Mamma Hadi

Hier is Smurfi se versteurde Hadida, gelukkig sien ek sy’t vir hulp gegaan, slim voël:

“hier is ‘n foto van my Hadida mamma wat onder ‘n skyn swangerskap verkeer het vir lang tyd so op die nes gesit, elke dag maar  daar gebeur net mooi niks nie!  Hoe meer ek haar vetel sy het blykbaar ‘n skynswangerskap het sy net dit geignoreer en voort gebroei.    Pappa Hadi het maar op en af ge march en een sigaaar na die ander gerook op afwagting vir die groot seun se geboorte!  …. Maar helaas niks!!   Ek sien sy het nou maar opgegee en ek het haar oortuig om maar ‘n sielkundige te gaan spreek o moor die skynswangerskap te kan kom,  … shame man dis tragies.” – Smurfi

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

8 comments on “Mamma Hadi

  1. Bella sê:

    WHAHAHAHA. SHAME !!!!!

  2. Bella sê:

    Môre almal.
    Smurfi.. Sy is te oulik.

  3. Skoor sê:

    Dank vader vir ‘n skyn swangerskap. Ek hou NIKS van hadedas nie, hulle skeit teen my mure en raas as ek nog slaap en vreet my erdwurms en jaag soms my katte met hulle lang snawels.

  4. Cupcake sê:

    😆 😆 😆 Skorie!!!!!

    Hulle het die ingeboude gawe om die Sondagmore van babalaas teen die spoed van witlig verby jou venster te “skeit” en dan lag hulle blykbaar hul eie gatte af oor jy jouself sopas in ‘n ander kerk in geskrik het van daai yslike geskree …. een minder om oor te worry …. sorry Smurf 😉

  5. Smurfi sê:

    JUlle praat waar, maar my twee hadis is nogal heel beskaafd hoor, hulle eet hondepellets wat ek in water week totdat dit sag is, (hierdie het hulle uit gekies as ‘n 5 ster hotel hoor! ) kom roep my by die agterdeur tot ek hul kosbak gaan volmaak dan wandel dit daar al om die swembad, en bewonder hulself in die getinte glasskuifdeure wat na die swembad toe uit lei. MAAR ek moet sê dit lyk gewoonlik of daar ‘n paintball geveg op die swembad se paving gehou was, net sulke groot wit blertse oral 😆 Nee wat, Ek dink die tweetjies is so bederf as plakkers hier by my, hulle sal nie oorleef sonder hul kos so op ‘n skinkbord nie! 😆

  6. Bella sê:

    Skorie en CC.
    Gelukkig hoor ek hulle net en sien hulle maar min. Raas kan hulle goed doen.

  7. Smurfi sê:

    Bella! Jy sal nie glo nie pappa Hadi is besig om weer stokke aan te vlieg!! Die dom ou reken seker dit is die nes se skuld dat sy groot seun en erfgenaam toe nie gebore is is nie 😯 Liewe vaderland ,…lyk my ek sal hom ook nou by die sielkundige of by ‘n vertaliteits kliniek moet uitkry, moontlik is die ou steriel! 🙄 Ag wat dalk laaik hy maar net die geoefen vreeslik 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s