Nuwe tolhekke

Bella kom vra hoe voel ek oor die nuwe tolhek storie.  Dis ‘n loutere pot k*k! 👿  😈  Mense werk flippen hard vir hulle geld.  Almal is nie staatsdiens amptenare wat ‘n R1000 ‘n maand se subsidie kan vra vir hulle huishuur nie en dan nog belaglike salarisse kry om niks te doen nie.  Kom ek vertel julle vandag iets en ek weet PK gaan sê: het ek jou nie gesê om oor besigheid stil te bly nie, maar hier die ding.  Iemand in die staat wat presies die helfte doen wat ek doen of dan veronderstel is om te doen, want ons weet die meeste van die tyd word dit nie eers gedoen nie, verdien ten minste R8 000 per maand meer as ek, dit is voor die toelaag vir ‘n huis of die nuwe verhoging.  Ek praat en kla nie daaroor nie, want ek weet jy gaan nou vra: nou vir wat loop werk jy nie vir hulle nie?  Eenvoudig, ek het dit al telkemale oorweeg om terug te gaan, remember been there, done that; dan vra ek myself af, is dit die moeite werd?  Onthou weer ek was daar, ek ken die frustrasie van dinge wil doen en nie kan nie, omdat niemand ‘n donner omgee nie, is dit die moeite werd om verby normale stressvlakke te ervaar, frustrasie op mense by jou huis te gaan uithaal, net om bietjie beter te lewe?  Weer dae, soms weke van die huis af weg te wees?  Die antwoord is beslis:  NEE.  Ek sien die letsels op my kinders, moenie dink ek is blind daarvoor nie.  Ek het ‘n huwelik wat die wêreld vir my beteken, ons het nie hierdie tipe stress nodig nie, glo my gerus.

Maar terug na die tolhek punt toe.  Mense werk hard vir hulle geld, daardie geld moet baie ver gerek word.  Die petrol prys is belaglik hoog, by elke kos item word ‘n heffing geplaas om op te maak vir vervoerkoste, wat gaan daardie heffing nou wees?  Dit beteken dat hierdie ding ‘n rippel effek op die hele land gaan hê.  Die direkte impak gaan kom op mense wat nie langs hulle werksplek bly nie, moet ek nou werklik gepenaliseer word as ek in Pretoria bly en in Johannesburg werk, of anders om?  Dit maak nie saak dat jy my meskien ‘n laer tarief gaan laat betaal nie, hoekom is dit nodig?

Persoonlik gaan ons nie die direkte effek voel nie, ons gebruik nie snelwee bitter min, steeds is dit nie reg nie. 👿  Die taxi mag in ‘n baan ry teen ‘n goedkoper tarief, ons is 99% van die tyd 6 mense in die kar, gaan ek ook daar mag ry?  Wat van saamry klubs?  Hoeveel mense se karre se lisensies het lankal verval, of hulle koop ‘n kar en gaan registreer hom net doodeenvoudig nie, hoe gaan hulle opgespoor word om te betaal.  Gaan die wetsgehoorsame burger weer die impak names die ander klomp moet vat?

Hoe gaan hierdie opsoringstelsel sorg dat mediese hulp vinnig uitgestuur word?  Elke ongeluk gaan nie reg voor ‘n kamera plaasvind nie.  Nêrens het hulle die moeite gedoen (en die ding kom al ‘n lang pad) om te vertel wat die oprigting van al die fênsie brue gekos het nie.

OK, nou het ek sommer oor twee goed gelyk gebitch.  Die bottomline, Bella, ek dink dis ‘n pot k*k! 😈

Advertisements
This entry was posted in Mense.

One comment on “Nuwe tolhekke

  1. Bella sê:

    Thx ingrid.
    Ek weet net nie waar gaan alles eindig nie. Ek sè ook dit is ñ pot k@k.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s