Dankie tog!!!!

Voel jy so na die week?  Moenie worry nie, net ‘n paar ure oor voor die naweek begin!  Lekker rus en asb. tog ouens laat ons nie te veel party hier in die kebuis oor die naweek nie, netnou voel ons teen Maandag so 😆

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

24 comments on “Dankie tog!!!!

  1. Cupcake sê:

    More more Kebuis Diertjies!

    Ingrid, ek is bevrees ons gaan dalk bietjie party ………… julle hoor net gou hier …

    MY RAYKIE KOM DALK REGTIG PERFF TOE!!!!!!!!!!!!!

    Ons is besig met event co-ordinators, hulle wil net inspring en reel! Die ou wat vir … erhm … *kug* … Kurt oorgebring het (bless his heart), stel baie, baie belang!

    Oooooooh julle moet styf duime vashou seblief, ek het al klaar die tafel reg en die kenfruit bottels is vol …….. 😆

  2. Ingrid Marais sê:

    😆 so bly vir jou Maatjie! Jy sal moet fodies stuur!!!!!!!

  3. Bella sê:

    CC. My duime en vingers is gekruis. Ai maaikie ek hoop regtig hy kom daar uit. NET VIR JOU PART. Stuur hom net weer terug Samblief. Die generaal sing mos volgende maand hier. Mens ek tel al die dae af. Hou ons op hoogte hoor. O ja my dogter e-mail Raykie se agent gereeld. Ek sal haar sê om ook dit te noem dat julle hom graag daar wil hê. Lekker daggie hoor. Ek gaan gou bietjie shop.

  4. Bella sê:

    Ingrid die prentjie is te cute. 😆

  5. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek stuur binnekort ñ posduif hoor. Ek is amper klaar met die storie. Sal jou darem nie te veel pla nie. Ek weet ek gesels baie. 😆

  6. Ingrid Marais sê:

    Bella, jy pla nooit, dis so nice om jou hier te hê, jou geselsies is altyd welkom. Ek sien uit na jou posduif. 😆

  7. Bella sê:

    Thx Ingrid.
    Ek sal oor die naweek ñ posduif stuur dan kan jy maandag laat weet of jy dit gekry het. Ek weet julle het nog werkies daar by die nuwe nessie.
    Is jou e-mail adres nog dieselfde wat jy gegee het toe jy begin het met blogging?

  8. Cupcake sê:

    Baie dankie Bellakie! Sal maar moet sien van die terug stuur …… 😉 Julle moet vir Generaal geniet hoor. Ek sit nou hier en tik met sulke dikke ogies, my Kannetjie is alweer bos toe vir kamp ….. wanneer word dit makliker? As daai bus so wegry dan kan ek nie meer die trane knyp nie ai tog.

    Bellakie, kan ek ook maar ‘n ou posduifie kry seblief? Jy kan NIE meer praat as ek nie, belowe jou 😆 ons sal lekker klets. Ingrid kan vir jou my addy stuur as dit reg is Nomsa’kie?

    Julle moet almal lekker naweek he, Ingrid maatjie, special nice ene vir jou hoor!

  9. Smurfi sê:

    Hallo julle kebuismaatjies.

    Ingrid dit is nou die cuteste poegaai hondjie wat ek nog gesien het!!

    Onse Generaal skryf darem die mooiste liede ooit!!!

    Lees nou die Malpitmuti se woorde en dit is so goed geskryf.

    Gee my malpitmuti vir die poegaaikind. En ‘n splinternuwe donkie vir klaasgeswind. En ‘n dubbel dosis disprin om die bloed te verdun. Want my hartjie klop weer swaar want hy staan weer punt.

    Na daai plekke waar ons alles vir mekaar wou vra, en nog ‘n bietjie asem om ons woorde te dra. Het ons beloftes daar begrawe vir as die Kaap sou vergaan. By ‘n bordjie duskant Stompneusbaai wat altyd sal staan.

    Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog. Ek staan soms op die skouers van die reuse daarbo. Maar ek wens so ek kan ons s,n bly en ons ewig jonk. Maar ek voel eers ek kan alles doen. As jy my liefling noem.

    Gee my warmpitrissies en ek hoop dit brand. Al die prentjies gou-gou weg soos in ‘n ou koerant. Maak die smaak in my mond liewer niemandsland. Want jy dans weer op my lippe onder Waenhuiskrans.

    ‘n Kraakvars nuwe bladsy wat ek om mag slaan. En ‘n dubbel dosis Witblits as my enjin gaan staan. Want as ek nie meer jou liefling isnie, is ek gedaan. By ‘n bordjie duskant Stompneusbaai daar sal ek staan.

