Fotos

Mastig maar julle kan lekker kuier hier en dis mos ook hoe dit hoort.  Bella, ek glo daai stoffie is besig om al hoe groter te word, ons is almal saam met jou op naalde en spelle.  Daai vrou het ‘n ernstige probleem of met ‘n gebrek aan intelligensie of sommer net met haar kop as sy dink jy sal daardie kaartjie uit jou handjies laat gaan 😉 

Ek het geen probleem om van julle fodies hier te plaas vir ander maatjies om te sien hoe jy lyk nie, gee my die toestemming en ‘n fodie wat jy graag vir die wêreld wil wys en ek post hom met plesier.  Al die wierdos moet net baie mooi weet hiedie is nie een of ander singles club nie, nee, o nee, hierdie is ‘n respektabele kebuis so met die bodypaint en al 😆  Die maters wat nie graag hulle gatseggies hier gewys wil hê nie se wens sal natuurlik ook gerespekteer word.  Dis jou gesig, jou privaatheid en jou keuse, geen druk op niemand nie!

Hier is dan sommer so ‘n paar fodies, so sommer van allerhande dinge.  Kom ek wys julle waarmee was onse CC so besig gewees die laaste tyd.  Neem asseblief in ag dat hierdie fotos nie naastenby reg laat geskied aan hierdie werke nie.  Hulle is albei langer as ‘n meter.  Gaan uitgestal word by ‘n uitstalling in Coral Bay die 29ste is die opening, so ons sal baie styf duime en tone vashou vir ons kunstenaar maatjie daar ver!  Dalkies moet ek ook ‘n order insit, daar’s mos ‘n aniversary en ‘n krismis oppad 😉

Dan is daar die goed wat mense op hulle nommerplate skryf, ons ry eergister huistoe en dit is wat ons sien:

Dan natuurlik die natuur se eie mooiste mooi, laat my dink aan ‘n song van Laurika waarin sy vertel van God wat deur sy kunskafee loop en van vroeg tot laat die mooiste skilderye verf:

Hierdie is ‘n foto van een van Hannie se plante wat nog nooit geblom het vandat ons hom het nie en nou kom doen hy ons die eer aan om sy blomme aan ons te vertoon.  Ek glo vas dat plante gelukkig is as die mense om hulle ook gelukkig, rustig en tevrede is.

Iemand het gevra van my nuwe werk, dis nie werklik nuwe werk nie, dis eerder ekstra werk, die baas maak ‘n groot fuss, het nou net weer in ‘n bestuursvergadering aangegaan oor my bevordering, vir my is dit business as usual.  Die meeste van die werk het ek in elkgeval al lankal gedoen, ek gaan nou maar net daarvoor betaal word en dit word so bietjie meer amptelik gerekordeer.  Wat ook die rede is waarom ek permanent met ‘n kamera in my sak rondloop, as julle dalk gewonder het, dis nie omdat ek tot die papperye groep toegetree het nie.  Alles moet mos deesdae evidence based wees en omdat ‘n groot deel van my werk nie altyd ‘n stuk papier het om te wys dat ek iets gedoen het nie, word fotos the next best thing.

Hoop julle het elkeen ‘n mooi dag vol glimlagte van die waarvoor julle lief is en kyk sommer so bietjie rond in die kunskafee, as jy so bietjie down voel na al die mooi dinge wat die natuur jou wil wys.

Advertisements

60 comments on “Fotos

  1. Smurfi sê:

    CC. jou werke is uit die boonstegestoeltes (alla oom oubaas) dit is absoluut puik!! En ons Kombuismaters gaan ons duime en tone en alles vashou vir die 29ste by die uitstalling!!! CC. Jy mag maar hoor!!!

