‘n Tyd om te lag

Dagsê Vriende

Jammer ek was so bietjie weg gewees.  Chaos, toegegooi onder die werk en gister so bietjie gaan opknap op die CPR gedied.  Dis altyd goed om op hoogte van die nuuste dinge te wees al is dit jare lankal nie meer deel van jou werk nie.  Nie dat daar veel verander met harte en sulke dinge nie, dis net nuwe tegnologie wat bykom wat goed is om van te weet, net vir daai in case dag en om sommer in oefening te bly.  Dit sal nooit iets wees wat ek graag sal wil doen nie, maar dis goed om te weet jy sal kan in ‘n noodgeval.  Ek het vanoggend so vinnig met my baas gepraat en ons sal graag almal in die gebou vir basiese CPR wil laat gaan, dit is nie nodig om die gevorderde goed vir die ontvangs mense te leer nie, maar hulle moet darem weet wat om te doen as ‘n ou skielik daar voor hulle inmekaar sak of aan ‘n stuk biltjong verstik.

Genoeg daarvan.  Mense het ek gelag gisteraand, seker meer as wat ek in my lewe al gelag het.  Ek like vir Trevor Noah en Hannie weet dit en soos altyd sal sy moeite doen, toe kry sy gister sy nuwe DVD (Daywalker 2) in die hande en bring hom saam huistoe.  Hierdie mannetjie is die beste terapie wat jy ooit kan kry.  Die effek van sy skerp sin vir humor is steeds baie sterk met my vandag.  As jy ooit nodig het om so bietjie gelift te word, gaan soek iets met sy naam en gesiggie op, hy sal dit vir jou doen, belowe.  Ek is nie iemand wat na comedy shows toe gaan nie, stand up comedy is nie regtig my ding nie, maar die outjie mag maar.  Wat hom nog meer spesiaal maak is sy intelligensie.  Jy kan sien hy het nie al daai goed voor die tyd tot die dood toe geoefen nie.  Die spoed waarmee hy van een onderwerp na die ander beweeg, hoe hy dinge aanpas om by sy gehoor te pas.  Hy is nog besig om te vertel van sy kinder jare, dan sien hy ‘n Indier in die gehoor en die volgende stel gaan oor Indiers, hy dink op sy voete sonder om enige iemand te offend.  Daar is nie iets soos ‘n heilige koei wat onaantasbaar is nie, maar steeds word dit met soveel panache gedoen dat dit skreeu snaaks is.  Hy hardloop oor en deur kleurgrense, reg deur die spektrum van Malema tot by Mandela, maak ‘n vinnige draai by Helen Zille, gooi die Indier en coloured ding tussen deur en maak ‘n vinnige stop by evangeliste wat musiek en emosie gebruik, sonder om een keer aanstoot te gee.  Dit was puik en werklik iets wat ek kan aanbeveel.

More sal ek, seker teen my beterwete, maar getrou aan myself iets sê oor Amos van der Merwe se boek oor ET, so as jy nie lus is om my idees daaroor te sien nie, bly eerder weg.

Vanaand moet julle en veral Smurfi nie vergeet om Pasella te kyk nie. 😉

Lekker dag verder vir almal

Advertisements

11 comments on “‘n Tyd om te lag

  1. Paula sê:

    Nog glad nie van hom gehoor nie … maar klink asof hy ‘n mens lekker kan laat lag. Sal ‘n bietjie uitkyk vir hom 🙂

  2. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek gaan definitief kyk vir ñ dvd van Trevor. Ek het al gehoor van hom, maar nog nooit ñ dvd van hom gekyk nie. Ja, Kennis van noodhulp is baie belangrik. Ek het vir 3 jr noodhulp in Natal gedoen by skole rugby ensv. Ek moet seker maar weer gaan vir n opknappings kursus.

  3. Ingrid Marais sê:

    Paula, die kind is amazing, hy is soms seremoniemonster by van die awards goeters.
    Meermin, ons sal gou gaan loer.
    Bella, ja ek het mos op ‘n tyd vir Netcare 911 gewerk so vir ‘n ekstra inkomste, maar dit was amper 7 jaar terug, nog voordat Quinton daar was. Altyd goed om nuwe inligting by te kry. 😉

  4. Bella sê:

    Ek was nou net daar op Meermin se blog. Daar is n hele paar post op en ek het lekker gelag. Shame julle moet die post gaan lees oor die honde en as julle kan help asb.

  5. Ingrid Marais sê:

    Ek wil van daai poppe hê wat daar by Meermin is!

  6. Bella sê:

    Ek soek ook een Ingrid. Dis te pragtig.

  7. Smurfi sê:

    Hallo julle mensies, sorry ek was alweer so missing vandag, Ingrid ek ken nie die outjie nie maar sal bietjie uitkyk in die vervolg, ek is mal oor grappe en lekker lag, dis mos wat die lewe lekker maak.

    Bella ek het toe onthou om te kyk na Pasella, onse Stevie word ook maar ouer nes almal nê, maar hy bly maar net dierbaar en pragtig. Die beste in die land!!! 😉

  8. Smurfi sê:

    O, ek het ook sommer by Meermin gaan inloer en lekker gelag vir haar skoonma se ongeluk foto 😉

  9. Bella sê:

    Môre julle.
    Smurfi. 😆 ek het eers gedink Steve het baie vet geword toe sal ek sien dis al die klere wat hy aangetrek het. Ek sal maar kyk by sy “show” of hy regtig so oud lyk. Die plooie is daar en vader tyd staan nie stil nie, maar met daai stem makeer daar niks.

  10. Ingrid Marais sê:

    Ag nee julle, stunning is hy steeds, gaan kyk net na die foto hier bo, click op hom en kyk mooi as hy groot op die skerm is. Dalk die hoed en die TV kamera wat hom nie gevlei het nie. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s