Vol naweek, onheilige alliansie, Opinie

Dagsê

Waar begin ek?  Kom ons doen die kinder ding eerste.  Vol naweek saam met hulle gehad, nuwe beddegoed uitegkies:

Amber het vir Hanna Monatana gekies, sy sou eerder High School Musical wou gehad het, maar ongelukkig was dit reeds uitverkoop. 

Sy glo mos Troy is opvreetlik oulik 😉

Simone smile steeds groot wit tande oor Barbie, moes vanoggend trane afvee toe daar vir haar gesê is om haar polar fleece kombersie, wat deel van die stel was, te gaan bêre.  Dit was minder trane as wat daar sou wees as die kombers dalk by die skool gesteel word.

Quinton het bloy met sokker spelers in wit, hoe dan nou anders so net na die wêreldbeker, alhoewel hy Ben Ten sou verkies het, of ‘n musiek tema.  Ja, ons kan ook nie altyd alles kry wat ons wil hê nie.

Shandre het ‘n redelike abstrakte blou met sirkels op gekry, daar was nie werklik iets wat by haar persoonlikheid gepas het nie.  Sou graag ‘n natuur toneel of iets dergliks wou kry.

Dan was ek natuurlik bederf soos altyd.  Hannie noem dat sy vir my wil blomme koop, het mos al so ‘n verrassing werk toe gestuur, ek raas en sê hulle gaan dood gaan en dan is die geld gemors.  So word daar toe natuurlik ‘n ander plan gemaak en kry ek sommer drie bosse blomme wat nie sal doodgaan nie:

Die mooiste Bleeding Heart, een van my all time favourite sub-tropiese plante, net so reg vir die plekkie voor die venster in ons wit slaapkamer.  OK, ons is nog besig om hom wit te maak.  Ek het deesdae ‘n ding met wit en baie, baie, baie lig.  Dus wit en groen vir lewe en rustigheid.

Natuurlik die mooiste African Violets vir ons badkamer.  Ongelukkig is die kinders se badkamer baie donker en sal plante so effe sukkel om daar te oorleef.

Dan natuurlik die mooiste potroos, sodat daar elke dag mooi rose in my lewe kan wees. 😆

Oppad terug huistoe gou by S in Northworld ‘n draai gaan maak.  Dit is altyd lekker om met haar te gesels, sy gee jou altyd iets om terug te vat en aan te dink veral wat kinders grootmaak betref.  Dis ook goed vir Quinton om te sien watter rol hy as seun in ons gesin speel.  Die kinders het hulle opgespeel op die trampoline en Amber wou net met alle geweld vir klein Josh huistoe bring, hy’s vier maande oud en te pragtig vir woorde.

Onheilige Alliansie:

Dit bring my by die volgende punt.  Ek wil julle net vertel dat my vrou en Cupcake besig is met ‘n diepe onheilige alliansie hier 🙄  Op sluit moes daar fotos vir Cupcake geneem gaan word van ene bodytjoklit outjie nogals!  (daar’s nog ander goed waarvan ek julle eerder nie eers sal vertel nie)  😆

Cupcake my mater, die is spesiaal vir jou, Hannie het selfwers in die son gestaan om dit vir jou te kry, ek sal jou nog ‘n klompie stuur.  Ongelukkig kon ek nie die video boodskappie vir jou kry nie, die stupid batteries het ingegee net mooi op die kritieke oomblik, maar Ray kyk uit vir jou daar in Oz:

Een van die mooie daggies sien jy hierdie banner daar by julle op die verhoog, beter nog:

Ek watch vir jou Cupcake ne 😉

Nee, ouens alle grappies op ‘n stokkie, ja Hannie het dit spesiaal vir onse Cupcake gedoen, maar hulle alliansie is nie onheilig nie, dit wys net weer hoeveel my Hannie omgee en mense gelukkig wil maak, sy sou nooit in die verlede vir ‘n paar uur die son trotseer het net om vir Ray te sien nie.

Nou my gevoel oor hierdie 32jarige man.  Het nog altyd net van Jessica en Dis Verby geweet, maar ek was werklik aangenaam verras.  Hy’t ‘n great verhoog persoonlikheid, van sy songs het regtig mooi woorde. Ja, dit was die moeite werd gewees.  Sal beslis in die toekoms meer na hom luister.  Mooi so Ray, jy mag maar.

