‘n Heerlike laaaaaaang naweek

Dagsê

Hoop julle het almal ‘n great naweek gehad.  Ons het ‘n ekstra langnaweek daarvan gemaak.  Ek kon Hannie Donderdag uiteindelik oortuig om huistoe te gaan en in die bed te gaan klim, ek self het toe sommer van die ekstra ure gaan afvat en was Vrydag ook by die huis, moet mos ‘n goeie nurse wees 😉  Die skool het Vrydag 12h00 uitgekom en toe is ons hele klomp daar, dit gee ook kans om so bietjie ekstra gedoen te kry, soos gordyne was ens.

O ja, Vrydagoggend laat weet die agent dinge vorder mooi en ons kan nie wag om in ons plekkie in te trek nie, sien dis hoekom die gordyne gewas moet word …

Saterdag het Hannie gaan werk, baie getroue slaaf, daai ene, maar dan moet ek darem sê sy was al beter nadat ons Donderdag met sterk antibiotika begin het.  Sondag was almal rustig gewees en teen Maandag was die huisblyery nou nie meer vir my vrou gewees nie, sy’t eintlik al Saterdag begin praat van Maandag iets gaan doen.  Dus word daar opgepak en weg is ons om te gaan braai en sommer net saam te kuier:

Die laaste winterblare kloue nog hardnekkig aan die takke vas, maar die wilgerbome begin darem al ‘n groen skynsel kry 😛

Mamma Hannie sorg dat die vuur goed brand sodat daardie hongermagies wat deur die varslug nog vinniger honger word weer volgemaak kan word.

Getrou aan ons sportmal land is die krieket kolwe, hokkie stokke en netbal/sokkerbal nooit ver weg nie.  Die heel eerste ding waarvoor die kinders hol as daar gepraat word van piekniek hou is balle en stokke en sulke goeters.  Simone is seker die enigste van die kinders wat nie baie lief is vir sport nie, sy sal buite speel, boom klim in die parkie speel ens, maar hou asb. enige vorm van kontaksport of enige iets waar ‘n mens maklik kan seerkry van haar af weg, gee vir haar ‘n Barbie of ‘n soft toy en die glimlag is groot en breed, sagte versigtige spookasem dogtertjie, maar moenie dink sy’t nie naels wat kan uitkom nie, vat net aan een van die mooi goed wat sy haar eie noem en dit is ook reg so, jou goed is jou goed.

Natuurlik het dit nie lank geduur vir Hannie om deel van die pret te word nie.  Weereens het ek besef presies hoeveel kinders ons betrokkenheid by hulle waardeer, dit is vir hulle so spesiaal as ons vir ‘n rukkie kan vergeet van grootmens, beheermens wees en net deel wees van hulle en watter wonderlike terapie is dit nie vir ons as grootmense om ook te speel nie.  In sekere dele word daar speelparke vir grootmense ontwerp waar die toerusting sterk genoeg is om ‘n volwassene se gewig te kan dra en ek dink dit is ‘n uitstekende idee.  Dan moet ek wel sê vanoggend oppad werk toe moes ek wel hoor:  “Hoekom het jy my gelos om te gaan krieket speel, nou’s my spiere seer?”  Die antwoord was eenvoudig, “maar jy’t dit dan geniet” 

