Blomme vir Skoor

Net vir Skoor om dankie te sê vir die wakker maak.  Ons het saam gestaan en tjank omdat dit winter is, eintlik nie heeltemal ekke nie, want ek like om lekker warm te gaan inkruip, maar die week was so effe bad gewees.  Ek wil nie nou weer begin moan nie,  het in elk geval nie meer iets om oor te moan nie.

Laat ek gou die kort version hier vertel.  Almal was opgewonde, want ons sou volgende naweek in ons eie plekkie intrek.  Maandagaand gaan kyk ons nog weer daarna, die agent is saam en alles is nog perfek.  Ek stap nog saam met Simone buite om en bekyk die wasgoed lyn en daai soort van goeters.  Dinsdag kom die sms wat alles tot stilstand bring.  Die ontwikkelaar is bankrot, alles word op hold gesit, sy gaan haar bes doen om ‘n ander plek te kry totdat alles uitgesort is.  Sy bied ons ‘n twee slaapkamer eenheid tydelik aan, dit sal nie werk met die kinders nie, dis bitter klein en daar is nie ‘n tuin waar hulle kan speel nie, maar as dit al is wat ons kan doen dan moet ons dit doen, want sien die ding is ons het reeds kennis gegee waar ons nou bly en het tyd tot 5 Augustus om daar uit te trek. 

Quinton verjaar 1 Augustus en ek het reeds gesien hoe hang ons ballonne aan die balke van die patio …

Hannie email, ek bel en sms die agent, shame daar is nie veel wat sy kan doen nie, maar sy probeer haar bes.  Ons gaan praat met die huidige eienaar, waar ons nou bly.  Dit raak erg, stress by die huis, ekstra stress by die werk, die skool het begin en hulle verwag dat jy met honderde rande gereed sit, die briewe kom baie mooi gisteraand daar aan, die geld moet voor die 16de betaal word.  Ek skryf terug, die geld sal volgende week betaal word, dis nou vir Amber se hokkie kliniek wat eers oor ‘n week gebeur, julle kan my nie sulke kort kennisgewing gee nie.

Dit is asof die kinders die spanning aanvoel en net so effe meer ongehoorsaam is, maar ek besef dit is nie werklik hulle wat meer ongehoorsaam is nie, dit is ons eie tolerance levels wat laer is.

Dan vanoggend twee antwoorde in ‘n ry, eers laat weet ons huidige landlord ons kan bly tot einde Augustus, ek bel die agent om te sê ons sal nie die twee slaapkamer eenheid vat nie en sy het ook nuus, nog nie 100% seker nie, maar sy sal my voor die einde van die dag laat weet, daar is moontlik ‘n twee slaapkamer met ‘n loft, wel in ‘n ander kompleks as die een waarin ons sou wees, maar ook met ‘n tuin en toesluit garage ens, beskikbaar, as ons wil sal ons die een kan kry, hy sal teen die einde van die maand gereed wees!

Ek het ook gesukkel om die twee meisies op my medical aid te kry.  Ek moes bewys dat hulle my afhanklikes is, dit was moeilik vir die administrateurs om die verskil in vanne te verstaan.  Daar was ‘n stadium dat hulle wou aandring op ‘n afskrif van Hannie se egskeidings bevel as bewys dat hulle pa nie vir hulle verantwoordelik is nie.  Dit is/was nie die punt nie.  Die punt is dat hy nie daardie verantwoordelikheid aanvaar nie en dat dit nie reg is dat die kinders gestraf moet word vir ‘n grootmens se slapgatgeit nie.  Sou een van hulle iets oorkom of regtig siek word wat dan.  Soos dit is betaal ons tans kontat vir alle mediese sorg wat hulle kry, my groot bekommernis was as hulle dalk in die hospitaal moet beland, wat dan?  Dan uiteindelik vandag die email van HR af:  the children will be added with effect 1 July.

Sien julle nou hoekom dit so begin voel het asof ons deur ‘n outomatiese wasmasjien se fuzzy siklus is, maar weereens het alles uitgewerk of ten minste begin om in plek te val.  Net wanneer dinge op hulle donkerste is, kom die sonstrale die sterkste deur.

Mooi warm naweek vir almal, as ons harte warm is maak die koue buite nie meer saak nie.

Advertisements

4 comments on “Blomme vir Skoor

  1. Bella sê:

    Hallo almal.
    Ai, dis lekker om weer van almal te hoor. Ek het nou weer so lekker gelag vir smurfi met die motor wat uitgebrand het. Bobbejaantjie ons het jou gemis. Die Matroosberge hier naby die Kaap is spierwit van die sneeu. Skorie dankie vir die lekker sop ek stem ons moet die winter geniet en minder kla, maar aikona Bella trek nie haar baadjie uit nie:lol: Ingrid. Geniet die nuwe plekkie een van die dae het julle daai droomhuis, LEKKER NAWEEK VIR ALMAL.

  2. Smurfi sê:

    Hi daar Bella, Ek was net so bly om weer Bobbejaamtjie se rooi neusie hier te sien uitloer!! Ek dink julle ouens daar in die Kaap het nou nie meer yskaste en vrieskaste nodig nie 😆 dit moet seker bitter koud wees daar. vandag is dit heerlik sonnig en glad nie koud hier by ons nie, maar as die windjie daar van die sneeu se rigting aankom dan kry ons ook koud , maar nie ‘n drupeltjie van wat julle ouens daar voel nie.

    Ingrid hoop julle dinge werk reg uit en julle settle gou in die nuwe plekkie en dat alles goed gaan verloop.

  3. Bella sê:

    Smurfi.
    Jy sal dit nie glo nie, maar vandag het ons son. Te heerlik!!! Dit is net koud in die huis. Ons almal sit soos dassies in die son. Ek weet nie vir hoe lank dit gaan duur nie, maar soos ek verstaan is daar sterk wind oppad. Nou kan jy net dink hoe koud dit gaan wees as die wind die sneeu ons kan toe waai.

  4. Skoor sê:

    Aag jinne, ek dog eers ek is dood of iets. Dis dierbaar, dankie vir die gebaar!

    Ek vertrou die fuzzy siklus laat jou nie te bedwelmd nie. En daar is altyd die krag wat kan trip as die dinge te rof raak. Dan kan mens ook bietjie asem haal.

    Wees positief. Soos die gevoel wat ek altyd hier op jou blog kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s