Opinie

Darem was daar iemand in die geselskap wat my weereens laat dink het hoe vinnig en impulsief ek soms dinge kan kwytraak en hoe dit soms terug kom na ‘n mens toe om jou te laat dink daaroor, nie noodwendig was dit wat jy in daardie stadium en in daardie konteks gesê het verkeerd nie, dit was doodeenvoudig dat iemand aan jou kon bewys het sonder dat hy eers probeer het dat sekere kwaliteite so inherent deel van ‘n mens is dat dit altyd mooi sal wees.  My pa het altyd gesê:  as jy wil weet of ‘n man ‘n goeie mens is, kyk hoe hy met kinders en diere werk; en ek het gesien dat daar ‘n jong man is wat ‘n k*k deal met tye van die lewe gekry het, ‘n jong man wat in ‘n stadium so verward was oor wie hy werklik is dat hy dom impulsiewe dinge gedoen en gesê het, maar ‘n jong man met ‘n ingebore wilskrag om homself te bewys.  Iemand wat nie gaan sit het en gesê het:  ek’t ‘n raw deal gekry nie en ek gaan nêrens kom nie.  Nee hierdie jongman het die challenges, sommiges van sy eie pa af, gevat en besluit:  ek sal julle wys ek kan en hy kan voorwaar.

Hoe vinnig vergeet ons nie dat mense net dit is, mense, ons is veronderstel om te verwag dat hulle foute maak, ons vergeet dat kinders, kinders is en gun hulle nie die kans om kinderfoute te maak nie, ons vergeet dat tieners, tieners is, voorvaarend, eiewys met die wêreld se kennis en mag en ons gun hulle soms nie daai geleentheid nie.

Vriende mag ek julle voorstel aan iemand wat ek met trots vandag hier wil noem vir wie hy is:  Ek bied aan julle Armand (net Armand, die feit dat hy Armand Hofmeyr, Steve se seun is maak nie vandag saak nie) die jong man wat tyd het om om klein seuntjies te speel, wat jongmens is, maklik glimlag en ‘n blink toekoms voor hom het. 

Armand, seun, hierdie antie skud vandag jou hand en sê vir jou; jy het ‘n mooi paadjie voor jou om jou eie voetspore in jou eie skoene te stap.  Geniet jou jeug, geniet jou vriende en wees die mooi vriendelike jongman wat jy geword het.  Niks in die lewe mag jou ooit terughou van jou drome nie, jy het dit aan jouself heel eerste bewys.  Mooi so.

Ek gee vir jou hierdie woorde:  The purpose of our lives is to be happy.  Happiness is not something ready made. It comes from your own actions.
Dalai Lama

OK, nou het ek darem erg baie gepraat vandag.  Hoop julle het ‘n mooi dag verder.

Advertisements
This entry was posted in Mense.

12 comments on “Vol naweek, onheilige alliansie, Opinie

  1. Cupcake sê:

    Ek het regtig nie woorde nie, Ingrid en Hannie????

    Julle is dierbaar en so VERSKRIKLIK BAIE, BAIE, BAIE DANKIE!!!!!!!!!!!!

    Ooooooh julle maak my dag. Hannie duisend dankies vir jou staan in die son, en ag …. die boodskappie, dis oneindig dierbaar van julle!! Kan dit net nie glo nie!!

    Kyk, die krag hier by ons kan nou maar weer afgaan, nie eers dit gaan my aura blou maak nie, my smile gaat reg rondom 😆 …… oor die prentjies in my kop gaan ek sharrap!!

    JULLE IS GREAT, SO BAIE DANKIE!!!!!!!!!

    Whoooo Hooooo ♪ ♫ ♫ Jessicaaaaaaaaaa ♪ ♫

  2. Ingrid Marais sê:

    CC ek stuur jou ‘n posduif met sommer nog ‘n hoop fodies! Ek het vergeet om te sê jy moet op die uitkyk wees, hy’t Sondag sy dvd gelaunch!

  3. Cupcake sê:

    Eish ek word baja, baja bederf hierso! Duisend dankies weer julle twee!

    Ek sal beslis uitkyk vir daai dvd dankie Ingrid!

    Tussen my gesnik en ekstase deur, lees ek mos jy tik 23-jarige jong man ……. nou bel ek vir Mr CC en ek se vir hom, aikona, ekke kan mos nie die jonge man vol tjoklit wil gaan smeer nie, hy’s dan nog kind …….. 😯

    Maar toe gelukkig gaal lees ek weer (en weer en weer 😆 ) en sien hy is darem 32!!!!! Hhhhmmmmmm …..

