Ek is verby upset

Vriende

Ek hoor so gereeld van mense wat seer het, wat deur ander seergemaak word.  Net vanoggend weer het iemand my vertel van die vermeteldhei van ‘n eks en iemand anders het ook bitter seer op die oomblik.  Ek wil nie al die detail hier kom uitlap nie, ek wil nie eers sê hoe kwaad ek is nie.  Ek het vanoggend nog die volgende daar by Flintie gelees en gedink presies hoe waar die woorde is en hoe wys Ghandi was:  “I like your Christ; I do not like your Christians. Your Christians are so unlike your Christ”  http://www.flintstoned.co.za/?p=603  ek kan jou verseker dat in ten minste 75% van die seer dinge wat mense aan mekaar doen hulle die vermetelheid het om hulle self christene te noem.  Dis ‘n topic vir ‘n ander dag, in fact een wat al hier bespreek is.

Vir almal wat vandag seer het, hoe vinnig en maklik het ek nie vergeet hoe alleen en seer die wêreld werklik kan wees nie, ek wens dat daar net vir ‘n oomblik ‘n warm sonstraaltjie tot diep in jou hart kom skyn en die seer al is dit vir ‘n minuut kom weg streel.

Aan elke vrou wat seer het, maak nie saak of dit deur ‘n man of vrou se toedoen is nie wil ek net dit sê:  Jou oumagrootjie het kaalvoet oor die Drakensberge getrek, jou voorouma het dit wat in jou is vir jou nagelaat, jy is sterker as wat jy dink.  Niemand het die reg om jou minder as die beste te laat voel nie.  Lig jou kop op, glimlag vir jouself en sê vir jouself jy is die beste jy wat daar ooit kan wees.  As jy vandag alleen is, weet iewers is daar iets beter vir jou selfs al is dit die pad wat jy sal loop omring deur vriende wat vir jou lief is, ‘n pad wat vir ander dalk as alleen sal lyk, dalk is dit die beste pad vir jou totdat jou pad weer eendag met iemand kruis.  Jy skuld niemand niks, daar is een mens aan wie jy getrou moet wees en dit is jouself, wees goed vir jouself.

Bella, nou sommer ‘n stukkie preek vir jou ook:  CC het gesê jy verdien ook ‘n bedref en dit is baie waar, moenie jouself so uitbrand dat daar later niks meer oor is nie.  Dit is goed en reg om vir die na aan ons lief te wees, maar jy kan net dit gee wat jy het, as dit op is wat gaan jy dan gee.

Elke blogger wat hier lees en wat al hier gesels het is belangrik en spesiaal.  Sommiges het baie diep vriende geword, sommiges kom kuier net so dan en wan, maar hier is ons familie en ons kyk uit vir mekaar.  Of jy vir die eerste keer hier lees en of jy elke dag saam met ons koffie drink, jy is welkom en as jy vandag ‘n drukkie nodig het, jy sal hom hier kry, hier is dit warm en veilig, hier gee ons om vir mekaar.

Elke maatjie wat seer het, kom kry jou drukkie hier, gaan kry vir jou lavental wierook, steek dit aan (geen duiwel gaan daar uitspring nie) steek sommer vir jou ‘n hele klomp pienk kerse aan vanaand en gaan lê in ‘n lekker warm bad, voel hoe die hitte jou omring hoe dit soos warm arms om jou vou en jou vashou en troos.  Gaan soek vir jou ‘n groot stuk rose quartz en sit hom iewers in jou kamer of sommer ‘n hele klomp en pak dit oral in jou huis en voel die veiligheid en beskerming van die natuur om jou.

Ek kan nie nalaat om te sê aan die Een in beheer van die kosmos:  Dankie dat daar ‘n einde aan alles kom, ook die slegte, dankie dat ek ook aan die einde van die seer pad kon kom en juis op 1 Augustus ‘n nuwe lewe kon begin so saam met die koms van die nuwe lewe in die natuur.

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

2 comments on “Ek is verby upset

  1. Bella sê:

    Wyse woorde Ingrid. Dis so onnodig om mekaar so seer te maak. Ek is okey, was net baie gedaan met die hospitaal ganery elke dag. Ek het selfs een aand op die bed gaan lè en met klere en al aan die slaap geraak. My dogter het tydelik terug getrek om te help. Thx julle.

  2. Ingrid Marais sê:

    Dis ‘n voorreg om iemand soos jy hier in die kombuis te hê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s