Moedersdag naweek

Dagse Vriende

Dis so lekker om weer hier te kan kuier dat ek sommer die vensters oopgegooi het sodat die sonlig vrolik kan inskyn.  Daar’s ‘n groot bos geel rose in die middel van die tafel en ‘n lekker vars pot koffie met heerlike beskuit wat Willa2 nog gebak het.

Ek hoop elke mamma het ‘n wonderlike naweek gehad en dat die bietjie ekstra bederf jou sommer weer laat voel het hoe belangrik jy werklik is.  Ek stem saam met almal wat sê elke dag moet moedersdag of vaaltyn daggie wees, maar dit is nodig om so met tye seker te maak daai spesiale iemand weet presies hoe spesiaal hulle is.

Ek het eers gesulk omdat ek nie geskenke vir Hannie gekoop het nie, totdat sy my herinner het dat ek die vorige naweek gesorg het dat sy haar geliefde Angle vissies weer terug in die tenk het en dat dit haar reeds spesiaal laat voel het.

Ek het julle vertel van my cd en boek en dat ek toe sommer skielik Donderdagnag gaan staan en siek word het.  Vrydagmiddag doen my Engel reeds haar magic deur vir my koors goed en koeldrank aan te dra terwyl ek vir haar wag om klaar te werk en sy moes ‘n hele blok en ‘n half stap om dit by my te kry en toe weer terug hol om die laaste 30min se sweet in die soutmyn te gaan voltooi.  Getrou aan haarself kom sy met ‘n verrassing van ‘n langsteel geel roos in haar hand terug kar toe, toe dit uiteindelik huistoegaan tyd is.

Saterdag sou die kinders deel wees van ‘n honde vertoning en ek het die siekte mooi vertel om maar saam te gaan, maar ek gaan hulle dit nie laat mis nie.  Veral omdat Quinton Vrydagmiddag in die park deur ‘n losloper hond gebyt is.  Ek wou seker maak dat hy weet nie alle honde is sleg nie, net soos nie alle mense sleg is nie, maar dat jy ook nie almal moet vertrou nie.  Hulle het dit vreeslik geniet en ons het sommer ons voorraad lemoene ook aangevul.  Die res van die middag is rustig in die bed voor die TV deurgebring met die kinders oral om en oor ons.

Sondagoggend hoor ek die kleintjies fluister in die kamer langsaan.  Briefies en kaartjies word aangedra en daar word gese ons moet kom kyk hulle het self skoongemaak.

Ek was nog altyd gek vir Dennis East en Hannie het lank al belowe ons kan gaan kyk hoe doen hy ‘n moedersdag konsert.  Almal is gewas en aangetrek en ons is daar weg.  Vrinne wat kan ek sê?    Ek moes eerder nie gegaan het nie, dan het die illusie voortgeleef en was die Dennis wat ek die laaste keer tydens Toeka 2 se opname in Bloemfontein gesien het die man wat ek onthou het, nou is daar sulke gemengde gevoellens van teleurstelling, woede en hartseer.

Ek wil eintlik nie daaroor skryf nie, maar eerlikheid was nog altyd deel van my blogs, so here goes.  Hy was duidelik nie lus om daar te wees nie.  Hy het ingestap gekom en met die klankman gaan praat, nie een glimlag na een van die mense wat hulle tyd opgeoffer het om na hom te kom luister nie.  Hy het seker probeer nice wees toe hy die songs gekies het, maar dan voel ek moes hy eerder goed gekies het wat hy ken of dan die lirieke voor die tyd geleer het.  Hy het agter ‘n musiekstaander gestaan, met sy hand in sy sak en die woorde voor hom gelees.  Daar was nie fout met sy stemkwaliteit nie, die klankman het wel sy hande vol gehad omdat daar nie 3 fase krag was nie en die toerusting te swaar was vir die kragvoorsiening, wat veroorsaak het dat van die luidsprekers uitgesny het op tye.  Na 15 minute se optrede het hy ‘n pouse aangekondig en die kontak wat hy tot in daardie stadium met sy gehoor opgebou het verloor.  Daar is ‘n cd gespeel en na nog 15 minute het hy weer vir 15 minute kom sing en toe nog ‘n pouse aangekondig!  In daardie stadium het ek nou net mooi my hoofpyn lank genoeg blootgestel aan hierdie optrede, Hannie het hom gaan vra om haar plakkaat vir haar te teken en hy was koel, maar beleefd.  Ons het opgepak en huistoe gegaan   Selfs A Million Drums het geklink en gelyk soos iemand wat net wens die tyd wil verby gaan   Sorry Dennis, this is something that I could have expected from a very young artist starting out who did not have any mentorship.  You can do better and I hope and pray to one day soon be in a place where I cannot sit for more than one frame of music, before I get up and dance to your beat!

