Die glimlag in jou stem

Het jy al ooit gevoel hoe die glimlag in iemand se stem, daardie vuurtjie van opgewondenheid so aansteeklik is dat dit soos die nuwe JC Le Roux advertensie borrels word wat alles om jou begin vul en sommer so vanself ook ‘n glimlag op jou gesig sit?

Kyk so het die paadjie geloop tot by die glimlag wat ek tans in Hannie se stem hoor:  Ek weet sy’s lief vir pewter goed.  Cupcake kom vertel van haar mooi goeters en stuur fotos en die plan begin in my kop.  Die posduiwe begin vlieg al die pad oor die water, ek vertel my maatjie doer ver dat ek begin google het om uit te vind van ‘n kursus wat Hannie kan bywoon.  Sy stuur ‘n naam en toe begin die duiwe hier in Jo’burg rond te vlieg.  Al die goed gebeur nou al van so middel tot einde Junie.  Teen 8 Julie is dit as ‘n verrassing vir Hannie gereel dat sy ‘n voldag beginners kursus sal gaan doen by, sover ek verneem, een van die beste onnies in die industrie.

Gister word my geliefde se kuns talent die onderwerp van bespreking hier en teen gisteraand toe sy die laaste comments lees kom die:  “jy moenie ‘n ding begin nie” duidelik uit.  Vanoggend besluit ek om haar te vertel van die verrassing.  Ek luister na die redes waarom ons dit nie moet doen nie, nie nou nie, later, wat gaan jy en die kinders die hele Saterdag doen, sê nou ek kan dit nie regkry nie; maar ek hoor ook daar diep agter die stille opgewondenheid wat begin borrel.  ‘n Paar ure later het daardie borreltjies vermeerde tot ‘n hoorbare glimlag oor die telefoon en weet ek meer seker as ooit dat dit die regte ding was om te doen.

Cupcake, dankie, my maat danksy jou hulp is daar ‘n glimlag op Hannie se gesig, ‘n rooi roos net vir jou:

Advertisements
This entry was posted in hannie.

13 comments on “Die glimlag in jou stem

  1. Bella sê:

    Hannie. GO FOR IT!!!
    Ingrid. Thx, thx, thx. Sy kan mos nooit haar talente so verborge hou nie.

  2. Bella sê:

    Hannie. Onthou net as jy klaar is met die kursus en die pragstukke kom te voorskyn, wil ons baie fodies sien.

  3. Ingrid Marais sê:

    Moenie wosry nie Bella ek sal daarvoor sorg. Lekker aand.

  4. Bella sê:

    Lekker aand vir julle ook Ingrid.

  5. Bella sê:

    Ingrid.
    As jy ñ kansie kry moet jy daar by Skorie gaan lees by die post “die middag is al skemer” dan kan jy sommer haar vraag beantwoord. Baie goeie post.

  6. Bella sê:

    Sorry ek moes seker sè……haar vraag aan jou beantwoord.

  7. Cupcake sê:

    Ai plesiertjie Ingrid en Hannie! Ek is so bitter bly jy is geboek Hannie, belowe jou jy gaan dit verskriklik geniet!!!! Vir my is piouter die printer vir die prentjies in my kop 😆 Mag jy dit net so veel geniet en mag dit jou siel net so aanraak soos ek dit ervaar het!

    Groot seblief kom vertel vir ons hoe dit daar lyk by die “smart skool” waar onse Hannie gaan. Ingrid, Michelle weet van julle, sy kyk uit hoor.

    Baie dankie vir my rosie, right back at ya Sista!
    xxx

  8. Bella sê:

    Hi. Cupcake maaikie, gaan dit goed daar by julle?

  9. Cupcake sê:

    Hello Bellakie! Koud en nat my maaikie, anders geseend en gesond! Hoe gaan dit met manlief? En jy moet vir Nursie baie mooi oppas, sy is baie special vir ons hier in die Kebuis!

    Die grou weer hier vandag het gemaak laat ek amper heeldag sommer net sit en tjank, van verlang en mense mis wat ek nie ken nie. Toe lees ek maar Dalai Lama se boekie en besef hoeveel seeninge mens het om so voor dankbaar te wees! Soos al die dierbare maatjies hier in Ingrid se Kebuis!

    Ek gaat nou du-du, lekker dag verder vir julle en dankie vir soveel mooi!

    (Ek wou nogals vanaand met Raykie so saam ‘n gly onder die tafel inpas, maar my aura is mos nou sommer mislik vandag). More smile ons weer 😆

  10. Bella sê:

    Cupcake. Dankie maaikie vir die omgee. Manlief gaan môre vir ñ opvolg ondersoek en ñ datum vir die volgende operasie. Hy sterk mooi aan. Ai maaikie, die grou weer laat ñ mens maar so verlang. Onthou net ons in die kebuis lief jou baie. Lekker duks en droom mooi drome.

  11. Paula sê:

    Sal graag daardie handewerk wil sien!

  12. Skoor sê:

    Spoeg vir Vrydag die 13de reg tussen die oe en lag hard almal. Die naweek le voor!

    Hannie, Skoorlief het my ook al in sulke blikke gedruk, en dan was die lekker langer as die bang wees daarvoor! En selfs al leer jy niks, het Ingrid darem bietjie babysitting gedoen 😆

  13. Ingrid Marais sê:

    Skorie, jy kan baie bly wees ek like jou, soveel dat ek tot twee dae gespandeer het om mooi oor jou ete vraag te gaan dink en nogal tot iets neergeskryf het om vandag te kom sê, nou weet ek nie eers meer of ek lus is om jou te antwoord nie. Wat meen jy dan kan ek ook bietjie babysitting doen, probeer jy dalkies imply dat Hannie al die kindergoed moet doen? 👿
    😆 😆 toemaar net ‘n grap, daar is tye wanneer jy moet sorg dat jou maat die beste vir hom/haarself doen. Selfless mense is geneig om net altyd aan ander te dink en my Hannie is een van daai, sy sal alles vir my gee, maar niks, nie eers tyd vir haarself oorhou nie.
    Ek sal ook steeds jou vraag beantwoord. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s