    Ingrid, daardie camera is in vandag se SA. uiters van belang ( ‘n noodsaaklikheid in die werkplekke) dit wys duidelik die foute uit, dan moet mens nog ook ‘n recorder op jou foon hê wat elke gesprek record, want net so vinnig word vertel dit is nie so of so gesê nie, nee jong vandag moet jy alles kan bewys in die werkplek, . Dan moet jy nog ‘n C Y A – File ook hê, (dit staan vir ‘n “Cover your Ass” file) en dit is waar hoor, veral met die Unions ens. ens. hulle try alles om dinge te swaai en verdraai.

  2. Smurfi sê:

    O, Ja en ek is mal oor daardie NO: Plaat!!! nog nooit so mooi nommerplaat gesien nie!! moet een baie slim mens wees wat dit laat doen het 😉

  3. Bobbejaantjie sê:

    Sjoe CC dis pragtig! Ok ek sal die dapper muis wees en eerste my foto laat plaas. Ingrid ek wil ook vir Hannie ‘n foto mail van een van my skoonma se vetplante – dis beautiful maar geen mens weet wat die plant se naam is nie. Dalk kan sy help. Wat is jou email adres?

  4. Bella sê:

    Hi julle.
    Naels lyk sie-sie.
    Cupcake weereens te pragtig. Woww jy ken van. Ons weet sommer dit sal goed gaan by die uitstalling. Ingrid ek sal seker nooit ñ foto van my op ñ blog sit nie. Ek sal vir die maaikies stuur en dis al. Hier is net te veel “snaakse” mense.

    Jo, ek sal met my man moet praat vir so ñ nommerplaat. Jy en Hannie is op en wakker met die kamera nê. Dankie tog vir julle.

    Dit is die mooiste plant wat ek in my lewe gesien het. Weet jy meskient die naam van die plant? Dit lyk so of dit met silwer drade gespin is.

  5. Bella sê:

    Bobbejaantjie jy het baie moed. Dapper bobbejaantjie jy !!!!!!!!

  6. Smurfi sê:

    Bella die foto storie , ja dit kan nogal probleem wees vir die wat nie moet sien nie, die wat se koppies so bietjie raas. Maar wat nogal kan oulik wees as mens die fotos opsit en dan kan elkeen maar raai wie is wie op die foto … kan nogal bietjie sports wees veral die ouens wat ons nou nie ken nie. 😆 Dies wat weet sal mos ook nie sê wie is nou wie nie. So lekker “kom ons raai raai riepa!” 😆

  7. Smurfi sê:

    Dan nooi ons vir Oom Waarheid wat Seer is om te kom raai wie is nou wie 😆

  8. Smurfi sê:

    Wat as ek nou regtig lyk soos op my avvy??? O, donner dan gaan die son seker onner!

  9. Bobbejaantjie sê:

    Jis Smurf jy’t goeie idees! Dit sal lekker sports wees. Gaan ons dit doen?

  10. Qwastor sê:

    Safe to assume dat dit nie Steve Hofmeyr self se nommerplaat dan is nie, of hoe Smurfi?

  11. Ingrid Marais sê:

    Bobby, ek’t jou ‘n posduif gestuur. Ons kan so maak, ek dink ook dis ‘n nice idee.
    Qwastor, ek dink Steve sal baie dom moet wees om so ‘n nr. plaat te loop hê, hy sal nie ‘n oomblik se rus kry nie. Dis reeds erg genoeg as hy uit die toerbus klim om gou te gaan pie-pie en mense wil eers fotos neem.

  12. Qwastor sê:

    @ Ingrid: “moet een baie slim mens wees wat dit laat doen het” – Smurfi se woorde 😉

  13. Bella sê:

    Qwastor.
    Ek dink Ingrid wat die foto geneem het sal dalk geweet het as dit sy motor was. Sal maar hoor wat sy sê.Dalk het sy gesien wie was in die motor.

