‘n Spesiale posduif!

Daar kom land so ‘n pragtige spesiale posduifie toe mos nou hier, nee sommer twee!  Die enetjie is vreeslik baie spesiaal en ek het hom terug gestuur met ‘n spesiale drukkie en ‘n pink lugballon na die sender.

Die ander een wil ek met julle kom deel, want dis iemand waaroor julle almal gevra het:

Eskuus. Dit gaan dol hier. Baie weg van die huis. Nou terug gekom en het ‘n virus op my rekenaar. Kan glad nie op die internet kom nie.

Seker maar ook beter so, want ek het nog baie werk. Rekenaar sal hopelik na die naweek reg wees.

Mis julle ook. Hoe gaan dit met Bella se man? Is hy al weer geopereer? Groete daar aan almal.

Groete

 Willa2

 

Advertisements
This entry was posted in Mense.

29 comments on “‘n Spesiale posduif!

  1. Bella sê:

    Ahhhh. Willa2. So bly om van jou te hoor. Dit gaan goed maaikie ons mis jou net verskriklik baie. Kannie wag dat jy weer saam gesels nie.

  2. Bella sê:

    Ingrid. Ons sal jou verskoon met die ander posduif. Ons verstaan dis mos bietjie privaat 😉

  3. Bella sê:

    Ingrid. Dis nou as dit van Hannie afkomstig is.

  4. Smurfi sê:

    WILLA!!! ((((((((((((((((((( DRUKKIE )))))))))))))))))))) vir jou van al die Kombuis maatjies!!!! ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ Ons was al dood gekommerd oor jou!! SOOOOOOOO!!!!! bly jy is nog OK.

  5. Smurfi sê:

    CUPCAKE, Ons mis jou net so vreeslik en vir jou ook een ((((((((((( DRUKKIE ))))))))) met ‘n pragtige strikkie en alles.

    Ek het nou al die SPCA uit gestuur om onse verlore BOBBEJAANTJIE te gaan soek innie bos, Ons vermis ons Bobby-apie vreeslik. Dalkies het sy verlief geraak op ‘n mooi nuwe Bobbe-apie mannetjie en ‘n ander trop gaan join. 😕 Apie ons soek jou!!!

  6. meermin sê:

    ougat!!

  7. Cupcake sê:

    Hallo Julle!

    Ek pop gou in vir so vinnige koffie’tjie, pfffft, ek gebesig baja!

    Willakie man, jy moenie weer so lank wegraak nie, ons het jou so baie gemis! Welkom terug!

    Ingrid, Smurfi, Bellakie 😯 ai jai jai jai jai ……. het die lelike mense nie blogs waar hulle kan gaan klots nie?

    Oom SiesManiere, jy moet oppas wie jy soustannie noem jong! Ek is nie dik nie oompie, ek is vinnig …… ek druk jou kop in jou derriere in op ne, en rol jou drie keer om die *kug* Lions se rugbyveld, voor jy agterkom jou kouse is eintlik van die Stormers en jou outfit maak nie sin nie!

    Blou Ballon, welkom hier in Ingrid se Kebuis!

    Baie drukkies vir almal, mis vir julle net so erg!!

    O ja, en Bellakie se special Boklammetjie, “mhaw”, baie dankie vir my posduif, ek antwoord asap!

  8. Ingrid Marais sê:

    Bella, dit was van ‘n baie spesiale cyber maatjie, met ‘n baie groot eina, dit maak sommer dat die seer so tot hier kom, tyd en tyd alleen sal kan help om dit beter te maak. Ek was nie seker of sy die posduif al gekry het nie, maar ek weet sy sou hier kom loer het, soos sy altyd maak. 😥

    CC dankie vir jou duifie, een terug gestuur.

  9. Bella sê:

    Cupcake.
    Lekker om van jou te hoor. Nee wat jong ons skrik nie vir daai koue pampoen nie. Hy moet maar iewers anders sy gal gaan braak. Ek het nou lekker gelag vir jou.

  10. Bella sê:

    Ingrid. Sorry hoor. Ons hoop almal dat daardie eina gou weer beter sal word.

  11. Smurfi sê:

    Geen wonder dit reën hier by ons nie!! Cupcake !!! Jy sien,.. geweet daardie drukkie met die mooi strikkie gaan werk!! 😉

  12. Ingrid Marais sê:

    Bella, dis alles reg. Ek wens net in sulke tye dat ek so ‘n mooi towerstaffie het om almal se seer weg te vat.

  13. Bella sê:

    Ingrid. Ek wou mog vir jou vra, weet jy meskien wat het van Flints geword. Ek gaan kyk elke dag daar vir ñ lekker storie maar helaas niks. Dalk is hy maar net besig op sy facebook. Ek mis hom.

