Google soektog; Gays = Honde

Eerste dinge eerste:  Go BULLS!!!!!!!!!! julle het ons trots gemaak!

Dan net ‘n klein regstellinkie.  Teen die tyd weet ons die media steur hulle bitter min aan die feite of die waarheid of dan die meeste van die media huise.  Sondag het dit gister weer bewys met hulle voorblad.  Nou sien ek daar word gesoek na waarheid agter die simpel artikel: Aardjie na sy Vaartjie:  Steve se seun raak vatterig.  Hoe weet ek dit?  As jy in jou blog se admin deel ingaan kan jy sien watter soekfrases daar op Google gebruik is om by jou uit te kom en ‘n frase wat skielik nogal ‘n paar keer vandag verskyn is as volg: Steve se vat.  Mense asseblief, moenie alles glo wat jy in ‘n opskrif lees nie.  Volgende, Steve is Steve en Armand is Armand, sonder om soos ‘n tipiese politikus te klink en voorspraak te wil maak, feite is feite, Steve het nog nooit gevat sonder ‘n uitnodiging nie, verder lyk die girl nie totaal teesinnig oor die jongman se “vatterigheid” nie.  Wonder of dit Sondag se voorblad sou haal as dit enige ander groep jongmense was?  Dan ook dit is mos jou as vrou se goeie reg om nee te sê, ek wil julle net een ding sê ek sou nie met die ou se hand op my boud gestaan en smile het en toe eers nee gesê het toe hy my wil soen nie!  Daar is nie ‘n manier dat ek enige man of vrou, behalwe my eie vrou, toelaat om aan my boud te vat nie.  Ons leer kinders van kleins af dat niemand aan die dele van jou lyfie mag raak wat deur jou swemklere bedek word nie, behalwe as jy groot genoeg is en besluit om toestemming te gee.

OK, genoeg ook die nonsens, net gedink om ‘n antwoord te probeer gee oor hoe ek daaroor voel.

Terwyl ek nou so in die koerante rond loer sien ek die volgende artikel: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Gays-is-slegter-as-honde-gn-beledigend-s%C3%AA-pastoor-20100529  Interessante aanname om te maak.  Nog nooit het ek ‘n gay persoon gesien wat blaf nie.  Pastoor, shame, seker het jy nog nie jou hele Bybel gelees nie, jy mag nie oordeel nie, daai stukkie het jy dalk nie gesien nie.  Die feit dat 85% van die land se inwoners swart is het niks met enige kwessie te doen nie.  Kom ons kyk gou hoeveel van daai 85% is gay, sou interessant gewees het om te weet.  Kom ons kyk gou hoeveel van daai 85 % behoort aan die Pedi stam, het jy geweet dat ‘n jong Pedi vrou met kinders gereeld as bruid deur ouer Pedi vroue geneem word, sodat die kinders binne ‘n gesin kan groot word, dat daar in der waarheid hierdie naweek weer so ‘n huwelik plaasgevind het wat toevallig ook die media se ore bereik het?  Daar is nie ‘n f*kken way wat jy my belastingeld gaan mors om ‘n referendum uit te roep om uit te vind of gays slegter as honde is en of ons even aanvaarbaar is nie, sommer terloops, die grondwet en die mense regte manifes wat daarin vervat is kan nie sommer so maklik verander word nie.  Ek is nie eers kwaad vir jou nie, ek kry jou jammer vir jou kortsigtige aanmerkings wat net baie duidelik wys hoe min kennis jy in der waarheid selfs van jou eie voorgeskrewe Boek het. Shame, dit moet bad wees om so deur die lewe te gaan.

Vrinne, genoeg vir een dag, bly veilig

Advertisements

16 comments on “Google soektog; Gays = Honde

  1. meermin sê:

    Lekker dag vir julle!! 😉

  2. Ingrid Marais sê:

    Dankie Meermin, bly ons span het gewen, ek sien jy’t weer lekker kos gemaak, nogal boud!

  3. Bella sê:

    Ingrid. Enige storie rondom Steve sal hulle plaas, want dis al hoe hulle, hulle koerantjies kan verkoop. Die enigste hond in die gay storie is die mense wat hulle bekke uitspoel oor gay,s.

  4. Bella sê:

    Meermin. Lekker dag vir jou ook. Ek loer gereeld by jou blog in. Ek het al heelwat lekker resepte daar by jou afgeskryf. Dankie hoor.

  5. Smurfi sê:

    Bella ek gaan gou eers die artikel lees in Sondag, maar ek kan nie sien hoekom Steve se naam moet ingesleep word oor wat Armand doen nie, hoeveel ouers kan altyd aanspreeklik gehou word vir wat hul kinders iewers gaan anvang? Wel gelukkig kom ander kinders se ouers nie in die koerante nie, al doen hul kinders wat ookal. En veral as mens vat die mannetjie het heeltemal onder leiding van ‘n ander pa grootgeword? Ag maar Sondag is ‘n baie siek koerant, ek dink ons moet ons nie veel aan hulle steur nie, seker weer ou Jolliemelaites? wag laat ek eers die berig gaan lees.

  6. Smurfi sê:

    Nee wat juffroutjie staan dan sommer so met die drank botteltjie so innie hand. ag asb. soos ek seg hou maar verby, duisende kinders gaan presies net so aan elke naweek, en die ou meisietjies wat so party is ook nie wanna be Sondagskool onderwyseressies nie hahahaha!! ek dink die meisie se ma en pa het meer worries na die fotos van hul dogtertjie as wat Steve het oor sy seun! hahahaha!!

  7. Bella sê:

    Smurfi. Baie waar. Die koerante soek maar net verkope.

  8. Bella sê:

    Smurfi. Baie waar. Die koerante soek maar net verkope. a

  9. Bella sê:

    Ai en daar druk ek die submit knoppie te vinnig. Lekker aand almal.

  10. Flintie sê:

    Ek hou van die look vriendin!

    Dis nog oraait as ons sou blaf, ek sidder net vir die dag wat ons begin snuif-snuif agter mekaar aan! :mrgreen:

  11. Bella sê:

    Flintie. Lekker om jou hier raak te lees. Ek mis jou mooi stories, maar ek kan nou nog nie by jou blog in nie. Lekker dag vir jou.

  12. Ingrid Marais sê:

    Bella het jy die link getry? http://www.flintstoned.co.za/ of kom ons probeer nog ene: http://www.flintstoned.co.za/?p=403 die laaste een sal jou reguit na vandag se posting toe vat.
    Ja my vriendin het so bietjie probleme met sy hosts gehad en was so rukkie van die lug af gewees, soveel so dat ek my eie soekgeselskap uitgestuur het so saam met ‘n posduif, gelukkig is ons weer herenig. 😉

  13. Flintie sê:

    Julle darem!

    Dankie vir die mail Ingrid, was gaaf van jou gewees om te begin soek :mrgreen:

  14. Bella sê:

    Ingrid. Ek het gekry. Het daar by die ander link vir jou bedank. Weereens dankie hoor.

  15. radical sê:

    hierdie blikemmers wat so almal wil veroordeel en ini hel wil verdoem….mens kan maar net lag…..lyk my sulke pastore het nie iets om oor te preek nie, dan dink hulle nonsens uit….

    leke dag vir almal….

  16. Ingrid Marais sê:

    Go radical!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s