  14. Smurfi sê:

    WIE STEM??? Gaan ons maak soos Bobby sê! Dit kan sports wees behalwe vir die wat ons nou regtig al ken, ek weet Ingrid, Wippie, CC, en Bella gaan my gou herken. en natuurlik my kinners en die res van die familie wat dalkies kan kom loer. Maar verder nee wat. Ingrid moet beplan hoe sy dit gaan doen ek sal so paar fotos vir haar stuur, dan kan sy dit dalkies so afwissel, soos sy goed dink. Dit kan pret wees hoor!

  15. Smurfi sê:

    Qwastor, Dit is my nommerplaat!! 😆 Jy sien dit moet een baie, baie slim mens wees!! 😉

  16. Smurfi sê:

    Sien julle nou hoe slim is ek! en Qwastor is die eeerste om my te komplimenteer!! 😉

  17. Qwastor sê:

    Steeds nie Steve self s’n nie 😉

  18. Bella sê:

    Qwastor. Smurfi het net bedoel dit was slim van die persoon om daaraan te dink, ek is bly jy dink Steve is slim. Komende van jou. Ek is spyt ek het nie self daaraan gedink nie. Seker maar nie so slim nie. Lekker daggie.

  19. Qwastor sê:

    Jy lê woorde in my mond Bella 😉
    Die Penny is nog in die lug…

  20. Smurfi sê:

    Ag julle verstaan nou nie Qwastor wou gehad het julle moet dink dit is sy nommerplaat, nê Qwastor?? 😛 toe wil julle nou nie reg raai nie!! Qwastor, ek sal vir jou ook spesiaal een laat maak, jy klink mos na so oulike slim mens. Ons love Steve so, ons dra tot oorbelle met Steve se fotos op! 😉 Flip the coin Bella!! ek soek daardie penny dis hardetye girl.

  21. Bella sê:

    Qwastor. Dit wil voorkom of jy dink dit is Steve self wat daardie motor bestuur het, want jy haal die slim van Smurfi aanhoudend op. Sit 2 en 2 bymekaar en sien self, Hy sal hom nooit so self adverteer op die pad nie. So wat is die probleem dan met die …slim…. Vertel ons asseblief.

  22. Bella sê:

    Smurfi. Ek flip hoor. Onthou ek soek helfte.

  23. Qwastor sê:

    Ek skimp maar net vir my Penny met Steve se gesig op Bella. Tsk!

  24. Smurfi sê:

    Bella het jy jou mail gekry? hoop so! ek sokkel om mail te stuur.

    Bella ek is die SLIM ene hoe verstaan jy dan nou nie my kind jy moet mooi focus, dis my ou tjor se nommerplaat! so slim .. is ek slim! Ai en almal waai en tjeer my aan sover ek ry!! 😛 laat my soos een moerawiese celeb voel! Ek sal nog eendag vir jou en vir Bobby ag sommer almal daar in die Kebuis kom oplaai dan sien jy hoe lekker is dit met so nommerplaat op! 😆

  25. Smurfi sê:

    Qwastor nou lief ek jou eers! wat ‘n blink gedagte ‘n Penny met Steve se gesiggie op! … Jou ou doring! JY! Bella hierdie Qwastor is briljant! Ons herdoop jou sommer na Briljantjie! 😎

  26. Bella sê:

    Qwastor.
    Waar jy nou? Dankie vir die inloer. Ons lief kuiermense.

  27. Smurfi sê:

    Qwastor moenie nou weggaan nie , ek gaan net gou pie-pie dan is ek weer terug ek laaik jou nou kwaai!! 😉

  28. Qwastor sê:

    Pasop net vir daai pennies op die spoor Smurfi.

  29. Qwastor sê:

    Jou TP ook foto(tjies) van Steve op Smurfi? Enjoy 😉

  30. Bella sê:

    Sorry Smurfi.
    My kop is net by saterdag. Kannie dink nie. Ja ek het gekry.
    Qwastor sorry ek het gedink jy is al weg. Ons laaik jou. Jy moet meermale kom inloer hoor. Ons het altyd vars koffie.

