We’re going to the land down under

Ek sien in Beeld word ‘n opname gedoen met die volgende vraag:

Wat sê jy?

Hoe voel jy oor “ekspats” wat kommentaar lewer op gebeure in SA?

 
 
 

Dis hul goeie reg 47% 2412 stemme

47

Dit irriteer my grensloos 32% 1609 stemme

32

Staak nou die bohaai daaroor! 21% 1085 stemme

21

Nou wonder ek WTF.  Voordat Cupcake my vertel het hoe sy aangeval word elke keer as sy iets sê oor dinge wat hier gebeur het ek weereens in my ignorance blissfull state nie eers besef daar is so ‘n sterk opinie hieroor nie.

Dink ons daaraan dat hierdie mense baie keer nog familie hier in SA het, mense wat vir hulle kosbaar is en wat hulle graag veilig sal wil sien.  Hoeveel van die ouens wat so vinnig is om die ekspats te veroordeel sou nie bitter graag self daar wou gewees het nie?

Ek hoor ook wat Wipneus sê, dat dit haar reg is om hier te wees, dis immers ons belastinggeld wat hierdie land help bou het, maar wat nou ook gebruik word om hom af te breek.

Ek is mal oor die land, sy mense (die meeste van hulle), selfs oor hierdie stad waarin ek bly.  Ek dink die Kaap is beautiful, Durbs is seker die lekkerste plek om te kuier (nie in seisoen tyd nie) en Bloem het die beste universiteit in die wêreld, sal môre weer daar gaan swot as my vrou my sou toelaat om een keer ‘n week so ver te ry en my baas my nie sal vra of ek mal is terwyl ek op UJ se gronde is nie.  Dit is die feite van die land vir my, ek’s tot gek vir Umtata se deurmekaargeit, waar mense oor rooi ligte ry en by groenes stop, waar jy die warm glimlag soveel beter uit die donker gesig kan sien straal, maar op die oomblik sal ek baie, baie maklik my gesin uit hierdie oorlogsone wil verwyder, as ek net kon.

Die feit dat ek my kinders wil veilig hou, my vrou wil beskerm van die vrees dat ek dalk iets mag oorkom het niks te doene met die feit dat ek passievol oor hierdie land en sy mense is nie en ouens soos Cupcake en haar gesin en Hasie en Beertjie1 en al daai is ook deel van ons mense.

Ek dink nie dit is maklik vir een van hulle om werklik weg te wees van hulle geliefdes en nie meer die Afrika son op hulle velle te voel nie, het ons nodig of die reg om hulle nog verder te verniel?  Het hierdie land en sy regering nie al genoeg daarvan gedoen nie?

Vriende bly veilig tydens hierdie rugby naweek.  As jy Soweto toe gaan, geniet dit, but stay alert!  Nie net daar nie, maar in elke hoekie en plekkie van hierdie mooiste mooi land.

Advertisements

7 comments on “We’re going to the land down under

  1. Andrinie sê:

    Goeie dag, ek wil myself net kom voorstel, ek is nuut in die blog-wêreld.

    Elke inloer, kommentaar en ook opbouende kritiek, oor jy wou en nie moes nie, sal baie waardeer word.

    http://andrinie.wordpress.com/

  2. Ingrid Marais sê:

    Welkom Andrinie, altyd lekker om iemand nuuts hier te hê.

  3. Bella sê:

    Móre almal. My dogter het my genooi vir ñ lekker breakfast by die wimpy en ek het nou eers by die huis gekom. Sy is tans op verlof. Anyway terug na die topic ek dink dit is malligheid dat cupcake so gekritiseer word. Ek dink daar is baie van ons wat wens ons was in haar skoene. Goeie post Ingrid.

  4. Cupcake sê:

    Hello Bellakie!

    Dis so hartseer dat dit ontaard het in “ons” teen “julle”, baie hartseer! Ek wens ek het woorde gehad om vir julle te beskryf hoe almal hier opgeruk het om te gaan stem ……. maar danksy die ANC regering, moes ons almal Canberra toe vlieg vir dit.

    Hulle het geweier om enige sateliet stem-stasies vir ons daar te stel. Toe ek daai tyd gekyk het, het ons net hier in Wes Oz gekyk na ver, ver oor die 200 000 stemme wat TEEN die ANC sou gaan. Wat kon ons doen? Ons wou so bitter graag stem, maar hulle het geweet wat dit te weeg gaan bring en ons so gekortwiek. G’n mens het daai tipe geld nie, dis een hele Desember vakansie se budget en jy moet afvat by die werk ens. Gaan lees maar Alta se blog, sy het vir weke lank gebloei en is alle name onder die son genoem omdat Kanada dieselfde trick gehad het. Jy moes mur toe vlieg om te kon gaan stem.

    Wat ek geleer het na vyf lange jare hier, is dat die mense wat jou so graag uitskel as Geelgat, Hanskakie, Hensopper, Wegholler, JUIS die is wat hulle voortande sou gee om in jou skoene te kan loop. Immigrasie is NIE vir sussies nie, dit belowe ek julle!

    Bitter, bitter min gelukkig, loop ek mense raak hier wat julle daar sleg se soos wat ons sleg gese word, bitter min! Ons almal hier sal enige iets doen om dinge by die huis beter te maak. Ek is in my bietjie vrye tyd besig om ‘n boek saam te stel oor Saners se stories oor hoekom hulle “gevlug” het. Mense, julle sal nie slaap nie, julle sal net huil, daar is aller vreeslike hartseer en leed en fisiese flenters! As jy na daai stories sit en luister, en saam huil, KAN jy nie anders as verstaan nie. Jy verstaan, en elke aand bid jy die Here moet jou handievol mense by die huis asseblief net veilig hou!

    Ek sal afsluit deur te se, as jy nog nooit ‘n myl in iemand se skoene geloop het nie, probeer om nie te oordeel nie. Soos met alles, is daar ongelukkig ook die poepolle tussen ons, soos die dame wat haar bekkie moes gaan uitspoel in Beeld, sy is ‘n newbie, sy moet nog die pad stap. Ongelukkig gee sy ALLE Saners oorsee ‘n slegte naam.

    Tjorts, ek wou niks se nie, maar daar is dit nou.

  5. Bella sê:

    Cupcake. Ek is bly jy het jou opinie gegee dat die mense wat so oordeel kan lees hoe julle voel daar oorie waters. Natuurlik mis julle, julle geboorteland. Dit was ook nie vir julle ñ maklike besluit om te gaan nie. Ons weet julle wou bitter graag stem het. Aag wat vriendin ignoreer die bitterbekke. Geniet julle lewe daar waar julle nie in vrees hoef te lewe nie. Lekker naweek vir jou en jou gesin.

  6. Bella sê:

    WAHOOOOOO!! STEVE IS NOMMER 1 OP TOP 20 EN MEESTE MUSIEK WINKELS. YOU GO STEVE!!!!!

  7. Bella sê:

    S.T.O.R.M.E.R.S. JOU LEKA DING!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s