Dis naweek!!!!!!!!!!

Ek try nou al hoe lank om vir julle ‘n prentjie hier te kom plak, willie werk nie 👿

Baie dankie vir almal se saam kuier gister.  Groot eer om weer vir PK hier te gesien het 😉  altyd lekker om sy persepsie te sien.

Cupcake, my maakie, moenie worry oor daai blog nie, ek weet self nie elke dag wat daar aangaan nie.  Ek sal julle vroegtydig laat weet as daar iets gebeur het, maar soos ons besluit het sal ons maar vir nou hier kuier.

Ek hoop julle het almal ‘n stunning naweek.  Ek het ‘n hectic week gehad, nuwe projekte is begin so saam met die nuwe baas.  Baie nice ou, perfeksionisties en so effe van ‘n outokraat, maar solank dinge reg gedoen word is hy happy so dan is ek ook happy ek hou nie van kort paaie wat mense se lewens kan kos nie, seker maar deel daarvan om vir die laaste sewe jaar in beheer van risk management in verskeie plekke te gewees het.  Dit het soms ook sy eie nadele in sover dat ek nie die proaktiewe denkpatrone by die werk kan los nie en altyd gereed is vir die worst case cenario in alles, maar my mense is gelukkig lief genoeg vir my om daarmee saam te lewe.

Mag die beste span (Nederland) wen en geniet die laaste stukkie van die sokker.  Ek hoor ons het oorpluisies nodig vir Sondag aand, daar gaan glo om 20h00 ‘n lawaai soos nog nooit ontstaan wanneer almal veronderstel is om ‘n vuselela te blaas 😆

Die prentjies werk weer, so hier is hy:

Advertisements
This entry was posted in Mense.

6 comments on “Dis naweek!!!!!!!!!!

  1. Paula sê:

    Geniet jou naweek!

  2. Cupcake sê:

    Dankie Ingrid! Geniet julle naweek, bly warm en …….. sterkte met die vuuuuvuuuu’s Sondag! Ons sal skrou vir Nederland!

    Lekker naweek almal. Smurfi, Skorie, Bobby ons vermis vir julle!

  3. Bella sê:

    Ingrid lekker naweek vir jou en jou familie. Ons gaan hard skreeu vir die sokker. Gelukkig sal ons nie die
    Vuvu,s so erg hoor nie. Ek hoor dat daar gese word dat die vuvu,s net so irriterend is soos babas, net tot jy jou eie enetjie het. So kry maar n vuvu en blaas saam.

  4. Bella sê:

    Paula. Lekker naweek vir jou ook hoor.

  5. Ingrid Marais sê:

    Bella weet nie so mooi van daai ene nie 😆
    Paula ek’s erg ongeskik, het nie eers gesê welkom nie, sorry vir die kombuismaniere wat ek hier uitpak. Jy is baie welkom, lekker om jou hier te hê

  6. Bella sê:

    Sjoe.,,dis nat en koue naweek in die Kaap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s