  31. Smurfi sê:

    Qwastor, Ek het nog al die pad daardie pennies op die spoor! hoe het jy geweet? ons het dit so op die spoorlyn gesit dan ry die trein oor dit, ek belowe jou dit iso glad en plat en blink ongelooflik!!

    Wat is die ander sinnetjie wat jy skryf?? iets van TP. en fototjies van Smurfi op Steve? daar val ek toe nou uit die bus Qwastor? sjoe ek sou weet as ek op Steve was!!!! wow!!

  32. Bella sê:

    Qwaster. Aag ons het oral foto,tjies. Hy is te cute, en kan hy sing….. Hy mag maar met vrot pampoen en al.

  33. Smurfi sê:

    Bella verstaan jy dalk die gedeeltetjie van TP ens. ens. ens.

  34. Cupcake sê:

    *stokflou moeg gehol*

    Hallo julle!

    Baie dankie almal se mooi komplimente en dankie Ingrid!

    Mensig maar dis ‘n pragtige vetplant! Sjoe nee Hannie het die touch hoor.

    Bobbie, eish jy is baie braaf, gooi suster ons wag.

    Dankie al die posduifies 😉 so maak mens 😆

  35. Smurfi sê:

    Hallo CC. Ons het nou so lekker gesels met Qwastor, baie oulike outjie of vroutjie, maar nou laat Qwastor ons met een on opgeloste probleem van Smurfi se fototjie op Steve???? DUH!! nou is ek nie meer so slim nie want ek ken nie van TP. en fototjie op Stevenie? Dink jy Qwastor is dalkies ‘n “steefotograaf” of “paparatzi” of iets in diervoege. ? O, wel dalkies sal hy/sy ons kom verduidelik!

  36. Bella sê:

    Smurfi.
    Ja ek weet.

  37. Smurfi sê:

    Wat beteken die woord Qwastor? is dit nie ietsie soos ‘n Penningmeester of rekenmeester . Of tesourier, Ek dink amper dit beteken iets in die lyn van dit? nou nie 100% seker nie. Of die een wat ek aan dink word Quaestor, of selfs kwestor gespel. Ag of sonie is dit net ‘n Tor met ‘n Kwas! 😆

  38. Cupcake sê:

    Nee nou is ek ERG jaloers!!

    Smurfi, as jy nou so sonder dat jy weet op Steve was, waar sit ek my order in dat ek ook sonder dat ek weet op Raykie kan wees seblief? 😆

    😆 …….. al wat ek ken van TP, was dit nie doerie jare Pretoria se ou rego nie?

  39. Bella sê:

    Smurfi.
    Nee ek sal nie weet wat beteken daai naampie nie. Ons moet hom/haar vra met die next kuiertjie,

  40. Bella sê:

    Smurfi. Ek moet gou ry. Sal netnou weer terug wees. Ek moet gaan groente koop. Cupcake leka duks daai kant hoor.

  41. Smurfi sê:

    CC. al wat my bother is dat ek moes erg ge -suie gewees het want ek kan nie onthou dat ek ooit OP Stevie was nie 😕 ek is nou bekommerd en meer bekommerd! dit klink soos ‘n mooi droom wat in ‘n nagmerrie verander het ek kan nie WEET nie O, liewe aarde dit mag nie wees nie!! 😯 HOE KON ek so wonderlike oomblik vergeet!!! 😥 HELP MY TOG ONTHOU!!

    Sit jou SLIM kind!! CC. TP was die ou Pretoria registrasie, sien dit nou agter in die blokraai woordeboek!!! So dit moes in PT gewees het waar ek OP Steve was??? Dink ouens dink!!

  42. Smurfi sê:

    Nou moet ek werk dat dit bars, die dag is al verby!! Bobbejaantjie kom help gou met jou “multi tasking” skills!!!

  43. Cupcake sê:

    Dankie Bellakie, geniet jou shopping, groete vir manlief daai kant en ook lekker doeks wanneer die aand julle slaan.

