Pampoen mag nie gespeel word nie!!!!!!

 

 Vanoggend is ek sommer vroeg, vroeg al bef*k.  Ek luister nie 94.7 Highveld Stereo meer nie, hulle irriteer my en veral hulle oggend aanbieding is oor die algemeen beledigend.

 Vanoggend was heigligskending in die grootste graad vir enige een van ons wat gewoonlik hier kuier.  Ek glo dat selfs Skoor sal saamstem oor die een.

 Die “vreelik talentvolle” omroeper wat al in haar laaaaaaaang loopbaan soveel bereik het:  Sam Cowan het vanoggend vir ‘n inbeller gesê:  “Let’s just leave it, it can’t be done.”  Dit nadat die man baie ordentlik sy tyd en geld gemors het om hulle te bel en sy versoek baie mooi en ordentlik te rig om sy vrou se gunsteling:  Pampoen van Steve Hofmeyr, te laat speel.  Nou vra ek die vraag, is dit omdat dit ‘n Afrikaanse lied is, is Afrikaans nie meer deel van hierdie land se tale nie?

 Word kunstenaars wat hulle lewe gewy het aan vermaak vir die nasie gesien as minder belangrik net omdat dit in ‘n taal is wat vir hulle (94.7) onaanvaarbaar is?

 Kyk Sammy en ek weier om met jou Engels te praat, jy soek vir GROOT moelikheid.  Daar was ‘n keer waar Radio Algoa dieselfde stunt getrek het, hulle het geweier om dieselfde kunstenaar se musiek te speel en het op die lug gesê dat hulle nie Afrikaanse musiek sal speel nie, ongelukkig het hulle nie rekening gehou met die feit dat hierdie kunstenaar op daardie oomblik in Port Elizabeth was nie, nodeloos om te sê dinge het daarna verander.  Nou is hierdie man nie in die land om te hoor wat daar gesê word nie, maar daar is tegnologie en ek verseker jou daar is mense wat opstaan vir Afrikaans en nie net vir Kurt se Loslappie wat Bongani sal sorg dat dit wel gespeel word nie, hy’t mos ook gaan Loslappie.

 Verstaan my baie mooi dit gaan nie vandag hier oor Steve of oor Pampoen nie, (net vir die rekord en hy weet dit, ek dink nie Pampoen is musikaal een van sy beste songs ooit nie, Laaste Rondte was ‘n beter song en daar is nog vele ander, maar dis ‘n ander debat) dit gaan oor die klappe wat Afrikaans en Afrikaanssprekendes weer en weer en weer moet verduur en dan moet ons aanhou smile en sê dis ok.  Dit is nie f*kken ok nie, as jy nie my musiek in my taal wil speel nie sal ek jou aanvat.  Ek sal nie net vir jou sê f*k jou en nie weer na jou stasie luister nie, ek sal nou juis luister en ek sal jou ergste nagmerrie word.  My eerste epos is reeds gestuur, as ek my sin kan kry stuur elke persoon wat hier lees vandag nog ‘n epos aan: raw@highveld.co.za en kla dat ons taal as minder belangrik gesien word.

Ons vra nie dat enige van die omroepers ‘n kursus in Afrikaans gaan loop en met ons Afrikaans praat nie, maar as daar ‘n wettige versoek kom vir iemand wat wel in ons taal en met ons harte kan praat dan verwag ons dat dit geeer sal word, net soos enige versoek vir enige ander taal.

 Erken ons taal, ons vra nie spesiale reels vir Afrikaans en ekstra lugtyd nie, ons vra dit wat die grondwet ons gegee het, die reg om ons taal te praat en te hoor, ook in die oggend as daar ‘n spesiale geleentheid is waar iemand iets moois vir iemand wil doen.

 Aan hierdie vrou, jou man het moeite vir jou gedoen, ‘n aanmatigende wannabe celeb het hom gepootjie.

 Mooi dag in die mooiste taal.

 

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

15 comments on “Pampoen mag nie gespeel word nie!!!!!!

