Blou Ballonne

Filed under Misdaad, Vriende Edit This

Yes, yes, yes, het julle gesien hoe mooi vertel Smurfi vir ons wat hier aan die gang is?

Dankie Skoor vir die eetgoed, die army behoort nou weer mooi te kan gaan soek en hullese werkies loop doen.

Smurfi, hier het sommer ‘n hele besending blou ballonne aangekom.  Ons sal hulle moet opblaas en daar bokant Soweto moet loop los laat sodat alles beautiful kan lyk as die Bulle daar gaan speel.

Ek het sommer vir ons so ‘n paar mooi groot blou lugballone gereel om te kom help met die soektog na ons maters.  Bella het alweer daar in die kombuis vasgeval.  Haar founkie like ons nuwe plek nie veel nie, wil dit my voorkom.  Ek het die link vir haar daar opgesit en tot die nuwe plek as deel van die blogroll gaan insit, maar lyk my sy sukkel nog so tussen die vulkaan as deur om hier uit te kom   Hoop daar sal ‘n ligte briesie waai om haar te kom help.  Dalk moet jy daai einste DKW stuur om haar te gaan haal, dis ‘n pity jou generaal is so ver ons kon hom ‘n perd gereel het om die ou werkie te doen, jy sou gesien het hoe vinnig is daai Bella hier as hy op so ‘n mooie hings daar aangegallop kom.  O gonna, nee, netnou vat dit nog langer vir haar om hier uit te kom!!

Lekker dag verder vir almal en as julle nurste ken, môre is hulle se spesiale dag, dis ook ‘n spesiale jaar vir hulle, want tannie Florence is hierdie jaar 100 jaar dood.

Meer belangrik as nurses day vir my more is dat dit ook:  “Dra Pink dag” vir klein Marzelle is om te protestreer teen misdaad teen veral kinders.  Trek jou pink nommertjie aan of dra dan ‘n mooi groot Minnie Muis pink strik in jou hare en as iemand jou vra hoekom, vertel hulle omdat ek verby gatvol is dat ons kinders en ons kinders se ouers verniel en vermoor word!

Nee hierdie is nie ‘n politiese blog nie, sulke goed sal ek daar in die ou kombuis loop praat, maar die een is vir my belangrik!

Mooi dag vol blou ballonne en as dinge vir jou sleg lyk, klim in een en kyk van bo af lyk dit beautiful.

Advertisements

8 comments on “Blou Ballonne

  1. Smurfi sê:

    Ingrid ek sukkel nou ook skielik om by die nuwe kebuis in te kom, dit maak glad nie oop nie!! dis vreemd? ek sal maar kort kort probeer en kyk of ek kan of nie.

  2. Smurfi sê:

    Vaoggend het dit nog oopgemaak en nou skielik glad nie.

  3. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, op die oomblik kan ek nog hier skryf, so moenie te veel worry as julle nie daar kan in nie. Ek verstaan nie hoekom julle soms sukkel nie. Pens het verlede keer gaan kyk en kon niks verkeerd kry nie. Ek sal sorg dat ek sover moontlik alles dubbeld doen, dis net flippen frustrerend om te hoor julle sukkel, want dan kan al die maters nie op dieselfde tyd op dieselfde plek kuier nie. 👿
    Dalk is dit maar ‘n teken dat dit nou rerig by ophou skryf tyd kom as die internet nou al self besluit hy’t genoeg van jou gehad.

  4. bobbejaantjie sê:

    Ingrid jy moenie nonsens praat nie!!! Jy het my nou amper regagteroor laat slaan van skok. My dag sal leeg wees sonder jou blog(s).

  5. Bella sê:

    Hi julle. Ek stuck ook alweer. Sal maar later weer probeer.

  6. Bella sê:

    Smurfi. Ek kon ook vanoggend daar by die ander kombuis in kom. Het nog daar comments gelos. Ek dink die fout lè by die internet self.

  7. Ingrid Marais sê:

    Dankie Bobbejaantjie, jy laat my sommer voel asof ek in een van daai blou ballonne sweef.

  8. Bella sê:

    Ingrid. Bobbejaantjie praat die waarheid. Moenie verder worry nie, ons sal in kom daar by ons huisie. Ons moet maar net geduldig wees. Dit is maar ongelukkig dingetjies wat gebeur. Jy doen meer as genoeg vir ons. O ja ek lyk soos ñ ice-cream in my pienk outfit. Lol.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s