‘n Groot eer

Vandag sal ek vir altyd onthou as die dag waarop die grootste eer my seker aangedoen is.  Ek stap die CEO se kantoor binne en hy vra, wat my ander naam is, no Sir I only have one name.  Ingrid, you need an African name, may I give you one.  Sir, I will be honoured, I’ve been working next to African people all my life and never recieved this honour.

Jy sien die naam wat deur ‘n African persoon aan jou gegee word, word nie sommer net gegee nie, dit is iets wat jou beskryf en jou deel van sy/haar familie maak.  Ek gaan gee ‘n verslag aan een van die ander bestuurders en toe ek terug kom kondig hy trots aan dat my naam van hom af Nomusa/Nomsa sal wees.  ‘n Junior kollega doen die vertaal werk, dit beteken:  humble one with a heart.  Watter groter eer kon hierdie man my aandoen as dit?

Ja ek weet, ek is nou weer die volksverraaier, maar dis ook dan maar ok, want steeds voel ek soos iemand baie, baie belangrik.  Die mooiste getuigskrif wat ek seker ooit kon ontvang.

Dankie, E…. dat jy nie net my taal met my praat nie, maar my ook werklik deel maak van jou tradisie.

Advertisements
This entry was posted in Mense.

38 comments on “‘n Groot eer

  1. Bella sê:

    Ingrid ( Nomsa).
    Dit is te pragtig. Dit is volgens die vertaling iets om op trots te wees. Dit wys jou net wat hulle van jou as mens dink.

  2. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Bella, ek het nou net vir Hannie mail gestuur, sy verstaan nie die tradisie van die Xhosa mense so goed soos ek nie, ek het vir so lank in die Transkei tussen hulle gebly en gewerk en ek dink wat dit so spesiaal maak is dat dit my laat voel dat dit die mens is wat ek graag wil wees, so iewers is ek op die regte pad.

  3. Bella sê:

    Smurfi. Ek het vir jou n comment gelos op die vorige post.

  4. Bella sê:

    ingrid.
    Jy kan die naam met trots dra al ken ek jou nie persoonlik nie, kan ek uit jou skrywings agterkom jy is n nederige persoon met n groot hart. Lekker dag vir almal ek moet gou na die bank toe gaan. Gesels later weer.

  5. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek hoop jy’t onthou om daar R1 000 000 tranfer na my toe te doen terwyl jy by die bank was 😆

  6. Bobbejaantjie sê:

    Die CEO se mensekennis moet uiters goed wees, want hy het jou absoluut 100% opgesom in een woord: Nomsa. Beautiful.

  7. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Bobbejaantjie

  8. Smurfi sê:

    Hallo julle!! Ja nee ek dink ook hulle het vir Steve so bietjie ouer laat lyk in die video. Maar hy is en bly maar ons sexy Generaal 😉

    Ingrid daardie naam beskryf jou mos presies hoe jy is; Nomusa/Nomsa….. humble one with a heart… , en dit beteken INGRID!! ( maar moenie die humble one verkeerd opvryf nie, sy staan by wat sy in glo en wat reg is. 😉 )

    Bella ek sien Nomusa/Nomsa, soek sommer baie geldjies van jou af 😆 lyk my sy dink jy het die “power ball” gewen 😆 Hoe lyk dit met so transfer die kant toe ook??

  9. Ingrid Marais sê:

    Ja, Smurfi, sy’s baie vrygewig daai Bella 😆 Smurfi, hoe gaan dit met jou man? Ek wonder elke aand daaroor en dan kom vra ek ook nooit weer nie, sorry dis nie omdat ek nie aan julle dink nie.

  10. Paula sê:

    ‘n Groot eer inderdaad. Mooi naam 🙂

  11. Ingrid Marais sê:

    Dankie Paula, ek kuier steeds by jou, maar kan nie daar comment nie. Jy is bevoorreg om so van die huis af te kan werk, ek sou wat wou gee om dit te kon doen.

  12. Bella sê:

    Ingrid en Smurfi. Ek het vir julle inbetaal hoor. 😆 Ek dink ook Steve lyk nie regtig so oud nie. Kyk hoe lyk hy dan op die vorige post se foto. Ai Smurfi het jy daai gesiggie gesien daar op die end toe hy so aan die vrou se hand vat. Ek slat reg agteroor as hy my so moet kyk. (gelukkige vrou).