  14. Bella sê:

    Mog…….. Nog.

  15. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek sal my PI hoed opsit en gaan soek na Flintie, wonder nou net waar’s Bobby, dêmit hoe’t sy nou gedink wie gaan die venters was?

  16. Bobbejaantjie sê:

    Hallo julle! Julle sal my nie glo nie, maar ek het nou al seker 5 keer begin om ‘n entry te tik en dan gebeur daar weer iets en dan moet ek weer eers daarvan vergeet. Wee jy! Darem nou rustiger. Eerste dinge eerste: Oom Siesmaniere jy is ‘n regte Urk. Met ander woorde jy sit en poep in die bad en hap na die borrels. Verbeel jou om so lelik te wees met so ‘n pragtige mens soos ons Ingridjie. Tweedens: Long time no read Willa2. Bly jy’s soort van terug. Derdens: Smurfels ek het darem nie weggeloop met ‘n ander Bob nie jong. Ek het mos my ou mak bobbejaan by die huis. Vierdens: Het ek vergeet wat ek wou sê. Luv julle almal!

  17. Smurfi sê:

    Ag dankie tog Bobbejaantjie dat jy nog so lief is vir jou “mak Bobbejaan” by die huis!! Jissie ek het geworry dat jy so mooi ou jong bobejaan gevat het en verdwyn het. 😆

    Bobbejaantjie nou moet die geheue net weer terug kom sodat jy kan onthou wat jy wou kom sê het 😆 Bly jy is terug hoor!!! ((((( drukkie vir jou ook )))))

  18. Smurfi sê:

    Weet julle wat? julle almal hou my sommer net happy elke dag,.. of ons nou huil, lag of baklei, ( met die lelike skoor soekers) dit is maar net lekker hier in die Kombuis. En die koffie is van die beste in die land.

    Willa, so terwyl jy nou wag vir die PC. om te herstel, maak solank blikke en blikke vol koekies en beskuite!!! Blink Idee!!!! 💡 (Bella dink jy nie ook ek is nou baie slim nie? )

    Bobbejaantjie, ek hoop nie jy raak nou te grênd vir vensters was nie?

    Julle moet ‘n lekker aandjie het! Bella hou my maar op hoogte so met die posduifie as iemand weer kom krap waar dit nie jeuk nie 😉

  19. Smurfi sê:

    BELLA!!! Ek het my bandana hoor!!!!!!

  20. Bobbejaantjie sê:

    Nee Smurf nooit gesien nie! Ek sal my mos die opstêrs kom hou hier in die kombuis nie! Ingrid moet net Windowlene gaan koop. Ek sien dis op…

  21. Smurfi sê:

    EK COPPY NET GOU BLOU BALLON SE SKRYWE BY VORIGE POST HIER, DIS NOU ‘N BAKGAT MAAIKIE HIERDIE !!!!!!! Kyk iemand wat sulke mooi gevleuelde woorde kan spreek hoort mos in die Steve Weermag, wat seg julle outjies!

    “BLoU BaLLOn het gesê,
    Oktober 12, 2010 at 12:18 nm

    “Halo Smurfi

    “Dankie. Soos wat oom Oubaas van di laan sal se…”Op hierdi deurlugtige okkasie voel ek my genope om n paar gevleulde woorde te spreek” Niemand kan n song skryf of sing soos onse Steve ni.. Kyk HY MAG MAAR..By Steve sal ek/ons staan…”

    OOM OUBAAS SOU DIT NIE BETER KON SEG NIE! BLOU BALON JY MAG MAAR!

  22. Smurfi sê:

    Nee maar dis reg Bebbejaantjie, ek het sommer nou daar by Pick&Pay gekry en sommer splinter nuwe stoflappies en al daai lekka dinge! waarvan ek net mooi niks hou nie 😆

  23. Smurfi sê:

    Ek is so bly onse eie ou Bobby is terug ek het sommer ‘n hele bak vrugte gekoop vir Bobby!! ♥♥ ♥ ♥

  24. Bella sê:

    Smurfi.
    Verseker kan oom oubaas gaan leer by Blou Ballon. Smurfi sit die persoon onmiddelik in die weermag. Welkom hier Blou Ballon.

  25. Bella sê:

    Bobbejaantjie welkom terug maaikie. Altyd lekker om jou raak te lees.

  26. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek staan wag hier by die kombuis. Ek sal ñ NOODSEIN stuur. Lekker aand almal.

  27. Bella sê:

    Lekker slaap al die kombuis maaikies.
    Gesels weer môre.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s