checkers sak vol persent!! Dis nou avo in slaai, avo op brood, avo vir breakfast! you name it en dit het avo in!! 😆 Maar vanaand is dit lekker pasta oodskottel met kaas en mince!

    Cupcake bly jy is weer hier in die kebuis. Ja weet julle Bobbejantjie is gans en al te stil. BOBBE WAAR IS JY!!!

    Ingrid die Kombuis mense kla hulle is nou gatvol vir die President, hulle wil graag jy moet die tv. nou op ‘n ander kanaal kom “tune”

    Het julle gehoor Lolly Jackson (eienaar van Teasers is geskiet gisteraand:”

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moordenaar-wou-hom-glo-oorgee-20100503

    Pta-man in huis vermoor
    2010-05-04 10:54

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ptaman-in-huis-vermoor-20100504

  35. Smurfi sê:

    ‘N MOET OM TE LEES!!!
    Eish! Eish!! Eish!! Nogal ‘n Brigadier Generaal!!! ????????? Jonanananawhê! wonder hoeveel weet sy van die weermag werklik af??? sorry julle maar wragtig!!

    ‘Ek haat wittes,’ skree generaal glo ná soldaat kollega aanspreek
    2010-05-03 23:19

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-haat-wittes-skree-generaal-glo-n%C3%A1-soldaat-kollega-aanspreek-20100503

    Nou vra ek met trane in my blou oge, jy het geen kennis nodig in die land om selfs die weemag te run nie!! nee o, Hemele behoede!!

  36. Bella sê:

    Ek trek nou by my 4 de sny. Mensig maar dis heerlik. Ek het net ñ bietjie te veel peri-peri by gegooi. Ek mal mos sterk kosse. Julle moet dit maak regtig dis hemels. Hi Smurfi.

  37. Bella sê:

    Ingrid is seker maar besig julle. Sy het darem baie lekker met ons gesels oor die naweek. Smurfi ek het daai berig gelees. N mens kan maar net kop skud.

  38. Willa2 sê:

    Bella ek het ook my pensie dik geëet aan die avo’s en nou is ek niks lus om kos te maak vir vanaand nie. Dis als Skorie se skuld. 😆
    Bly om te sien julle is darem weer terug. Het myself net begin jammer kry.
    Smurf ek het ook daai berig gelees en kon net kopskud in ongeloof.

  39. Bella sê:

    Willa 2. Ek voel ook soos jy. Dik gevreet en nou wil die oge net toeval. Wil mos altyd ñ vark van myself maak. Móre is dit weer min eet. Met Skorie hier sal die kilo,s gou aanpak.

  40. Smurfi sê:

    Haai al julle avvo vreters! 😆 (ek ingesluit)

    Die week het net mal begin, gaan lekker doller as kop af. Hoop teen more gaan dit rustiger dan kan ek dalk vir 10minute stil sit en bietjie lees en gesels hier.

    Ingrid ons vermis jou, moet ek troepe uitstuur?

  41. Willa2 sê:

    Smurfi ek dink jy moet daai troepe uitstuur. Bobbejaanjie is ook “missing”. Ek pak gou-gou broodjies en ‘n paar flesse koffie vir die troepe. As hulle die verlorendes vind gaan hulle honger en dors wees.

    Skori wat eet ons vandag wat lekker is? 😆

  42. Smurfi sê:

    Hi daar Willa,

    Ek het so twintig troepe gestuur elkeen in ‘n ander rigting in, hulle mag geen steen, bossie of klossie onaangeroer laat nie, en mag nie terugkeer voor hulle Ingrid gevind het nie. Jy moet maar uitkyk daar by die kombuisdeur hulle sal die koffie en broodjies daar by die agterdeur kom afhaal!! 😉 Ek het sommer ook vir elkeen ‘n “Energy bar” gegee want lyk my dit gaan ‘n lang dag wees!! ( en so paar “dog biscuits” vir ekstra stammina!! )

