Jurie gooi modder

http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Jurie-kruis-swaarde-met-kunstenaars-20100906

Ek het een baie groot probleem met hierdie boek.  As jy jou lewensverhaal wil vertel, vertel hom dan, dis jou storie, nie Sonja Herlodt se aborsie of Patricia Lewis wat jou nie na haar troue toe genooi het nie.  Dis jou storie en klaar.  Dan kom Jurie en vertel watter tipe seks Robbie Klay met meisies wou hê!  Wat is die relevansie hiervan in sy lewe.  Die rede vir die boek was glo:  Els dra sy boek op aan sy kinders, Chrizette en Jason John, “sodat hulle eendag kan verstaan waaroor alles gegaan het”.  Ekskuus, sodat hulle kan weet wat in ander mense se lewens aangegaan het of sodat hulle kan weet wat in jou lewe aangegaan het?  Ek vra maar net.

Die ander storie wat die naweek gebreek het is oor Rudi en Corlea: http://www.sondag.co.za/artikels/Nuus/DIE-LIEGFABRIEK  Ek weet julle sal vra, nou wat’s jou probleem hiermee.  Dis eenvoudig, hoekom vir die hele land lieg net om geld te maak.  Wat is die verskil tussen iemand wat my bedrieg om my geld in ‘n scam te belê en wat hulle gedoen het?  Enigste verskil is dat die eerste ou kan tronk toe gaan.  Dan kom George Meiring sê saam met Louis van Wyk dat sy loopbaan nie sal skade ly nie.  Seker dalk nie weens die feit dat hy gay is nie, maar ons as Suid-Afrikaners is nie baie vergewinsgesind teenoor bedrieers nie.  Moenie ons vir ‘n gat vat nie en dis wat al twee van hulle gedoen het.  Hy was bang dat sy stem nie goed genoeg sal wees om sy cds te verkoop nie en het daarom ‘n beeld voorgehou wat hy nie was of sal wees nie.  Dit is my probleem met die outjie.

Bella, jou addy vir ons maatjies gestuur, dis maar gewoonlik hoe ek dit doen, dan is die bal in hulle court om te besluit of hulle wil laat weet wat hulle adresse is.

Mooi middag vir almal.

Advertisements

29 comments on “Jurie gooi modder

  1. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek het reeds van CC en Smurfi gehoor. Ek hoop maar net hulle het myne ook gekry. Dankie hoor.
    Ek het van daardie boek gelees. Ek wonder nou hoekom ander mense se verlede ophaal? Sonja het reeds in haar boek vertel van die aborsie wat sy gehad het, en hoe sy elke dag met die pyn moet saam leef. Ek stem saam met jou dit was nie nodig om dit ook in sy boek te skryf nie. Ek sal nou gou die ander “link” gaan lees.

  2. Bella sê:

    Ingrid.
    Ai. Ja wat hoekom het hulle nie maar die waarheid vertel van die begin af nie. Hoekom eers die mense om die bos lei ? Ons sal nou maar moet wag en sien wat vorentoe gaan gebeur.

  3. Bella sê:

    Lekker slaap almal.

  4. Ingrid Marais sê:

    Dankie Bella, ek’s baie bly julle kon by mekaar uitkom. 😆

  5. Bella sê:

    Môre al die kombuismense.

  6. Bella sê:

    Ek het nou so ñ bietjie daar by Beeld gaan lees en sien toe dat Steve se hande verewig is in sement..Hy is vereer vir sy bydrae tot die afrikaanse kunste.

  7. Smurfi sê:

    Hi julle, ek onthou so heel aan die begin van Rudi en Corlea se saam sing, was hulle een keer op Glitterati of dalk kwêla ( kan nie so presies onthou nie), waar Rudi vertel het dat hulle van kleintyd al begin saam sing het by talent kompetisies en konserte, sommer nog tjokkertjies, maar toe het hulle hul gevra of hulle saam is en hy het gesê nee, sy het ‘n ander boyfreind ( of man of wat ookal) hulle is net vriende van kleintyd. Vreemd dat SONDAG dit nou so gaan verdraai het. Hy het nog destyds genoem dat mense dink hulle is ‘n “Item” maar dit is nie so nie.

    Kimberley. – Die sanger Steve Hofmeyr en die aktrise Shaleen Surtie-Richards is hier op die Gariep-kunstefees vir hul bydrae tot die Afrikaanse kunste vereer.