    😆 Smurfi, no sh1t Sherlock, hierdie is ‘n sudoku puzzle 😆

    Ek pleit al weer amper bewusteloos, die dag was effe erg op my aura, lekker ene verder Kebuis maters, chat more.

  44. Smurfi sê:

    CC./ Jou mense kennis laat jou toe nie in die steek nie, so in die kol dol!!

  45. Ingrid Marais sê:

    Lekker aand kebuis maatjies. Ons sal daai fodies bêre vir eendag se special post, dan doen ons die raai, raai ding. Bobby, ek’t jou ‘n duifie gestuur 😆

  46. Bella sê:

    Smurfi ek sien nou dis TP en nie andersom nie. Ek worry nou oor daai geleêry met jou en Steve. Jy moet tog net nie huilgenoot toe hardloop en ook ñ paar sente probeer maak nie 😆

  47. Smurfi sê:

    Bella nou praat jy mos!! Groot gelde,…. Sug! maar helaas,.. nee wat, ek sal maar dit so saam met my graf toe moet dra, Ai Jai, Jai, as ek tog net kan onthou!!!! 😆 dit is meer werd as al die geld in die wêreld!! 😆 Eish!!!

  48. Smurfi sê:

    Dalkies staan die TP vir Total Ptotection 💡 ja moet wees!!

  49. Qwastor sê:

    TP = Toilet Papier.

  50. Smurfi sê:

    Tanks Qwastor, my goeie flokkertjies en hier sit ons nou en raai en raai wat is TP, so eenvoudige ou dingetjie ….O, ja nou onthou ek ek het gesê ek gaan gou PIe-pie OK. 😆 dis reg ja die Toilet Papier 😆 Ja wys jou nou net jy dink ook aan alles nog voor ons daaraan kan dink !! 😆 nou verstaan ek waar was Smurfi so op Stevie!!! 😆 😆

    BELLA !!! hierdie Qwastor is wragtig slim hoor! Julle outjies moet almal van die toilet pampiere gaan kry!!!! Oelalalala!!!!!!!! wat van WL…… Waslappies?

    Nee wat Qwastor jy is oraait hoor!!

  51. Bobbejaantjie sê:

    Mayday! Mayday! Ingrid ek kan nie by my email adres inkom nie. Ek’t my password vergeet (bloos) en het nie ‘n secondary email adres gegee nie. Ag nee man! Wag ek werk aan ‘n 2e email adres. Wil die foto’s vir jou vanaand stuur.

  52. Bobbejaantjie sê:

    Ok ek het reggekom. Ingrid forward asseblief daai posduif wat jy vroëer gestuur het na bobbejantjie2@gmail.com Thanks en ‘n lekker aand vir julle almal!!!!!

  53. Bella sê:

    Smurfi.
    Ja man qwastor is okey. Nou moet hy net kom vertel wat beteken sy naampie. Mooi naam.

  54. Bella sê:

    Smurfi. Die posduiwe vlieg stadig vanaand. Ek sal maar los tot môre. Julle moet leka duks.

  55. Bobbejaantjie sê:

    More julle! Lekker geslapies? Dit sous nog aaneen hier in die Suidkaap. Het julle al julle fodies vir Ingrid gestuur?

  56. Bella sê:

    Ok julle wen niks, MAAR WIE SIEN EK MÔRE?……….SING, SING JOU WOORDE TEEN MY VAS…..OOOOO!!!! EK TEL NOU DIE URE AF….
    Ek lees op facebook dat Steve en Armand …pa en seun (wat hy saam met BOK van BLERK gesing het) ook saam sing. Kan net mooi wees.

  57. Bella sê:

    Môre onse Bobbejaantjie.

    Ingrid het al fodies ingekry.

  58. Ingrid Marais sê:

    Bobby, jou fodies is pragtig. Ek is besig om uit te vind van die plant. Hannie dink dis net te mooi. Sy sal nooit genoeg plante kan hê nie.

  59. Bella sê:

    Ja Ingrid en Hannie het die mooiste plante.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s