Sondag, ag shame

Lank gewonder of ek iets moet sê, sou nie ek gewees het as ek stil gebly het nie.

Laat ek iets positiefs eerste sê, dis ‘n baie mooi foto wat hulle op die voorblad gebruik het.  Daar stop dit ook.  Die foto binne in die koerant is seker die swakste stukkie photoshop wat ek nog gesien het!

Nou soos altyd verwar die swak joernaliste van Sondag my.  Eers is geskree:  Steve en Armand kom nie oor die weg nie, Armand haat sy pa, Steve gee nie om vir sy kind nie.  Nou pas dit hulle weer om te kerm dat Armand op Steve se rug ry!

Besef hierdie mens dat hy/sy direk die Suid Afrikaanse en spesifiek die Afrikaanse musiek luisteraar beledig?  As die kind kan musiek maak sal mense sy cds koop, as hy nie kan nie gaan niemand dit koop nie.  Soveel te meer as hulle hom sien en hoor sing het en hy het aangejaag gaan niemand na die tyd by die cd tafel staan en ‘n cd koop net omdat die van Hofmeyr daarop verskyn nie.

Ons lewe in ‘n land waar mense mooi na hulle geld moet kyk en wat hulle dit al meer doen, dus hoekom sal ek nou R100 of meer spandeer op iets wat ek nooit weer gaan luister nie?

Nee wat die idee wat sommige mense en sadly is baie van hulle Afrikaans van die Afrikaans sprekende Afrikaner het is soms belaglik.  Ons laat ons nie regtig aan ons neuse rondlei nie.  Lankal nie meer nie.

Ek hoop Armand maak ‘n sukses en as sy pa hom help is dit ook goed en reg so, dis nog ‘n ding wat ‘n pa vir sy seun doen.  Hy sal hom ook net sover kan help, dan moet hy self swem.

Advertisements
This entry was posted in Mense.

19 comments on “Sondag, ag shame

  1. Bella sê:

    Ingrid. Ek het laas week eers gehoor van die cd wat Armand gemaak het, en toe weet ek sommer dat Sondag weer iets te se gaan he. Hulle is so VOORSPELBAAR. Ek stem saam met jou. Ek gaan gou lees daar.

  2. Willa2 sê:

    Hulle kan nie hul koerant verkoop kry as hulle nie Steve se naam noem nie. 😆

    Ingrid ek hoop jou meisiekind is sommer gou beter. Dis nie natuurlik sulke hooppyne nie. Menstureer sy al? Ek het net voor ek begin het vreeslike hooppyne gekry. Daarna elke maand ‘n dag of 2 voordat ek begin het.

  3. Bella sê:

    Willa2.
    Baie goeie vraag wat jy gevra het. Ek glo nie Ingrid sal daai vraag hier beantwoord nie, maar dis dalk iets waarna gekyk kan word. Dis definitief een van die tekens. Ons maaikies is nog altyd “missing”.

  4. platkuif sê:

    Willa2,dankie dat jy so mooi die geskiedenis van jou menstruele siklusse met die res van ons lesers deel.Classy.

  5. Ingrid Marais sê:

    PK wys jou net hoe comfortable sy met haar liggaam is 😆 Dis waar wat julle sê daar is wel ‘n hormonale invloed op hoofpyn. Daar is selfs ‘n toestand waar vroue migraine kry so ‘n dag of twee voor mensturasie en dit is eintlik redelik algemeen. Die antwoord op die ander vraag, is nee.

  6. Bella sê:

    Platkuif. Willa2 het beslis nie haar hele storie hier vertel nie. Sy het maar net verduidelik presies wanneer sy haar hoofpyne gekry het. Dis alledaagse goed en niks om oor skaam te wees nie. Ai, ai, ai. ek het al erger goed op blogs gelees.

  7. Bella sê:

    More Ingrid en maaikies. Dit lyk my almal kry koud.

  8. Smurfi sê:

    Hi julle almal!! Ek was so bietjie missing gewees, gelukkig het ek myself weer opgespoor en terug gebring 😆

    Ag, Sondag bly maar ‘n commin ou stuk papier wat hulle so graag tog aan iemand wil verkoop, Dit is nou eintlik die toppunt van ‘n ou Jannie of Sannie jammergat (op een of ander patrollie op ‘n jollie 😆 ) se poging van ‘n “koopseblieffie” artikel, lyk my hulle is verskriklik hardop om ‘n koerantjie verkoop te kry 😆 Maar nouja klok hulle en hul ou stukkie afval papier. Dit is mos maar niks minder as reg dat Steve sy seun sal bystaan, help en ondersteun nie, Mooi so Steve jy doen die regte ding, presies wat enige pa sou doen in die geval, weereens bewys Steve hulle wat is die regte ding om te doen!!

