Quinton Verjaar

Baie dankie vir die mooi wense vir Quinton.  Bella, hoop jou man het ‘n mooi dag gehad sonder te veel pyn.  Ons dink aan julle.

Wel so was dit toe nou Sondag verjaarsdag by ons gewees.  Ek het voor die tyd mooi verduidelik dat aangesien Quinton nog nie heeltemal gesond is nie en my stem met tye totaal weg is van ‘n obskure keelinfeksie, wat nou intussen ‘n oorinfeksie geword het ons nie die naweek gaan fees vier nie, maar dit eerder sal los vir ‘n ander mooi warm dag waar almal gesond is en lekker kan baljaar.

Saterdag het ek amper die hele dag in die kamer gebly, Hannie het later uit moedeloosheid gaan Medi-Keel koop, dit het darem gehelp dat ek weer kan sluk.  Dus is daar geen party planne gemaak nie.  Sondagoggend het die meisies vroeg al veels geluk gesing.  Quiton kom stap saggie die kamer in en vra:  “kan Mamma dalk vir my ‘n koek koop vandag?”  Soos ek sê was alles gereel vir volgende naweek, veral omdat dit nog ‘n lang naweek ook is, maar hoe kon ons nee sê.  Ons het toe sommer ‘n Shoprite koek gaan koop en gaan piekniek hou.  Eintlik is dit so maklik om ‘n kind gelukkig te maak.  Hulle het nie al die trimmings en goed nodig wat ons altyd wil by las nie.  Die klompie het dit vreeslik geniet soveel so dat ek begin wonder hoekom ‘n mens altyd al die ekstra goed ook wil by doen.  Is minder nie maar die meeste van die tyd beter nie?

 

 

Wat lees ek op die oomblik?  Ek wou wag totdat ek klaar is om te kom skryf, maar dit is ‘n puik boek een van die beste:  Janet Smith & Beauregard Tromp – Hanie a life too short.  Die boek claim nie om ‘n biografie te wees nie, dit vertel soveel meer as net die lewenspaadjie van ‘n briljante man wat beslis ver te vroeg weggeskeur is.  Dit gee soveel insig in die dinge wat gebeur het in ‘n tyd waarvan ons soms wil vergeet, oordele wat ons oor ‘n groep mense gefel het sonder om werklik alles te weet.  Martin Tembisile Hani (Chris) was ‘n briljante man wat onder baie moeilike omstandighede in ‘n stat naby Cofimbaba groot geword het.  Hy het daarvan gehou om te lees en te leer, ‘n graad in die regte, daarna student van die lewe, iemand wat eerder stil in ‘n kamer in ‘n huis sal gaan sit en lees as om deel te wees van eer betoon wat vir hom bedoel is.  ‘n Man wat die 1969 Memorandum geskryf het en vertel het dat die bestuur van die ANC verrot was en dat daar korupsie is, dat daar mense is wat geld maak uit ander se swaarkry.  Daarvoor was sy moord toe al beplan, die trenches was klaar gegrou vir hom en sy sewe vriende wat hierdie dinge opebaar gemaak het.  O.R. Thambo het ingegryp, die grafte is toegegooi en Hani het bly lewe.  Hy was leier van MK, maar het deurentyd vir vrede gepleit.  Ja hy het gewelddade gepleeg net soos soveel regses ook gedoen het, maar steeds was die domste sluipmoord wat ooit gepleeg is sekerlik die een wat Martin Tembisele Hani uit die geskiedenis van hierdie land uitgeskeur het.  Ek sal later wanneer ek klaar gelees het meer oor hom kom vertel, sou ek ‘n president vir hierdie land kon kies, sou ek geskiedenis kon verander sal die tweede president van SA niemand anders as Chris Hani gewees het nie!

Advertisements

5 comments on “Quinton Verjaar

  1. Bella sê:

    More almal.
    Die foto,tjies is te pragtig. Kan sien hulle het dit geniet. Dankie Ingrid, manlief het sy spesiale dag ook geniet. Ons het by tye lekker kliphard gelag ook. Hy het baie besoekers gehad en dit het bygedra dat sy verjaarsdag spesiaal was.

  2. Ingrid Marais sê:

    Ek is bly, Bella, ek hoop jy kyk na jouself, jy is belangrik en onthou daar’s net een soos jy en daar is net een so spesiaal vir hom.

  3. Cupcake sê:

    Groooooot, groot sorry ek is so laat! Liewe Klein Mannetjie, baie geluk met jou verjaardag, hoop jou dag was spesiaal en mag jou jaar vorentoe vol sonskyn wees, net soos jou ougat glimlag! Baie geluk Ingrid en Hannie! Eish, ons ander Bekkies word groot, dankie vir die fodies Ingrid!

    Bellakie, baie geluk vir jou en manlief ook, so bly om te lees dit was met lief en lag gevul! Mooiste vorentoe vir julle albei!

    Skuus maatjies, rof besig hierso. Mooi dag en hugs van ver af vir julle!

  4. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie CC, ons is so trots op jou ons kan jou enige iets vergewe!

    Mooi aand vir julle

  5. Bella sê:

    Cupcake.
    Ek stem saam met Ingrid. Ons is trots op jou en verstaan dat jy besig is. Ons waardeer dit dat jy darem kan kom ” hallo” sè, lekker aand vir almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s