    NET STEVE HOFMEYR KAN SO MOOI GOED SKRYF!!!

  10. Smurfi sê:

    Cupcake,

    ek dink Ingrid moet sommer my e-mail ook vir Bellatjie onse boklammertjie stuur ek hou van mense wat baie kan praat en sy mag maar enigetyd my e-mail adres kry.

    Bella,
    Hierdie nuwe CD. van Steve “duisend en een” het sekerlik van die mooiste songs en woorde ooit. Een ding,… skryf mag hy maar skryf en beslis skryf hy nie “bokkie sokkie toktokkie” treffers nie. Daar is beslis te veel talent as om twak te skryf. Elke stukkie werk daarop is ‘n gedig op sy eie nie net nog ‘n song nie…. talent! talent !talent ! Ek kan dit oor en oor lees en dit bly net pragtig. Nou wonder mens, hoe oortref hy die CD. met die volgende een? … Maar glo my hy gaan en hy kan!!

  11. Bella sê:

    CC en Smurfi.
    Ingrid kan enige tyd die e-mail adres vir julle gee. Daar is partykeer goed wat ñ mens nie op die blogs wil praat nie. Ek sal oor die naweek vir Ingrid die posduif stuur.

    CC. Maaiki die kinders is al groot dan is die hartjies maar nog altyd seer as die kinders nie onder ma se oge is nie. Sterkte, die naweek sal gou verby gaan dan is seunie terug.

  12. Bella sê:

    Smurfi. Jy praat mos nou ñ waar ding. Hy is vir my die beste liedjie skrywer. Hy vat sy tyd as hy skryf en bring nie sommer elke jaar ñ cd uit net om geld te maak nie. Ek kan ure na die woorde luister sa hy sing. Nee wat niemand kom naby hom nie.

  13. Bella sê:

    Sa……..as. Sorry.

  14. Bella sê:

    Daai waenhuiskrans waarvan Steve sing is so ñ pragtige vakansie plekkie. Ons voetspore lê versprei daar. Het baie daar gaan vakansie hou. Okey maaikies lekker naweek vir julle en die lesers. Sal darem so af en toe inloer.

  15. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek het vergeet om jou te vertel my dogter vertel my laas week dat Steve se blog daar waar almal boodskappe los op facebook het nou al oor die 50, 000 lede. Dit beweeg al na 55, 000 toe. Sy sal weet sy boer daar. Sy los ook gereeld ñ boodskappie daar. 😆 soms antw Steve terug.

  16. Bella sê:

    Ek het die verkeerde getal hierbo, dis meer daar is al amper 60,000,

  17. Smurfi sê:

    Wys jou net wie is nog maar steeds SA. se top sanger, onder die manne, maar solank as wat Huilgenoot al die toekennings uitdeel sal Steve nooit eers in hul lysies verskyn nie, so die ander moet maar geniet om al die Tempo (Huilgenoot) toekennings te ontvang. Skouspel en al daardie dinge is maar Huilgenoot se goeters.

  18. Smurfi sê:

    Die klein brakkie hierbo is so opvreetlik mooi, mens wil hom net optel en drukkies!!

    😆 Lees ek nou in BEELD van JACK PARROW 😆

    Hy word woes gelaaik op Facebook
    2010-09-03 22:29

    Ek sal nooit dat my eie kinders na my musiek luister nie.”

    So sê die Afrikaanse zef-rapper Jack Parow

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Hy-word-woes-gelaaik-op-Facebook-20100903

    Ek het een keer ‘n lied van hom gehoor en wragtig dit is die heeltyd die ô klanke waar A klanke moet wees,… julle weet soos in My mô en my Pô het vir oons ‘n Strônt huis gekoop 😆 Dan praat hy glo Afrikaans, hy roem daarop hy “rap” in sy Tôôl. Maar die kinners gaan môl oor hom want hulle prôt ook so 😆

  19. madele sê:

    Ek lyk dan nou al VOOR die naweek soos daardie hond!!!

  20. Bella sê:

    Smurfi.
    Jack Parow. Ga..sies. Ek is seker nou lelik, maar ek laaik sy musiek NIKS.

  21. Bella sê:

    Madele.
    Ek dink baie van ons lyk so voor ñ naweek. 😆 lekker naweek vir jou hoor.

  22. Bella sê:

    Ai bokke, dit was amper.

  23. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek’t jou duifie gekry en een terug gestuur.

  24. Bella sê:

    Môre Ingrid en al die kombuismense.
    Ingrid ek het dit gekry hoor. Dankie!!!
    Nou weet ek darem dit is reg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s