Ek’s terug, so effens …

Dagsê

Ek is vreeslik jammer ek was so lank weg gewees.  Wie moet ons bedank?  TELKOM 👿  😈

Baie om julle te vertel, maar eerste dinge eerste, Bella, ons dink aan jou!!!

Verlede naweek ‘n baie nice musical gaan sien by die Barnyard Cresta en hulle is ook oppad Menlyn toe daarmee so as jy die kans kry gaan loer gerus in.  Wonderlike span van 10 wat ons vertel het van die Summer of Love.  Al die geliefde 60s goed is gedoen, dit was lekker old fasion rock gewees en watter beter setting vir so ‘n kuier as die Barnyard?  Ons kon lekker ontspan met ‘n bottel goeie wyn en eetgoed.  Wat dit so nice maak is dat jy jou eie piekniek mandjie kan vat, jy hoef nie peperduur kos by hulle te koop nie.  Sou jy verkies sal ‘n pizza by jou tafel afgelewer word en werklik teen ‘n billike prys.  Die kunstenaars was puik gewees en die blonde Andrew Webster het voorwaar geshine.  Ek het sy biog gaan lees en kan verstaan waarom, die jong man is permanent op die verhoog.  Hy het in 1995 ‘n Bmus graad behaal, sangopleiding by Francios Vermeulen gehad tot in 1997.  Daarna het ‘n lys verhoog optredes gevolg wat so lank soos twee arms is en die meeste daarvan onder regie van die uitstekende Ian von Memerty, titels soos Satuday Night Fever, Peter Pan en die Buddy Holly show is maar net ‘n paar.  Hy was ook deel van die Crux span op SABC2.  Voorwaar ‘n blink, blink ster en ons het hom vreeslik geniet.  Hy maak wonderlike kontak met sy gehoor, trek hulle tot op die verhoog saam met hom, is nie bang om sommer af te spring en op die tafels tussen die mense te dans nie.  Dit is soms so jammer dat as ‘n ou nie ‘n recording artist is nie hy/sy nie geeer word nie en amper as minder belangrik gesien word.  Ek moet eerslik wees en sê dat ek sonder dat ek hierdie goed van hom gelees het vir Hannie gesê het dit is iemand wat op Broadway hoort en nou het ek die konfirmasie daarvan gekry.  Briljante kunstenaar, kyk uit vir sy naam op plakate en gaan kyk gerus vir jouself hoe doen hierdie Shark dinge, ook maar goed dat hy musiek bo rugby gekies het anders het ek dalk nie sulke mooi goed van hom gesê nie 😉

Verder het ons Sondag gaan piekniek hou saam met die kinders, daar is gespeel, gehol, hokkie en krieket gespeel, soveel so dat Hannie teen Maandagoggend gekla het haar spiere is styf, maar die gesiggies het gestraal!

Maandag was ‘n ander storie.  Quiton was van die naweek al olik, teen Maandagoggend is hy aan die brand, ek sms my baas en hou hom by die huis.  Ons moet net eers vinnig iets by die verkeersdepartement gaan doen, nee, niks met die Ta-ta se lisensie te doen nie, dankie tog daarvoor.  Daar aangekom sal ons uitvind iemand wat Hannie vertrou het, het haar baie mooi netjies in die steek gelaat, ‘n hele paar honderd rand later, lang toue by verskillende kantore en baie geduld (wat ek nie eintlik het nie) is dit gedeeltelik uitgesort.  Dit het toe ook beteken dat Hannie ‘n dag se verlof moes neem, want wat veronderstel was om op die meeste 30 minute te neem het toe uiteindelik aanghou tot 14h30 die middag.  Quinton is dokter toe, antibiotika ens, nog R400 later, dankie tog vir medical aid, en ons kon uiteindelik huistoe gaan!  Dood moeg en weereens dood seker dat mens niemand kan vertrou behalwe jouself nie!

Die res van die week was een groot frustrasie, aangesien Telkom gesorg het dat daar geen datalyne beskikbaar was nie.