Dit bring my by die comments wat julle oor Steve gelos het.  Laat ons van Steve wat ons wil, laat ons hom ‘n beginsellose, oopgulp wat ookal noem, dit maak nie saak of daar vyf of vyfduisend mense is nie, hy gee sy beste, want hy maak nie net musiek nie, hy is in wese musiek en woorde.  Wie was daar en wie onthou van die impromptu aand in Jacobsbaai toe hy om die kaggelvuur gesing het, net hy met sy kitaar in die winter koue, elke song wat die gaste gevra het, nie omdat hy geld daaruit gekry het nie, omdat dit Steve is – musiek. ♪♪♪♪♪♪♪

Advertisements

10 comments on “Moedersdag naweek

  1. Bella sê:

    Ai hoe lekker is dit nie. Kom sommer direk hier uit. Shame, ek sien hier is nie veel verander nie. Behalwe die vensters wat oop staan en die blomme wat Ingrid hier gesit het. Lyk nog mooi netjies hier.

  2. Ingrid Marais sê:

    Hello Bella! Solank die links dit toelaat sal ek sommer so dieselle ding op altwee blogs se, dan hoe julle nie tussen die goed rond te spring nie. Klein geheimpie ek’s baie lief die die kebuis en het lang trane gehuil toe ek nie hier kon in nie. Ek hoop net die cyber gremlins bly weg!

  3. Bella sê:

    Ingrid. Dit is okey. Ek travel maar so van die een blog na die ander. Ek moes nou so by my self lag my founkie het nou uit my hande geglip en toe ek dit nou optel van die vloer toe staan daar voorop groot geskryf. SOS…. SIMCARD CRASH. Ek moes eers die simkaart reg inskuif. Het geskrik, maar gelukkig het dit nie toe nie gecrash nie.

  4. Bella sê:

    Ingrid. Ek hoop maar jy kom lees hier. Ek kan glad nie in na jou ander blog nie. Sukkel al van gistermiddag af. Jou top links wys glad nie op my founkie nie. Ek het mos altyd die link daar gebruik. Ek sal maar kyk wat ek kan doen. Op die ander links na ons kuierplek kan ek ook nie in nie. Ai dat ñ mens nou so moet sukkel. Weet nie of dit net tydelik so is nie. Lekker dag vir jou en die maaikies.

  5. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek weet nie wat gaan met die simpel ding aan nie. Ek sal weer kyk wat ek kan doen 👿
    http://www.ingridmarais.weblog.com/

  6. Bella sê:

    Ingrid. Thx jy is dierbaar. Ek het nou by al2 die links probeer ingaan. Dit wys net server error. Wat dit ookal beteken. Ek gaan gou ry mtn toe. Hulle help my altyd. Sal laat weet as ek terug is. Daar wys ander goed ook op jou blog wat nooit daar was nie. Meer tegniese goed. Dit kan dalk die founkie ook wees, maar ek kan in by ander blogs. Gesels later en dankie vir jou hulp hoor.

  7. Ingrid Marais sê:

    Bella, hoop jy kon regkom, Smurfi het die FBI en al daai ouens ingeroep, ek het blou lugballonne gereel en oorweeg om die generaal te laat terugkom van Oz en NZ om jou te perd te gaan haal!!

  8. Bella sê:

    Ingrid. Stuur hom samblief. Ai sal dit nou ñ storie wees, Bella agter die generaal se rug op ñ perd. Wowww!! Smurfi gaan lekker jaloers wees. Alle grappies op ñ stokkie. Ingrid ek het darem die top links van jou terug. Ek sukkel net om in te kom op die links. Die ou by mtn sè hy kan niks sien wat verkeerd is nie. Hy het die simkaart ook op ñ ander founkie getoets. My dogter en seun gaan vanaand ook kom kyk. As niks werk nie gaan ek die naweek vir my ñ goeie selfoon koop. Daar by ons kuierplek sal ek uitkom. Kom wat wil. Sè groete vir my maaikies asb. Dankie vir al jou moeite so-vér.

  9. Ingrid Marais sê:

    Bella, jong die ouens huil daar anderkant vir jou. Hoop julle kan dinge reg kry. Sterkte en toemaar ek sal jou hier op hoogte hou van wat daar gebeur.

  10. […] 10, 2010 at 3:31 nm · […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s