    Die beste van als is AS Steve dit nie gedoen het nie, het hulle ‘n bek vol daaroor ook gehad, pateties verby!!

  9. Smurfi sê:

    Hallo daar Platkuif.

    Willa en daar leer jy toe nou vir Platkuif ook ‘n ou ietsie vandag wat hy nog nie geweet het nie 😆 Platkuif, jy moet meer hier kom inloer, hierdie vroue kan oor alles gesels en nog wat!

    Ingrid toets bietjie vir yster te kort, dit kan ook die hoofpyne veroorsaak, baie vroue ly vir jare aan erge hoofpyne, tot hulle getoets word vir yster te kort m.a.w. anemie, sodra dit behandel word gaan dit baie goed en die hoofpyne is iets van die verlede.

  10. Bella sê:

    Smurfi.
    welkom terug. Dis lekker om weer van jou te hoor. Nou met die ander maaikies ook die pad terug vind.

  11. Bella sê:

    Sorry ek wou se nou MOET die ander maaikies ook die pad terug vind.

  12. Smurfi sê:

    Ingrid ek stem ook saam met jou, in die geval of ek ‘n cd. van die outjie sal koop of nie, dit gaan afhang…. kan hy sing, en is die cd. die moeite werd, ek koop alleenlik ‘n cd. omdat ek daarvan hou, en sal beslis nie net dit koop omdat dit Steve se seun is nie. … Ek sal bv. nooit ‘n cd. koop van Vicus v.d. merwe nie, al was Tolla nou sy pa .. (Ek hou net mooi niks van sy k.k liedjies nie, hy slaat sy naam met ‘n plank al die pad, maar tog maak hy geld daar is mense wat van ou Vicus se str+nt hou 😆 ) 😆 Ek glo beslis niemand sal koop net om Steve te please nie, dit sal gaan oor is dit die moeite werd of nie. Ons sal maar wag en sien en luister, dan sal ons besluit 😉
    Armand het ook nie sy pa se looks nie, hy trek seker meer na sy ma. ?? 😉

  13. Smurfi sê:

    Hallo Bella, Jissie ons het Gister so een dag vrek koue winter dag gehad hier op die Suidkus. Vandag is dit darem weer warmer, ons Natallers ken nie van koud kry nie so ons vries sommer gou as die windjie die sneeu koue daar van die Kaap af hierheen waai. Het vir die eerste keer die “winter ” ( ? 😕 ) ‘n ekstra kebers oorgegooi!!!! en my pantoffels aangetrek gisteraand!! (is mos net sandale gewoond hier, ) ken nie van boots en warm goete nie!! 😆

  14. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek was gister by my suster en blaai toe die huilgenoot deur. jy moet nou stem vir die tempo-toekennings. Steve word nie in een van die afdelings genoem nie. Die sangers wat benoem is vir die gewildste kunstenaar is.
    Emo adams
    Kurt darren
    Nicholis louw
    Ray dylon
    Theuns jordaan.
    Huisgenoot se redaksionele paneel het gekies wie n aanmerking moet kom. EK RUIK SUUR DRUIWE OMDAT HULLE NIE MEER GELD UIT STEVE MAAK NIE.

  15. Bella sê:

    Smurfi ek sien ook dat daar lesers is wat wil weet hoekom Steve nie benoem is nie.

  16. Smurfi sê:

    Bella, Hulle sal nie vir Steve benoem nie al is sy 1001 oral op no. 1 die oomblik toe dit op die rakke verskyn het. Steve mag mos glad nie benoem word in enige van Huilgenoot se toekennings nie, en Tempo is ook Huilgenoot se uitvindsel. Maar wie gee anyway om, ons almal weet dat Steve nog steeds maar die gewildste is. ;Hulle rou seker maar nog oor ‘n koppie TEE, omdat hulle nie meer oor Steve mag skinder nie! 😆 Die ander uitverkore sangers mag maar aanjaag soos hulle wil daar sal niks gerep word nie, tot hulle die dag besluit hulle dans nie meer op Huilgenoot se musiek nie, dan chop hulle af, en word ook uit die testament geskryf 😆 😆 Meeste van die toekennings word deur Huilgenoot gerun, so Steve sal seker nooit daar enige erkenning kry nie.

  17. Bella sê:

    Smurfi.
    Ja wat dit is hulle verlies. duisende geniet nog sy musiek. Daai show wat ons gaan kyk van Steve se kaartjies is binne n week uitverkoop.

  18. Bella sê:

    Lekker aand vir almal.

  19. Willa2 sê:

    Jammer Platkuif. Omdat ek vir baie jare in die mediese/farmaseuties omgewing gewerk het, het sulke onderwerpe vir my heel natuurlik geword. Jy is heeltemal reg, dit was onvanpas. Aan almal wat ek aanstoot gegee het en/of ongemaklik laat voel het met my opmerking, vra ek om verskoning.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s