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Hofmeyr-se-hoekom-hy-Nenna-nie-gedruk-het-20100905

    BELLA, Ek stem .. Lankal over due dat Steve erkenning kry!!! Dink net as Huilgenoot hul handjies daar ook in gehad het het hulle dit ook nie toegelaat nie. Gelukkig het Huilgenoot en Esmarie nie ‘n sê daarop nie, Steve is en bly gewildste sanger.

  8. Cupcake sê:

    More Almal!

    Ek wonder hoekom Jurie nie eerder net in die stilte verdamp nie … imo is daar ‘n helse verskil tussen aborsie en aantuigings van pedofelia.

    En …. hallo my kindertjies, hier is vir julle ‘n boekie, sorry dis nie Hansie en Grietjie nie maar kom lees hoe jul Pappa in die hof was op beskuldiging van molestasie ….. siek man!!

    As ek daai grynslag van hom in die koerante sien wil ek GIL! Hy bly eenvoudig ‘n glibberige ding! En wie koop nog sy cd’s 😯

  9. Smurfi sê:

    Ja Steve en Nenna (Shalene Surti Richard) is eintlik baie goeie vriende al vir jare, lees wat sê sy van Steve in die artikel.

    Shalene het gesê sy is een van Hofmeyr se grootste “fans” en sal hom met haar lewe beskerm. So sy is ook in die Steve “Army” 😆 net soos ons fight sy ook vir Steve, mooi shalene,!!! wys jou staal., bogger die kwak stokers.

  10. Bella sê:

    Hi. Smurfi en CC.
    Kry julle my e-mails. Ek antwoord elke keer as ek van julle hoor. Ek sukkel nog bietjie die kant, maar ek sal nog ñ pro raak. 😆 dis maar moeilik op die founkie.

  11. Smurfi sê:

    Hallo Cupcake, Ek dink reeds dit is oor niemand sy CD’s koop wat hy nou so ‘n toertjie try trek. ( Hy bly maar net vir my grillerig) Ek het nog nooit van ou Jurrels gehou nie en veral nie as hy so op ‘n video met daardie stupid smile geloop en sing het nie. Ek onthou ek het op ‘n stadium so pampoentjie ornamentjie in die kombuis gehad , met so dom stupid smile op sy gatseggie , en die pampoentjie se naam was Jurrie Els, toe die pampoentjie eendag val en breek was dit een moerawiese grap dat ou Jurrie sy alie gesien het. Daardie stupid smile van ou Jurrels was al ‘n familie joke gewees 😆 😆

  12. Bella sê:

    Ek stem saam Smurfi. Elke erkenning wat Steve kry verdien hy. CC. Ek dink Jurie probeer nou alles om sy boek te bemark. Nee wat dit gaan nie werk nie.

  13. Smurfi sê:

    Bellatjie, Ja ek het jou antwoord op my e-mail gekry, die een wat jy geneom het dat jy my e-mail ontvang het. So dit werk, nou kan ons gesels, ek het reeds vanoggend vir jou so ietsie ge-mail.

  14. Smurfi sê:

    😆 😆 CC. Ek lag nou lekker oor die “Hansie en Grietjie” storie vir ou Jurrels se kinnertjies!!!! Hy moes dit dalkies eerder “kinnerspeletjies” genoem het. Julle weet mos as kinners het ons almal mos kleilat, wegkruipertjie, en hop scoths gespeel. en 123 blog myself ens. 😉 of iets soos “ek onthou, al die kinner speletjies voor TV. … 😕

  15. Bella sê:

    Smurfi. Ek het dit vanoggend gekry. Lekker gelag ook. Het een terug gestuur. Sal maar sien of jy dit gaan kry. Ek het self lekker gelag vir CC se beskrywing van Hansie en Grietjie.

  16. Skoor sê:

    ek het ‘n lang reply getik en toe ek send druk, is die konneksie af.

    donir!

    nou het ek nie krag om weer te biets oor Jurie en te se ek love Rudi en Corlea nie.

    en om te se die media gee vir ons en ons vreet soos voeltjies alles wat opgedis word.

    lekker dag tafelsitters

    😉

  17. Cupcake sê:

    Hello Smirfi, Bellakie, Skorie!

