46

Wou gister iets sê, tegnologie het anders besluit, so dan sê ek dit vandag:

Ons gesles later weer 😉

Advertisements
This entry was posted in Steve.

18 comments on “46

  1. Bella sê:

    Môre almal.
    Wat ñ mooi foto. Dankie Ingrid. Ek hoop julle is darem al gevestig in julle nuwe nessie en dat julle darem tyd gehad het om bietjie te rus ook.

  2. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek vertel later alles, dis so great, ons is moeg, maar happy 😆

  3. Skoor sê:

    More tafelsitters. Kom ons staak uit solidariteit met die stakers en SIT net hierdie week neffens die tafel en doen NIKS. Klink soos ‘n mini-vakansie en ek is lus vir klets en kerm en kos

  4. Ingrid Marais sê:

    Klink na ‘n great plan Skoor!

  5. Bella sê:

    Skorie. Dit kan gedoen word, wat is op die spyskaart en waaroor kerm ons. 😆

  6. Skoor sê:

    Nee gits. Ek is op my GAT die week. Langs die tafel, nie agter die kospotte nie! Willa moet maar uithaal en wys en ek dink Cupcake moet die peuter neersit vir die dag en help kook. En Smurfi kan ook maar help knie. O, ek soek definitief pannekoek met suurlemoensap oor vir tussen-in.

    Hannie, mmm, Hannie kan ook ‘n slaggie naderskuif. Al is dit nou net om die biltong fyn te kerf wat ek in my growwe mieliepap wil he…

    Aag julle. Waarom is die lewe so ‘n gehol. Ek wil lang wit anysbeskuite sit en week tot dit afbreek in my blikbeker met koffie, en dit dan sommer met die vingers uitvis en nie worry of die agterdeur gesluit is nie, en ek wil sien hoe die tarentale skrop op die voorste grasperk en ruik hoe die son die aarde streel met haar strale.

    Nou sit ons agter ‘n nekeraar en wonder of die alarm aangesit is, omdat ons vannag gedroom het die huis is rot en kaal besteel!

    Bella, is daai genoeg inleiding vir die kerm sage??

  7. Willa2 sê:

    Skoor duidelik het jy nog nie my kookkuns beproef nie. 😆 As jy dit eers geproe het sal jy sommer gou van jou stakery vergeet en agter die kospotte in skuif. 😆

  8. Bella sê:

    Skorie. Dis meer as genoeg. Okey ons sal vir jou lekker pannekoek en beskuite bak, jy kan maar net sit en relax. Ek sal lekker vars koffie maak. 😆

  9. Bella sê:

    Hi Willa2.
    😆 Hoekom dink jy maak ek maar die koffie? Smurfi en CC moet maar die bakwerk doen.

  10. Skoor sê:

    Ek sal vars bone bring vir die koffie. Dan rooster ons dit eers oor die oop vuur in die herd om ‘n behoorlike geur daaraan te verleen.

    En Ingrid kan dit maal in die koffiemeultjie teen die muur.

    Dan laat trek ons dit heeldag so langs die oop vuur en soos die tafeltrawante inkom, kan hulle maar net skink.

    Het ek vergeet van die suurdeegbrood met varkvet en tuisgekookte appelkooskonfyt??

  11. Bella sê:

    Eish. Sit ek nou en wonder wie gaan daai brood bak. HELP !!!! Skorie met ñ koskenner soos jy sal ek my maar skaars hou.

  12. Willa2 sê:

    Haai sies vir jou Skoor. Ingrid is poegaai getrek, nou wil jy haar nog in die werk steek. 😆
    Sjoe al die kosse klink so lekker. Skoor hoeveel “increase” wil jy he? Ons kan dalk ‘n plan maak, want ek is nou so lus vir al daai disse van jou, maar net jy kan dit gaar maak.