    Die Bekkies se beddegoed is pragtig Ingrid en jou plantjies net so! Jul naweek klink absoluut stunning!

    Aan my Allianse Mater : YOU ROCK! 😆

  4. Ingrid Marais sê:

    Cupcake ek belowe jou dit was net ‘n plesier gewees en ja soos ek sê die lewe het ook hierdie geleentheid gebruik om my ‘n les of twee te leer. Wysheid kan nie gekoop word nie en as jy jouself net oopstel sal jy dit so maklik bymekaar kan maak.

  5. Smurfi sê:

    Cupcake,

    SOOOOOOOOO!!!!!! bly jou Raytjie gaan vir jou kom sing so spesimiaal!!!

    Ingrid ek het wraggies nog nie eers een lied van Armand gehoor nie! wil so graag, hoop nie die koerante gaan hom ook so aanhoudend aanval en afkraak nie.

    Die woorde van die DALAI LAMA is so waar, …. maar meeste van die kere is dit ander se actions wat jou seermaak sonder enige actions van jou kant af nie, en klap die wind so uit jou binneste dat daar nie eers meer lug oor is nie…. en dit kom nou van die Dalai SMURFI 😉 die ene sonner die lammertjies 😆

    The purpose of our lives is to be happy. Happiness is not something ready made. It comes from your own actions.
    Dalai Lama, he forgot to say.. other peoples actions can and will make someone very un happy, moontlik het hy teen die tyd al Altzheimers 😉

  6. Smurfi sê:

    BELLA, HOOP DIT GAAN GOED DAAR MET JULLE SAAM, DINK HEELDAG AAN JULLE!!! Laat weet sodra jy kan … Al Lamajie wat ons het is on se eige ou Bella onse boklammertjie, ♪ ♫ ♪ ♫ You’re our friend and we will stand by you! ♪ ♫ ♪ ♫

  7. Bella sê:

    Hi almal.
    Ek het gister ñ besige dag gehad. Dankie dat julle so aan my gedink het. Ek wil darem net laat weet alles is okey. Bella is baie dankbaar.
    Smurfi ek het die posduiwe gekry.

    Cupcake ek is soooo bly vir jou. Hannie is voorwaar ñ Engel. Jou Raykie maaikie hier is so opgewonde vir jou part.

    Ingrid sy het dadelik vir musica gebel dat hulle tog vir haar moet laat weet as die dvd op die rakke is. Sy is mos al ñ ou kliënt van hulle so met Steve en Raykie saam.

    Die kinders se beddegoed is pragtig,
    lekker dag vir julle almal. Gesels weer later.

  8. Cupcake sê:

    Hi Bellakie,

    Baie bly om te hoor alles is okey, ons hou duim vas tot alles honderd persent is.

    Ja ek is nog in skok, dit was dierbaar van Ingrid en Hannie ne? He he, my dvd is klaar op pad 😆 ek sit al by die posbus en wag … en my puter se screen het al sulke duike in soos ek fodies kyk 😉

    Lekker dag julle!

  9. Ingrid Marais sê:

    Bella ek is baie bly vir julle. Bella, jy’s so reg en die beste van alles is dat dit my eie persoonlike Engel is daardie. 😉
    CC, ek kan glo jy sal nie kan wag nie. 😆
    Smurfi, waar wat jy daar praat, maar die sadste van alles is dat ons soms daardie selfde helsims toelaat om weer en weer ons geluk te kom steel. Dit is wel so dat ander mense ons ongelukkig kan maak, maar as ons ‘n veilige plek diep binne onsself het waarheen ons kan gaan in so ‘n tyd sal daar darem altyd ‘n mate van aanvaarding en rustigheid, vrede en geluk wees. Ek sal gaan soek, ek het ‘n wonderlike meditasie stuk wat baie goed werk om so ‘n plek te skep en waarheen ‘n mens kan gaan om net daardie stukkie rustigheid te kry om weer helder genoeg te kan dink om voort te kan gaan.

  10. G sê:

    Baie dankie vir dit wat jy se oor Armand, sy moeder gaan trane in haar oe kry wanneer sy dit lees.

  11. Ingrid Marais sê:

    G ek weet nie of jy my ken nie, ek is nie iemand wat maklik loop en komplimente gee nie, ek gee eer waar dit toekom en dit wat ek vir en van Armand gesê het, het uit my hart uit gekom.

  12. Kruppelkriekkie sê:

    Ek stem 110% saam met jou oor Armand. Hy verdien elke greintjie sukses wat na sy kant toe kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s