    Ek het hom gekry Bella, baie dankie! Jy en my Moeksie het die mooiste naam 😉

    Smurfi, na hulle al hul ou cd’s en leerbaadjies hier op die net gesmous het vir geld, nou skryf hy sy slaaptyd-storie boek gmpf! Ek drop sommer my beste Sondag tee china as ek sy gevreet sien, ongelukkig het ek nie ‘n pampoentjie nie 😆

    Ek moes skree van die lag oor sy comment oor die “makeúp”, daai’s nog niks, ‘n man met ‘n wit broek, wit skoene en ‘n rooi hemp moet toegesluit word …… verkieslik nog voor hy begin sing …….

    Feeeeeel the Luuuuuuuv Jurels en Toodels!! (En nee, dis nie die liriek vir nog een van jou snik songs nie, dit meen draai noord …. en verdamp)!

  18. Smurfi sê:

    Skorie,

    Ek stem Rudi en Corlea is puik sangers, sy het natuurlik die sterkste stem van die tweetjies maar hulle sing uit die boonste “gestoeltes” soos oom oubaas sou së daar in 7de Traan. Sondag was weer net lus vir skinner en strooi verkoop.
    More is jy dalkies weer lus om vir ons ou Kombuissitters ‘n lang briefie te kom skryf 😉

  19. Bella sê:

    CC. Dankie hoor. Ek het nou te lekker gelag vir jou comment hierbo. 😆

  20. Bella sê:

    Smurfi. Ek het gekry hoor. Whahahaha. Daai ou gebruik seker net engels vir selfverdediging.

  21. Bella sê:

    Ek werk nou lekker in die tuin. Moet alles reg kry vir die somer. Dis ñ lekker sonnige dag buite, maar in die huis is dit koud. Ai, dis darem lekker om so in die grond te werk.

  22. Cupcake sê:

    Ai Bellakie, geniet jou tuinwerk! Hier bibber ons vanaand, is agt grade en dit sous en die wind van die see af is bitter koud!

    Geniet dit en plant mooi-mooi’s vir die somer. 😆

  23. Bella sê:

    Cupcake.
    Ek maak so. Ek lief mos vygies. Die tuin lyk darem mooi so met verskillende kleure en dan my gunsteling angeliere !!!! Dis mos alweer slaaptyd daar by julle. Lekker warm duks en kruip maar diep onder manlief in vir hitte.

  24. Ander naam vir Jurie en sy vrou: Singer en Springer 🙂

  25. Ingrid Marais sê:

    😆 welkom stefaniewerth

  26. johanna79 sê:

    ok so weti wat die rudi corlia storie is nie quite frankly het hulle nog altyd bietjie soos n gay outjie en sy sussie gelyk so ek kan my nie daar oor uit laat nie. Oor ou jurels het ek dit te se, hey jy regtig so min wat in jou lewe aan gaan dat jy ander se sappige stories moet uit dis, wat gaan sonja en patricia nou eendag in hulle bio skryf. Hys n eenvoudige klein mannetjie en die beste move wat hy ooit gemaak het is die move australia toe. Ek persoonlik sal nie R2.50 vir daai stuk gemors betaal nie maar ongelukkig is daar so veel jurels aan hangers wat wel danville cna se drumpel gaan deur hardloop om hulle vroe kers inkopies te doen.
    Ek vra omverskoning as ek nou op enige tone getrap het maar soos ou coenie my pa se least favorite is is jurels myne, dan luister ek eerde kurt. En die wat my ken sal weet.

  27. Ingrid Marais sê:

    johanna79, dalk is dit jou naam, nee dis jou skryfstyl. ek like jou, welkom by ons. ja ek kan ook nie dink dat ek daai boek sal koop nie, let alone nog lees en ek het ‘n reel as jy ‘n boek koop moet jy hom lees. jy kan nie boeke op jou boekrak he en nie weet wat daarin staan nie.
    frankly het ek nog nooit na rudi hulle geluister nie, ook nie gekyk nie, sien maar net die ads, ek like maar net nie mense wat ander mislei nie en nog erger om geld daaruit te maak.

  28. johanna79 sê:

    baie dankie ingrid ek moet dieg die is die eerste van jou blogs wat ek ook lees, ek dink my ou taante anna volg eintlik joune maar nou ook ek.

  29. […] hart… vVandag by die werk het ons n klein bespreukingtjie oorIngrid se jurels inskrywing https://ingridventer.wordpress.com/2010/09/06/jurrie-gooi-modder/ om onseie kombuistafel gehad… Toe moes ek met n skok hoor dat die ander groot nuus die […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s