  1. Bella sê:

    WTF. Ingrid dit is belaglik. Nou het ek net mooi alles al gehoor. Dis g,n wonder dat RSG gekies is as die beste radio stasie nie. Die publiek wil afrikaans hoor. wel ek hoop Steve kom daarvan te hore. Dankie Ingrid dat jy ook opstaan vir Afrikaans. Ek het klaar my dogter gekontak en sy het haar e-mail ook gestuur.

  2. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Bella, dis mense soos julle wat help om te sê: “julle kan ons maar ignoreer, maar ons sal soos ‘n kêffer brakkie aan julle hakskene bly hap totdat julle onthou ons is hier en ons IS belangrik!

  3. bobbejaantjie sê:

    KFM 94.5 het ook ‘n beleid van geen Afrikaanse musiek. En dit in die Wes-Kaap! My hel 80% van die mense hier is Afrikaanssprekend. Dit het so ‘n paar jaar terug groot opslae gemaak en baie protes ontlok, maar hulle het voet by stuk gehou dat dit hule beleid is en dit is tot vandag toe nog so. Ek weier om sulke rediostasies te ondersteun en luister eerder RSG wat my taal en sy musiek akkomodeer. Iets wat baie funny is, is dat 5FM soms tot 3 keer ‘n dag Jack Parrow se “Jy Dink Jy’s Cooler As Ekke” speel. Ek het twee tieners en soggens oppad skool toe is dit die enigste stasie wat in die motor mag speel.

  4. Ingrid Marais sê:

    Dit wys jou net. Dalk is die enigste manier om hierdie ouens te laat besef waar hulle salrisse vandaan kom om die adverteerders on board te kry. Hoe jammer is ek nie dat ek nie die CEO van iets soos Coke is nie, jy sal sien hoe word die stasie se lugtyd gevul met Afrikaanse musiek as so ‘n groot kontrak dreig om alle advertensies te staak.

  5. Skoor sê:

    So ‘n ou radiogesiggie!

    Ai Ingrid, daai man se dag is sommer lelik gemaak, en joune ook. Ek hoop hy vertel wyd en syd dat dit met hom gebeur het. Lelike maniere is lelik! Ek hoop die radiostasies besef dit. En om so met inbellers te praat is sommer ‘n swak advertensie van die tipe mens wat ‘n stasie aanstel.

    Wannabe celeb Ingrid? In my lewe het ek nognooooooit van die gesiggie gehoor nie. Seker dan net wannabe ini Tronsvol, want hier onder weet ons nie van haar bestaan nie!

  6. Bella sê:

    Bobbejaantjie. Ja ek weet ook van kfm 94.5. Ek het dit altyd geluister tot ek gehoor het hulle weier ook om afrikaanse musiek te speel. Ek luister heeldag RSG en het nog nooit weer kfm geluister nie.

  7. Sharpshoot sê:

    Highveld is mos Engelse stasie nie waar nie?

  8. Bella sê:

    Sharpshoot heeltemal reg, maar Rsg is ñ afrikaanse radio stasie en hulle speel engelse musiek ook. lekker dag vir jou.

  9. Ingrid Marais sê:

    Is waar SS en ook waar wat Bella se. Ek vra weer hoekom versoeke vra en dit nie wil speel nie en dan nog die telefoon neersit.

  10. Ingrid Marais sê:

    Skorie ek het gaan google, moet erken ek moes ook haar naam by iemand kry. Sy bied n parenting program aan op tv, skryf vir n babymag en het glo n boek geskryf oor haar wag vir haar baba.

  11. Bella sê:

    Ingrid. Ek weet nou presies van wie jy praat. Sy was op e-tv. Sy het gereeld gepraat oor babas. Die ironie van die saak is dat daar ook al afrikaanse mense op die program was wat afr gepraat. Hoe lagwekkend nè.

  12. Bella sê:

    Sorry ek moes by gesê het dit was ñ engelse program wat sy aangebied het.

  13. Ingrid Marais sê:

    Ja Bella, dit was of is Great Expectations.

  14. Bella sê:

    Dis reg Ingrid. Ek kon net nie so vinnig op die naam kom nie.

  15. Ingrid Marais sê:

    Moenie dink eks so slim nie dis danksy Google. Lekker aand.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s