  43. Smurfi sê:

    Eish!! al van Vyfuur af op vanoggend om troepe te mobiliseer! Nou soek ek van Willa se beskuite en ‘n groot beker koffie!! sjoe! laat ek net my pootjies os op die tafel rusmaak, en die “Beeld” nader trek! 😉

    Hoekom staan gisteraand se skottelgoed dan nog hier in die wasbak!!! 👿

  44. Bella sê:

    Willa2 ek oorweeg dit om ñ lekker pot warm sop te maak vandag. Dit is koud in die Kaap. As die vermistes opgespoor word sal hulle koud en honger wees so onse tweetjies moet moet maar sorg dat daar lekker warm etes is hulle.

  45. bobbejaantjie sê:

    Nee kyk so kan dit nie aangaan nie Smurfie! Hoekom word ons so afgeskeep? Elke dag kom kyk ek met groot verwagting vir ‘n nuwe post, maar elke dag is dit nog steeds dieselfde post as ‘n week gelede.

  46. bobbejaantjie sê:

    Ek vra die volgende vir jou Ingrid (tong in die kies): INGRID WHERE THE F*CK ARE YOU?

  47. Willa2 sê:

    Bella, daai sop klink na ‘n puik idee. Jip die winter is hier op ons in die Kaap.

    Bobbejaantjie, Smurfi kla dat die kombuis vuil is. Ek het mos laas daai takie na jou gedelegeer. So toe-toe roer jou en maak gou skoon en hou op kla. 😆 Ingrid gaan raas met ons as sy sien die kombuis is deurmekaar.

  48. Willa2 sê:

    Haai hierdie kom vanaf Ingrid:
    Dagse

    Ek sukkel tans baie om daar in die kombuis te kuier. Ek het nog ‘n blog begin, eintlik sommer so op die ingewing van die oomblik. Hoop julle sal daar kom kuier. Ek sal die blogroll en al daai goed nog regkry. Dis maar baie kaal op die oomblik. Sal maar ‘n ekspert se hulp moet inroep.

    Ek sal steeds van tyd tot tyd daar in die kombuis ook skryf, dit sal heel moontlik ‘n kwessie van copy en paste wees, so dit sal nie nodig wees dat julle op twee plekke kom inloer nie. Kan ek vra dat julle vir ons ander maats ook sal vertel, ek mis julle almal baie.

    Groetnis en ek hoop om jou sommer gou daar te sien.

    Ingrid

    http://ingridmarais.weblog.com/

  49. bobbejaantjie sê:

    Sorry Bella ek het my plig versuim. Het gou-gou skoongemaak, maar klink my dit was als verniet. Ingrid het ons weggegooi vir ‘n ander kaler blog (snik!) Hoekom Ingrid hoekom!!!!!

  50. Bella sê:

    Bobbejantjie. LOL. Julle ouens ñ 2de blog kan net lekker wees. Cupcake welkom terug, ons het jou gemis. Hoop jy kon darem alles klaar kry daai kant. Het nou eers gesien jy het gister gecomment.

  51. Bella sê:

    Hi julle. Ek was nou daar by Ingrid se splinternuwe huisie, maar ek kan nie daar in nie. Ek het dieselfde probleem by Flintie gehad. Ek het nou alles getry. Sal maar kyk of ek dit kan fix. Intussen sal ek maar gesels.

  52. Willa2 sê:

    Bella, ek kon eers ook nie daar “comment” nie. Ingrid het dit verander. Jy hoef nou net jou naam en epos in te vul. Jy hoef nie te registreer nie.
    Probeer gou weer.

  53. Smurfi sê:

    Bellatjie, Ek is skoon uit asem gehol hier na die Kombuis toe, ek kon jou nêrens daar by die nuwe plek kry nie!!!! Is jy oppad???? Hulle ouens moet tog asb. on Bellatjie help om daar uit te kom!!! Ander moet ek M-net vra want “M-net Cares!” 😉 Ek wag jou daar ander kant BELLA ((((())))))

  54. Skoor sê:

    Man, die mense wat so trek dryf my tot brannewyn in die oggend!