Ons is terug huistoe en die kinders het begin om alles gereed te kry vir skool vandag, ja, hulle is skool toe, die skool waarin hulle is het gesorg dat daar wel onderwysers sal wees ten spyte van die staking.  Amber en Simone kom vra of hulle voor die huis in die tuin kan speel, die volgende oomblik sien ons net hoedat die mense van die granny flat uit hardloop buite toe, Hannie is agterna, die flippen hek het om een of ander onverklaarbare rede uit sy spore gekom en omgeval!  Nou moet ek verduidelik dat dit nog ‘n baie ou, goeie en swaar hek is.  Amber het gesien wat gebeur en probeer keer dat Simone die volle impak vat, net ‘n deel van die hek het haar toe teen haar rug getref en die momentun is gestuit toe Amber met haar skouer onder die ding inspring.  Gelukkig het nie een van die twee meer as skaafplekke opgedoen nie, maar dit kon baie erger gewees het. 👿  Daar en dan het James versterkings aangebring om te sorg dat so iets nooit weer sal gebeur nie.  Toe ons die huiseienaar daarvan vertel kom die antwoord heel rustig:  Ja daai hek het al op my kleinkind ook geval!  Kan jy glo dat niemand toe iets aan die saak gedoen het nie?  😈  Vrinne die volgende drie weke kan nie vinnig genoeg vir ons verby gaan nie.

Mooi dag en ‘n baie lekker kort week vir almal.

Advertisements
This entry was posted in Gesin.

10 comments on “‘n Heerlike laaaaaaang naweek

  1. Cupcake sê:

    Dankie die mooi fodies!!! Dit maak my skaam ….. drie houe mettie krekiet bat ding en ek le in saal 6,7 en agt van unfit wees, well done Hannie! Pfew, gelukkig met my body tjoklit stokperdjie, hoe ek nie so vrek “fit” te wees nie 😆 😆

    Nooi julle eienaar vir ‘n sundowner, hopelik val sy eie hek dan op HOM dan sien ons of hy so blase sal wees daaroor, dis skokkend Ingrid!!! Net bly al die Bekkies is okey en bravo vir Amber wat so vinnig gedink het, mens kry sommer rillings!

    Lekker dag vir julle almal!

  2. Cupcake sê:

    Spesiaal Vir Hannie,

    Jy maak die mooiste, mooiste houtbrandwerk kuns! Moenie ophou nie, jy het so bitter baie talent met dit, well done! Dit is absoluut pragtig!

  3. Cupcake sê:

    Ot, verseker kan ek nie spel vandag nie ……… soooowwwy!

  4. Bella sê:

    Ingrid.
    Dankie vir die pragtige foto,s. Ons geniet dit altyd. Ja-nee ek is ook te onfiks om so saam te speel. Ek speel net met die hond ( my baby) dan is ek buite aksie vir ñ ruk. Die hond weet al hy moet nie te vinnig hardloop as ek hom jaag nie. Ai, ek is net dankbaar dat die kinders nie seergekry het nie.

  5. Bella sê:

    Cupcake.
    As jy van Smurfi hoor, sè maar groete vir haar hoor.

  6. Bella sê:

    Ek wil ook die houtbrandwerk sien, of is ek nou te voor op die wa.

  7. Cupcake sê:

    Bellakie, het die naweek vir Hasie en Wortel gevra om baie luvs en groete vir Smurfi te se. Ek glo sy weet ons mis haar en ek is seker sy gaan weer kom kuier! Huis trek is nooit lekker nie, dit bly maar hengse baie werk! Inpak die kant, uitpak daai kant en weer nessie skrop.

    Smurfikie!! Op aandag! Sodra jy die boks met die lead kry, plug in Sista, start vir puter, ons hou jou koffie warm!

  8. Ingrid Marais sê:

    Bella, jongie, ek sal toestemming vra, die mooiste fotos het ons ongelukkig nie meer nadat iemand so goedgunstiglik verlede jaar ‘n klomp goed gesteel het. Die foto wat ek wel het doen nie werklik haar werk die eer aan wat dit toekom nie. Sy het ook baie lanklaas daaraan gewerk, die toerusting moet ook nog eers vervang word, maar soos met alle dinge sal dit ook weer gebeur. Die plan is eintlik om haar ‘n kursus in pewter te laat doen, dis nou natuurlik onder ‘n goeie vriendin se inspirasie 😉

  9. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek verstaan hoor. Thx.

  10. Bella sê:

    Lekker lag ek nou vir Cupcake. Ja ñ trekkery is harde werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s