We’re going to the land down under

Ek sien in Beeld word ‘n opname gedoen met die volgende vraag:

Wat sê jy?

Hoe voel jy oor “ekspats” wat kommentaar lewer op gebeure in SA?

 
 
 

Dis hul goeie reg 47% 2412 stemme

47

Dit irriteer my grensloos 32% 1609 stemme

32

Staak nou die bohaai daaroor! 21% 1085 stemme

21

Nou wonder ek WTF.  Voordat Cupcake my vertel het hoe sy aangeval word elke keer as sy iets sê oor dinge wat hier gebeur het ek weereens in my ignorance blissfull state nie eers besef daar is so ‘n sterk opinie hieroor nie.

Dink ons daaraan dat hierdie mense baie keer nog familie hier in SA het, mense wat vir hulle kosbaar is en wat hulle graag veilig sal wil sien.  Hoeveel van die ouens wat so vinnig is om die ekspats te veroordeel sou nie bitter graag self daar wou gewees het nie?

Ek hoor ook wat Wipneus sê, dat dit haar reg is om hier te wees, dis immers ons belastinggeld wat hierdie land help bou het, maar wat nou ook gebruik word om hom af te breek.

Ek is mal oor die land, sy mense (die meeste van hulle), selfs oor hierdie stad waarin ek bly.  Ek dink die Kaap is beautiful, Durbs is seker die lekkerste plek om te kuier (nie in seisoen tyd nie) en Bloem het die beste universiteit in die wêreld, sal môre weer daar gaan swot as my vrou my sou toelaat om een keer ‘n week so ver te ry en my baas my nie sal vra of ek mal is terwyl ek op UJ se gronde is nie.  Dit is die feite van die land vir my, ek’s tot gek vir Umtata se deurmekaargeit, waar mense oor rooi ligte ry en by groenes stop, waar jy die warm glimlag soveel beter uit die donker gesig kan sien straal, maar op die oomblik sal ek baie, baie maklik my gesin uit hierdie oorlogsone wil verwyder, as ek net kon.

Die feit dat ek my kinders wil veilig hou, my vrou wil beskerm van die vrees dat ek dalk iets mag oorkom het niks te doene met die feit dat ek passievol oor hierdie land en sy mense is nie en ouens soos Cupcake en haar gesin en Hasie en Beertjie1 en al daai is ook deel van ons mense.

Ek dink nie dit is maklik vir een van hulle om werklik weg te wees van hulle geliefdes en nie meer die Afrika son op hulle velle te voel nie, het ons nodig of die reg om hulle nog verder te verniel?  Het hierdie land en sy regering nie al genoeg daarvan gedoen nie?

Vriende bly veilig tydens hierdie rugby naweek.  As jy Soweto toe gaan, geniet dit, but stay alert!  Nie net daar nie, maar in elke hoekie en plekkie van hierdie mooiste mooi land.