Nou is dit alweer Vrydag, ek het nou ook Quinton se gogga gekry en Hannie beveel dat ek dokter toe gaan, sal maar moet sien of daar tyd daarvoor is.  Sondag verjaar Quinton, kan nie glo hy word as sewe nie!  Ongelooflik hoe vinnig die tyd verby vlieg.

Mooi naweek vir almal en ‘n groot, groot drukkie vir Bella!

Advertisements

10 comments on “Ek’s terug, so effens …

  1. Bella sê:

    Ingrid
    Dankie hoor. Ek hoop jy voel ook gou weer beter. Manlief verjaar more net n daggie voor jou seunie. Ek sal sondag vir quinton n boodskappie los.

  2. Ingrid Marais sê:

    Bella, ‘n groot geluk vir jou man, hoop julle het ‘n mooi naweek en dat hy ‘n amazing jaar gaan hê. Besig verjaartyd nou, Steve se Ben verjaar volgende week.

  3. Bobbejaantjie sê:

    More almal. Het iets vanoggend op 5fm gehoor wat mens nogal laat dink. POWA (people opposing women abuse) het ‘n eksperiment in ‘n townhouse kompleks uitgevoer. Hulle het iemand in een van die eenhede kliphard laat dromme speel en dit was nie eens 5 min nie toe is omtrent al die inwoners voor sy deur om te versoek dat hy onmiddellik die geraas staak. In die volgende deel van die eksperiment het hulle geluide van huishoudelike geweld gespeel – ‘n gegil van ‘n vrou wat aangerand word, borde wat breek, vuiste wat klap ens. Raai wat? Nie EEN enkele inwoner het kom ondersoek instel nie! Blykbaar kan mens die videoclip op Youtube kyk as jy POWA intik.

  4. Bella sê:

    Bobbejaantjie.
    Dit wys n mens net weereens dat niemand meer betrokke wil raak nie.
    Ingrid. Dankie hoor. Hy het seker gemaak dat al die susters en verpleegsters weet hy verjaar Saterdag. 😆 ek sal maar iets lekker saam vat met besoektyd. Geniet julle naweek!!!

  5. Bella sê:

    Bobbejaantjie.
    Dit wys n mens net weereens dat niemand meer betrokke wil raak nie.
    Ingrid. Dankie hoor. Hy het seker gemaak dat al die susters en verpleegsters weet hy verjaar Saterdag. 😆 ek sal maar iets lekker saam vat met besoektyd. Geniet julle naweek!!!!

  6. Bella sê:

    Sorry.
    Ek hakkel alweer vandag.

  7. Bella sê:

    Hi almal.
    Smurfi. Het jy gehoor dat Steve en Armand die heel eerste pa en seun op die amptelike top 20 is. Steve is so trots. Die Kaap is alweer koud vandag.

  8. Bella sê:

    Ingrid.
    Dra asb die boodskappie aan Quinton oor.
    Quinton BAIE GELUK met jou verjaardag. Jy moet ñ wonderlike dag hè. Ek hoop jy word lekker bederf vandag. GENIET DIT.
    VAN ALMAL IN DIE KOMBUIS.

  9. Smurfi sê:

    Lekker verjaar Quinton!!!

    Bella dit is goed , ek het nog nie eers gehoor hoe sing Armand nie, moontlik sal ek een van die dae sy cd se songs op tv. kan hoor. Miskien op DKNT of so iets. Hoop dit gaan goed met jou man, en sterkte vir julle almal, dit bly maar nie lekker so hospitaal storie nie.

  10. Bella sê:

    Smurfi.
    Die een liedjie wat ek gehoor het van Armand was heel okey, weet nou nie van die ander nie.
    Ek het n 2 de opinie aangevra met manlief en daar is hoop. Hy gaan later weer vir n operaie. Hy moet eers herstel na die eerste een. Ja, dit is uitputtend, maar wat kan n mens doen. Lekker aand vir jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s