    Gits, ek hou nie van inteken en sukkel om te loop nonsens praat om ‘n tafel nie. Dan sit ek eerder buite op die sypaadjie in die son! (watse son, die Kaap is so nat, ek het met my swemvlerkies werk toe gekom, net ingeval dit weer so hard reen soos gisteraand…)

    My pensie is nou nog knop van die pot beesstert van gisteraand, maar ek dink ‘n goeie pot boontjiesop sal vanaand net die ding doen. Van daai boontjiesop wat jy meer eet omdat jy al vol is, maar iets aan die smaak is so lekker, jy is bang jy mis iets as jy ophou!

    Ek gaan nou nie ingrid se blog hier annekseer om die resep te kom plaas nie, maar dit is op my skoorkos vir die wat nie geweet het dat boontjiesop suurlemoen sap en suiker moet bykry nie! Search maar net boontjiesop regs bo aan die blad.

    Nou ja, ek hoop nie ons spat nou uitmekaar noudat die tafel oor twee blogs getrek word nie.

    NS: toast, tuna, daai avo mix bo-op. sjuuuut, ek het dit nie gese nie! 😆

  55. Skoor sê:

    My comment is gelaat by Ingrid, so daar blyk nie probleme te wees nie.

    Sien julle hier en daar

  56. bobbejaantjie sê:

    Nee man julle moenie vir my weghol nie! Ek kan nie comment op die nuwe blog nieeeeeeeee!!!! Ek sit my naam en e-mail in, maar sodra ek submit druk gooi hy my comment af en vra weer vir die naam en e-mail. Heeeeelp!

  57. bobbejaantjie sê:

    Die kombuis is verlate (snik). Almal is weg na die nuwe blog toe en los my net so! Hier is darem nog so bietjie koue koffie in Bella en Smurf se koppies oor – sal dit maar drink.

  58. Willa2 sê:

    Toemaar Bobbejaantjie, ons sal jou nie alleen los hier nie.
    Ek weet ongelukkig nie hoe om jou te help om te “comment” nie.
    Spel jy als reg? Sorry ek weet dis ‘n baie dom vraag.
    Bella sukkel blykbaar ook.

  59. Smurfi sê:

    BELLA!!!!
    BOBBEJANJIE!!!!

    Klou net vas, byt vas, hang rond, gooi ankers!!! enige iets moet nie moed verloor nie Ingrid het die Grootman met die Pensie om hulp gaan vra om julle daar in te kry!! hy sal weet, ons wag vir julle,.. sal nie begin party voor julle daar is nie. Ek het al amper alles gereël vir die groot party. Nou wag ons net vir Pensie se hulp!!

    CUPCAKE!!! ONS TREK!!!! Maak tog net gou voor die lorrie ry!

  60. Smurfi sê:

    Willa’

    Kan ons nie die beskermingseenheid vra om vir onse Boklammetjie en Apie veilig anderkant te kry nie?? ))))))) BIERPENS((((((( maak gou onse Bella en Bobbe-apie raak nou bang alleen hier! Toemaar ons sal kort kort kom inloer julle!

  61. Smurfi sê:

    Ek stress, ek stress, ek stress!!!! waar is my pille nou ingepak? 😆

  62. Willa2 sê:

    Smurfi, neem maar so ‘n klein slukkie van die sjampanje wat ons bestel het vir die dak natmaak/inwyding van die nuwe blog. Moet nou net nie te veel drink, dat jy dronk is voordat die party begin het nie.

    Ek het my besempie reg, sodra Bella en Bobbejaanjie reg is kan ons maar gou-gou oor vlieg met hom. Hy werk soos ‘n taxi, skuif op daars altyd plek vir nog een.

  63. Smurfi sê:

    BELLA Die link spesiaal vir jou!!! na “Ons Kuierplekkie”

    http://ingridmarais.weblog.com/is-afriforum-kapers/#comment-88

  64. Smurfi sê:

    Nee wag die een is die Home page dit is eintlik beter

    http://ingridmarais.weblog.com/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s