  13. Bobbejaantjie sê:

    Ja Bellakie en wat van toe hy so oor haar neusie gevryf het? Jy gesien?

  14. Bella sê:

    Bobbejaantjie. Ek het gesien. Niks gemis nie. Hulle was altwee so dik van die lag, Ek kan nie wag om die hele video te sien nie.

  15. Smurfi sê:

    Raai wat!! Ek was nou net hier naby ons in die Galleria mall, en daar kry ek toe uiteindelik “Vier Briewe vir Jan Ellis” !!!!!!!!!! Maar dis nie al nie, ek kry toe ‘n persoonlik getekende “Vier Briewe vir Jan Ellis” !! Steve was blykbaar hier in Toti in die Galleria by die boekwinkel, Die dame wat daar werk sê hulle het hom amper nie herken nie so “vermom” was hy, hy is mos boeke mal en het gou kom boeke koop daar, ( moontlik was hy hier in Pennington by sy vakansiehuis toe hy die Idols beoordeling in Durban kom doen het) en toe teken hy elke “Vier Briewe vir Jan Ellis” wat hulle nog oor gehad het persoonlik! IS EK NIE LUCKY NIE!! Dit is seker hoekom ek moes wag tot ek die een kon kry, dit was een van die laaste twee wat oor was! Julle sal nie glo hoe bly ek is nie.

    Ek was oppad uit die winkel toe my man vir my vra, “maar is dit nie die boek wat jy soek nie?”

    Hierdie Sondag begin die Durban Idols uitdun reeks s wys op M-net, en ook heeldag op kanaal 199 op DSTV. dit is waar Steve ook beoordeellaar is.

  16. Smurfi sê:

    Hallo daar Paula, hoop jy kom kuier sommer baie vir ons hier in die Kombuis, onthou die koffiekan staan altyd reg, en Willa sorg vir heerlike beskuit en koekies.

  17. Bobbejaantjie sê:

    Ja en ek moet soos gewoonlik sorg dat die vensters skoon is.

  18. Bella sê:

    Smurfi. Bella is jaloers. Myne is nog nie geteken nie. Ek kan dit eers Oktober laat teken. Ek is baie bly dat jy dit gekry het. Dis n goeie boek. Geniet dit hoor.

  19. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, jy’s omtrent lucky.
    Baie dankie Bella, nou moet ek weer bank toe om te sorg dat elke sent getrek word voordat een van my skuldeisers uitvind, jy sien dit sal dan so werk, first come first serve en die res moet maar wag vir volgende keer 😆 darem nie regtig nie.
    Bobbejaantjie die oorlat jy so lekker met jou stertjie aan die dak balke kan hang dat jy die vensters so mooi kan skoon en blink kry. 😉

  20. Bella sê:

    Bobbejaantjie. Ja, shame jy moet altyd hard werk, so met die stoffertjie en al. Ons waardeer dit hoor.

  21. Bella sê:

    Nou hoor ons nie gou weer van Smurfi nie. Sit seker lekker agteroor met die boek en n koppie koffie.

  22. Bella sê:

    Lekker aand maaikies.

  23. Smurfi sê:

    Vroeg vanoggend wakker, en besluit toe nou lees ek my “Vier Briewe vir Jan Ellis” en wratig Ingrid soos jy ook geskryf het, toe jy begin lees kon jy dit nie neersit voor dit klaar is nie. Daar is net nie ‘n manier wat mens so storie kan neersit sonder om te weet wat gebeur toe verder nie, en die skryfstyl is so absoluut uniek en goed. Nou kan ek in alle eerlikheid ook sê…. “ek het die 111 bladsye verslind” en sommer gou so deur die lees vir my man vertel, hierdie is ‘n moet om te lees, so hy is volgende om die boekie te lees. Hoop steve se volgende boek is heelwat dikker, want mens wil net aanhou lees en lees. FLIPPIT, STEVE JY MAG MAAR SKRYF EN SOMMER BAIE SKRYF!!!

  24. Bella sê:

    Smurfi. Ek het ook so gevoel. Ons hoop maar hy skryf gou weer.

  25. Bella sê:

    Ek click nou op Paula se naam om daar te gaan lees toe sien ek sy het haar blog “delete”.

  26. Smurfi sê:

    Bella ek het ook op Paula se naam gaan click en dieselfde op afgekom. Miskien sal sy ons kom vertel hoekom sy so besluit geneem het.