  13. Willa2 sê:

    Bella darem nou nie so skaars hou dat ons nie daar is wanneer die kos op die tafel kom nie. 😆

  14. Bella sê:

    Willa2.
    Ook weer waar. Ek sal maar net op ñ veilige afstand staan. 😆

  15. Ingrid Marais sê:

    Skorie, julle, laat loop julle my nou ver paaie terug in die verlede so met die appelkooskonfyt, koffie op die stoof en al daai goeters.
    Ek het op skool ‘n maat gehad wat van Rhodes af gekom het, weet nie of ek julle al vertel het nie. Daar het die tyd selfs vir daardie jare gaan stil staan. Hulle het nie geworry oor Eskom of load shedding of daai goed nie. Daar was ‘n groot generator wat krag gegee het in die aand tot sewe uur, dan het die oom hom afgesit en was dit lampe en kerse. Daar was gas stowe en yskaste, selfs ‘n gas vrieskas vir al die nodige goed gewees. Daar was natuurlik ook ‘n koolstoof in die groot kombuis met ‘n lieflike spens net langs-aan. Daar binne was alles wat ingelê kon wees, insluitende konfyt.
    Een keer was ons oor Kerstyd daar gewees, die mense het van die lokasie af gestap en vroeg in die oggend in die straat kersliedere gesing, daar is vir hulle pakkies gegee met lekkers en ander eetgoed. Die middag het ons by ‘n boer gaan kuier en heerlik saam Kersete geeet en onder die bome gelê en rus met sonbesies wat in ons ore sing.
    Daar was ook ‘n doop wat gevier was, dit was winter, die sneeu het die vorige aand doodstil geval, het julle al gehoor hoe stil raak dit so net voor daardie wit vlokke begin grond toe sweef? Die volgende dag is die nuwe kleinmensie aan God belowe en daarna was die volledig dooptee op die plaas gehou, totaal met ‘n spesiale vrugte koek en al die trimmings.
    Lang paaie met vars sterk koffie om elke draai.

  16. Skoor sê:

    Ai Ingrid, onse mense se wortels is maar rondom ‘n koppie koffie en ‘n eetdingetjie of ‘n pot kos geborge!

    Mens kan ook net soveel cuisine, dan moet jy weer ‘n slag wegle in iets duister en dikmakend!

    Rhodes. Ek het al van dit gehoor. My se familie het plaas gehad agter die Witzenberge. Ek ken van hoe stil dit word as die sneeu die oomblik annekseer. Ek ken van die knetter van ‘n vuur in die donkie voor die water kan kook. Ek ken van die reuk van gebak wat op die draadrak staan en afkoel. En die reuk van die kas waar die winterbiltong stil le en wag vir ‘n oupa hand om dit op te tel en fyn te kerf. En ek ken van ‘n tyd toe dit veilig was vir ouma om middae lang ente alleen op die plaas te gaan stap. En ek ken van die reuk van kaiings in die plaaswinkel se rak, en die smaak van self gedroogde vrugtes.

    Ja. Ek ken van baie dinge. Ek ken netnie van die nuwe goete wat ek elke oggend in die nuus moet hoor van mense wat doodgekap is, en verkrag is en vermink is nie. Ek sweer, ek ken dit nie.

    O, en Ingrid, ja, ek ken van die plaasvolk wat kom sing op oukersaand. Stille nag. Met wyn asems en gloeiende wange. Maar daar is ge-stille nag. Want dit was ‘n mooi tradisie. Gebeur dit nog?

    Laat ek aan die kook kom. Al die gepraat het my nou weer van my gat af gelig, en daar is ‘n varksooltjie wat ek in die sop wil kry sodat ons darem nie net warm brood het vir middag ete nie! O ja, middagete is eers 2pm vanmiddag. Al is die bone al half gaar, smaak niks so gagga soos ‘n spoedgekookte sop nie!

  17. Skoor sê:

    Bella, o ja, ek is GEEN koskenner nie! Ek is ‘n huiskok wat hou van potte prut. Maar koskenner? Aikona.

    Willa, skryf ek dit soooo onduidelik dat niemand dit wil aanpak nie? Nee man! Ek dog in die ‘storievorm’ sal dit makliker wees om te onthou. Ek haat mos resepte met “bestanddele’ en ‘metode’ en dis dit.

    En ons moenie nou dat Ingrid afkoel nie – sy moet aan die gang bly.

    Kan iemand suiker bring – ek het gevriesde vrugte waarmee ons ‘n lekker konfyt kan kook wat elkeen kan huis toe vat vanaand!

    Mind you, kan iemand wat KAN konfyt kook, ook kom kyk of dit reg gedoen word?? 😆

  18. Bella sê:

    Lekker ou dae waarvan julle nou praat. Ek het kaiings soos lekkers geëet. Ons het ook die swartstoof gehad en die koffiekan was heeldag op daai stoof met brode in die oond. Ai hoe honger raak ek nou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s