Staatsdiens standaarde

Dagsê

So het die week darem al by Woensdag uitgekom!  Dit het gevoel asof hierdie week ‘n ekstra 10 dae bygekry het.

Soos met alles in die lewe, net as jy dink dis smooth sailing kom daar ‘n “slim” mens en d*nner ‘n spanner in die werke in.  Alles was in plek om more te trek.  Toe skielik gister besluit iemand nogal van die departement van gesondheid aangesien almal in die staat staak is dit ‘n goeie tyd om inspeksies by ander plekke te gaan doen en laat weet hulle sal more hier by ons wees!  Alle bestuurs verlof word summier gekanselleer sodat ons beskikbaar kan wees 👿

Die flippen mense kan nie eers na hulle eie hosptiale kyk nie, maar hulle wil hulle lang neuse oral anders insteek.  Daardie selfde slim klomp wat hier wil kom snuffel kon hulle energie baie beter gebruik het by enige van die staatshospitale in Gauteng 😈  Mense is besig om dood te gaan weens hierdie staking, maar burokrasie sal steeds seevier.  Ek kan sulke stupid kortsigtigheid nie hanteer nie.

Dit gaan nie net daarom dat dinge vir my so effe omver gewerp is nie, dit is ‘n minor hekkie, want my ooreenkoms met die hoofbestuurder is dat hulle my eerste sal sien om 8h30 en dat ek daarna steeds kan gaan, so die meeste tyd wat ek kan verloor as ‘n uur of twee wees.  Wat my de bl*ksem in maak is dat hulle nie eers voor hulle eie flippen morsige deure loop vee voordat hulle ander probeer intimideer nie en glo my sommige van hulle is regte egter boelies.  Hulle create sommer ‘n nuwe regulasie as hulle niks verkeerd kan kry nie.  By een van ons susters geboue het hulle skielik aangeding op seker dreine wat daar nie was nie, toe die argitek vra dat die spesifieke regulasie aan hom gewys moet word op die amptelike briefhoofde, kon dit skielik nie meer gevind word nie en is die klagte gekanselleer.

Weereens my vraag ,is alles in hulle eie plekke so 100% , is hulle eie standaarde so hoog dat dit hulle die reg gee om sulke eise aan die ander sektore te stel.  Goed en wel, ek het nie ‘n probleem om reels te volg en na te kom nie, maar die flip weet dan moet jy dit ook doen!  Moenie kom met ‘n houding van :  don’t do as I do, do as I say nie.

Mooi dag vir julle, ek’s oppad na ‘n simposium toe!

Advertisements

8 comments on “Staatsdiens standaarde

  1. Smurfi sê:

    More almal!

    Ingrid jy praat so waar, hulle wil net voel hulle is belangrik en het die hef in die hand. gaan oral so, probeer net slim act.,.. jy weet mos dit speel ‘n rol … goeie akteurs soos gewoonlik, maar as dit by uitvoering van werklike take kom dan is dit so dom soos flippen ………! Ek belowe jou dit is net om te maak of hulle slim is…. domgeite maak dat mense sulke dinge doen.

    Ons lag maar so slaggie dan voel dit dalk beter!! 😆

    OU TANNIE IN WINKEL VROETEL OM GELD ONDER HAAR ROK UIT TE KRY.

    KASSIER: “TANNIE MAAR BêRE TANNIE NIE DIE GELD BY DIE MELKKANNE NIE?”

    TANNIE: “NEE SEUNA, DIS DEESDAE SO GEVAARLIK TANTE BêRE MAAR LIEWER INNIE KOEKBLIK !! “

  2. Bella sê:

    Smurfi. 😆 Wat ñ plek om dit te bêre? Ek wonder nou net of dit die hele beursie is of net ñ paar opgerolde note?

  3. Willa2 sê:

    😆 Eish, gelukkig is dit nie ek wat daai geld in ontvangs moet neem nie. 😆
    Ek sou dink dat die mense eers voor hulle eie deure sou vee, voordat hulle inspeksies doen by ander hospitale.

  4. Cupcake sê:

    Ai Ingrid!! Ons hoop saam jou dis gou verby sodat julle by die trek kan uitkom! Weet jy, wat kan mens se oor sulke mense? Soos Smurf se, hulle probeer hulle gatte af om so belangrik voor te kom, lee blikke en al daai …..Hoekom gaan inspect hulle nie eerder waar onskuldige babatjies doodgaan nie? Stoopitgeit het party maal nie perke nie!!!!

    😯 Ek wed hierdie tannie sal reaksie kry uit party van die ou suurgatte by Checkers se check out? 😆 Smurfi Jy’s Stout ♪ ♫!!!

  5. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek hoop jy is nou al by die huis.
    Lekker trek hoor !!!!!!!

  6. Smurfi sê:

    Cupcake, Ingrid gaan my sensor watch hoor!! 😉 Maar die Tannie kan seker maar ‘n koekblik onder haar rok dra?? 🙄

  7. Smurfi sê:

    SCIENTIFIC ANALYSIS OF WOMEN……. 🙄 seker een of ander slim Jannie wat dit uit gedink het 🙄

    SYMBOL: WO

    ATOMIC WEIGHT; 120 physical

    PROPERTIES:
    Boils at nothing. Freezes at any minute. but Melts when properly treated. VERY bitter if not used properly !!!!

    OCCURRENCE:
    Found where ever man exists.

    CHEMICAL PROPERTIES:
    Possesses great affinity for gold, silver, platinum and precious stones. Violant reaction if left alone. Turnes green when placed next to a better looking specimen.

    USES:
    Highly ornamental. Useful as a tonic, accelerator of low spirit and an equaliser in the distribution of wealth. Probably the most effective income reducing agent known to man.

    CAUTION: Highly explosive in inexperienced hands! … VERSEKER!!! 😉

  8. Bella sê:

    Ta-ta almal. Lekker aand vir almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s