    Bobbejaantjie, ek sien die vensters blink tog te pragtig 😉 Ek het vanoggend sommer gou vir Cupcake ‘n kort e-mailtjie gestuur want sy raak darem nou te stil!! nogal een met Steve se foto op net om haar siel uit te trek want sy laaik mos vir ou Raytjie stukkend! Maar jissie ons mis haar nou al vreeslik! Moes iets doen om haar wakker te kry uit haar drome oor Raytjie! 😆

  27. Smurfi sê:

    Eintlik het ek Steve se foto gestuur sodat Koppiekoekkie moet sien hoe lyk ‘n regte egte “hunk” 😉

  28. Bella sê:

    Smurfi.
    Ja, Cupcake moet kom “Hallo” sè ons mis haar, meskient moet Ingrid n foto,tjie van Ray,tjie opsit. 😆

  29. Bella sê:

    Smurfi.
    N “hunk” met vele talente.
    Ek mis vir Willa2 ook.

  30. Cupcake sê:

    Eish …… !! Eerste van alles, vir Nomsa, dis pragtig en beskryf jou so mooi raak Ingrid maatjie! Ek sal net bylas, jou harkie is pure goud ook!

    Smurf!! Op Aandag!! Hoe seg jy van hunk …… ? Wha ha, dankie jou briefie my Smurf, en vir die fodie … erhm … van die uuuhh hunk *kug* *koes*!

    Spot net hoor. Steve is soos goeie rooiwyn. Baie body tjoklit en baie polish en so aan gaan my Raykie net so opvreetlik wees, watch this space!

    Julle ek is net baie, baie, baie besig, ek loer in wanneer ek kansie kry. Hopelik so by mid volgende week kan ek weer asem haal. My goed vlieg alles huistoe na ‘n antieke dealer in die Kaap, so diep dankbaar. Sodra dit op die website is, sal ek vir ons Nomsa link as jul wil gaan loer!

    Ingrid, Bella, Smurfi, Skorie, Bobby, Willakie, Paula en almal, lekker naweek en mooi loop ek mis vir julle erg!! Ek het wanneer laas onder die tafel gele en tap-tap met Raykie innie ore 😆

  31. Smurfi sê:

    Cupcake jou ou doring geweet ek gaan jou aandag kry!!! Hel jong ons mis jou! Ek kyk beslis uit vir daardie link na die Website, laat weet ons sodra alles reg is om te gaan loer. Magtig man nou gaan jy sommer hier in jou tuisland bemark! Dit wil gedoen wees, jou AusieKaner!

  32. Smurfi sê:

    Cupcake ons ouens het in geclub en ‘n hele ‘Kênfruit ‘ bottel vol body tjoklit gekoop net vir jou en Raytjie, dit staan hier in die spens van die Kombuis! 😉

    Bella nee wat ek dink Willa is nog Ok. sy verdwaal net so bietjie soos ekke af en toe, maar as ons, ons rigting pilletjies drink dan kry ons die pad gou weer terug 😆 Kyk maar vir Bobbie ook, kom gou weer terug. Ek dink Willa is weer besig om blikke vol beskuite te bak, dan raak sy maar so verlore in die gebakkery, so terwyl sy Steve se 1001 cd. oor en oor luister 😉

  33. Cupcake sê:

    Whoo hoooo!! Kenfruit bottel – jou mooi ding!! Baie dankie, dis nou wraggies dierbaar van julle! Ons sal nie mors nie, en as daar so hier en daar tjoklit blertsies (wha ha) is, sal ons mooi skoonmaak. Sal die groot wit tafeldoek oorgooi, sodat niemand nou moet skaam en jaloers 😆 voel nie.

    AusieKaner …… I like.

  34. Bella sê:

    Cupcake.
    Ai, dis lekker om weer van jou te hoor. Ons verstaan jy is besig maaikie. Kan nie wag om al daai mooi goete van jou te sien nie. lekker werk en laat die geldtjies inrol.

  35. Cupcake sê:

    Darem lekker om net gou weer hallo te se Bella! Geniet julle naweek en groete vir my tjoklit maatjie daar by jou huis 😆

  36. Smurfi sê:

    Nomsa,

    Where art thou??

    We art formissing thou! 😉

    Hope they have not demoted thou, now thou have to clean the ofice of the CEO 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s